Quantcast
Channel: WOORDE WAT WEEG
Viewing all articles
Browse latest Browse all 819

Kreatiewe skryf en die UJ pryse vir 2016

$
0
0


Literêre pryse is dikwels omstrede in enige letterkunde. Maar die jongste bekronings van die UJ-prys laat ‘n mens wonder wátter maatstawe gebruik is om die wenners aan te wys. My kanttekeninge is nie op die skrywers van toepassing nie, maar op die beoordelaars wat asseblief moet verduidelik. 

Die paneel was:

Karen de Wet (UJ)  (Voorsitter)
Frederick Botha (UJ)
Marné Pienaar (UJ)
Ronél Johl (UJ)
Karin Catell (US)
Marius Crous (NMMU)
Alwyn Roux (UNISA)
Corina van der Spoel (Wits UP)
Ilse Salzwedel (RSG / Skrywers en boeke)

Die debuutprys vir Roela Hattingh se Kamee bo Lien Botha se Wonderboom?

Soos familie: Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste deur Ena Jansen, die wenner van die UJ-prys,  is volgens my ‘n relevante kompendium, maar dit bekroon bo romans wat volgens my beskeie mening as “kreatief” gedefinieer kan word, naamlik Brandwaterkom (Alexander Strachan),  Vlakwater(Ingrid Winterbach), o.a.?

In die woorde van die keurders: “Hulle het meegeding teen 50 ander titels wat voorgelê is – van jeugromans tot literêr-historiese speurtogte (Carel van der Merwe), Jonker en Brink se gepubliseerde liefdesbriewe, ’n verskeidenheid speur- en spanningsromans (Deon Meyer, André Krüger, Chris Karsten), oorlogboeke (Alexander Strachan) en vorige UJ-pryswenners (Willem Anker, Ingrid Winterbach, André Krüger)”.

Miskien sal ons die voorsitter, Karen de Wet, vra vir ‘n verduideliking?

Watter letterkundige maatstawe is gebruik? Of verstaan ek nie meer die begrip “kreatief” nie?

In Jansen se eie woorde oor haar studie: “My ideale lesers is mense wat belangstel in menseverhoudings: in geskiedenis, die letterkunde, sosiologie, migrante- en stadsgeskiedenis”,  wat daarop dui dat sy dit sélf as ‘n akademiese werk sien.

‘n Sosiologiese studie met voetnote, dus.


© Joan Hambidge

Viewing all articles
Browse latest Browse all 819

Trending Articles


Girasoles para colorear


mayabang Quotes, Torpe Quotes, tanga Quotes


Tagalog Quotes About Crush – Tagalog Love Quotes


OFW quotes : Pinoy Tagalog Quotes


Long Distance Relationship Tagalog Love Quotes


Tagalog Quotes To Move on and More Love Love Love Quotes


5 Tagalog Relationship Rules


Best Crush Tagalog Quotes And Sayings 2017


Re:Mutton Pies (lleechef)


FORECLOSURE OF REAL ESTATE MORTGAGE


Sapos para colorear


tagalog love Quotes – Tiwala Quotes


Break up Quotes Tagalog Love Quote – Broken Hearted Quotes Tagalog


Patama Quotes : Tagalog Inspirational Quotes


Pamatay na Banat and Mga Patama Love Quotes


Tagalog Long Distance Relationship Love Quotes


BARKADA TAGALOG QUOTES


“BAHAY KUBO HUGOT”


Vimeo 10.7.0 by Vimeo.com, Inc.


Vimeo 10.7.1 by Vimeo.com, Inc.