Quantcast
Channel: WOORDE WAT WEEG
Viewing all 819 articles
Browse latest View live

Rubriek | Net koors en poësie roep visioene op (2018)

$
0
0
Roberto Bolaño @ Jerry Bauer

I
Roberto Bolaño gebore in 1953 en oorlede in 2003 is veral bekend vir sy prosa. In hierdie dae lees ek weer die verbluffende 2666, 'n teks wat die grense van die romankuns uitdaag. 'n Paragraaf is 'n vloedgolf van één sin. Karakters verdwyn en kom weer later terug in die storie.

Gebore in Chili, gevlug na Mexiko en Spanje was hy iets van 'n misterieuse figuur. Verslaaf aan dwelms en wagtend op 'n leweroorplanting, sterf hy.

Daar word vertel dat hy die romans geskryf het om sy vrou en kinders aan die lewe te hou. In Spanje was hy 'n bokser, skottelgoedwasser, vullisverwyderaar, sekureiteitsbeampte en as kind glo disleksies. Geboelie op skool en dus ‘n outsider.

Sy pa was 'n bokser en trokdrywer; sy ma onderwyseres. Daar was boeke in die huis, maar nie eintlik hoë letterkunde nie.

In sy lewe het hy die Chileense letterkundige sisteem as snobisties en afwysend ervaar en veral die hooghartige Isabel Allende, geteiken met argwaan. Volgens Ariel Dorfman het hierdie outsiderskap aan hom 'n enorme vryheid gegee. Iets wat 'n mens dan in sy tekste opvang. Teen die grein en modes van sy tyd, skryf hy asof hy eintlik met homself praat. Hy meng genres en breek konvensies af. In ‘n roekelose, asemsnakkende styl wat absolute bewondering afdwing.

2666 verwys (waarskynlik) na die Bybelse Eksodus en die vlug uit Egipte 2 666 jaar nadat God die aarde geskape het. Ander kritici meen weer dis al die bladsye wat hy nagelaat het.

Hierdie roman beslaan vyf afdelings. Die eerste afdeling handel oor die kritici en vier Europese geleerdes, die Fransman, Jean-Claude Pelletier, die Italianer, Piero Morini, die Spanjaard, Manuel Espinoza en Liz Norton, ‘n jong Engelse akademikus op wie die mans verlief is.

Hoe elkeen van hulle smag na haar, word uistonderlik kragtig beskryf.

Hulle ondersoekveld is die misterieuse Duitse skrywer (met ‘n Italiaanse naam), Benno von Archimboldi. Mevrou Bubis, sy uitgewer vertolk ‘n belangrike rol, nes Rodolfo Alatorre, wat beweer hulle was bevriend. Die soektog na die skrywer lewer aanvanklik niks op nie.

Uiteraard omdat identiteite nie “waar” is nie. Mevrou Bubis blyk Barones von Zumpe te wees, net soos wat die identiteit van die skrywer later onthul word. Maar ek wil nie nou ‘n pretbederwer wees nie! Wat ‘n verbeelding!

II
Ek wil egter op sy digkuns die aandag vestig. Dit is altyd 'n wonderlike ervaring om 'n nuwe digter te ontdek en ek is kortom gaande oor sy poësie.

In 1975 begin hy 'n digkuns-beweging, die sogenaamde Infrarealismo in Mexiko saam met Mario Santiago Papasquiaro, José Vicente Anaya, Rubén Medina en José Rosas Ribeyro.

Hulle motto was: “Blaas die breins uit van die kulturele establishment.”

Hierdie beweging was o.a. krities oor die werk van die Mexikaan, Octavia Paz en daar word vertel dat hulle een keer selfs koffie oor hom uitgesmyt het in die openbaar. Paz het vir hom alles verteenwoordig wat hy in die letterkundige establishment verfoei het. (Hierdie leser is ‘n groot bewonderaar van Paz se vermoë om stilte te verwoord.)

Hier is twee verse uit sy bundel The romantic dogs:

Self portrait at twenty years

I set off, I took up the march and never knew
where it might take me. I went full of fear,
my stomach dropped, my head was buzzing:
I think it was the icy wind of the dead.
I don't know. I set off, I thought it was a shame
to leave so soon, but at the same time
I heard that mysterious and convincing call.
You either listen or you don't, and I listened
and almost burst out crying: a terrible sound,
born on the air and in the sea.
A sword and shield. And then,
despite the fear, I set off, I put my cheek
against death's cheek.
And it was impossible to close my eyes and miss seeing
that strange spectacle, slow and strange,
though fixed in such a swift reality:
thousands of guys like me, baby-faced
or bearded, but Latin American, all of us,
brushing cheeks with death.

(Vertaler: Laura Healy)


Dirty, poorly dressed

On the dogs’ path, my soul came upon
my heart. Shattered, but alive,
dirty, poorly dressed, and filled with love.
On the dogs’ path, there where no one wants to go.
A path that only poets travel
when they have nothing left to do.
But I still had so many things to do!
And nevertheless, there I was: sentencing myself to death
by red ants and also
by black ants, traveling through the empty villages:
fear that grew
until it touched the stars.
A Chilean educated in Mexico can withstand everything,
I thought, but it wasn’t true.
At night, my heart cried. The river of being, chanted
some feverish lips I later discovered to be my own,
the river of being, the river of being, the ecstasy
that folds itself into the bank of these abandoned villages.
Mathematicians and theologians, diviners
and bandits emerged
like aquatic realities in the midst of a metallic reality.
Only fever and poetry provoke visions.
Only love and memory.
Not these paths or these plains.
Not these labyrinths.
Until at last my soul came upon my heart.
It was sick, it’s true, but it was alive.

‘n Mens vind iets van die Beat-generasie in sy gedigte: die swerwer, die junkie, die bum, die visionêr …

Hy is Kerouac versnit met Ginsberg en Borges.

Net koors en poësie roep visioene op …

Die skrywer is oorlede in 2003 in Katalonië, maar hy het ‘n énorme letterkundige testament nagelaat. The Savage Detectives is eweneens ‘n belangrike teks.

© Joan Hambidge


Rubriek | Fear of dying/flying (2018)

$
0
0
I
In 1973 verskyn die belangrike roman Fear of Flying van Erica Jong, ‘n grensverskuiwende roman wat die konsep “zipless fuck” geskep het. Die verhaal van Isadora Wing (eintlik: Isadora Zelda White Stollerman Wing), ‘n New Yorkse joernalis wat saam met haar man, ‘n psigoanalis na Wene gaan vir ‘n psigoanalitiese kongres en daar ‘n ander man ontmoet. Ons beleef haar bruisende en skreeusnaakse fantasieë in ‘n boek wat die grense van erotiek herskryf het.

Op die vliegtuig (wat haar vrese simboliseer) is daar ses psigoanaliste wat sy al as terapeute beleef het.

The zipless fuck is absolutely pure. It is free of ulterior motives. There is no power game. The man is not "taking" and the woman is not "giving". No one is attempting to cuckold a husband or humiliate a wife. No one is trying to prove anything or get anything out of anyone. The zipless fuck is the purest thing there is. And it is rarer than the unicorn. And I have never had one– aldus Jong.

Ek het ‘n getekende kopie van hierdie roman, ‘n geskenk van ‘n vriendin:

“Vir jou Mrs Wing”.

II

Hierdie roman het meer as 20 miljoen eksemplare verkoop en is ‘n uitstekende teks. Vir sommige is Jong se gedigte nie op dieselfde peil nie; tog is daar baie goeie gedigte deur haar geskryf.

Haar werk is vir my om die volgende punte belangrik: hoe sy outobiografiese elemente verpak en aanbied. (Dikwels tot die chagrin van haar sibbe wat selfs by geleentheid tydens ‘n kongres misnoeë te kenne gegee het.) En hoe sy telkens verder gegaan het in opvolgromans.

In Fear of Dying (2015) gebruik sy weer vir Isadora Wing, maar nou as ‘n soort alter ego vir die hoofkarakter Vanessa Wonderman, ‘n soap opera-aktrise, gekonfronteer met ouderdom en aftakeling. Sy beleef die agteruitgang van haar ouers en sy is bewus van haar eie eindigheid (en aantreklikheid). Sy plaas ‘n advertensie op die internet (zipless.com) en word uiteraard besoek deur weirdo’s – en ‘n skreeusnaakse toneel is wanneer sy ‘n S&M-ontmoeting het wat nie uitwerk nie (met ‘n guitige kopknik na Fifty Shades of Gray).

Die boek is aangeprys deur Fay Weldon (“A hymn to love”) en deur die gedugte Elaine Showalter, ook ‘n Jodin soos Jong. 

Showalter wys daarop dat Jong, in haar negende roman, haar vrese oorkom. Sy gebruik werklike insidente uit haar lewe in die roman (soos haar man se aneurisme en dogter se besoeke aan rehab, haar hond, Belinda Barkowitz).

Soos Showalter dit klinkend stel:

In her dreams Vanessa revisits her mother’s death; tries AA again; meditates on magic, poetry, time travel, new genres and new genders. She prepares to face her fear of death. (Fear of Dying by Erica Jong review – | Books | The GuardianBesoek 23 Julie 2018).

Inderdaad ‘n herbesoek.

Showalter se essays en boeke oor feminisme is en bly bakens vir my as leser (en genderteoretikus); ten spyte van die feit dat sy al die verwyt gemaak is dat sy essensialisties is oor vrouwees. Tog wys sy op die verskillende fases van vrou-wees wat hierdie stelling verkeerd bewys. (“Feminist Criticism in the Wilderness” opgeneem in David Lodge se Modern Criticism and Theory (Longman, New York, 1988).


III

Fear of Dying is ‘n paar maande gelede vir my gegee. Ek het dit die afgelope tyd – aanvanklik met skepsis – begin lees en toe met enorme vreugde en leesplesier die roman voltooi.

Jong op haar beste. Joodse humor. Weggooi-lyne. Soos Dashiel Hammett wat meen jy moet altyd na die positiewe kyk in die lewe – al is daar nie een nie!

Of hierdie een:
“Sex without love is a cancerous cigarette we willingly smoke” (135).

Of Asher, haar man wat in die hospitaal met ‘n harttoestand guitig reageer:
“Do you want a metal or porcine valve?”
“I don’t care,” Asher says. “I’m not kosher.” (95)

Of die (fiktiewe) opmerking dat Freud sou gesê het dat selfs hý nie ‘n miljardêr of skoonheidskoningin sal kan analiseer nie.

Die boek sit vol verwysings na bekende gedigte en skrywers (onthou Jong is in die werklike lewe ‘n professor in die letterkunde, weliswaar afgtree nou, met ‘n briljante boek soos Fanny: Being the True History of the Adventures of Fanny Hackabout-Jones (1981), ‘n herskrywing van Fanny Hill.

Al haar dokumente word deur Columbia Universiteit geargiveer. Haar studie oor Henry Miller is uitstekend: The Devil at Large (1993).

Die vreeslose wyse waarop sy ouderdom (en die dood) takel, is bepaald onthoubaar. Nes die wyse waarop sy vorige karakters hersirkuleer en nuwe kreatiewe lewe in hulle blaas. Die roman praat ook met Fear of Fifty: A Mid-Life Memoir.

Erica Jong @ Mary Ann Halpin

Hoe oorleef ‘n mens broosheid, verraad of abandonment? Met humor, aldus Jong.

En om te skryf:

something
that burns
like a hot coal
in your gut

something
that pounds
like a pump
in your groin

& the courage
to love
like a wound

that never
heals.


© Joan Hambidge



Gedig | Wanneer ‘n digter sterf (2012)

$
0
0
Wanneer ‘n digter sterf

stroom huldeblyke in
oor die enorme verlies en bydrae
van óns stilgemaakte digterlike stem

Wanneer ‘n digter sterf
staan die literêre lykbesorgers gereed
met oordrewe takserings
oor die kwadratuur van sy sirkel

Wanneer ‘n digter sterf
is daar onbetaamlike vrae
oor die lewenstyl en selde
of hy ‘n rondeel of distigon kon skryf

Wanneer ‘n digter sterf
word hy stellig, indien onderteken
aangekoop en gou vergeet
tot ‘n ander digter kort hierna vertrek

Wanneer ‘n digter sterf
mag sy gedigte tog ‘n ewige leser beërf

(Uit: Lot se vrou, Human en Rousseau: 2012)

© Joan Hambidge

Resensie | Gabeba Baderoon - The History of Intimacy (2018)

$
0
0
Gabeba Baderoon - The History of Intimacy.Kwela Uitgewers, 2018. ISBN 9780795708886

Resensent: Joan Hambidge

I
Gabeba Baderoon se gedigte ontleed die verskillende posisies van liminaliteite: kindwees; man teenoor vrou; geboorteland teenoor nuwe rusplek; Distrik Ses versus Apartheid; Moeslem en Christen.

In 2004 behaal sy dan ‘n doktorsgraad oor die representasie van Islam in Suid-Afrika. Sy het wyd klasgegee in sowel Europa as in die VSA en tans is sy mede-professor in Women’s, Gender and Sexuality Studies and African Studies aan die Universiteit van Pennsylvania.

Baderoon se gedigte het my nog altyd bekoor. In 2005 was ek op ‘n paneel vir die DaimlerChrysler-prys toe sy die eerste plek behaal het teen ‘n handvol ander digters wat tans hul regmatige plek ingeneem het as digters.

A hundred Silences het in 2006 eweneens by Kwela verskyn. Ander titels is The Dream in the Next Body en The Museum of Ordinary Life.

Hierdie jongste bundel word opgedra aan haar moeder: Groundbreaker, Healer, Muse.

Oor die moeder en digterlike taal, dink ‘n mens onmiddellik aan Julia Kristeva se Desire in Language (1980) en die semiotiek: die moederfiguur is ‘n ambivalente figuur in die vroulike onbewuste. Een wat die digter wil uitwis én behou. Trouens, ‘n mens sou hierdie hele komplekse bundel kon lees met Kristeva ter hand: Kristeva oor melancholie; Kristeva oor eensaamheid; Kristeva oor die baarmoeder; Kristeva oor bannelingskap; Kristeva oor vrouwees.

By Baderoon is daar ‘n voortdurende beweging tussen die wet van die vader en die wet van die moeder, oftewel tussen die simboliese orde en die semiotiese orde. Die eie identiteit, soos afgelees in hierdie bundel, is ‘n pynlike een: ‘n wegbeweeg van die “law of the mother” en die vader se ontdekking van seksuele betreding (70) saam met die pynlike raspolitiek wat die jong kind ervaar het. Dit word pakkend weergegee in “The History of Intimacy” (66). Deur oor die moeder se ervaring van die ongelykhede te skryf (sy word hier ‘n buikspreker vir die moeder), word ‘n hele gemeenskap se ervaring weergegee.

Sy bely:

Since the beginning, you have been breath,
and poetry. (67)

“The Law of the Mother” (70) handel oor verlies aan maagdelikheid (op ‘n wrede manier) met die sosiale en psigologiese implikasies wat dit inhou vir vroue. Hierdie sterk gedig analiseer die volledige implikasies van die betreding (met ‘n slim toespeling op Thelma and Louise).

Die terapie-sessie maak haar bewus van die gebrokenheid van die liggaam:

that ‘broken’ is a boundary
and the body is time
as well as place.

II
In “Answering” (69) word raspolitiek en genderpolitiek saamgesnoer. Identiteit, is immers altyd ‘n samesnoering van ras, klas en gender. Hier in ‘n werksonderhoud word sy deur twee manne ondervra met een wat meen hy haat dit wanneer swart vroue oor die voetoorgang stap asof “hulle” al die tyd in die wêreld het; die ander een vra vir ‘n antwoord wat sy nie geleer het by die pinko-liberale plek nie, dus UCT – iets wat hom sal verras.

Die gedig eindig:

I don’t get the job and sometimes
think of what he sees, stalled
at the light, metal drumming
beneath his feet, as a woman cuts
across the world, answering
only to herself (69).

Húlle, die twee regsgeleerdes, waar die digter aansoek doen vir ‘n werk as sekretaresse (met twee grade) word ‘n gedig wat al die gendersake aanspreek via Hélène Cixous (The Laugh of The Medusa, 1975) en June Singer (Androgyny – Toward a New Theory of Sexuality, 1976).

