Quantcast
Viewing all 819 articles
Browse latest View live

Koos Kombuis - rock & roll.karoo (2014)



Koos Kombuis - rock & roll.karoo. M & S Boekdrukkers, 2014. ISBN 978-0-620-62716-0
Resensent: Joan Hambidge

Die digter vra in die kolofon dat die leser hierdie e-boek nie sal aanstuur nie. Die digter vra pertinent dat die leser eerder sy eie eksemplaar sal aanskaf en die harde werk sal eer.

Goeie genugtig.

Die bundel word aan Etienne opgedra, en dit is waarskynlik Etienne van Heerden, met wie Koos Kombuis gedebuteer het in Brekfis met vier in 1981.

Toe was Koos nog André le Roux-du Toit; Daniel Hugo en Peter Snyders was die ander digters. Die uitgewer was Skoppensboer.

Inmiddels het Koos ’n huishoudelike naam geword, satiriese romans geskryf – soos Suidpunt-jazz(1989) en Somer II (1985) – en veral bekendheid verwerf as musiekmaker. Daar was ook Raka: Die roman (2005), ’n wrang satire.

Hierdie jongste e-digbundel wals met Groot Verseboek en etlike ander bekende Afrikaner-eiesinnighede.

In die hand van Koos Kombuis word daar ’n aweregse blik gegee op die hier-en-nou en swaarwigtige kwessies word ontluister. Die @-teken is daar, nes = en ander rekenaar & internet-simbole.

Soms mis ons ’n konvensionele kappie of ’n deelteken het weggeval . . .

Dis geen groot poësie nie, maar ’n heerlike internetwals sonder gal, maar met sosiale kommentaar.

I

gedigte = stukkende liedjies
liedjies wat nie meer kan sing nie,
gebreekte liedjies.
net hartseer liedjieskrywers soek hul toevlug
@ poësie.
poësie is d koraalriwwe v kuns.
gedroog, verbleik, geteister deur tegnologie,
verarm deur d opkoms v rock’nroll,
woorde gevries @ stilstuipe.
massagrafte op papier.
ek = mal vir poësie. (5)

So plesierig gaan dit:

@ my ou ramkiekie
met net 1 toep
speel ek i/d maanlig
@ my stoep
ek speel v al d sterre
i/d wye lug daarbo
n lied v al d aliens
@ d groot karoo (37)

’n Mens sou vir jong studente kon vra: Waar is Totius, Leipoldt, Opperman (onder andere die ou weduwee Viljee) en al die ander grotes weggesteek in hierdie bundel?

(Die aanhaling toegedig aan Ezra Pound is helaas van Eliot . . .)

Die digter sien homself as ’n Dias van die gees.

Nou onlangs het die digter opslae in Brittanje gemaak met ’n wit-gedig (Cambridge University students speechless over Koos Kombuis’s blank poem) en ons vind hier woordeksperimente soos:

XVII

o brannewyn laat my staan
“ “ “ “ “ gaan
“ “ waars d maan
“ “ eks gedaan (21)

Gedigte klink asof dit in ’n vinnige SMS-taal geskryf is. Maar dit is ’n opsetlike eksperiment, hierdie aanslag. En selfs “Die Stem” word geparodieer:

VIII

(gelofteland)
@ d blou v onse hemel
@ d diepte v ons C
@ onsgebergtes
waar d kranse antwoord G

Dit is ’n bundel vir al Koos se fans. Hy lewer aweregse sosiale kommentaar: Karoo-fracking word aangespreek, die soeke na stilte, oudword, die dood . . .

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunnning van Netwerk24)


Anton van Niekerk - Geloof sonder sekerhede (2014)



Anton van Niekerk - Geloof sonder sekerhede. Lux Verbi, 2014. ISBN 978 0 7963 1899 2
Resensent: Joan Hambidge

Hierdie is ‘n tweede uitgawe van Anton van Niekerk se boek Geloof sonder sekerhede. Hoe kan ek nog glo? Die skrywer, ‘n bekende filosoof wat heel dikwels oor etiese kwessies onderhoudend en helder skryf, stel dit duidelik dat hy op kritiek gereageer het. Hy reageer onder andere op ‘n persepsie dat hy probleme sou hê met alle teologie. Waarteen hy wel polemiseer, is teologie wat ten alle koste ‘n “soeke na ortodoksie” is, die sogenaamde teologie wat ‘n konsensus of akkoord is wat ons oral en altyd behoort te glo …

Hierom bely die outeur, verkies hy Erasmus bo Luther. En hoe besonders dat hy kritiek en kritiese vrae verwerk om ‘n belangrike boek te skep wat vir sowel die teoloog as die gewone leser van waarde is.