III
Baderoon se gedigte is eweneens fassinerend in die “cross over” tussen Engels en Afrikaans. Onder haar verse roer daar dikwels verwysings na die Suid-Afrikaanse kultuur.

Sy voorsien die leser van ‘n nuttige glossarium soos nuh (nè), doenya se goete (aardse dinge), ja (yes), sloot en tjorrie (o.a.)

Die taalaspek van haar bundel is dus iets wat ondersoek moet word: die gebruik van spreektaal uit ‘n Afrikaanse en Moeslemkultuur wat ons vind in ‘n gedig wat in Engels geskryf is.

“Everything We’ve Said” (30) bly egter net ‘n stelling – dit kon verder gegaan het in die spel tussen tale. “The Blue of the Night Before We Left (39) huiwer om ‘n distigon te word.

IV
In “Cardinal Points” (73) word name van mense genoem (Louise, Jane, David) en die leser wonder of hierdie name werklik relevant is vir die gedig se betekenis? Dalk vir hierdie lesers. Robert Lowell het meer gedoen wanneer hy name in gedigte gebruik het sodat die persone argetipiese status verwerf het. Die aangrypende liefdesgedig “Not You” (90) werk met die inkantatiewe herhaling van “I love” in al sy semantiese duidinge. 

Die gedig eindig:

I think poetry is the flood
for the not-you I’ve prepared for
from the start. (61)

Stilte (silence), tronke, hawestede, oorgange en dus die posisie van liminaliteit, word telkens vanuit verskillende hoeke belig. “Poetry for Beginners” (9) sal ‘n mens nie sommer gou vergeet nie. Hoe iemand iets vra en dit jou terugruk en jou eie aannames oor die digkuns laat ondersoek.

Daar is ‘n lange lys van bedankings wat ook ‘n bietjie af-showerig is. Oor al die vererings en besoeke.

In die geheel gesien, is dit ‘n ryp bundel waarin die ek-spreker vreesloos skryf oor ongeregtighede. Hierdie leser bewonder veral die beskrywing van liggaamlike betredings. Dit moes ongelooflike moed gekos het om hierdie verse te skryf en uiteindelik te publiseer.

Onderhoud | Met Amanda Botha rondom The coroner’s wife (2018)

$
0
0
Foto: Philip de Vos

Sedert die digter Joan Hambige in 1985 met Hartskrif gedebuteer het, het meer as 25 digbundels uit haar pen verskyn.Vier vertalers het meegewerk om ‘n keur uit haar ouevre in Engels te vertaal. Die bundel, The Coroner’s Wife, het pas by Dryad Press verskyn. Amanda Botha het aan haar uitgevra.

Waarom het jy hierdie bundel met vertalings uitgebring?

Dis 'n projek wat sover strek as 2000. Ek het in die vorige millennium navorsing gedoen in die VSA en was eindeloos bekoor deur die werk van Robert Pinsky wie ek ook ontmoet het. Ofskoon my tekste in die Harvard-biblioteek staan, kan net 'n handvol mense dit daar lees en dit is vir my belangrik om ten minste my werk te kan transporteer na 'n ander taal sodat mense by kongresse my werk begryp. 

Die gedig "In the Garden of Emily Dickinson" het ek vertaal vir 'n kongres in Vergelykende Letterkunde wat plaasgevind het in Wene in 2016. Na my vyf pogings het Douglas Reid Skinner dit reg getimmer. Maar die verskillende weergawes gee tog iets weer van die "lost in translation"-proses.

In Emily Dickinson’s Garden
Every day, Emily D believed
she heard the sounds of birds
in her tree-filled, lush, green garden.
It was here, in her garden of happiness,
as Judith Farr explained,
that she experienced the widest link
between poetry and gardening: from love to hate;
envy against virtue; death and eternity
dug into flowerbeds.
Planted wild fig marigolds, jasmines
and daisies. And picked a bouquet
each day for herself. And each flower
– even the gardenia –
looked up in flower encyclopaedias
– Campanula, Columbine, Aquilegia –
and therafter explored Webster's fields
as a traveller keeps track of her itinerary
in a strange country. Every
symbol precise, exactly understood.
O enigmatic woman in your white dress,
I visited your garden in the spring:
stood there and wondered
if you ever talk in the Garden of Eternity 
with the other gardener of Amherst,
with her, Sylvia, whose death
keeps on blooming like a black arum lily?


In die tuin van Emily Dickinson

In haar boomryke, lowergroen tuin
het Emily D glo daagliks
geluide van voëls ingeklank.
Hier het sy in háár tuin van geluk,
soos Judith Farr beduie,
die ruimskootse verband tussen dig
en tuinmaak beleef: liefde teenoor haat;
nyd teen deugsaamheid; dood en ewigheid
in blombeddings ingespit.
Wildevygies, jasmyne en madeliefies
geplant. En daagliks ‘n ruiker
vir haarself gepluk. En elke blom
– selfs die katjiepiering –
in blomensiklopedieë opgesoek
– klokblom, koningsklokkie, arendklou –
en die Webster se akkers hierna verken
soos ‘n reisiger in ‘n vreemde land
haar direktief opteken. Elke
simbool nougeset, sekuur herken.
O enigmatiese vrou in jou wit rok,
jou tuin het ek in die lente besoek:
hier gestaan en gewonder
of jy ooit in die Tuin van Ewigheid
met die ánder tuinier van Amherst praat,
met haar, Sylvia Plath, wie se dood
soos ‘n swart aronskelk bly blom?

(Uit: Indeks)

Wat verloor en wen 'n mens in vertaling?

My vier vertalers, Skinner, Johann de Lange, Jo Nel en Charl JF Cilliers, het ook bewys hoeveel 'n mens "wen" met 'n vertaling. Goeie vertalers kan iets anders vind. Woordsnyer word "word sleuth".

Hoe het jy besluit op watter gedigte jy gaan opneem?

Daar is geweldig baie verse waaruit ons kon kies. Ek en my uitgewer, Michèle Betty van die Dryad Press, het gedigte rondom temas saamgesnoer: stede, liefdes en familie, ars poeticas, tyd en ewigheid, eerder as om chronologies te werk. So kry gedigte in hierdie bloemlesing in 'n nuwe bundel ander betekenisse. 

Wat wil jy met hierdie bundel bereik?

Ek wil graag wanneer ek na buitelandse kongresse gaan of vreemde plekke besoek ten minste iets vir 'n kennis kan gee. Dit was terselfdertyd vir my 'n intellektuele oefening deur self ook 'n handvol verse te vertaal het wat in hierdie bundel opgeneem is.

Dink jy daar behoort meer vertalings te wees?

Absoluut. Ek was bevoorreg om met vier uitsonderlike vertalers te werk. Hulle was soos buiksprekers vir my. In Afrikaans was daar 'n bloemlesing In a Burning Sea. Petra Müller is vertaal, soos bv. Wilma Stockenström, Krog en Breytenbach. Op die internet sweef daar verskillende vertalings van digters.

Ek dink die wêreld het al hoe meer 'n "global village" geword en digters word al hoe meer blootgestel aan ander (vreemde) landskappe.Die kanon het verander. Ons leef in 'n tyd van onsekerheid (soos Harold Bloom dit tipeer) en daar gaan waarskynlik al hoe meer reise na ander ruimtes wees. Dit is immers 'n proses van dekolanisering, nie waar nie?

The Coroner’s Wife deur Joan Hambidge kan bestel word by http://dryadpress.co.za/

Resensie | Beyers de Vos – Wrok (2018)

$
0
0
Beyers de Vos – Wrok. Penguin, 2018. ISBN 9781485903321.

Resensent: Joan Hambidge

I
Wrok is die debuutroman van Beyers de Vos wat tegelykertyd in Afrikaans en Engels verskyn. Die Engelse titel is Talion. Talion beteken ‘n oog vir ‘n oog. So word die verhaal verpak deur die uitgewershuis:
Pretoria – Vyf mense, vyf dele van die stad. Die tweeling, Ben en Freya, is weeskinders en Freya glo dat hulle alles met mekaar deel. Ben word vermoor en Freya besef hy het geheime van sy eie gehad. Mnr. Oktober is ’n wewenaar-pa, ’n rugby-afrigter by die hoërskool en ’n passievolle Christen. Hy het egter ’n donker verlede wat hom net nie met rus wil laat nie. Die selfsnydende dwelmhandelaar, Slick, het tydens sy gewelddadige mentorskap by Mama Africa geleer dat vergelding en mag hand-aan-hand gaan. En die hardwerkende Nolwazi, ’n inspekteur by die Brooklyn-polisiekantoor, se ondersoek word deur ’n oorwerkte sisteem en korrupte kollegas ondermyn. Hoekom is Ben dood? Wie het hom vermoor? Sal geregtigheid seëvier? En is vergelding die antwoord?
Wrokkigheid, weerwraak, terugkry, ‘n oog-vir-‘n-oog, is die belangrikste kodes van die thriller en speurverhaal. In Golden Eye (1995) – met Pierce Brosnan as James Bond – word 007 gestel teenoor 006 Alec Trevelyan (Sean Bean) wat dood veins. Hierna word hy deel van die Janus-sindikaat. In die spel tussen held en anti-held word al die binariteite, so bekend aan James Bond-films, uitgespeel.

In ‘n stadium tydens ‘n konfrontasie roep Alec uit dat hy eintlik beter is as Bond. Sy gesig is ook geskend in 1986 in Arkhangelsk toe MI6 agente die Sowjet chemiese plant binnegedring het.

Eers dus as vennote; later as opponente. Met Alec se wrokkigheid wat alles voortdryf.
Lesers van hierdie genre ken dus die verskillende skuiwe in die skaakspel.

In die persverklaring word ons vertel dat De Vos alle reëls breek – in die speurgenre waar Ruth Rendell alreeds hierdie loftuiting opeis. (Ons kom hierna terug.)

‘n Resensent verwys ook na die brutaal briljante omgang met taal (Brutaal briljante omgang met taal | Netwerk24. Besoek 6 Augustus 2018).

Vir hom lees die roman soos ‘n versnit van stadsroman, meta-misdaadroman en diepgaande maatskaplike kommentaar.

In James Bond-films word die geweld en politieke kommentaar dikwels gesubverteer met ironiese opmerkings en humor. 

II
De Vos se boek is ‘n debuut en dit werk rondom die raaisel van Ben se dood. In die persverklaring word die leser ook vertel dat die simboliese beskrywings van die stad Pretoria nog nooit so gedoen is nie. In alle James Bond-films is die stad of land ‘n mede-speler.

Istanbul teenoor St Petersburg; Kuba of Londen is die backdrop waarteen verskillende Bond-films geplaas word en politieke of sosiale kommentaar lewer.

In Wrok het ons Inspekteur Nolwazi Mngadi wat Benjamin Rust se dood moet ondersoek. Helaas is daar ook hier korrupte kollegas by die Brooklyn polisiekantoor. En leuens oor die verlede.

III
Rondom die Lady Justice (aan die begin en einde van die roman) word die vertelling ingebed. Die stad is Pretoria, ‘n slim keuse, omdat die opposisie tussen wit / swart sterk gevoelens in hierdie stad oproep met simbole soos die Uniegebou, die Voortrekkermonument, Paleis van Justisie, oom Paul, en ander bakens. 

Die Boereoorlog is ook ingebed in die Jakarandastad en die Vrede van Vereeniging is op 31 Mei 1902 by Melrose Huis onderteken.

Dit is dus ‘n slim keuse om die boek hier te laat afspeel. Die stad se onbewuste is vol spanning, oorlog en regspleging. Daar is immers ook ‘n polisiemuseum in hierdie stad. Die stad word in die roman beskryf as ‘n vreemde en slapende stad (88).

Dit is 'n stad vol stories met storielyne wat verstrengel (218). 

En stede groei, verander, verslind, sterf en reïnkarneer, lees ons verder.

Hier is dan 'n verwysing na Harry Kalmer se goeie stadsroman oor Johannesburg (Woorde wat Weeg/ Harry Kalmer - 'n Duisend stories oor Johannesburg (2014)Besoek 9 Augustus 2018) wat in die Engelse vertaling die Barry Ronge-prys verower as A Thousand Tales of Johannesburg waaroor ek nog sal skryf.

IV
Oor die moord/speur/spanningsverhaal is daar geweldig baie teoretiese tekste geskryf. Tzvetan Todorov se “The typology of detective fiction” (1966) is eweneens opgeneem in David Lodge se Modern Criticism and Theory – A Reader (Longman, 1988). 

Todorov verwys na die dogmatiese werk van S.S. van Dine uit 1928. In hierdie artikel beweer Van Dine dat hierdie soort roman altyd ‘n speurder, ‘n boosdoener (krimineel) en ‘n lyk bevat. Ook is daar nie plek vir liefde in hierdie soort roman nie. Hy skryf verder die “culprit must not be a professional criminal, must not be the detective, must kill for personal reasons.”

Verder het hy ‘n sekere belang in die roman: hy moet immers een van die belangrike karakters wees. Alles moet rasioneel verklaarbaar wees en fantasie is nie toelaatbaar nie. Geen plek vir psigologiese analises nie (wat deur moderne skrywers wel betree word). 
Daar is ‘n verdere homologie aantoonbaar: 

“author: reader = criminal : detective.”

Banale situasies en oplossings moet vermy word (Lodge, 1988, 163).

Hoe breek De Vos hierdie reëls of sluit hy gewoon net hierby aan?

Die lykskouing is ‘n kopknik na Patricia Cornwall en hier is bewys van sterk skryfwerk. Die romanskrywer vermeng hier die kliniese aspek met die emosionele reaksie van die speurder op die dood.

In die afdeling “Die gees van die stad” word die onbewuste van die stad weergegee uit die perspektief van ‘n standbeeld.  Die stad word ook gepersonifieer soos op bladsy 255.

Die teks lewer eweneens kommentaar op die verskil tussen misdaad in die werklikheid en misdaad in krimies wat ‘n spel is en ‘n raaisel wat ons probeer oplos (59). As jy die reëls ken, sien jy die kinkels kom.

V
Die simboliek van voëls word sterk ingebed. Hamerkop. Weerligvoël. Impundulu (222).

Vuur en weerlig (Slick se herinnering) wat weer later met Freya verbind word wat fata uitdaag (en die vader wat waarsku teen bad wanneer daar weerlig is).  (Meneer Oktober, Slick, Lucky, Mama Afrika word goed uitgebeeld.)

Ben en Freya (Hansie en Grietjie) en die dubbelloopaksie van die roman verbreek die streng kodes van die verhaal. Twee wrokkiges neem tegelykertyd wraak en die verhaal bevat emosionele en seksuele beskrywings wat die kodes van die misdaadroman verbreek. Ook die afwisseling van tyd (hede en verlede) met die meta-kommentaar oor hoe die werklikheid van fiksionele tekste verskil.

Beyers de Vos (Foto: Joanne Olivier)

Kyk ook na Nolwazi se genderkontruksie - hier word Trial and Retribution geaktiveer.

Die roman sit vol slim toespelings en dis 'n debuut wat getuig van 'n vermoë om te komponeer.

'n Behendige debuut wat jou as leser saamsleur. Dit staan sy plek vol langs die lang ry van misdaad- en speurverhaalskrywers in 'n land waar misdaad daagliks voorblaaie haal. En moordstories die sub-genre se grense verskuif met wraak en weerwraak, bylmoorde en hangtonele.


(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunning van Fine Music Radio)

Rubriek | Arundhati Roy (2018)

$
0
0
Arundhati Roy in 2009 (Photo by Satish Bate)

Tydens ‘n openbare lesing aan die Universiteit van Kaapstad op 13 Augustus 2018 lewer Arundhati Roy die skrywer van The God of Small Things (1997) eweneens kommentaar op die verhouding tussen fiksie en werklikheid.

The Ministry of Utmost Happiness (2017) waaruit sy voorlees, word voorafgegaan deur ‘n film waarin sy verhouding tussen werklikheid en fiksie uitwys – met ‘n voice over.

Roy wys daarop dat die buitestaander of vreemde leser die kodes van Indië dikwels verkeerd begryp. Ons lees dit as anargie, meen sy, terwyl die hele sisteem gebou is op ‘n grid van fyn netwerke wat alles te make het met die kaste-sisteem. Net die verkeer is, volgens haar, chaoties.