Dit is 'n besonder ryk geskakeerde teks wat belangrike vrae stel oor geloof. Hoe kan daar 'n God wees wat onder meer die holokaust, Vigs, 'n tsoenami of watookal toegelaat het? Van Niekerk se onderbou is die Christendom, en meer spesifiek, Christelike filosowe en teoloë. My posisie is een van 'n vervloë Protestant, kortstondige agnostikus, wat via die Boeddhisme weer my geloof herwin het. Ek staan buite die kerk, maar geloofsake soos vergestalt vanaf Dante tot vandag interesseer my. Vir my sluit geloof nie wetenskap uit nie. En dit is die belangrikste bydrae van Van Niekerk se boek: hoe spreek ons geloofskwessies aan in 'n moderne, tegnologies-gedrewe wêreld? Hoe moet ons Die Bybel lees? Letterlik of allegories? Oor Job het Jung onder andere 'n uitgebreide studie geskryf.

Waarskynlik is hoofstuk 7 'n kernhoofstuk waarin die gespanne verhouding tussen geloof en wetenskap belig word. Dit sou 'n fout wees om aan Die Bybel vrae te stel wat dit nie kan beantwoord nie en wanneer hy in polemiek tree met Daniel Dennett en Richard Dawkins, o.a. die skrywer van The god delusion, is die skrywer op sy beste: geloofskennis en wetenskaplike kennis is ewe geldig (182). Valse debatte en valse probleme word aan die orde gestel en sober bekyk.

Bekende skrywers word eweneens aan bod gebring: CS Lewis se geloofskrisis (wat baie goed uitgebeeld word in die rolprent Shadowlands in 1993), Simone de Beauvoir, 'n ateïs, wat in haar laat ouderdom Die Bybel herlees en pittige opmerkings maak oor die rol van Jahwe, die "hoofkarakter" in die Ou-Testament se wreedheid. Hy verduidelik die betekenis van die teodisee, die argument wat God probeer regverdig in die lig van kwaad en lyding. Hy bespreek die rol van Luther, Erasmus en Calvyn in die geskiedenis van die kerk en die betekenis van kairos of daardie oomblik van God se selfonthulling of -prysgawe aan die mensheid. Erasmus se Tot lof van die sotheid as ontwapening teenoor Luther se konfronterende styl ...

Oor aborsie en kloning skryf hy onderhoudend. Hy plaas al sy kaarte op die tafel en laat die leser nadink oor die impak van wetenskaplike ontwikkeling en vra vir 'n verantwoordelikheid vir die toekoms van die mens. Eugenics kom ook aan bod - en hier kan 'n mens weer dink aan 'n roman van Margaret Atwood wat die probleem kreatief ondersoek in Oryx and Crake (2003). Die wetenskap, beweer Van Niekerk, hoef nie te "onttower" nie.

Die volledige politieke spektrum - van Verwoerd tot Zuma - word onder die loep geneem.

Die voormalige pous se raadgewer was onder andere Julia Kristeva, 'n ateïs, maar formidabele intellek wat weer eens beklemtoon dat die spanning tussen geloof en ongeloof nie met een swiepslag weggedink kan word nie. En een van die grootste rolprente oor die Jesus-figuur is immers van Pier Pasolini, eweneens 'n persoon buite die kerk gestaan het en dit heet The Gospel according to St Matthew wat in 1964 verskyn het.

En veral oor die dood gee Van Niekerk ‘n waardevolle en meelewende blik: hy skryf op ‘n nuwe wyse oor die dood. Ons leef eenmalig: die dood is die raamwerk waarbinne ons die suksesse en mislukkings van ‘n lewe kan peil. En hy skryf:”Die dood as misterie is ons voortdurende en onvermydelike herinnering aan ons eie feilbaarheid en onvoltooidheid. Die dodo bring ons letterlik en figuurlik, ‘terug aarde toe’ – so radikaal terug, dat ons weer stof word (‘come to dust’), 299.

Daar is baie boeke, oor sowel die godsdiens as die wetenskap, wat die leser sal prikkel.


(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunnning van Beeld)

Repliek op André-Pierre du Plessis


Repliek op André-Pierre du Plessis

Inderdaad het die Oscar Pistorius-hofsaak ten einde geloop.  Dit word beskou deur internasionale media-kenners as die hofsaak van die eeu. Dit was ons OJ Simpson-saak. 'n Besondere verwikkelde een wat regstreeks gebeeldsend is en waaroor kenners nadink: het dit dalk 'n impak gehad op die getuienis wat gelewer is? Sou die staatsadvokaat en die verdediging minder dramaties opgetree het indien daar nie kameras was nie? Ek begelei tans 'n PhD-student wat hieroor navorsing doen: die representasie in die media en die rol van media-kommentaar (koerante, Twitter, Facebook, ensomeer) met verwysing na die werk o.a. van Baudrillard.

In Die Burger van 25 deser skryf André-Pierre du Plessis in hieroor : Einde van die Oscar Pistorius-‘hofsepie’ (Ek haal ter wille van my repliek sy stuk volledig onderaan hierdie bladsy aan).

Hy skryf: "’n Bekende skrywer wat by ’n koffiewinkel in die Kaapse strandgebied die Pistorius-verhoor gekyk het, sal nou ’n ander rede vir haar daaglikse besoek moet vind. Sy het glo daagliks gevra dat die musiek afgedraai en die televisie se klank harder gedraai moet word sodat sy die dag se hofverrigtinge kon volg oor ’n kaasomelet vir ontbyt."

Ek is daardie bekende skrywer en die spitsvondige toespeling op kaasomelet, dui dan ook hierop. Inderdaad is die hofsaak hier gevolg, maar ook later op kantoor. Trouens, ek het elke dag hierna gekyk omrede my werk as studieleier en my verpligtinge kom ek nougeset na.

Dit was egter nie 'n sepie nie. Beslis nie Dallas of Sewende laan nie, omdat hierdie hofsaak verreikende gevolge het vir sowel Oscar Pistorius as vir die Steenkamp-gesin. Waarskynlik ook vir ons wat jurielede geword het.

Hy skryf ook: "Feite is dikwels vreemder as fiksie – en meer vermaaklik op TV." Is dit egter blote vermaak?

Ek is van mening dat die Oscar Pistorius-saak 'n paar belangrike kwessies opnuut onder ons aandag gebring het, soos dat dieselfde mense wat die palmtakke swaai, uiteindelik sal deelneem aan die kruisiging.

En dat die ongekende Schadenfreude van mense skokkend is. Sowel Oscar Pistorius as die Steenkamp-gesin behoort bejammer te word.

Oscar het alles verloor: sy aansien, sy sportloopbaan, sy geld, sy vriende, en, nota bene, sy geliefde. Hy het geen simboliese kapitaal meer nie.

Reeva het haar lewe verloor en haar ouers hul kind, hul toekomsverwagtinge en haar vader se gesondheid is ook in die weegskaal.

Hier is geen wenners nie.

En waarna sal ons nou kyk? 

Ons waarskynlik nadink oor konsepte soos hubris en hamartia en weer na George Steiner se belangwekkende studie terugkeer: The death of tragedyDit is in 1961 deur Faber & Faber gepubliseer. 

En tob oor waarom mense so - asof hulle by 'n rugbywedstryd was - hulle hande in die lug gegooi het toe Oscar tronkstraf opgelê is.

The medium is, after all, the message. Hy argumenteer dat ná die sewentiende eeu het God uit die wêreld verdwyn en ons is self hier aandadig. Hoe ironies dat Steiner argumenteer: "the great bang takes place off stage" (79).

Wat ons meegemaak het, is rekonstruksies, vertellinge, belydenisse, sms'e, getuinenis: representasies wat nie die werklike insident kon weergee nie.

Die ware tragedie, aldus Steiner, maak van min woorde gebruik: hoeveel tekste en bespiegelinge bestaan daar nie reeds oor Oscar en Reeva nie?

Maar ofskoon dit nie ware tragedie - soos Oedipus rex of Macbeth - is nie, is dit steeds nie 'n sepie nie.




Einde van die Oscar Pistorius-‘hofsepie’

Deur André-Pierre du Plessis Saterdag 25 Oktober 2014 4:30 vm. 

’n Bekende toneel wat nou nie meer op ons TV-skerms gaan wys nie.

Wat gaan ons kyk noudat Oscar Pistorius se hofsaak tot ’n einde gekom het? Wat gaan op die televisie teen die muur van jou gunstelingrestaurant flits of herhaaldelik op die groot TV-skerm in die ry by die bank speel?

’n Bekende skrywer wat by ’n koffiewinkel in die Kaapse strandgebied die Pistorius-verhoor gekyk het, sal nou ’n ander rede vir haar daaglikse besoek moet vind. Sy het glo daagliks gevra dat die musiek afgedraai en die televisie se klank harder gedraai moet word sodat sy die dag se hofverrigtinge kon volg oor ’n kaasomelet vir ontbyt.

Sedert 2 Maart hou ons bykans daagliks dop wat in ’n vaal vertrek tussen Madiba- en Proesstraat plaasvind in die hooggeregshof in Pretoria. 

Net soos ’n televisiesepie was daar aanvanklik maar min aksie. Die akteurs het dag in en dag uit dieselfde swart klere aangetrek en die rol wat elkeen vertolk het, het nooit te ver afgewyk van daardie eerste week toe elkeen ’n kans gekry het om te praat nie. 

Ons was so gefassineer deur die karakters in hierdie marathon-werklikheidsreeks dat ’n gedokterde foto van regter Thokozile Masipa wat inkopies doen wêreldwyd aandag geniet het.

Vir die kameramanne van die onderskeie nuusorganisasies kon die televisiekameras in die hof ook ’n paar lesse leer – soos hoe om ’n kamera stil te hou. Statiese skote het geen afbreek aan die drama in hofsaal GD tot gevolg gehad nie. 

Vir webblaaie en produksiemaatskappye het die rou beeldmateriaal veel meer oogballe en kykers gebring as wat hulle ooit kon verwag het. 