Alles verder is fyn verweef en verbind.

In hierdie tersyde van Roy word die leser opnuut bewus gemaak van lesers se soeke na wat agter tekste lê, hetsy ideologie of werklike mense.

Roy se debuut The God of Small Things het in 1997 opslae gemaak en ongeveer 6 miljoen eksemplare verkoop. Dit het die Booker gewen.

Roy is skrywer, ekoloog en aktivis en sy word bemark as Indië se mees uitdagende vrou.

Tydens hierdie lesing het die joernalis Rebecca Davis die vrae gestel en Roy was in gesprek met twee Suid-Afrikaners: Haji Mohamed Dawjee wat Sorry, Not Sorry gepubliseer het, 'n teks waarin haar gender-belewenis en politieke eiesinnigheid weergegee word. Sy representeer die nuwe geslag se onversetlikheid oor gender- en rassekwessies.

No one owns their stories and the telling of them like white male writers. They are given endless opportunities for it. They can write about anything. They can pen rants about white-men problems and white-men wealth. They can wax lyrical about cars and boats and spaceships. They can have reams and reams of motivational articles published about being ‘bosses’. Without, mind you, ever having to refer to sexual harassment, unequal opportunities, discrimination or unequal pay. But the cherry on the vanilla cake is that they also get to write the soft, sensitive, soulful stuff. You know? (From the chapter'We don’t really write what we like')
Die digter en aktivis Kim Windvogel het eweneens iets hiervan geartikuleer.

Die New Lecture Theatre by UCT was stampvol. Jy moes 'n kaartjie hê. En dit was gou onbeskikbaar.

'n Mens sou meer van Roy wou hoor. Sy lees mooi voor en die kwessies van haar land en hoe sy dit vreesloos takel, moes dieper ingevra gewees het.

Ofskoon vroue- en genderkwessies ooraloor aan bod kom, was die aand se sprekers dalk te divers om 'n werklike, indringende gesprek te verseker. 

Of was die jonger paneelgangers dalk geïntimideer deur Roy wat soms met 'n skewe glimlaggie alles aangehoor het?

Vir my was haar opmerking oor die grid wat onder alles lê, belangrik. Met 'n besoek aan Indië 'n paar jaar terug het hierdie leser iets daarvan ervaar.

My storie is nie jou storie nie.

En die tjap as toegang het herinner aan die ondergrond van gay-klubs in die ou dae.

© Joan Hambidge





Resensie | Rudie van Rensburg – Ys (2018)

$
0
0
Rudie van Rensburg – Ys. Queillerie, 2018. ISBN: 978-079-5801501

Resensent: Joan Hambidge

I

Ys is die sesde roman van Rudie van Rensburg, 'n besondere speurverhaalskrywer.

In die filmweergawe van Agatha Christie – doyenne van die speurverhaal – se Crooked House, merk 'n karakter op dat 'n moordenaar koud- of warmbloedig kan wees, sonder enige empatie of morele kompas. So 'n persoon dink veral dat die wette van 'n gemeenskap nie op hom of haar van toepassing is nie. Ons het hier "the smell of blood" wat in Ys geblaker word as "die bloedspoor is warm ..." (Crooked House (film) – Wikipedia. Besoek 19 Augustus 2018).

Die film is geregisseer deur Gilles Paquet-Brennerin 2017.

'n Teefsessie tussen Gillian Anderson en Glenn Close is prima. Bykans so goed as die een tussen Diana Rigg en Maggie Smith in Evil under the Sun

Sulke oomblikke wanneer veteraan-aktrises hulle naels wys in 'n andersins ernstige moordverhaal, is dit om lag te ontlok, wat spanning verlig én die divas toelaat om te wys hulle kán "act". Daar word waarskynlik heerlik geskaterlag agter die skerms, soos in Tomorrow Never Dies wanneer M (Judi Dench) vir James Bond (Pierce Brosnan) opdrag gee om die skobbejak se vrou, en sý voormalige minnares, te pomp vir informasie. (Moontlik ge-ad lib.)

II

Van die vasvang van die Groot Appel in woorde tot die beskrywing van 'n lyk, of hoe dit moet voel as jy agtervolg word en met 'n mes in jou been hardloop, weet die leser dat Ys deur deeglike navorsing onderlê is.

'n Amerikaanse wetenskaplike word in 'n Waterfront-hotel vermoor. Daar is 'n oud-Pollsmoor gevangene. Daar is Kassie en Rooi. En 'n man met 'n kettingsaag.

By elkeen is daar newe-intriges (wat ek nie hier sal verklap nie), maar Kassie se eks daag onverwags op by haar "ou vaalmuis". En Hasie (met sy Tinkie) word onvermydelik deel van die onderwêreld en moet sy gewete sus dat hy dit ter wille van haar moet doen. Hierdie gedeeltes is waarskynlik deur Jeffrey Dahmer geïnspireer.

Met bergies en Willie met Fortuin.

Teenoor Frankie. Pastoor. En Viking, o.a.

Met leuens en vals identiteite.

Ekologie en raspolitiek kom ook aan bod – met Shaheena wat bevele uitdeel (getroud met 'n problematiese Elton). Geweld teen vroue word goed geanaliseer en waarom vroue by sulke mans bly, word hier oortuigend verbeeld.

Kasselman is misdaadtoneelbestuurder (crime scene manager) en ons weet hoe belangrik hierdie taak is. 

Boonop is daar vingerafdrukke gelaat ... (maar hier weet die leser meer as die speurders.)

Met die FBI wat met papierlêers werk, omdat rekenaars altyd 'n digitale spoor laat.

III

Christie is die meesteres van beduimeling en beduiweling. Sy fop jou altyd met vals of te slim leidrade. (Soos 'n Latynse verwysing in 'n Engelse van.) Van Rensburg draai hierdie patroon om. Hy plaas sy leser in 'n oënskynlike posisie van mag. 
  
Ollie Viljoen is hier en die arme Kassie moet sy verslae in Engels skryf. (Nie alleen omdat die FBI dit moet lees nie, maar hier is ook implisiete sosiale kommentaar op die verengelsing van die staats- en polisiediens.)

'n Goed geplaaste interteks is Etienne Leroux se Die derde oogmet die hakkelende kaptein Demosthenes H. de Goede. Anders as die blink Stefaanse van die bedryf, haal Kassie die kromme note. Hoe hy lyk en aantrek, verklap iets van sy karakter.

Nou onlangs was hierdie leser uitermate bekoor met die Maigret-reeks waarin Rowan Atkinson speurder Maigret oortuigend vertolk (Maigret (2016 TV series) – Wikipedia. Besoek 19 Augustus 2018).

IV

Van Rensburg skryf vlot en onderhoudend. Die roman is pakkend geskryf. Bliksis!

Lucky Strike en Creme Soda. 'n Seëlversameling wat 'n kode is vir stiplees.

En daardie referaat oor "Ys"?

Rudie van Rensburg se roman klief sneeu oop soos 'n ysbreker.

Met 'n wonderlike epiloog.

Rubriek | McGregor Poësie-fees (Aug 2018)

$
0
0
In hierdie ysige weer was daar ‘n poësie-fees in McGregor.

Verskillende digters het hier kom saamtrek. Dit is onmoontlik om op elke aspek van hierdie fees te fokus, omdat daar verskillende byeenkomste was in vertrekke en sale in die klein dorpie.

Ek is nie ‘n feesmens nie, maar hierdie onpretensieuse byeenkoms was vir my wonderlik om ‘n paar redes. Uiteraard weens die heerlike kos in die restaurant Tebaldi’s en die goeie wyn wat gevloei het.

Maar hier het ek opnuut onder die indruk gekom van Kelwyn Sole se digterlike beheer en CJ Driver (Jonty Driver) se bekoorlike bundel Before – A Sequence(African Sun Press). En ‘n oggend, op ‘n Sondag waar vier digters hulle gunsteling-verse voorgelees het.

Kom ons gesels eers oor digters se gunstelingverse. Wat ‘n digter lees, het uiteraard ‘n invloed op hoe sy / hy skryf. Douglas Reid Skinner, Michèle Betty, Stephen Symons en die uwe was aan die woord.

My gunstelinge – vir hierdie geleentheid – was Sylvia Plath se “Lady Lazarus”, “Morning Song”, Wislawa Szymborska se “Some like poetry”, Billy Collins se “Taking off Emily Dickinson’s Clothes” – en uiteraard Olga Kirsch se “Illusie”.

Plath se “Lady Lazarus” – met sy skisofreniese afstand – teenoor Collins se aanvanklike speelse vers wat eindig met die sidderende woorde:

So I could plainly hear her inhale
when I undid the very top
hook-and-eye fastener of her corset 

and I could hear her sigh when finally it was unloosed, 
the way some readers sigh when they realize
that Hope has feathers, 
that reason is a plank, 
that life is a loaded gun
that looks right at you with a yellow eye. 

Wanneer ‘n mens voor ‘n gehoor ‘n gedig voorlees en moet verduidelik waarom ‘n vers met jou praat, ontdek jy dikwels iets nuuts in die vers.

Vir my is “Morning Song” van Plath nie net ‘n vers oor die geboorte van ‘n kind nie; dis ook ‘n gedig wat jy kan lees asof dit kommentaar lewer oor die geboorte van ‘n gedig.

Morning Song

Love set you going like a fat gold watch.
The midwife slapped your footsoles, and your bald cry
Took its place among the elements.

Our voices echo, magnifying your arrival. New statue.
In a drafty museum, your nakedness
Shadows our safety. We stand round blankly as walls.

I'm no more your mother 
Than the cloud that distills a mirror to reflect its own slow
Effacement at the wind's hand.

All night your moth-breath
Flickers among the flat pink roses. I wake to listen:
A far sea moves in my ear.

One cry, and I stumble from bed, cow-heavy and floral
In my Victorian nightgown.
Your mouth opens clean as a cat's. The window square

Whitens and swallows its dull stars. And now you try
Your handful of notes;
The clear vowels rise like balloons. 

Tebaldi's

Olga Kirsch se “Illusie” is ‘n liefdesgedig – maar die liefste wat sy ylings tegemoet gaan, kan ook die leser van haar gedigte wees.

Volgens De Stadler se tesourus beteken ylings gejaagd, onbesuis, halsoorkop, pront, brandend, dringend, naarstiglik, urgent, akuut, brandend.

Is dit ook hoe sy haar leser tegemoet gaan?

Illusie

Soms as ek in die silwer skemering stap
met oë half toe, want die ligte reën
prikkel my wange, dans en trippeltrap
verby my lippe en om my oë heen,
dan sak die stilte in ’n klamme vlaag
oor alles, donkergroen en silwergrys
die denne, en ek slaan my jas se kraag
hoër om my nek. Daar’s iets wat eis
dat ek meteens met ligter tred moet gaan,
met tintelende ekstase in my bloed.
Dalk aan die einde van die lange laan
gaan ek jou, liefste, ylings tegemoet?

Hoe gedigte met mekaar praat en bymekaar aansluit, bly een van die ongelooflikste ervarings vir die leser van gedigte.

Soms is ‘n gedig klein, maar die betekenislading enorm soos Douglas reid Skinner dan tereg uitwys in een van sy gunstelingverse “To have Love” van Patrick Cullinan:

To have love and then to lose it;
the white hail in the orchard
lying with leaves it has stripped
and the storm moving away.

"‘n Mens kan niks byvoeg of wegvat nie," sê Skinner. "Die gedig is perfek – die impak enorm."

Hier is Johann de Lange se vertaling daarvan:

Om liefde te hê
Patrick Cullinan

Om liefde te hê en dan te verloor:
die wit hael in die boord
lê tussen afgestroopte blare
en die storm beweeg voort.

(Vertaal deur Johann de Lange)

As ‘n mens is wat jy eet, is jy ook dit wat jy lees.

Ons sal volgende keer verder by gunstelingverse stilstaan.

© Joan Hambidge

Resensie | C.J. Driver - Before: A sequence of poems (2018)

$
0
0
C.J. Driver - Before: A sequence of poems. Crane River / African Sun Press, 2018. ISBN 978 1 874 915 32 4
Resensent: Joan Hambidge

I

Op Faber & Faber se webblad verneem ons:

C. J. Driver is a poet, novelist and educator. Born in South Africa in 1939, he was Master of Wellington College until 2000. His novels are Elegy for a RevolutionarySend War in Our Time, O Lord en A Messiah of the Last Days. Since 1984, he has been a Fellow of the Royal Society of Arts. (C.J. Driver | Authors | Faber & Faber).

Deur die jare het ek gereeld die naam van hierdie digter gesien en sy gedigte gelees met bewondering vir die uitstekende versbeheer. In klein biografiese notas het ek gelees dat hy sy vaderland moes verlaat weens die politiek van die tyd.

By die afgelope fees op McGregor hoor ek dan die eerste keer hoe hierdie digter sy verse voorlees. Hoe ‘n digter sy eie werk vertolk, bepaal ook hoe jy later terugkeer na die verse en geheime ontdek.
Of ‘n digter staan of sit, het eweneens ‘n impak op die betekenis van ‘n vers. Net soos digters wat hulle gedigte met musiek begelei, sing of dans. Ek verkies om te sit wanneer ek voorlees.

Driver se verse is kompromisloos en die buiteblad van ‘n gestroopte Karoo-landskap, verraai iets van hierdie verse wat ontstaan het tydens ‘n vier-weke-lange skryfrespyt in Hawthornden, Skotland.

Maar in wese het die verse lankal terug al begin broei in die digter se gemoed. Hy vertel in die voorwoord dat hierdie sekwens van gedigte jare gelede in Suid-Afrika ontstaan het toe hy nog nie die land wou verlaat nie. Dit het in ‘n droom aan hom verskyn. Maar hy was helaas te jonk om die droom in ‘n gedig te “vertaal”.

Eers dan in 2011, as ‘n volwasse mens, kry hy die onvoltooide vers uit, in ‘n ruimte sonder WiFi, geen besoekers, beperkte geselskap en ‘n streng skryfdissipline. Hier keer die geweld van die sekuriteitspolisie uit 1964 terug na hom. Hy skryf 22 verse in vier weke, ofskoon hy nog altyd ‘n stadige skrywer was.

II

Die droom klink so:

Alone, the soldier, kitbag on his back,
No rifle now the war is done, trudges
Along an empty road and into town,
The sort of town one may have lived in once
But couldn’t place as being here or there,
Not even in the logic of a dream –

Die digter sien die soldaat se gesig wanneer hy ‘n sigaret aansteek en besef dit is nie hy nie. Jungiaans gelees is hierdie dalk die homunkulus in die onbewuste, daardie innerlike persoon wat gelyk gestel word aan die meditatiewe en spirituele dimensies. C.G. Jung skryf hieroor uitgebreid in sy Alchemical Studies(1967) wat handel oor transformasie. In wese is dít die dimensie wat vir Jung onverwoesbaar is in die menslike psige; net soos die digter, ten spyte van persoonlike ellende wat hom altyd in die herinnering sal bly agtervolg, oorleef in gedigte.
Boonop gedigte wat in drome na hom kom, die dimensie van die “Unheimliche”. 

Dit is opvallend dat die gedig begin en sluit met hierdie droom met die digter wat vra:

And is the stranger in the dream myself?
Or is it what I shall become in time –
And deep time, too, with no one waiting there?
And is this me who stops to check his notes?
That light down there?
                                         Is that a door?   
(40)

Die reeks neem standpunt in teen politieke onreg en dogmas wat wat mens van jouself vervreem. In nommer 6 is daar ‘n herinnering aan ‘n skoolmaat met sy “cheerful grin” wat uiteindelik ‘n “sneer” word (14). Hy was immers deel van die polisie se vuilspel wat mense vanuit sy helikopter in die see kon smyt. In ‘n verruklike vers oor die mag van die verbeelding word daar met Coleridge en Wallace Stevens in gesprek getree ( nommer 18). In nommer 8 word die moeder in herinnering gebring, die moeder wat hom leer van seuns se stemme wat breek en die digter wat dan leer:

                                                                              And so
I learned – began to learn – that aloes had to burn
And voices break, an inkling even then
That beauty has its own fragility.    
(16)

Oor die verganklikheid van die liefde word in nommer 19 gedig. Dit heet “And Love?”