En vir die joernaliste wat deel was van die televisiedrama, kan dit alles nou ’n moontlike bykomende inkomste beteken uit ’n boek of ’n dokumentêr. 

Maar hoe het Pistorius se verhoor Suid-Afrikaanse televisiekykers en die plaaslike televisielandskap verander, indien enigsins? 

Die feit dat MultiChoice besluit het om ’n hele kanaal toe te ken aan die hofverrigtinge mag moontlik beteken dat daar in die toekoms veel meer toegang tot plaaslike nuusinhoud sal wees. 

Daar is reeds baie geskryf en gepraat oor hoe ongewoon die besluit was om televisiekameras in die hof toe te laat. As ’n mens dink dit het nou die deure vir nuuskameras na alle toekomstige hofverrigtinge oopgegooi, maak jy egter ’n fout. 

Die uiteindelike besluit berus steeds by die regter. 

Al is die meeste van Pistorius se hofverrigtinge sedert Maart nou beskikbaar op YouTube en ander videoplatforms, kan dit ook net so maklik verwyder word.

Die Suid-Afrikaanse parlement het byvoorbeeld onlangs veel meer toegang tot komiteesittings begin gee deur gereeld hul eie YouTube-kanaal vol te laai met die soort beeldmateriaal wat eintlik net op die parlementskanaal op DStv (kanaal 408) te sien was. 
Die meeste plaaslike nuuskanale het nie net die Pistorius-hofsaak op YouTube geplaas nie, maar het ook begin om toesprake van onder andere die openbare beskermer te wys. 
’n Mens kon selfs in ’n stadium op die parlement se YouTube-kanaal kyk hoe 20 EFF-LP’s die nasionale vergadering ontwrig het met hul dreunsang van “Pay back the money”. Duisende het dié video oor en oor gekyk totdat iemand in Pleinstraat besluit het om dit te verwyder.

As daar dan wel nie weer ’n TV-kanaal die lig sien wat 24 uur ’n dag op slegs een plaaslike nuusgebeurtenis fokus nie, kan ons altyd oorskakel na die parlementêre kanaal in die hoop op ’n bietjie opwinding. 

Die twee jongste nuuskanale op DStv – SABC News en ANN7 – het ook ’n geweldige klomp geld uitgegee om kykers toegang tot die een of ander staatsaankondiging te gee.

Ek hoop wel daar is êrens ’n regter wat vroeg volgende jaar sal instem om kykers weer binne-in ’n hofsaal toe te laat. Want, soos met die Pistorius-verhoor, weet ons almal nou tog te goed: Feite is dikwels vreemder as fiksie – en meer vermaaklik op TV.

■ André-Pierre du Plessis is hoof van Afrikaanse TV by Media24

Jaco van Schalkwyk - Die alibi-klub (2014)


Jaco van Schalkwyk - Die alibi-klubUmuzi, 2014. ISBN 978 1 41520 700 0
Resensent: Joan Hambidge

I

Welkom in die Afrikaanse Amerikaanse droom, blaker Toast Coetzer op die agterblad en vir Koos Kombuis is hierdie roman Rock 'n' roll-prosa op sy beste. Die skrywer het in die Skone Kunste aan die Pratt Institute in Brooklyn gestudeer en is 'n kunstenaar. Hierdie is sy debuutroman.

Die roman speel af in New York en herinner sterk aan die romankuns van die Beats. ‘n Mens dink hieraan Kerouac, veral. Daar is verder toespelings op Hunter S. Thompson. Dit handel oor 'n jong man wat werk as kroegman in The Alibi, 'n hool om dit sagkens te stel. Hier maak hy kennis met die "underbelly" van New York: dwelmverkopers en werkersklasmense. Die ervaring van die andersheid van die ruimte, is 'n belangrike aspek van die roman. Die verteller se waarnemings van hoe alles daar uitsien, word goed beskryf. Naturlik stuur alles af op 'n noodlottige oomblik: die 2001 in NYC met die verteller/fokalisator se siniese en afstandelike waarneming.

Die belangrikste aspek van hierdie roman is nie die storie nie. 'n Mens weet immers hoe hierdie soort "coming of age"-roman daar sal uitsien.

Dit is 'n roman geskryf in 'n mengsel van Afrikaans en Engels. Opmerkings soos "VJ sê daar is bad stuff in die mielies" (105). Inderdaad sal die karakters nie korrekte Afrikaans praat nie. Die styl is dikwels gedronge en ondeurdringbaar. 'n Mens word gedwing om sinne meer as een keer te lees om presies agter die kap van die byl te kom, soos bv. "In ruil vir full tuition without scholarship or grant oppurtunities kry hulle 'n paar jaar se losbandigheid, sonder die sluier van hulle onwrikbare sosiale norme" (74). Iewers tussen plegstatige, outydse taal en moderne sleng dus.

Die stad word goed vasgevang. Bakens in New York doem voor die geestesoog op en die hede word afgewissel met nostalgiese herinneringe aan die jeug. Vriendskappe en relasies is vlietend.