Die ervaring van die tronkbesoek word aangrypend-pynlik geskryf. Die self is breekbaar, fragiel. Jy word nie deur alleenheid gedefinieer nie; nee, jy word eerder vermenigvuldig en in stukke opgebreek (nommer 15, 25).

Hierdie gedig is ‘n dokument oor die psigiese en fisiese geweld wat jong mans aangedoen is in die ou Suid-Afrika met sy politiek van vergelding en segregasie wat nog steeds sy tol eis.

Lesers wat kyk na genderkonstruksies sal die maskuliene aard van die verse registreer (“He’s white; he’s male…”, 23), wat helaas nie broosheid verdoesel nie.

Nommer 12 is ‘n skitterende ars poetica wat die spanning tussen die kyk (“watcher”) en dit wat beskou word, analiseer (20, 21).

Dit is ‘n besonderse digbundel geskryf met ‘n vormvaste hand. Oor die argetipiese vreemdeling wat altyd verlang na ‘n wêreld waaroor hy ambivalent voel. Daardie odi et amo-gevoel, so bekend aan gedigte geskryf vanuit ballingskap oor ‘n land wat jou beseer het.

Dis ‘n bundel waar nadink en wat met elke lees sy geheime ontsluit.

Die omslagontwerp is van Steve Wolesey te siene op www.karooimages.co.za

Die bundel kan bestel word van:

African Sun Press
P.O. Box 16415 
Vlaeberg 
8018 CAPE TOWN

Resensie | Helen Moffet – Prunings (2016)

$
0
0
Helen Moffet – Prunings. Uhlanga Press, 2016. ISBN 978 620 72299 5

Resensent: Joan Hambidge

I

Helen Moffett was een van die digters wat opgetree het by die McGregor-fees.

Helen Moffett het in 2009 debuteer met Strange Fruit. Haar tweede bundel Prunings het in 2016 verskyn en is alreeds in ’n tweede druk. Hierdie tweede bundel verdien nou weer aandag. Op die binneflap word dit getipeer as “tentative moments and emotions, rendered in fleeting and experimental forms”. Dit is een van daardie bundels waar ’n gedig jou raak en met elke herlees verder bekoor.

Die temas wat ondersoek word, is bekend aan die digkuns: die liefde, die dood, ’n eks-lover, besoeke aan vreemde ruimtes, die natuur (voëls en see), portretverse (lieflik oor die Sisulu’s en uitstaande oor Tatamkhula Afrika wat heet “Birthday in the Bo-Kaap”, 38), en gesprekke met die digkuns. Sy skryf eweneens oor siekte en terapie. Sy verken dus sowel die binnelandskap as die buite-landskap van die natuur. En in ‘n politieke vers “Christmas Eve, Mouille Point, 2004” (34) kyk sy na ‘n vrou wat haar voete was by ‘n kraan op die strand.

Sy beskryf die wasproses as “clumsy pavanne of hygiene” en in hierdie waarneming sien sy hoe die vrou haar hele liggaam was met koekie pienk seep; die soort wat gebruik is om stoepe mee af te was toe die spreker ‘n kind was. Die gedig sluit:

This woman, to whom
ten much-vaunted years
have brought precisely this much:

a public tap on a old whites-only beach.

In die portretvers lees die digter en Geoffrey Haresnape (eweneens ’n belangrike digter hier te lande) ’n vers vir Tatamkhulu Afrika. ’n Man wat, wanneer jy hom ontmoet het, jou bekoor het met sy onopgesmuktheid – ’n ware digter.

Tatamkhulu se gedigte mag nie “for sale wees nie, maar hyself is heeltemal bereid om geld in die vorm van pryse te vat. Speels, grappig – soos hy was, maar ernstig oor geregtigheid en die digkuns.

En die gedig eindig:

Now the stars he collected in his haversack
fly swooping and singing around his soul. (39)

II

Die voorblad deur Ellaphie Ward-Hillhorst, die botaniese kunstenaar, verraai alreeds iets van die snoeiwerk-metafoor in die bundel. Moffett se vader, ’n botanis, het met Ward-Hillhorst as illustreerder van sy boeke saamgewerk. Na haar dood het John Rourke van die Nasionale Botaniese Instituut hierdie kunswerk vir Moffett se vader gegee.

Dit is ongeteken, onvoltooi – ’n kode vir die lees van hierdie gedigte wat weifel tussen voltooiing en dit-wat-jy-nog-wil-sê.

In “Salvage” (46) word ’n gedig se reëls Derrideaans “sous rature” geplaas: iets word tegelyk behou en gekanselleer wanneer ’n mens dit deurhaal.

Pain is like provisional tax:
it's not just that there’s no escaping paying;
it’s the onerous, inexorable chore
of keeping account, nitpickingcalculating costs,
a reckoning demanding my full attention,
no matter how I shuffle the paper.

Jacques Derrida se Of Grammatology wat oorspronklik in 1967 verskyn het, en in Engels uitgawe in 1976 (vertaal deur Gayatri Chakravorty Spivak) verduidelik die konsep van iets behou en problematiseer. Die gedigte illustreer dekonstruksie en die spel tussen absence/presence.

Moffett gebruik hierdie konsep vernuftig in haar gedigte. Reëls word deurgetrek, uitgewis, maar behou: op verskillende maniere. Soms as ’n nawoord wat die gedig laat voortstu (“St. Patrick’s, Bridgetown”, 13) of in “Kalk Bay, April” (19) word die woede geskrap. ’n Tersaaklike gegewe wat wys hoe ’n gedig dikwels soomloos en rustig lyk, maar deur woede aangestig word.

Ons sien waarskynlik ook hier vir Moffett as teksredakteur in aksie, as ‘n persoon wat moet skrap en ander woorde vind.

Daar is ook humor aanwesig, soos in die beskrywing van ‘n besoek aan die Taj en goeie slotte wat dikwels ‘n ironiese wending impliseer. 

Sy skryf ‘n biografie oor die Sisulu’s en kyk ten slotte ‘n krieketwedstryd saam met hom. (Terloops, sy was mede-outeur van ‘n boek oor krieket saam met Tim Noakes en Bob Woolmer: The Art and Science of Cricket.)

III

Moffett is 'n feministiese aktivis, en vind in die gedig "Wisdom" (33) aanklank by Antjie Krog. Sy praat ook met vele mede-digters soos Gus Ferguson, Geoffrey Haresnape, Tatamkhula Afrika, o.a. 

Gaan kyk hoe spot sy met 'n liefdesvers vir die eks-geliefde. Baie slim!

In ‘n pynlike tweereëlige vers word geweldig baie geintimeer.

Thief 

For Steve de Gruchy 

What the river seizes,
it holds.  (40)

Die verdrinking van John de Gruchy se seun, bekende professor in Religieuse Studies aan UCT, resoneer ook met ander gedigte oor die dood, soos die navrante “For a Woman who Befriended Me After She Died” (43).

Hier wonder sy of daar dalk ‘n nuwe titel moet wees? Daar is immers die ironie dat die gaste by die troue kort daarna haar begrafnis moes bywoon.

IV

Die uitgewersbrief som die bundel so op:

Where do unfinished poems go – the early buds, the offcuts, all of the blooms that can't be bunched together? In this beguiling bouquet of travel poetry, diary fragments, letters, works-in-progress and retrospection, Helen Moffett offers us a rare look into the workings, misfirings and triumphs of a literary mind. A collection of tentative moments and emotions, rendered in fleeting and experimental forms.

Beter kan hierdie leser dit nie stel, behalwe dat dit in die tentatiewe, die vergete oomblik daar juis onthoubare verse ópgevang word.

Jy sien hoe sy weifel tussen wat gesnoei moet word en wat moet uitblom.

Rubriek | Danie van Niekerk 90

$
0
0
Danie van Niekerk en ek loop 'n lang pad saam. As jong digter stuur ek vir hom ewe vermetel gedigte uit Skandinawië wat later in my bundel Geslote baanin 1988 opgeneem word. Hy reageer per brief en vra ek moet nog stuur.

Voor die publikasie van die bundel is ek eendag in Kaapstad en laatmiddag ontmoet ek hom in sy kantoor saam met die befaamde meneer Jürgen Fomm.

Ons sit by 'n ronde tafel in sy kantoor en hy skink vir my 'n whisky en gesels met 'n jong digter oor reis en die digkuns asof ons gelykes is. Die volgende dag gaan eet ons by Rozenhof en hy behandel my asof ek 'n belangrike skrywer is.

Ons deel twee passies, ek en hierdie gentleman: reis en goeie kos met wyn.

En ons word vriende.

Deur die jare kuier ons gereeld saam (met sy sjarmante en slim vrou Anneke) en hierdie skerpsinnige man kan in een gesprek deurdring tot die essensie van 'n saak.

Taalkwessies kom dikwels aan bod en op 'n keer vertel hy my as 'n jong aansoeker by Tafelberg Latyn as skoolvak gehad het, is hy of sy summier aangestel.

Hy het groot skrywers uitgegee en dit is algemeen bekend dat hy die manuskripte (saam met sy redakteurs) gelees het. Hoeveel skrywers het hy nie ontdek en gehelp nie! Ons dink gewoon net aan T.T. Cloete.

'n Fout sal hy bepaald oppik en jou daarop attent maak.

Sy diskreetheid is 'n belangrike karaktereienskap. By geleentheid had ek veel te segge oor 'n skrywer se gedrag wat my irriteer. Hierop reageer hy ferm. Hy wil nie deelneem aan die gesprek nie; dit was sy skrywer.

Uiteraard het ek apologie aangeteken en met waardering gedink dat so 'n soort mens dun gesaai is.

In 2002 verskyn Ruggespraak(by Protea) ek dra dit o.a. op aan hom en Anneke. 'n Klein blyk van waardering.

Ons gesels ook oor goeie films en gee vir mekaar titels deur.

Toe hy en Anneke verskuif uit hul huis in Oranjezicht na 'n aftree-oord, skenk hy sy groot plateversameling aan my. Sy kennis van klassieke musiek moet eweneens vermeld word.

In 'n brief gedateer gedateer 29 November 1987 beklemtoon Elize Botha die bedagsaamheidvan die Van Niekerks (Elize Botha – gespreksgenoot – 'n brieweboek saamgestel deur Heilna du Plooy uitgegee deur Litera, 2017).

En die wonder van vriendskap.

Ek drink op jou 'n ottermaklottertjie, Danie!

© Joan Hambidge

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunning van Die Burger)

Resensie | W.L. van der Merwe - Doodmenslik (2018)

$
0
0
Doodmenslik - W.L. van der Merwe. Protea, 2018. ISBN 978 1 4853 0895 9

Resensent: Joan Hambidge

I

Doodmenslik is die solo-debuut van Willie van der Merwe wat in Nuwe stemme 3 gedebuteer het. Van sy verse is opgeneem in Groot Verseboek (2008).

Die buiteblad-ontwerp van Strijdom van der Merwe, “Rangskik groen takkies op verlepte blare” (Terschelling, Nederland, 2008), wil dalk suggereer dat lewe spruit uit verrotting? Dat daar na die vermolmde blare tog weer lewe kan wees; al is dit net in 'n kunswerk?

Kom ons val sommer met die deur in die huis. Dit is 'n ongelooflike debuut. Dit tref in die solar plexus. Ontnugtering oor godsdiens, politiek, afleggings (die verlede en van geliefdes) en genderpolitiek, word in sterk, sober verse beskryf.

Die programvers is die bekende gedig (“voortaan sal ek winterskemers vleilangs loop...”) wat Laurinda Hofmeyr, daardie musikale wonderkind, so treffend getoonset het.  

Die digter is 'n teoloog en doseer godsdiensfilosofie aan die Vrije Universiteit van Amsterdam. Hierdie biografiese besonderheid is belangrik as sleutel vir die begryp van die religieuse verse wat sowel ontnugterend as skokkend is (altans vir hierdie leser). God word aangespreek en verwyt oor sy stilte en afwesigheid tydens Auschwitz. In hierdie verband praat hy direk met God in “reisadvies vir God” (48).

Dit is 'n bundel van die melancholie.  Daar is voortdurend 'n soeke na antwoorde; selfs 'n “helpdesk” by die universiteit kan nie help nie.

Stilte ...

Hierdie soeke word telkens gefnuik.

II

'n Gedig word in Nederlands en Afrikaans langs mekaar geplaas; waarskynlik om die dubbelbestaan van 'n hier teenoor die verlede te plaas. Daar is 'n parodie van A.G. Visser. Die digter skryf vormvaste verse. Van Wyk Louw word aangespreek in “naspel 2006” (17). Nou word die wingerd gevloek en die onreinheid van menswees beken.

Die digter eksperimenteer met vorme (soos die villanelle), en Celan se bekende “Todesfuge” (44) (wat al etlike vertalings, bv. deur Helize van Vuuren, en herdigtings in Afrikaans beleef het), word so herskryf:

Fuga in swart
na “Todesfuge”, Paul Celan

swart melk drink ons elke dag
verstik in die beker van mond tot mond
grou die dooier van die maan elke nag

soggens verskril die son tot ʼn klag
roet en as grys neer na die grond
swart melk drink ons elke dag

die dag skrikkel tot laat in die middag
ʼn brandsiek hond wat lek aan sy wond
grou die dooier van die maan elke nag

vergete die klank van kinders wat lag
die gestrikte haarlokke bruin en blond
swart melk drink ons elke dag

hoe lank moet ons nog wag?
het Hy vergeet van ons verbond?
swart melk drink ons elke dag
dood die dooier van die maan elke nag

Die bundel bevat ook besinnings oor die digterskap soos onder meer in “die laaste gedig” (9):

die laaste gedig

professore, doktore, kokkedore en ander koolore
die titel van my gedenklesing vanaand is:
“Die laaste gedig”

Ter inleiding: die laaste gedig is nog nie geskryf nie
Premis 1: die laaste gedig sal lig werp op wat onsegbaar is
en dit daarby laat
Premis 2: dit sal ʼn gedig wees sonder woorde en metafore,
beeldspraak, metrum of rym, sonder sintaksis
of lettergrepe
Konklusie: ʼn gedig sonder taal, ʼn gedig in wit
strepe op papier sonder verband of betekenis
net ʼn leesteken hier en daar wat sinjaleer:
hier is die graal van stilte in git

III

Daar is selfspot oor hoe die digter lyk as middeljarige, en hetero-erotiek word onbevange beskryf, onder meer in “peepshow in Amsterdam” (35).

In “pirates of the Caribbean, Amsterdam” (33) word die pornografiese verbeelding (via Susan Sontag) ontmasker.

Hierdie verse sal waarskynlik politiek-korrektes en sekere feministe ontstig; hierdie leser meen dis sterk, eerlike verse.

Goeie poësie is selde polities-korrek.

IV

Die aangrypendste gedigte is sy lykdigte oor sy vrou en moeder.  En die gesprek met die vader na sy dood. 

Geen mens gaan net dood nie; veral nie as hulle verewig word in lykdigte nie. (Die bundel word opgedra aan die digter se vrou, Lettie wat in 2017 oorlede is.)

Ons dans met die dood 'n pas de deux, maar hierdie dansmaat sal uiteindelik die kalklig steel. Die hier-en-nou, die oomblik is belangriker as die dogma. Hierin lê die troos en hoop (90):

Troos en hoop

jou oë is so groenig-grys
soos dennebos en tortelduif

jou hare is so bruin-verby
soos koffieboon, barlinkadruif

jou hande so deurskynend-sag
soos spinnerak of nartjieskyf

jy’s woud en waterval
brood en hanepoot
maar bowenal
in lewe en in sterwe
my laaste troos en hoop

maar dan met plaasbotter
en stroop

V

Toevallig meld Johan Myburg se Kontrafak (Human & Rousseau, 1994) hom weer aan in 'n doseerverpligting.

Hoe hierdie twee verse oor die dood praat, is opvallend: verskillend en soms ooreenstemmend.

Beide digters spreek religieuse kwessies aan. By Van der Merwe is dit sinies, selfs woedend. Beide digters worstel met metafisiese kwessies. Myburg het tereg sopas die ATKV-veertjie ontvang vir Uittogboek wat die slotvers “Kodosil” (75) verder neem.

In “Grammatika” (36) vra Myburg;

Kan krappies op papier
die lading dra as kode
vir kontak met die gode?

In “optelsom” (51) antwoord Van der Merwe:

Jesus min my
tel my op
maal my, deel my
tot ek klop

By Van der Merwe is daar vrye verse, 'n spel met die villanelle en ballade. Daar is ook 'n blik op Marlene Dumas en wyle Adriaan van Zyl. Metaverse en klein ars poeticas.

'n Bundel vir nadink en vele besinnings oor die digkuns.

Doodeerlik meen ek dis 'n belangrike debuut.

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunning van Fine Music Radio)

Lesing | Vraisemblance: werklikheid of illusie? ’n Teoretiese en kreatiewe besinning (2018)

$
0
0
What we experience as “reality” is constituted by such a reversal... “reality” is always framed by a fantasy, that is, for something real to be experienced as part of ‘reality’, it must fit the pre-ordained co-ordinates of our fantasy space.
- Slavoj Žižek

I

Die Freudiaanse diskoers word gekenmerk deur 'n komplekse aanbod soos Malcolm Bowie tereg aantoon in sy 1987 studie Freud, Proust and Lacan: theory as fictionFootnotes, asides, analogies, exempla and autobiographical reminiscenses (p. 17)”. 

In al Freud se studies en in sy briewe aan Jung en Wilhelm Fliess is daar 'n tersyde of voetnoot. Hiermee wil hy die leser attent maak op die ingewikkelde raamwerke van interpretasie. En ook op die verhouding tussen binne-landskappe (of die onbewuste) en die werklikheid.  Freud was inderdaad 'n taksonoom van psigiese posisies. In hierdie referaat sal die verskillende aspekte van die voetnoot, die obiter dictum, analogie, exempel en outobiografiese herinnering of besinning onder die loep geneem word.

In sy essay “A Remark on Language and Psychoanalysis” van 1976, beklemtoon George Steiner die belangrikheid van Freud as 'n uitstekende stilis (1978: 48). Die interne eggo, allusie en miskwotasie word eweneens bespreek. Freud het onder andere 'n verwysing na Hamlet verwar met King Lear.

Psigoanalise is vir Steiner hermeneutiek en hy verwys tereg na Lacan se seminale essay, gepubliseer in 1953, “Fonction et champ de la parole et du langage en psycanalyse” waarin die onbewuste gesien word as 'n lacuna of gat en iets wat gevul moet word ten einde die kontinuiteit van bewuste spraak te bewerkstellig (1978: 53). Dit is die sogenaamde discours concret transindividuel.

Psigoanalise is vir Lacan niks minder as toegepaste linguistiek nie.

Lacan meen dat taal die onbewuste skep, en nie andersom nie. Die sprekende subjek plaas homself in die reeds bestaande simboliese orde en hierdeur word begeerte deur die sistemiese prosesse (“pressures”) beheer en georganiseer (Bowie, 109).

In hierdie referaat word daar in die besonder gekyk na uiteenlopende  skrywers se werk en hoe hulle reageer op die “werklikheid”. Hierdie teks volg die Freudiaanse diskoers wat die enkellynige aanbod dekonstrueer.

II

'n Ondersoek na Roland Barthes se siening van vraisemblance in Laurent Binet se The Seventh Function of Language, wat verlede jaar in vertaling verskyn het, is die eerste onderneming. In hierdie teks word die grense van teorie en werklikheid telkens geproblematiseer. Hiermee saam word daar gekyk na 'n representasie van die geboortehuis van Gabriel García Márquez in Colombië (Aracataca) en die beroemde museum van Orhan Pamuk in Istanbul.

Ook word daar gekyk na die roman onder 'n skuilnaam, te wete Die dao van Daan van der Walt deur ene Lodewyk G. du Plessis. En na Arundhati Roy se sieninge van die skryfkuns.

Hier word na die verskillende kante van die sogenaamde “werklikheidsbeginsel”, soos in Binet aangebied as fiksie en by Márquez waar die huis (museum) gerekonstrueer is op die model van die oorspronklike, onder die loep geneem. En 'n roman wat 'n spel speel met die leser soos by Du Plessis waar die boek onder ‘n skuilnaam verskyn. In die kolofon staan daar: Die Skrywer.

Wat lesers as die werklikheid ervaar, is dikwels alreeds 'n rekonstruksie van 'n werklikheid.

Willie Burger merk tereg op dat die realiteit self kan ons nie betrek nie; dit kan nooit die verwysingsveld van enige literêre werk wees nie (2018, 76).

In die outobiografie van Márquez word die werklikheidsbeginsel vooropgestel wat deur museumkenners en -argiviste nagespeur is. Macondo is 'n fiktiewe plek gebaseer op Aracataca. Hier word veral Jay Corwin se studie oor die verskillende vlakke van representasie in Márquez betrek. 

In die outobiografiese-biografie van Barthes getitel Roland Barthes deur (par) Roland Barthes wat in 1975 in Frans verskyn het, word die spel tussen outobiografie en biografie verder gevoer. Die skrywer verklaar homself tot 'n karakter in 'n roman en wil dus só beskou, sy lewe fiksionaliseer.

In Binet se roman word teorie tot fiksie verklaar en die lewens (of dit was ons dink ons weet van teoretici) gesatiriseer. Wat is waar? Wat is gefiksionaliseer?

Barthes se beroemde uitspraak in sy boek is: “All this must be considered as if spoken by a character in a novel” word by Binet verander na “Life is not a novel”.

Waarvan is die teks dan 'n simptoom uiteindelik? Die teks as simptoom (Le texte symptomal ~ the text as symptom) (Roland Barthes, 1977, 172).

En watter leesstrategieë moet die leser volg om hierdie spel te hanteer? Taktiek / strategie (Tactique / stratégie ~ Tactics / strategy) (Roland Barthes, 1977, 172).

'n Teoretikus soos Malcolm Bowie begryp hierdie problematiek in 'n teoretiese studie waar teorie as fiksie benader en toegepas word.

Binet gebruik die troop van die speurverhaal om hierdie representasie-problematiek in fiksie uit te wys.

Watter strategieë moet die leser uiteindelik volg?

In die geval van Binet se roman is Kristeva uitgekryt en valslik beskuldig as 'n spioen. Hier het die roman se werklikheidskodes so oorheers dat dit spel met fiksie verdring het (Die allegorie van lees versus die skilpoppe van interpretasie. Besoek 29 Mei 2015). 

In die reis na Colombië het die werklikheid eweneens fiksionele perspepsies wat hierdie leser oor Márquez gehad het, radikaal verander. In sy geboorteland word skole en huise tot museums verklaar. Daar is foto’s van die outeur en Nobelpryswenner afgedruk, maar terselfdertyd word Gabo se hooghartigheid teenoor sy landgenote benadruk. 

Die besoek aan die land verduidelik eweneens verhulde politieke kodes in sy roman One Hundred Years of Solitude oftewel, Cien años de soledad (1967).

In 1982 ontvang hy die Nobelprys vir letterkunde.

Tydens my reis, skryf ek so oor die besoek:

My gids het my deur die geskiedenis van hierdie land geneem. Gabo se boeke word dikwels onder die maklike noemer van magiese realisme behandel, terwyl sy tekste ‘n sterk politieke bewussyn het. Ook is daar verwysings na Latyns-Amerikaanse musiek en danse. Gabo sélf het op ‘n keer geskryf dat hierdie teks ook speletjies en grappies tussen hom en ander kritici bevat.

Verder het ek my  verwonder aan die landskap wat net soos Mosambiek lyk: plantegroei, huise, piesangs aan bome toegemaak in blou omhulsels sodat dit nie verswart nie (kennelik vir die uitvoermark).

Die reis is vier ure van Cartagena tot in Aracataca.  Dit bly die beste manier om 'n land te sien: deur die ruite van 'n kronkelende bussie.

Gabo se huis is pragtig, eenvoudig. Dit is egter 'n rekonstruksie van die oorspronklike huis. Ek besit 'n miniatuur-huisie as soewenier.

Groot skrywers kom dikwels uit klein dorpies waar hulle van kleinsaf hul fantasie moes ontwikkel om te oorleef.

Die huis is 'n huldeblyk aan sy oupa, Papelo wat hy dopgehou het as jong kind, terwyl hy gewerk het in die huis. Oupa was ook 'n oorlogsveteraan wat sterf toe Gabo nege jaar oud was.

Sy ouers moes om werk te kry hierdie dorpie verlaat en hy het groot geword by sy vertroetelende ouma Mina en oupa Papelo; iets wat sterk herinner aan ons situasie waar swart mense die landelike omgewing moet verlaat om in die stad werk te kry. Kinders word dan groot by hul grootouers.

Dis ook bekend dat Gabo al die stories gehoor het by sy ouers en grootouers - wat later in sy boeke beslag kry. Hy het self op 'n keer beweer hy het al die stories gehoor voor sy agste jaar! Verder lees hy as verveelde regstudent natuurlik Faulkner wat 'n bepalende invloed op sy werk gehad het, nes Kafka. Hy voltooi nooit sy regstudies nie en word 'n skrywer van internasionale statuur. In bykans elke dorp of stad is daar 'n monument vir hom of 'n wapperende vlag teen 'n skoolmuur.

Aracataca huldig hom ook met trots met 'n monument. Uit die gegewe van hierdie kleindorpse bestaan het hy 'n fantasieryke wêreld geskep.

So begin sy beroemde roman:

Many years later, as he faced the firing squad, Colonel Aureliano Buendia was to remember that distant afternoon when his father took him to discover ice. At that time, Macondo was a village of twenty adobe houses, built on the bank of a river of clear water that ran along a bed of polished stones, which were white and enormous, like prehistoric eggs. The world was so recent that many things lacked names, and in order to indicate them it was necessary to point.

José Arcadio Buendía droom van ‘n stad van spieëls in hierdie roman. ‘n Utopia dus. Maar onder die spieëls is daar spanning. Opstande van werkers (en die weermag se binnetrede), is gebaseer op die Banana Massacre of Piesangslagting in 1928. Daar is slegs een persoon wat oorleef en niemand wil sy storie glo oor die opstande en die slagting nie. 

Die verhaal verander van utopia na distopia. Aan die einde van die roman word die hele dorpie deur ‘n orkaan verwoes, terwyl Aureliano ‘n manuskrip lees oor die wel en wee van die familie wat oor vele generasies strek. Daar is ‘n kind wat met ‘n varkstertjie gebore word (die straf vir bloedskande) met 'n vreemde ervaring van tydsbelewenis in die roman. Dit vertel die verhaal van verskillende generasies.

Verskeie lesers het al insigryk oor hierdie roman geskryf soos Jay Corwin in sy studie Gabriel GarcíaMárquezwat in 2016 verskyn het by Palgrave. Harold Bloom het in sy kritiese studie oor hierdie boek opgemerk dat dit ‘n grootse roman is, maar dat dit ‘n estetiese “battle fatigue” word, omdat elke bladsy so vol gepak is met lewe en verwysings dat jy dit gewoon nie as leser kan absorbeer nie. Jy moet elke sin lees. Tog vind Bloom dit 'n baken. Pablo Neruda het dit beskou as 'n moderne Don Kiesjot.

Daar was al etlike pogings om Aracataca se naam te verander na Macondo, maar die owerhede wil steeds nie bes gee nie.

Met hierdie reis na sy geboortedorp besef 'n mens dat 'n groot roman, al werk dit met fantasie en die bo-natuurlike, altyd sterk gebed bly in die werklikheid en die politiek van daardie land. En 'n groot skrywer het die mag om dit oop te maak vir lesers van ander lande en ander kulture.

By Orhan Pamuk in The museum of innocence (2010) word die werklikheid 'n troop. So reageer ek destyds op my blog na die besoek aan die museum:

Jy is die antropoloog van jou eie ervarings. Orhan Pamuk.

‘n Roman speel in op films, ‘n museum, die geskiedenis en lewer kommentaar op al die verskillende vlakke van die werklikheid. Boonop vertel die werklike skrywer vir ons in ‘n regte museum hoe alles inmekaar pas.

Dit gebeur in The museum of innocence van Orhan Pamuk, die Turkse skrywer en wenner van die Nobelprys vir letterkunde in 2006. Die roman van 734 bladsye bevat ‘n naamsregister. Die leser kan dus elke karakter opsoek asof jy ‘n historiese dokument lees en boonop is daar ‘n werklike museum in Istanbul wat die komplekse verhouding tussen fiksie en werklikheid vérder uitbou. Die museum is in April 2012 geopen in die historiese Çukurcuma area.

Die roman handel op die eerste vlak oor onbeantwoorde liefde. Kemal (‘n ryk besigheidsman) se liefde of eerder dalk, obsessie met Füsun (uit ‘n meer beskeie familie) word in besonderheid vertel. Objekte (soos koeldrankbottels en sigaretstompies) word vinjette vir die ervaring van die geobsedeerde verteller wat vir ons meedeel presies hoeveel keer hy haar ouers se huis besoek het net sodat hy naby aan haar kan wees. Daar was 1,593 besoeke aan die Keskin-huishouding waar hy omstreeks seweuur opgedaag het en televisie met die gesin gekyk het. 4, 213 sigaretstompies van sy geliefde het hy bewaar.

En objekte word gegaps sodat hy iets van haar kon behou. Soos hondjies bo-op die televisie of ‘n botteltjie parfuum. Hiervoor vergoed hy later deur geld agter te laat.

Op ‘n dieper vlak word dit ‘n analise van die geskiedenis van Istanbul en soos die verteller ons dan inlig, beleef ons Istanbul as “mental map”. Geboue, bakens, restaurante, die Bosphorus, moskees is alles daar. Besoekers aan die stad herken die roetes wat gevolg word. Die geskiedenis van Turkye en die invloed van Atatürk word ontleed. Ons beleef die stormagtige noodtoestand van die sewentigerjare.

Die roman is eweneens ‘n analise van die liefde en hoé seksualiteit in hierdie tyd ervaar is. Die jong vrou wat voorhuwelikse seks toestaan, “verloor” iets. Hierom moet die man met haar trou of sy word as ‘n Westerse vrou gesien. Daar word kommentaar gelewer op skoonheidskompetisies waaraan jong Turkse meisies deelneem. ‘n Mens sou die hele roman ook kon lees as ‘n analise van die verskille tussen Westerse en Turkse siening van skoonheid. Hoe mense lyk, word in besonderheid beskryf.

Die verteller is aanvanklik verloof – Sibel verlaat hom en gaan studeer in Parys, omdat sy bewus is van sy verskeurdheid. Tant Nesibe, die liefdesobsessie, Füsun se moeder, vertel hoe haar dogter moes trou om van die klad (“stain”) van die verhouding met Kelam weg te kom (385).

Sy trou dan met Feridun ‘n jong man, onbewus van Kemal se liefdesobsessie, wat graag ‘n kunsfilm wil maak. Hy hoop dat ons ryk verteller hom sal borg. Daar word ook kommentaar gelewer op Turkse films en die impak daarvan op ‘n gemeenskap. Turkse films wat dikwels melodramaties is, word geanaliseer. Hoofstuk 59 wys weer op die sterk sensuurstelsel in hierdie gemeenskap waar die filmmaker se vryheid van spraak aan bande gelê was. Fotoboekies was eweneens in die sewentigerjare ‘n ruimte waar vroue buite die patriargale orde kon beweeg.

Grace Kelly is ‘n ikoon in hierdie roman. Hulle kyk na haar films op TV na haar dood en Kemal analiseer hoe sy geliefde reageer op hierdie skoonheid. Hierdie kragtige toneel verduidelik die verskille tussen die Westerse en Turkse vrou.

Die objek-van-begeerte – soos in Lolita van Nabokov – se lot word in jukstaposisie geplaas met ‘n voëltjie in ‘n kou in haar ouerhuis.

Die filmverwysings word ‘n “counter-plot” wat die komplekse spanning tussen fiksie/werklikheid (die museum)/films vérder bevestig. Op die koop toe is daar werklike verwysings na ‘n Pamuk-familie by ‘n troue en ene Pamuk blyk uiteindelik die ouktoriële outeur te wees van hierdie verhaal.