'n Mens sou dit ook as 'n quest-roman kon beskryf. Hier is dit nie net 'n fisiese reis nie (die teks is in 'n sirkelgang geskryf), maar ook 'n psigiese verheldering of insig waartoe die verteller kom. Die vuurhoutjies in die binne-skutblad dui hierop: om lootjies te trek. In die kroeg speel die klandisie ook pool en kyk Jeopardy!

Wanneer die verteller Amerika verlaat, verkies hy om die slums en nie die skyline van New York te sien nie. Die roman fokus dikwels op negatiewe aspekte van hierdie tuimelende, oorrompelende stad: daar is gedeeltes oor uitskot en 'n kroeg waarin die reuke die kroeggangers oorrompel. Die opposisie tussen ryk en arm word goed verbeeld.

Daar is toespelings op Afrikaanse gesegdes en liedjies (soos “dis heerlike winter” waarin die karakter sy dronkenskap bely, 134); die sterk passasie oor die Thanksgiving-besoek is eweneens onthoubaar (113); die doellose seksuele ervarings versterk die uitsigloosheid, nes die stank wat telkens beskryf word (soos op bladsy 101) en natuurlik: die pynlike soektog na geliefdes na 9/11 …

Ons moet stilgebore die toekoms verkeerd sluk (91).

Omdat ons hier te make het met iemand se binnespraak en binneruimtes word die landskap word die uitsig op die skyline, in sye eie woorde, onbelangrik (89).

Hy beskryf homself immers ook as ‘n fynproewer van vrot (80).


II

Daar is uitmuntende passasies in hierdie boek - soos onder andere die afdeling 2001 rondom die 9/11-gegewe - maar die roman het hierdie leser onbevredig gelaat.

Stylhebbelikhede en taalfoute soos agressie en spiëeltjies verkeerd gespel (97), lomp sinskonstruksies, oordadige metaforiese konstruksies ("Op straat kyk hardgebakte mense mekaar se murg skeef aan", 97) ondermyn die teks wat die indruk laat van work-in-progress. 'n Mens voel dat sekere gedeeltes onontgin is en dat jy hier te make het met 'n eerste weergawe (“draft”)  van 'n roman.

Dit is bepaald jammer, want die vertelling kon soveel meer gewees het.

Die roman word sowel in Afrikaans as in Engels gepubliseer.


Endnote:
Vir verdere navorsing sou ‘n mens ook kan kyk na die gedagte van lootjies trek of met vuurhoutjies speel:

Some brief notes on psychoanalytic theory will be necessary throughout this presentation in order to demonstrate my reading of narrative. So, to begin: in his eleventh Seminar, Lacan borrows Aristotle’s concepts of tuché and automaton, redefining them respectively as an ‘encounter with the real’ and ‘the network of signifiers’ (SXI, 52).

SLIDE 2: Automaton

Automaton is the machinery of the Symbolic order. It is the linear ordering that proceeds according to the laws of metonymy and metaphor. Automaton is thus the way in which the Symbolic is structured by a chain of associative connections. Lacan relates automaton to the French Automatisme by which, he notes, we sometimes translate into French (...) the compulsion to repeat (SXI, 67). There is something compulsive about automaton; it is the pure mechanical insistence of the unfolding of the chain of signifiers in the unconscious, the functioning of the primary process that Lacan describes as ‘the insistence of the signs by which we see ourselves governed by the pleasure principle (SXI, 52-3). He articulates this notion of automatic self-reiteration in his second  Seminar in terms of a game of coin flipping that provided a series of “pluses” and “minuses” (or heads and tails). Lacan notes that through the simple act of grouping the results into sets of three for example, “plus, plus,minus” or “minus, plus, minus” – a number of laws emerge which determine the possibility of certain predictable sequences; these groupings can appear only in certain combinations…

Ek haal hier aan uit Narrative Tuché/ Lacan, Vernet and Double Indemnity (1944) | Ben Tyrer (2013). Besoek 24 Oktober 2014


(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunnning van Fine Music Radio)

Studie: Auden en De Lange: 'n platoniese gesprek?

W.H. Auden, © Richard Avedon Foundation

I

Die gesprek met W.H. Auden loop regdeur die digkuns van Johann de Lange. Vir die doeleindes van hierdie referaat wil ek veral die vertaling en appropriasie van Auden se "Platonic blow" onder die loep neem. Dit is 'n gedig wat voortreflik deur De Lange vertaal is as "Platonies", maar ook deur Auden afgeteken is as gedig. Auden het by meer as een geleentheid ontken dat hy verantwoordelik was vir hierdie vers. Verskeie interpretasies en redes kan aangevoer word oor presies waarom Auden die vers wou "afteken", bykans soos 'n ouer met 'n onbeplande kind, De Lange het die "wettige" ouer geword van hierdie vers met sy voortreflike vertaling, opgeneem in Vaarwel, my effens bevlekte vriend (2012).