Vir iemand wat al verskeie kere in Istanbul was, word die roman nog komplekser. Jy herken bakens en gewoontes. Die leser word getransporteer deur die komplekse lae van hierdie samelewing: Bizantium, Konstantinopel tot moderne Istanbul.

Diegene met ‘n eksemplaar van die boek, mag die museum gratis besoek. In ‘n stad wat al in 657 VC gestig is. Die komplekse geskiedenis van Istanbul word in The museum of innocence geberg.

En die leser word ook kyker wanneer jy na die BBC-program kyk oor die museum met Pamuk as begeleier.

Die roman dwing ons na verdere werklikhede.

In Istanbul is daar ook kritiek op die feit dat hy tekste oorneem uit ander tekste – kennelik onkunde oor die postmodernistiese speletjies wat hy met die ingeligte leser speel waarvan die wérklike museum ‘n markante voorbeeld is.

As Skrywer is hy in 2005 krimineel aangekla oor sy siening van die vervolging van Armeniërs deur die Turke. Die klag is ‘n jaar later laat vaar, ofskoon hy steeds aangekla word van die feit dat hy “Turksheid” beledig het.

In 2012 vind ons ‘n boek oor die museum: The innocence of objects.

Die leser kan ook 'n toer deur die museum via die internet onderneem. Hierdie skrywer was werklik daar.

III

Die dao van Daan van der Walt is ‘n roman wat eweneens die vraisemblance-beginsel ter sprake bring. Hierdie roman, geskryf onder ‘n skuilnaam, word bemark deur die voormalige uitgewer Frederik de Jager met die hooggestemde woorde dat hierdie roman ‘n golf deur die Afrikaanse letterkunde gaan stoot.

Hierdie anonieme roman (wat gelei het to spekulasie van wie die outeur sou wees) aktiveer Michel Foucault se stelling in “What is an author?”: Since literary anonymity is not tolerable, we can accept it only in the guise of an enigma. As a result, the author-function today plays an important role in our view of literary works”(Lodge, 1988, 203).

Ofskoon dit gepubliseer word onder ‘n nom de plume, verskyn daar ‘n onderhoud in Rapport van 25 April 2018. Francine Prose meen: “Writing under a pen name is like doing an impersonation of someone doing an impersonation”. (Ciuraru, 2011, 18).

IV

Tydens ‘n openbare lesing aan die Universiteit van Kaapstad op 13 Augustus 2018 lewer Arundhati Roy die skrywer van The God of Small Things (1997) eweneens kommentaar op die verhouding tussen fiksie en werklikheid.

The Ministry of Utmost Happiness (2017) waaruit sy voorlees, word voorafgegaan deur ‘n film waarin sy verhouding tussen werklikheid en fiksie uitwys – met ‘n voice over.

Roy wys daarop dat die buite-staander of vreemde leser die kodes van Indië dikwels verkeerd begryp. Ons lees dit as anargie, meen sy, terwyl die hele sisteem gebou is op ‘n grid van fyn netwerke wat alles te make het met die kaste-sisteem. Net die verkeer is, volgens haar, chaoties.

Alles verder fyn verweef en verbind.

In hierdie tersyde van Roy word die leser opnuut bewus gemaak van lesers se soeke na wat agter tekste lê, hetsy ideologie of werklike mense.

VI

Barthes se beroemde essay van 1967 “The death of the author” word ‘n saak van onmoontlikheid, omdat lesers juis die skrywer bo die teks verhef. Barthes argumenteer dat die dood van die skrywer aanleiding gegee het tot die geboorte van die leser. 

Nog nooit is die werklikheid so geproblematiseer met fopnuus en verwysings na skandale van gestorwe generaals en hul ministers nie.

Het die werklikheid dalk 'n nuwe ondeurdringbare semiotiese spel geword wat ons voortdurend uitdaag om nuut na ons-self te kyk en na die Ander wat ons bly definieer?

Elke teks skep sy eie werklikheidsdimensie of vraisemblance. Pamuk plaas dit voorop, terwyl argivarisse Márquez se lewe in Aracataca probeer konstrueer in die huis van sy grootouers. Lesers wil weet wie is Daan. Ons kan nie die werklikheid ontglip nie; dit skep 'n beginsel wat die leesproses struktureer en beheer.  Die sewende beginsel dalk waarop Binet via Roman Jakobson sinspeel? Weg van die metalinguistiese of emotiewe na iets buite die teks?


Bibliografie:

Barthes, Roland. 1975 / 1977. Roland Barthes. Londen: The MacMillan Press. (Vertaler: Richard Howard).

                                                     “The death of the author” in Lodge, David. 1988. Modern Criticism and Theory. Londen: Longman.

Binet, Laurent. 2015 / 2017. The Seventh Function of Language. Londen: Harvill Secker. (Vertaler: Sam Taylor).

Bloom, Harold. 2003. Bloom's Critical Interpretations: Edited and with an Introduction by Harold Bloom: “Gabriel García Márquez's One Hundred Years of Solitude”. Philadelphia: Chelsea House Publishers

Bowie, Malcolm. 1987. Freud, Proust and Lacan: theory as fiction. Cambridge: Cambridge University Press.

Burger, Willie. 2018. Die wêreld van die storie. Pretoria: Van Schaik.
Ciuraru, Carmela. 2011. A (Secret) History of Pseudonyms. Londen: Harper.
Corwin, Jay. 2016. Gabriel García Márquez. Londen: Palgrave.

Du Plessis, Lodewyk, G. 2018. Die dao van Daan van der Walt. Kaapstad: Tafelberg.

Foucault, Michel. 1979. “What is an author?” in Lodge, David. 1988. Modern Criticism and Theory. London: Longman.


Márquez, Gabriel García. 2003. Living to Tell the Tale. Londen: Jonathan Cape. (Vertaler: Edith Grossman).

Márquez, Gabriel García. 1967 / 1970. One Hundred Years of Solitude. New York: Harper & Row. (Vertaler: Gregory Rabassa).

Pamuk, Orhan. 2010. The museum of innocence. Londen:Faber & Faber.

                                        http://joanhambidge.blogspot.com/2013/06/orhan-pamuk-museum-of-innocence-2010.html Besoek 5 Augustus 2018

Roy, Arundathi. 1997. The God of Small Things. India: IndiaInk.

Roy, Arundathi. 2017. The Ministry of Utmost Happiness. Londen: Hamish Hamilton.

Steiner, George. 1978. On Difficulty and Other Essays. New York: Oxford University Press.

Van Rensburg, Rudie. 2018. Ys. Kaapstad: Tafelberg.

Artikels:

Lacan, Jacques. 1956. “Fonction et champ de la parole et du langage en psycanalyse”. Psychanalyse I (1956), 81 - 166.

Endnote:

1. ‘n Roman deur Laurent Binet is ‘n eiesoortige speurverhaal wat in 2017 verskyn het. Dit is die opvolg van sy roman HHhH (2010). Binet se roman is ‘n speurverhaal oor die dood van Barthes en maak van die wasgoedlorrie-insident ‘n moordverhaal.

Barthes se beroemde uitspraak in sy boek is: “All this must be considered as if spoken by a character in a novel” word by Binet verander na “Life is not a novel”. Wat weer resoneer met Woody Allen se bekende uitspraak dat die lewe eintlik slegte televisie naboots. In hierdie dae van vele speurverhale, is hierdie roman eietyds. Barthes se dood blyk ‘n komplot te wees met jaloerse kollegas wat op soek is na RB se notas oor die sewende funksie van taal. Dit is ‘n baie slim tegniek, omdat Barthes telkens in sy werk geskryf het oor vraisemblanceen die verhouding wat tekste het met die werklikheid. Hierdie verlore dokument kan glo help om verkiesings te wen. (Binet is in sy werklike lewe ‘n politieke navorser.)

Die speurder, ene Bayard, met die hulp van Simon Herzog, ‘n doktorale student, probeer sin maak van die semioloog se dood. (Ons hoor ook Saul Bellow se Herzog hier en Eco se Die naam van die roos.)  So gesien, word die roman ‘n relevante ondersoek na tekensisteme en die werk waarin Barthes uitgemunt het, soos Mythologies. Die spanning tussen akademiese werk (wat metafories en metonimies is) en polisiewerk (wat op feite gebaseer is), word in die roman uitgewerk soos Lauren Elkin insigryk in haar reeds aangehaalde resensie uitwys. Sy betrek tereg Allen se Midnight in Pariswaar bekende kunstenaars ook “optree”. Judith Butler, Eco, Cixous, Sollers, Kristeva, Derrida, Foucault, Lacan (se minnares) en vele ander is hier aanwesig. Die leser wat hul teoretiese werk ken, gee dus telkens ‘n ander lesing, by wyse van skrywe. Van closedna openteks.

Die ses funksies van taal is deur Roman Jakobson opgestel, maar die sewende een is okkulties; dit behels om beheer te neem oor die toehoorder. 

Satires van die akademie is volop: David Lodge se Changing Places, o.a. en Malcolm Bradbury se tekste, soos Mensonge (Arena, 1987). Patricia Duncker se Hallucinating Foucault (Cox & Wyman, 1996) is eerder akademies-onthullend as satiries.

Bradbury se Mensonge (leuenaar, liegfabriek) word soos volg aangebied:

My Strange Quest for Mensonge, Structuralism’s Hidden Hero. Malcolm Bradbury with a Foreword / Afterword by Michael Tardieu (Professor of Structuralist Narratology University of Paris) translated by David Lodge 

Na links, ‘n foto van Mensonge (kaalkop, van agter geneem). Die fotograaf is onseker. 

Agterin word die leser voorsien van ‘n Bibliografie en Indeks.

Tipies postmodernisties, is die biblioteek van die ondersoeker anti-alfabeties en die Mensonge se boek se titel heet La Fornication comme acte culturel.

Die filosofiese “underpinnings” is vir die ingeligte leser wat die hele moderne teorie hier sien afspeel: van die estetika van stilte tot die geboorte / dood van die outeur. Van die episteem tot die meem. Being tot nothingness.

Daar is verwysings-binne-verwysings en waarskynlik is dit minder toeganklik as die Franse roman. 

En waar is die roman van Mensonge?

In ‘n spel met Derrida se sous rature (under erasure) is hierdie teks se papier met suur vervaardig en hierom vergaan dit en is dit so moeilik om ‘n eksemplaar in die hande te kry.

Duncker se roman is op sy beurt ‘n spel met Foucault. ‘n Navorser wat werk op Paul Michel, ‘n romanskrywer, wat al sy idees op Foucault, die filosoof, baseer. 

Om ‘n tesis te skryf, is ‘n eensame, obsessiewe bedryf en die persoon oor wié geskryf word, is die een met wie jy die meeste tyd spandeer (1996: 4,5). Die anonieme navorser ontmoet sy rokende geliefde in ‘n biblioteek in Cambridge.

Die navorser en sy vriendin probeer Michel opspoor, ‘n skrywer wat ‘n ambivalente verhouding het met Foucault. Hy is 30 Junie 1984 in die begraafplaas van Père Lachaise in hegtenis geneem weens grafskending. Foucault se studies oor gestigte en die gemeenskap se definisie van waansin word onder die loep geneem, net soos die oedipale verhoudings tussen student/mentor, navorser/studie van ondersoek betrek word. Die anonieme fokalisator raak betrokke by Paul Michel en sy geliefde, ‘n Germanis wat ‘n studie skryf oor Schiller het twee vaders. Sy laat telkens notas vir haar geliefde en maak hom attent daarop dat Paul Michel se lewe belangrik is vir sy studie. Michel kan ook nie van sy psigose herstel nie, want sy werklike leser, Foucault, is dood.

Die dood van die skrywer (in navolging van Barthes en Foucault) is die onderbou vir hierdie roman. Teen die einde van die roman is daar ‘n diagram: Paul MICHEL en Michel FOUCAULT waar die twee figure se lewens teen mekaar geplaas word. Die ooreenkomste en verskille; selfs die verwysing na Foucault se eerste selfdood-poging in 1948 word vermeld.

Dit is ‘n boeiende studie oor waansin en homoseksualiteit.

2. Die geboortehuis van Gabriel García Márquez

Mina en Papelo sit in hul afwesigheid steeds aan
by dié tafel gedek vir twee in 'n huis gerekonstrueer.
Hierdie grootouers versorg 'n jong kind, vertel stories:
later vanuit sý optiek gelaai met mucho entusiasmo.
Maar dit is veral die stilte, die eensaamheid volledig,
waaruit Gabo ryklik kon put: vrugte ryp vir die pluk.
Iets glo soos 'n spertyd van die siel, hierdie óór-dig
of natrek van verhale nes dié besoeker in haar destinor.

(Ongepubliseerde manuskrip: Op die keper beskou)

© Joan Hambidge

Resensie | Egonne Roth - Olga Kirsch: ’n Lewe in gedigte (2018)

$
0
0
Egonne Roth – Olga Kirsch: ’n Lewe in gedigte. Naledi, Eerste uitgawe 2018. ISBN: 978-1-928426-30-1

Resensent: Joan Hambidge

Olga Kirsch is een van die mees onderskatte digters in Afrikaans wat met ’n handvol sterk verse immer bly bekoor. Haar verse oor die vader bekoor, en “Illusie” (Die soeklig, 1946) bly een van my gunsteling gedigte. Thomas Minnaar het ’n uitgebreide doktorale studie ooor haar voltooi onder my leiding in 2012 aan die UK. Dit heet: ’n Herwaardering van Olga Kirsch se oeuvre: Identiteit, moederskap en ballingskap aan die hand van die psigoanalitiese teorieë van onder andere Sigmund Freud, Jacques Lacan en Julia Kristeva.

Sopas het Naledi uitgewers Egonne Roth se uitgebreide biografie oor haar gepubliseer. Dit is ’n studie waarin die gedigte gebruik word as uitgangspunt, as soeklig op die lewe van Kirsch. Dit is onvermydelik dat ’n biograaf se navorsing nie uiteindelik haar lees van tekste sal beïnvloed nie. Hermione Lee se kluif oor Virginia Woolf (1999) bewys hoe sy nie die tekste kan ontkoppel van die komplekse lewe nie.

Ofskoon dit waarskynlik nie meer mode is om dit te skryf nie, bly een van die bakens in ons letterkunde Leon Rousseau se studie oor Eugène Marais: Die groot verlange (1974). En Janet Malcolm se postmodernistiese biografie oor Sylvia Plath, The Silent Woman (1993), bekyk haar vanuit verskillende invalshoeke: die moeder, die skoonsuster, feministe, die tekste.

Egonne Roth se literêre biografie maak gebruik van briewe, foto’s, gesprekke, familie en ander tekste om die geskiedenis van hierdie merkwaardige vrou se lewe te karteer. Heilna du Plooy sou ’n biografie oor Elize Botha kon skryf, maar het eerder besluit om die briewe uit te gee (Gespreksgenoot – ’n Brieweboek, 2017) waarin briewe uit ’n ander tyd nie genoegsaam gekontekstualiseer is nie. Van die briewe is juwele; ander is klippers in die skoen.

Briewe sonder genoegsame redigering of verduideliking (hetsy per voet- of endnoot) veroorsaak dan onmin, terwyl die biograaf in wese juis ’n lewe distilleer. Uiteraard is ’n biograaf soos ’n advokaat wat sy kliënt se lewe en tekste verdedig. 

Dit is dan opmerklik hoe Roth identifiseer met Kirsch. Sy skryf: “Ons het albei alleen op aliyah gegaan, dit wil sê na Israel geëmigreer, in ’n tyd van groot onsekerheid” (ix).

Daar word ingegaan op die komplekse verhouding wat Kirsch met haar moeder gehad het en hierom  pleit sy by haar dogter dat dit nie hul verhouding moet beïnvloed nie (39). Die vader wat op sy beurt nie “reg” praat nie en dus so sy buitestaanderskap verraai, maak die kind skaam vir hom en ook van haar ’n outsider (43). Daar is baie beelde van buitestaanderskap in Kirsch se digkuns en as gevoelige jong kind bly sy bewus van hul andersheid as Jode op Koppies in die Vrystaat. 

Kirsch se vader ontval haar op dertien en hierdie verlies, soos by Sylvia Plath, is iets wat sy nie kon verwerk nie. Eers as volwassene skryf sy ’n reeks verse oor hom: “Vyf sonnette aan my vader”.