Die oorspronklike Auden-gedig is ongeveer in 1948 geskryf en onder vriende gesirkuleer; waarskynlik soos wat mense vandag geheime boodskappe op Facebook stuur of e-posse sirkuleer. Dit is eers in 1965 dat Ed Sanders die stap geneem het om 'n nie-goedgekeurde weergawe van hierdie vers te publiseer in The Fugs. (How Dirty Is That Auden Poem That Was Too Dirty for the ‘Times Book Review’? --Vulture. Besoek 6 Oktober 2013)

Dit is nou die hoogste tyd om die doopseel rondom hierdie vers te lig. Waarom sou Auden die gedig ontken het? Het dit te make gehad met sy herskrywing en verbetering van verse? Of dalk met die duidelike klem op fellatio in die vers? Die gedig word tipeer as ‘n “unbelievably filthy poem about an anonymous blow job” in die reeds aangehaalde internet-bron. Daar bestaan wel ‘n brief, 13 Desember 1948, gerig aan Chester Kallman waarin Auden hierdie vers se eiendomskap erken en dit as pornografies tipeer, aldus Gregory Woods/ Auden's Platonic Blow. Besoek 19 Julie 2013.

Volgens Woods was dit om Norman Holmes Pearson van Yale te wys wie hy werklik was. So gelees word dit dan ‘n gedig oor identiteit. Maar toe die gedig gepubliseer word, teen sy sin in die tydskrif Fuck You in New York in 1965, was Auden ongelukkig hieroor. Dit is ook later gepubliseer deur Suck, en toe Avant-Gardedit publiseer in Maart 1970 – weer eens sonder toestemming – en vir die digter ‘n fooi aangebied het, het hy die tjek teruggestuur en eienaarskap gerepudieer.

Teenoor sy vriende het hy wél erken dat hy die gedig geskryf het; bykans soos die figuur Koekie Ziervogel waaroor daar ontkenning/erkenning bestaan het.

Die gedig beslaan 34 stanzas wat uit vier reëls bestaan met die volgende rympatroon: ABAB. Gregory Woods beklemtoon dat die reëls uit sestien sillabes bestaan met vyf beklemtonings. Hy skryf verder: “The vocabulary combines unexpected archaisms (“lofty”, “beheld”) and apparently inappropriate formal expressions (“sutures”, “ineffably”, “capacious”, “indwelling”, “voluminous”) with the erotic demotic (“cock”, “arse”, “knob”, “hard-on”, “spunk”). The insistency of his internal rhymes (“fresh flesh”, “the charms of arms”, “the shock of his cock”, “quick to my licking”, “sluices of his juices”, “the notch of his crotch”, “spouted in gouts”) and half-rhymes (“slot of the spout”, “curls and whorls”) seems clumsy at first, but soon gathers momentum in vivid mimesis of the act they represent.”

Die vertelling is weliswaar konvensioneel: dit volg die patroon van die pornografiese  voorbeeld: cruising wat tot gevolg het dat ‘n aantreklike vreemdeling opgetel word en die uiteindelike komsummasie. Woods wys ook op die “rhapsodic pitch”, met ander woorde, die ekstase in die teks. Hy meen ook: Auden believed, in any case, that straight American men did not really care for sexual intercourse with women: they just wanted to get blown while reading the newspaper. His fantasy was to be the one who did that favour. 

In this written version of the fantasy, however, the blown man reciprocates. Before the speaker can begin sucking him, without being asked, Bud undresses fully. When the speaker, too, has undressed, they kiss. He fucks the speaker intercrurally. The speaker then explores the whole of his body, including his armpits and arse. Bud even has a voice of his own: when the speaker finally gets round to sucking him he “hoarsely” says: “That’s lovely! … Go on! Go on!” Later, he whimpers expressively, “Oh!”, and, as he is about to ejaculate, “O Jesus!” This man is, then, a co-operative version of Auden’s American stereotype, a young man who seems unashamed to involve himself in a mutual homosexual act, but one who ultimately submits to the imperative of the exploring mouth and becomes completely passive in the face of its unrelenting onslaught.

According to Harold Norse, who had first-hand experience, regardless of his enthusiasm for the act Auden was actually an inept fellator: the more feverishly he labored, the less I responded’. There is no such discomfort in ‘The Platonic Blow’. Only the gay Japanese poet Mutsuo Takahashi’s long poem ‘Ode’ outdoes it in exuberant celebration of the cocksucker’s art.”

Ter verduideliking:

Intercrural sex (from "inter-" and Latin "crura", legs), also known as femoral/interfemoral sex/intercourse, is a type of non-penetrative sex, in which a male places his penis between his partner's thighs (often with lubrication[1]), and thrusts to create friction. (Intercrural sex - Wikipedia, the free encyclopedia. Besoek 27 Februarie 2014)

Is De Lange se Afrikaanse weergawe “intercrural sex” of kan sy gedig die mas opkom, by wyse van spreke?

Daar bestaan geweldig baie teorie rondom die komplekse verhouding tussen bronteks en teikenteks. Elzet Kirsten en Ilse Feinauer se artikel Tussen tale: 'n Stereoskopiese lees van Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over aan die hand van literêre teorie wat die komplekse verhouding tussen twee tekste bekyk (Litnet Akademies besoek 15 September 2014). Pratt, Bhabba en Leclerc word toegepas op die spel tussen die digter wat sy eie teks vertaal of oorteken.

Kirsten en Feinauer ondersoek die sogenaamde kontaksone tussen twee tekste wat langs mekaar opgeneem is en dus in gesprek tree met mekaar: die kontaksone, in-gesprek tree met mekaar en die skep van meer as een interpretasie is onderliggend aan hierdie ondersoek.

De Lange se werkswyse is anders. Hy approprieer ‘n teks waaroor daar ambivalensie bestaan by die oorspronklike digter: hy maak dit sy eie en hy vertaal dit met ‘n duidelike Audeneske aanslag.

II

Dit was ’n lentedag, net die dag vir ’n lê, & die lug
ruik die ene kleedkamer; ’n dag om te suig of gesuig te word.
Toe ek hoek-om kom na my middagmaal sien ek hom
naby op ’n rooi stoep staan, vars asof pas uit die stort.

Ek gluip & ek sluip. Die kraakwit t-hemp omlyn
’n kragtige bolyf, die verbleikte denim verraai
net soveel. Ek merk die snoes kurwes waar dit fyn
die agterstewe omhels, die mik waar die lap tergend aai.

*


It was a spring day, a day, a day for a lay when the air
Smelled like a locker-room, a day to blow or get blown.
Returning from lunch I turned my corner and there
On a near-by stoop I saw him standing alone.

I glanced as I advanced. The clean white T-shirt outlined
A forceful torso, the light-blue denims divulged
Much. I observed the snug curves where they hugged the behind,
I watched the crotch where the cloth intriguingly bulged.


III

Wat maak 'n mens met hierdie werkswyse van "tergend aai" met die oorspronklike teks? Is daar sprake van domestisasie en vevreemding soos Venuti (2000) dit so klinkend stel? Of is daar vertaling (translasie) en transformasie hier op die spel?

Hoe sou Auden gereageer het - en dit is die belangrike vraag - as hierdie afgetekende kind vermom as 'n gedig, Johann de Lange, nou aan sy deur kom klop? Sou hy die seun innooi of ontken?

Watter eienskappe van die kind sal die vader herken? Natuurlik aan die nagebootste rympatrone, en ja, aan die inhoud - maar hy sal moet erken dat die kind in 'n vreemde taal praat. So gesien is Harold Bloom se Anxiety of influence (1973) met nuwe inhoude gelaai. Die "bastard angel" - soos Harold Morse dit tipeer - gee nuwe lewe in vertaling. In hierdie teks is daar nie alleen versoening tussen vader en seun nie, maar skep De Lange 'n nuwe ruimte waarin Auden werklik met sy homo-erotiek in die digkuns kan vrede maak.

Bloom verwys immers na die apophrades of die terugkeer uit die dode en hier maak die die lewende digter dan vrede met die dooie.

Die platoniese gesprek word 'n diepliggende en konfronterende een oor ouerskap en die verhouding tussen seun en vader op 'n Reële vlak.

Lacan se siening van die verhouding tussen die verbeelde, simboliese en Reële vlakke kan vergelyk word met die verbintenis tussen die Vader, die Seun en die Heilige Gees, te wete drie voorstellings van dieselfde Idee. Die verbeelde by Lacan is die pre-simboliese of semiotiese vlak - die vlak van die bloedskendige waar metafore ontstaan. Die simboliese vlak is die ruimte waar betekenis geskep word en in woord en vorm gegiet word. In hierdie geval dan die oordrag van Auden se beelde in soortgelyke beelde, woorde, rympatrone en metrum. Die Reële orde is in hierdie geval die orde van die kritiese leser en die verskillende lesers wat die Auden-teks deur die jare gelees en ondersoek het. 

'n Vérdere dimensie ontstaan nou met die leser wat hierdie twee tekste vergelyk en takseer. Die insestueuse word hier gerepresenteer deur die anonieme plesier, terwyl die her-beskrywing in 'n nuwe taal met sy unieke rym- en metriese patrone die simboliese orde voorstel. Aldrie ordes is vervleg, saamgesnoer.

Dit is 'n komplekse kommentaar op die vertalingsproses en 'n herdigting wat opnuut De Lange se krag as 'n vertaler bewys. Deur die gedig te approprieer, gee hy huisvesting aan die "afgetekende" gedig. Hy gee opnuut stem aan die oorspronklike gedig in 'n nuwe taal. 'n Nuwe naam, 'n nuwe identiteit, dus. Die nom-du-père, die naam-van-die-vader is nou Johann de Lange in 'n bukserige, smakkige gedig wat jou as leser aai.

'n Massiewe anker van 'n gedig en meer as 'n platoniese gesprek of verhouding.