Soos Eybers en Cussons is sy ’n digter wat vanuit ’n vreemde landskap terugkyk na haar geboorteland. Sy verlaat haar land in 1948 en gaan woon in Israel. In vele opsigte is daar, soos Roth uitwys, ’n gespletenheid in haar aanwesig.Sy praat Engels en Hebreeus, maar skryf in Afrikaans; sy het Israel lief, maar verlang na haar moederland en die pragtige natuur. Sy kan haar egter nie vereenselwig met die diskriminerende politiek nie (185).

My lewe sal gesplete bly:
Groen stamme, as die byl hul kap
kerndiep, sal nooit weer heelheid kry.
Maar aan die staallem klewe sap.

(Uit: Geil gebied, 1976)

In Israel streef sy om die Sionistiese droom te vervolmaak saam met haar briljante eggenoot, Joe, ’n wiskundige. Daar is pynlike beskrywings van hoe sy van haar ryk klere uit Suid-Afrika moes ontslae raak (letterlik en figuurlik) om deel te word van die gestroopte Israel met sy handearbeid.

’n Mens word bewus van ’n komplekse, eensame vrou (met ’n sterk band met Eybers) wat selde mense in haar persoonlike ruimte toegelaat het. Mense was dan ook onseker of sy van hulle hou of nie. Minnaar wys in sy tesis uit hoe kompleks die verhouding met die moeder was, en Roth meen dan ook dat hulle moeder hul geleer het om hul emosies te onderdruk (142).

Vir my is die gedeeltes oor die digterskap (en stiltes) die boeiendste in hierdie studie. Kirsch was een van net vier digters wat in 1944 uitgegee word. Die aantal publikasies is streng beperk weens die oorlog en die gevolglike papiertekort. Sy en S.V. Petersen het voorkeur bó Opperman gekry. ’n Striemende resensie van Greshoff in 1946 het sy as vernederend ervaar, soveel so dat dit haar ongemaklik laat voel het in Johannesburg. Later sou G.A. Watermeyer vir haar opkom.

Sy het in Afrikaans, Engels en Hebreeus geskryf. In laasgenoemde taal, omdat sy as “onpatrioties” sou oorkom as sy in Israel nié in hierdie taal skryf nie. Minnaar wys in sy studie oortuigend uit dat haar Engelse gedigte minder oortuig as haar Afrikaanse verse, en die taalverwarring wat sy beleef weens die aanleer van ’n nuwe taal wanneer haar mentor C.M. van den Heever haar in 1953 in Israel besoek, het die skryf van verse in Afrikaans verder gekompliseer.

Sy het nooit geestelik tuis gevoel in Hebreeus nie, en haar gedigte in hierdie taal klink na ’n vertaling van dit wat sy wil sê (167). Engels is ’n moeë taal, merk sy op teenoor Eybers. Hulle briewe bestaan nie meer nie, maar gelukkig is daar gesprekke met Lina Spies en Daniel Hugo se onderhoud indertyd vir RSG wat perspektief bring.

Eers in 1972, vier-en-twintig jaar na Mure van die hart, publiseer sy Negentien gedigte wat goed ontvang word.

’n Lang stilte dus.

Sy word uitgenooi is om die amptelike opening van Die Afrikaanse Taalmonument op 10 Oktober 1975 by te woon. Die enigste ander digter teenwoordig was Lina Spies. Roth skryf insigryk oor die verskillende reaksies op hierdie omstrede oomblik. Later is daar weer ’nbesoek aan Koppies waar sy haar jeug wil ervaar en spanning veroorsaak omdat sy nie die amptelike onhaal wil bywoon nie. Die burgemeester voel afgejak, maar die leser besef dat sy ’ngedig wou skep oor haar jeug.

The Book of Sitrya is in 1990 in Israel gepubliseer en het geen resensies ontvang nie, nòg in Israel nòg in Suid-Afrika. Dit handel oor die pynlike dood van ’n kleinkind. Hoe sou Kirsch gedig het as sy nooit weggegaan het nie? Of word haar verse juis voortgedryf deur die spanning tussen buite en binne; bekend en onbekend? 

Lees hierdie pragboek met sy fyn balans tussen persoonlike onthulling en biografiese distansie.

*

Olga Kirsch (1924-1997)

In Jiddisj blykbaar geen woord of begrip
vir teleurstelling, verydeling, verloëning.
Desondanks moes jy in ’n vreemde taal
’n tweede, ongenaakbare ballingskap binnegaan.
’n Digter kan nooit haar erfenis verloën:
“By die riviere van Babel, daar het ons gesit,
ook geween en aan Sion gedink...”
Met jou verse oor die diaspora, vervolging
die verdriet van jou mense naam gegee.
Hoeveel woorde is daar vir pyn?
Eensaamheid, illusie, verdriet, angs, kommer...
Dié kon jy opvang, stulp en bowenal vertaal
in hunkerende, ylende melodieë.

(Uit: Lykdigte. 2000).

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunning van Beeld)

Resensie | Coenie de Villiers – Karoo-Suite & Katrina – Die dansende taal (2018)

$
0
0

Coenie de Villiers se produksie Karoo-Suite en Katrina - Die dansende taal is opgevoer in die Kunstekaap (19 - 22 September). Dit is ’n besondere ervaring.

Dit is ’n mélange van verskillende style en hierdie produksie behoort wyer uitgevoer te word.

De Villiers is voor die klavier.  Hy begin met sy groot lied saam met Lucas Maree – Karoonag.

Deon Meyer, ’n jarelange vriend van De Villiers, lees voor uit sy Karoo-verhale met foto's wat die indrukke amplifiseer. Daar is ook ’n orkes met Jaconell Mouton, Mauritz Lotz en David Klassen wat die gegewe verder vertaal. Die sobere vertellings van Meyer teenoor De Villiers en die begeleiers se emosionele vertolking van die landskap waar daar net twee seisoene is: hitte en koue. Met ’n aangrypende storie van die Franse uitgewer wie se seun in die Karoo rigting kon vind en ’n man kon word.

Die perkussie is ’n taal.

Die foto's op ’n skerm raam alles. Die stilte, die meedoënlose landskap met ’n onopgesmukte skoonheid teenoor Meyer se verhale waar karakters argetipes word van ons menswees. Lewe en dood. ’n Kis wat uit ’n rivier gehaal word. Dankbaarheid, vir dít wat die lewe bied. Die gesofistikeerde skrywer wat sy dorpinwoners beskou sonder om neerbuigend te wees; hulle leer hóm immers iets van oorlewing. (Al spot hy met die feit dat sy skryfkamer vir die dorpenaars ’n plek word wat hulle met besoekers deel.)

Dit is egter die ballet wat meesleur. Kirvan Fortuin se vertolking van Ouma Katrina Esau se woorde, die laaste vlotspreker van die San-taal N|uu word in ’n vertelling en op die skerm weergegee. ’n Mens hoor die “soenklieke”.

Jong dansers vertolk haar lewe in verskillende bewegings. Die liggaam as taal. Die taal as liggaam.

Die Kruiper-clan se danse word as uitgangspunt geneem in ’n multi-kulturele en interdissiplinêre aanbieding.

Die Kirvan Fortuin Organisasie gebruik dans as ’n voertuig om mense sosiaal bewus te maak. Net soos S. Shah & M. Brenzinger - Ouma Geelmeid ke kx’u ǁxaǁxa Nǀuu (2016) se studie enorme werk gedoen het om hierdie taal op te teken.

Die Universiteit van Princeton doen geweldig baie om bedreigde tale te bewaar en ’n mens dink hoe goed dit sal wees as hierdie produksie kan reis na die buiteland met sowel Afrikaanse as Engelse woorde om die dans én die boodskap te begelei.

Coenie de Villiers se produksie is nie kulturele appropriasie nie; dit is bewaring en ’n herinterpretasie van dit wat mag verlore gaan.

Dwaalstories van Marais bly ’n belangrike teks wat ’n mens nou anders gaan benader en Helize van Vuuren, ’n kenner van al hierdie diskoerse, se studie gee eweneens sleutels tot hierdie kultuur, A Necklace of Springbok Ears – /Xam Orality and South African Literature (2016).

In hierdie dae van die stemlose wat stemhebbend word en ’n beskouing van die posisie van die subaltern, is hierdie produksie uiters relevant.

Katrina Esau se woorde is daar. Met kopiereg verleen deur die San-Raad van Suid-Afrika.

Na die opvoering - ’n belewenis - dink ’n mens na oor al die boodskappe van hierdie produksie.

Endnoot:


S. Shah & M. Brenzinger - Ouma Geelmeid ke kx’u ǁxaǁxa Nǀuu. CALDi, University of Cape Town, 2016. ISBN 978-0-620-67157-6

Sheena Shah & Matthias Brenzinger met Katrina Esau, Claudia du Plessis en Mary­Ann Prins Vyf mense, waarvan drie susters, is die enigste mense wat nog die N|uu-taal kan praat en ’n groep akademici het hulle gehelp om ’n ortografie vir hulle taal te skep. So sal hulle taal en die geskiedenis bewaar bly.

CALDi aan die Universiteit van Kaapstad, ’n sentrum vir Afrikatale, het hierdie projek aangepak.

Hanna Koper, Griet Seekoei en Katrina Esau kan nog hierdie taal praat, maar kommunikeer eerder met mekaar in Afrikaans.

Die hele kwessie van taal wat aan die uitsterf is, kom dikwels na vore, ook in polemieke rondom Afrikaans se toekoms en die bedreiging van ’n taal se hoër funksies.

2 000 tale word op ons kontinent gepraat deur klein gemeenskappe en wanneer hierdie tale beskerm en opgeteken word deur kundiges, is dit ’n belangrike gebeurtenis.

Katrina Esau, ’n persoon wat haar taal op Upington beskerm, het in 2014 ’n prys ontvang vir haar werk. Hoewel sy nie kan lees nie, het sy hierdie tradisie aan ’n jonger geslag oorgedra. En CALDi is hier ter sake met hul skep van ’n ortografie wat vir ’n jonger geslag toeganklik is.

112 klanke (waarvan 45 klieke) maak hierdie taal as’t ware lewendig vir ’n jong geslag wat op hierdie wyse kan aansluit by hul tradisie.

Die hele Afrika-kontinent staan in die teken van meertaligheid en multikulturalisme; daarom word meer as ’n derde van alle tale op aarde in Afrika aangetref. Klein gemeenskappe praat tale wat net deur ’n handvol sprekers begryp word.

Dat dié ’n uiters belangrike studie is, spreek vanself.

Die leser word aan prente met suigklanke voorgestel en daar is ’n handige glossarium of woordelys in sowel Afrikaans as Engels.

Moderne woorde soos gordel is byvoorbeeld beltsi; of foto is fotusi (enkelvoud). Dit dui daarop dat die taal getransformeer het om aan te pas by die moderne wêreld waaraan die sprekers blootgestel is.

’n Mens word baie geleer in hierdie studie soos dat N|uu se bilabiale klieke as “soenklieke” bekend staan.

N|uu is dan een van die min oorlewende “nie-Bantoe-kliektale” wat voorheen as deel van die Khoisantale geklassifiseer is.

Hierdie kenners wys egter daarop dat hierdie taalfamilie nie werklik bestaan nie.

Moderne nie-Bantoe kliektale behoort aan ’n verskeidenheid van onverwante taalfamilies.

|Xam is in die 1870’s deur Bleek en Lloyd opgeteken en het alreeds in die 1920’s uitgesterf. Stephen Watson het dit verewig in Return of the Moon: Versions from the /Xam, wat later ook ’n dramateks geword het.

Sedert ons demokratiese vrywording in 1994 verskyn |Xam op ons landswapen en op note en munte wat op ’n andersoortige bewaring dui.

N|uu is die enigste van die !Uitale wat oorleef het en die geskiedenis van Europese setlaars en die impak op hierdie mense se lewe, is bekend.

’n Mens word baie geleer in hierdie onderhoudende studie soos dat N|uu se bilabiale klieke ook as “soenklieke” bekendstaan. Dit maak dit een van drie tale (die ander is Taa en =Hoan) wat hierdie soort kliekfoneem bevat.

Die bedoeling van hierdie boek is om die gemeenskap te leer om hul taal te lees en skryf, maar ook te praat. Die gedrukte eksemplare is dan ook hoofsaaklik gemik op die gemeenskap.

Vir my was dit ’n persoonlike genot om hierdie boek te lees.

Die boek kan gratis aanlyn afgelaai word by: http://bit.ly/29SdQjM, of by https://open.uct.ac.za/handle/11427/17432?show=full

© Joan Hambidge

Resensie | Pieter Odendaal - asof geen berge ooit hier gewoon het nie (2018)

$
0
0
Pieter Odendaal - asof geen berge ooit hier gewoon het nie. Tafelberg, 2018. ISBN 978 0 624 08561 4

Resensent: Joan Hambidge

In die slotvers “wegraak” word die bundeltitel verduidelik:

tot die grond weer gelyk word
en hier weer wolke kom lê
asof geen berge ooit hier gewoon het nie

In  hierdie genoeglike en opwindende debuut van Pieter Odendaal word die leser voorgestel aan ‘n jong mens wat bewus is van ongelykhede én ongerymdhede. Hy karteer sy verlede en as jong digter het hy destyds die aandag getrek met sy gedig vir Adam Small “die eerste steen” (106). Hierin het deur sy vader gepraat met Small en vir sy vader in die bresse getree. 

Maar nou is dit ‘n paar jaar later. Die digter is bewus van die #fallists en in “fragmente” (110) word die ou Suid-Afrika se argiewe bekyk waarin die waarhede oor uitbuiting verpak en gebubblewrap word. En omdat objekte nie weet hoe om te lieg nie, kan die jong kyker hierdie vermindering  skerp raaksien.

Mandela word in ‘n filmiese portretgedig verewig (“Rainbows and other optical illusions – dir. Mandela, N.R. (1994)” met die slim slot waar die toeskouers sukkel om die film se ontknoping te aanvaar.

Daar is aweregse liefdesvers waarin die biologie ingespan word om die liefde te beskryf in “fisiologie-laboratorium” (84) met ‘n chemiese rendezvous. In die aangrypende “vir adam” word ‘n liefdeservaring (illusie?) in die wegloop-teks van whatsapp verwoord. In “some jocks have tutus” (77) word die anderse gender-identiteit uitgespeel teenoor die broer s’n.

In ‘n onthou-vers word ‘n gedig eerder in Afrikaans geskryf sodat die geliefde dit nie sal begryp nie (“ek skryf hierdie gedig”, 75), terwyl ‘n jeugdige liefdesverkenning in ‘n skoolswembad (met al die paranoia en werklike gevare) lieflik beskryf word (73). Met sy liefdesgedigte sluit die digter aan by die lang tradisie van gay-sensibiliteit in Afrikaans. 

Dit word pragtig en onthutsend verwoord in “inisiasie” (58) waar die bokskiet-episode ook ‘n oomblik van oedipalisasie word. Met die bok se keelafsny, word die jong seun ‘n man, maar een wat vorentoe sal verskil van sy vader:

....

ons ry tot teenaan my mondigheid
wat in die son lê en blink
hy skryf sy eie poem in die sand
  
     kom boeta
          sê pa
     jy moet sy keel afsny
     anders ly hy

ek doop my vingers in die ink,
neem sy kop in my hande vermy sy oë
sy keel spoel uit op my skoot
soos iets wat eerder ongesê moes bly

Die vader word in kursief aan die woord gestel.

Die vers sluit aan by die reeks vadergedigte by Johann de Lange en dit tree ook in gesprek met Loftus Marais se vers oor sý vader wat die kind beveel om nie te huil nie. Die gedigte oor die ouers is sterk en geskakeerde portrette.

Daar is verse oor die ekologie en in “eersterivier” word die verskille tussen Kayamandi en wit Stellenbosch oopgeskryf:

hier sien mens duidelik
die verskil in kleur
kayamandi se vullis en feses vertroebel die water (35)

Ongelykhede oor ras aktiveer ‘n gesprek met Antjie Krog en “in praise of protest” (95) word die “conspiracy of silence” oopgemaak.  “Hulle – ‘n duet” (104) aktiveer eweneens Krog se gebruik van musikale strukture wat verskillende stemme kan vertolk.

Die musikaliteit van die bundel is opvallend. Die bundel bevat verse wat vir die oor geskryf is en die meer konvensionele lees of oog-gedig waar jy as leser vir strukture in die gedig soek. Hier word die “wit in die poësie” dan iets ironies.

Dit is ‘n bundel waarin die funksies van taal ondersoek word: is poësie net vir die elitistiese “in-groepie” of kan gedigte die wêreld transformeer? Hier gebruik die digter “Bra Willie” (16) as model wat sy lewe lank geglo het dat gedigte wel mense se sieninge kan verander. Dit is ‘n lykdig oor Keorapetse Kgositsile geskryf vanuit die vreemde:

jy is ‘n cheetah in die hart van ‘n roos

Odendaal skryf ‘n loslit-vers met Engelse woorde en met kleinletters. Sommige verse is in ‘n praattrant geskryf, maar die slim onderbou en sterk slotte lewer bewys van ‘n digter wat sy ambag kén. Ander verse is slimmer gestruktureer met toespelings op A.G. Visser, Wopko Jensma, die reeds genoemde Krog …

Van sy debuut in Nuwe stemme 5 in 2015 het hierdie digter nou gekom met ‘n bundel wat dawer en troos en aankla. Dit word opgedra aan al die medestryders. Politiek, ekologie, gender-kwessies, familieskap, studente-onrus is van die temas wat aangesny word op ‘n uiters volwasse manier.

Dis 'n bundel wat die asem wegslaan. 

Hier is 'n performance-gedig:

Vreemdeling, laataand-gesprek, Corridor se stoep, Stellenbosch

[Lees hardop met Jon Hopkins se “Abandon window” in die
agtergrond. Gee jouself oor aan die ruimte wat die song skep.]

Kayamandi lê voor ons:
die natblink ingewande van ’n bees.
Jy bly aan die ander kant
waar die baksteenhuise is,
verseker jou slepende tong my.

Jou hare is kort geskeer:
eers het jou ma gegaan, toe jou pa.
Gelukkig het hy genoeg
vir groente gelos, sê jy,
vir jou en jou boetie.

Jy is skaars sestien,
lieg vier jaar by.
Ek weet nie hoe om ’n pa te wees nie, sê ek.

Jou woorde val tussen tale rond
nes jou besope idees oor my bleek voorregte.
So ook my halfsinne wat hierdie sinkende
gesprek probeer anker:

“Nee, jy hoef nie Afrikaans . . .”
“Ja, ek is, maar . . .”
“Bloemfontein.”

Jou gesig lê tussen my en die shacks.
Jy korrel met jou mond,
ek weet ek moet,
maar ek koes nie.

Trou met my, sê jy.

Nog nooit was die sterre so yl
oor die lug gesaai soos vanaand nie.

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunning van Rapport)

Resensie | Alettie van den Heever - Stof (2018)

$
0
0
Alettie van den Heever – Stof: 'n kanttekening. Queillerie, 2018. ISBN: 9780795801600

Resensie: Joan Hambidge

I

Hierdie opwindende debuut het my onvermydelik teruggeneem na twee seminale besinnings oor die abjekte, Julia Kristeva se Powers of Horror: An essay on Abjection (Columbia University Press, 1982) en Rosemary Jackson se Fantasy – The Literature of Submission (Methuen, 1981).

Sowel Kristeva as Jackson werk met die idee van subversie. By Alettie van den Heever word dit reeds op ‘n taalvlak uitgespeel.

Ons lees op bladsy 11: “Ekskrementorium, ontlaswoning, opelyftoring, blertsorium, bolliewinkel, tjortstjoekie, poefsalon, poefieplaas” … “Akkieshok, drolpaleis, strontsentrum, skytgebou, kakmansion!”.

Hier is ons dan in die abjekte. Die teenoorgestelde van die konvensionele fantasie. Op die voorblad van Jackson se boek is daar 'n afbeelding van Bosch se Tuin van aardse luste, waar die abjekte en die fantasiewêreld saamgesnoer word.

Jackson – in navolging van Todorov se The Fantastic: A structural approach to a literary genre (1973) kyk na hierdie tekste wat kulturele ongemak veroorsaak. Van den Heever se werk daag immers jou leespatroon uit, en ‘n resensent, Loftus Marais, het reeds daarop gewys dat sy juis vérby die voorspelbare van die Afrikaans roman beweeg (Dié ‘drolryke’ toekomsfiksie is moeilik maar móói . . . | Netwerk24. Besoek 26 September 2018).

Jackson beklemtoon dat Eric Rabkin alreeds geskryf het dat hierdie soort teks die reëls van die konvensionele prosateks op sy kop keer (Jackson, 1981, 21).

Die sogenaamde antinomiese struktuur is relevant, omdat hierdie soort teks met die leser die spel van die onmoontlike speel.

Verder wys Rabkin op die volgende: “By foregrounding its own signifying practice, the fantastic begins to betray its version of the ‘real’ as a relative one, which can only deform an transform experience, so the ‘real’ is exposed as a category, as something articulated by and constructed through the literary or artistic text” (Jackson, 1981, 84).

Woorde word gerekonfigureer en binne nuwe kontekste geplaas.

II

Jackson kritiseer Todorov omdat hy in gebreke bly om sogenaamde unconscious discourse van hierdie genre te ondersoek. Die uncanny of das Unheimliche is uiteraard deel van hierdie soort tekste wat in Frans beskryf word as l’inquiétante étrangeté.

Freud se seminale essay is reeds in 1919 beskryf en die split of breuk in die self. Die projeksie op die omgewing of die Ander word uitgewys deur vele teoretici. 

Liminaliteite, derde ruimtes (of spasies) en ambivalensies gee juis aanleding tot kreatiwiteit – soos Homi Bhabba ook beklemtoon.

Slavoj Žiżek se analise van grieselverhale in The Pervert’s Guide to the Cinema wys ook op hierdie dualisme wanneer hy ‘n film soos Alien bespreek (Alien (film) - Wikipedia. Besoek 18 September 2018).

III

Hierdie roman wat in 2018 afspeel is sowel toekomsfiksie as distopiese roman.

Sade en uitskot. Lewe en dood. 

Amper, heet die karakter (Ampersand) &, dui op en (Ampersand - Wikipedia. Besoek 26 September 2018).

Dit is dan ook 'n logogram. 'n Belangrike kode vir hierdie roman wat jou terugneem na woorde se betekenisse.

Dis eweneens 'n ekologiese roman wat vrae stel oor die lot van die aarde.

Die boek word bemark as toekomsfiksie vir vandag. Ek is 'n liefhebber van wetenskapsfiksie in al sy gedaantes - van Asimov tot Ursula le Guin tot Frank Herbert. Met Patrick Parrinder (Science Fiction: A Critical Guide uitgegee deur Routledge in 1979) as die sinryke gids om hierdie genre te verstaan.

Die roman lewer kommentaar op ekologie. Saad moet bewaar word en Ampersand wonder wat het geword van Wakinyan. Soos in hierdie genre dan bekend is moet sy sorg dat sy die bose teenspelers uitoorlê sodat dit nie deur Meconium, 'n enklawe, se kloue  beland nie. 

Hoe nou met saad en uitskot?

Sekere sade word deur uitskot verder gedra ...

Die hoofstuktitels is rondom stof en saad en skyt – en die misvrede het my beet (264) kry ‘n nuwe betekenis binne die gang van hierdie boek.

Met die slot: Ikabod.

Die studie van Jackson neem ons weer na Foucault opmerking in Madness and Civilization en die analogie tussen waansin en fantasie. 

Ek haal haar endnoot aan uit daardie wonderbaarlike boek: “…by the madness which interrupts it, a work of art opens a void, a moment of silence, a question with answer, provokes a breach without reconciliation where the world is forced to question itself” (190).

En dit is waarmee Alettie van den Heever besig is.

Van utopie na distopie; van ekologiese besinning tot toekomsfiksie. Gender en politiek.

Die motto uit wyle Le Guin is beduidend.

“Still there are seeds to be gathered, and room in the bag of stars.” ‘n Skrywer wat al die aspekte van hierdie wêreld kan saamsnoer.

Dis 'n komplekse, slim roman wat jou laat nadink:

geen ding is duister, maar hy glans
of hou sy skittering ingesluit,
en niks is dood, en alles dans
en reik na naamlose dinge uit.

(Die swart luiperd. NP van Wyk Louw)

Handskrif | Kunstenaar Henk Serfontein (2018)

$
0
0

Joan Hambidge I © Henk Serfontein


Joan Hambidge II © Henk Serfontein

Rubriek | The Talented Mr Ripley (1999)

$
0
0
I

Hierdie verbysterende film, uit 1999 van Anthony Minghella (ook die regisseur van The English Patient) neem 'n mens terug na hoé een leuen 'n volgende skep of genereer. Tom (Matt Damon) wat 'n vaal bestaan voer as 'n klavierbegeleier word deur 'n ryk man raakgesien by 'n party in New York. Hy dra as pianis 'n Princeton-baadjie en lieg dat hy daar studeer het. Meneer Herbert Greenleaf, 'n skeepsmagnaat vra hom om na Italië te gaan en sy seun, Dickie, wat aan Princeton studeer het, terug te bring huis toe.

Wat dan afspeel voor die kyker se oë is, hoe Tom Ripley, 'n swendelaar en bedrieër van formaat, hom inwurm in Dickie (vertolk deur Jude Law) se lewe op Mongibello.  

Ripley se talent is vervalsing. Vervalsings van identiteit, handtekeninge, stemme – wat hom al deur allerlei teenstand gedra het. (In 'n onderhoud erken Matt Damon hoe hy as kind gesukkel het met identiteit; hierom waarskynlik dat hy so goed oorkom in die film).

Die verhaal speel af in die Vyftigs, die naoorlogse jare, en in sy filmkommentaar wys die regisseur daarop dat hy veral die klasverskille tussen mense wou uitwys. So beskou, is dit 'n relevante film oor status. Tom wil ryk wees; hy begeer die lewe van Dickie wat in die klein Italiaanse dorpie 'n meisie swanger maak. Sy verdrink haarself om die skandaal van 'n buite-egtelike kind te vermy. Dickie voel skuldig, want hy het nie vir haar geld gegee toe sy hulp gesoek het nie. (Waarskynlik vir 'n aborsie.)

Die regisseur vertel hoe hy bekende Italiaanse akteurs gebruik. Kyk, hier stap sy seun oor die straat ...

Die regisseur wys tereg daarop dat net wanneer Tom "geluk" vind, daar 'n karakter is wat dit binnedring. Freddie (Philip Seymour Hoffman) daag onverwags in Rome op in Tom se nuwe geskepte lewe as Dickie, en besef hy is 'n indringer; of in die slottoneel op die skip Griekeland toe wanneer Meredith (Cate Blanchett) hom herken as Dickie, terwyl hy weer Tom is saam met sy nuwe homoseksuele lover, Peter Smith-Kingsley, met wie hy 'n liefde vir klassieke musiek deel.

Tom gee voor hy is 'n jazz-liefhebber om by Dickie uit te kom – maar hy is in wese 'n liefhebber van Bach. Die film gebruik ook musiek om die storie verder in te kleur en opposisies uit te wys.

Die Stabat Mater
Tu Vuo' Fa L'Americano
My Funny Valentine
Italia – Harry Rabinowitz
Lullaby for Cain
Crazy Tom– Instrumental - Harry Rabinowitz
Ko-Ko - Instrumental – Charlie Parke
Nature Boy – Instrumental – Miles Davis.

In 'n kroegtoneel is dit Tom wat improviseer en loslittig raak via musiek, nie Dickie nie. Tom ontwikkel van 'n lompe, bleek aankomeling met 'n groen swembroek tot 'n behendige man van die wêreld. 

Dis ook wanneer Freddie in Rome begin tokkel op Tom se klavier dat alle waansin losbars. Musiek is nou nie meer melodieus nie, maar disharmonies.

Wanneer hy in Dickie se klere voor 'n spieël op musiek dans, is Dickie verontrus; hy besef onbewustelik hoe sy identiteit gesteel word.

II

Die kommentaar van die regisseur is uiters insigryk vir begrip van hierdie film. Hoe daar onder andere gespook is om 'n mooi seetoneel te kry wanneer Dickie reeds dood is in die boot. Hiermee wil Minghella die onverskilligheid van die natuur beklemtoon. Ten spyte van die drama in die boot, is die natuur nié in simpatie nie. En 'n mens bewus raak van hoe goed Gwyneth Paltrow is as Marge in hierdie toneel. Met min dialoog en gebare, beklemtoon die regisseur, is haar toneelspel skitterend. Sy weet Tom het haar geliefde vermoor – sy ontdek immers die ringe in die badkamer in die nuwe huis in Rome. Dickie het beloof hy sou dit nooit afhaal nie.

Sy word ook amper vermoor – maar Tom bedink hom. As kyker vrees mens dit wanneer jy die bebloede skeermeslem in sy sak sien.

III

In sy regisseurskommentaar wys Minghella ook daarop dat Matt Damon, eweneens 'n skrywer, nie sy karakter wou uitbeeld as 'n verfoeide leuenaar nie, maar eerder as iemand wat deur één fout in ellende gedompel word. Die vertelling word geraam met Cate Blanchett as Meredith Logue, 'n ryk persoon wat nie wil ryk wees nie – terwyl dit presies is wat Tom begeer.

Omdat sy voel sy is die versaakte lover en Tom op sy finale bootreis raakloop, moet hy 'n keuse maak: gaan hy haar vermoor, of sy nuutgevonde gay lover? Hy besluit op laasgenoemde, omdat Meredith te veel mense om haar vergader het.

Daar is ook gesukkel om tonele in stede reg te verfilm. En telkens is ander stede gebruik. Die "leuen" van films maak.

IV

En Freddie, die onvergelyklike Philip Seymour Hoffman, is die eerste een wat lont ruik. Die film handel ook oor jaloesie. Wie mag die naaste aan Dickie wees, die een wat telkens moeg raak vir mense en nuwe aandag behoef? 

Dickie raak moeg van Tom se parasitisme en wanneer hy die vriendskap afwys, is Tom woedend. Dit lei dan tot die dood op die boot wanneer Tom beledig voel.

Die subtiele spel van erotiese gevoelens tussen mans word goed verbeeld. Met 'n badtoneel wanneer Tom saam met Dickie wil bad en laasgenoemde hom wegwys. (Hierdie badtoneel word weer openlik eroties gelaai met die twee minnaars in The English Patient.)

Die regisseur lewer ook hier kommentaar op die skote: die omgekeerde gesig van Tom in 'n spieël; 'n kamera wat vry en ongekondsioneerd beweeg wanneer Marge na Dickie soek in Tom se nuwe vesting. 

Hierna is die vervalser wat briewe skryf asof hy Dickie is en almal laat glo dat Dickie selfmoord gepleeg het. In 'n wending het die ryk vader 'n speurder aangestel. Dit blyk dat Dickie 'n aggressiewe jeug had in Princeton en hierom dink die vader dat Dickie Freddie vermoor het.

Marge weet egter wie haar geliefde vermoor het. Sy is openlik in haar woede, in haar vertrek uit Venesië.

Daar is immers nommerplate van die vermoorde Freddie in Dickie se huis gevind.

Die speurder bied hom 'n afkoopboete aan (namens die vader) en Tom sou letterlik met twee moorde wegkom, as dit nie was vir die toevallige terugkeer van Meredith nie. So word die begin en einde gesluit: die fata van Tom. Meredith is sy nemesis. Die een wat sy pret finaal bederf.

En hierom  moet hy 'n derde moord pleeg en die kyker besef: die derde keer is skeepsreg. Met hierdie moord sal hy nie wegkom nie.

Tu Vuo' Fa L'Americano klink dan uiters ironies op (Tu Vuo' Fa l'Americano - The Talented Mr. Ripley (HD) - YouTube. Besoek 7 Oktober 2018)
Tu vuo' fa' ll'americanoMericano, mericanoMa si' nato in ItalySient' a mme, nun ce sta niente 'a fa'Ok, napulitanTu vuo' fa' ll'americanTu vuo' fa' ll'american 
© Joan Hambidge 
Viewing all 819 articles
Browse latest View live