Joan Hambidge 
Oktober  2014


Bibliografie:
  
Auden, W.H. 1976. Collected Poems. London: Faber.

Bloom, Harold. 1973. The anxiety of influence. New Haven: Yale University press.

Carpenter, Humphrey. 1981.W.H. Auden: A Biography. London: Allen & Unwin.

De Lange, Johann. 2012. Vaarwel, my effens bevlekte vriend. Kaapstad: Human & Rousseau.

Kirsten, Elzet en Feinauer, Ilse. Tussen tale: 'n Stereoskopiese lees van Breyten Breytenbach se oorblyfsel/voice over.Litnet-Akademies.

Lacan, Jacques. 1966/1977.  Écrits - a selection. Vertaal deur Alan Sheridan.  Londen: Tavistock.

—. 1988. "The insistence of the letter in the unconscious" in David Lodge(red.): Modern criticism and theory - a reader. Londen: Longman.

Norse, Harold. 1990. Memoirs of a Bastard Angel. London: Bloomsbury.

Pratt, M.L. 1987. Linguistic utopias. In Fabb e.a. (reds.) 1987.

Venuti, L. 1995.The translator’s invisibility. Londen: Routledge.

—. 2000. Translation, community, utopia. In Venuti (red.) 2004.

Venuti, L. (red.). 2004. The translation studies reader. Londen: Routledge.

Woods, Gregory. 1987. ‘W.H. Auden’, Articulate Flesh: Male Homo-eroticism and Modern Poetry, New Haven & London: Yale.


Tydskrifte:

Auden, W.H., ‘The Platonic Blow’, Fuck You: A Magazine of the Arts 1 (March 1965)
Auden, W.H., ‘The Gobble Poem’, Suck: The First European Sex Paper 1 (October 1969)
Auden, W.H., ‘A Day for a Lay’, Avant Garde 11 (March 1970)


Addendum:

W.H. Auden, Stephen Spender & Christopher Isherwood, Fire Island, 1947


Platonies
W. H. Auden

Dit was ’n lentedag, net die dag vir ’n lê, & die lug
ruik die ene kleedkamer; ’n dag om te suig of gesuig te word.
Toe ek hoek-om kom na my middagmaal sien ek hom
naby op ’n rooi stoep staan, vars asof pas uit die stort.

Ek gluip & ek sluip. Die kraakwit t-hemp omlyn
’n kragtige bolyf, die verbleikte denim verraai
net soveel. Ek merk die snoes kurwes waar dit fyn
die agterstewe omhels, die mik waar die lap tergend aai.

Ons oë ontmoet. Ek voel siek. My knieë wil swik.
Roer kan ek nie. Weet nie wat om te sê of vra.
In ’n waas, soos ’n vreemde, hoor ek myself praat:
“Wil jy saamkom?” En hy wat bukserig sê: “Ja.”

Ek haal bier vorendag, ons gesels. Skugter soos ’n jong seun
vertel hy my sy storie. Huidige adres: die huis neffens my,
half Pools, half Iers. Die jongste. Van Illinois.
Ambag: handwerker. Naam: Len. Ouderdom: 24, om & by.

Hy sit sy bierglas neer & strek sy kaal arms oor
die rug van my sofa. Die namiddagson slaan
vonke uit die hare op sy gewrig. Sy ken is sterk,
sy mond smakkig. Ek voel my geluk op losse skroewe staan.

Maar hier sit hy, reg langs my, met sy bene wyd-oop.
Langer kan ek dit nie hou. Ek streel my binnedy.
Hy antwoord met nader skuifel. Ek bewe, my hart
klop & skop terwyl my vingers sy gulp oop probeer kry.

Die gleuf in die flap gaan oop. My hand glip na binne.
Ek vroetel na ’n spleet in die boxers wat sag vou oor
die peulvrug waarna ek smag. Ek voel warm vlees, dan krullevag.
Ek vors verder. Ek vind wat ek verwag. Ek gryp. Dis dubbelboor.

Hy reageer op my vertroeteling op ’n onbehoorlik bekoorlike manier:
Sonder ’n woord maak hy sy lyfband los terwyl ek vrywe & klou,
leun behaaglik terug, bene uitgestrek. Sy broek val om sy enkels.
Ek wikkel hom behendig los, & aanskou wat ek in my hande hou.

Die besnyde glans was die werk van ’n meester
met ’n volmaak geslypte velling, van ongewone karaat
& die plesierigste rooi. Selfs ontspanne, was die skag
van vorstelike formaat met plooie wat die geheim uitlaat

van uitsonderlike verlengingskrag. Vir ’n sekonde of twee
bly dit roerloos lê, voor dit skielik in my hand roer,
dan huiwer asof onbeslis oor die volgende skuif,
& dan met ’n wilde bokspring uitdy tot dóér.

Geluidloos verleng dit maat vir maat & verbrei, klim
met rats bokspronge, bloos, tot volle grootte uitgegroei,
so byna nege duim lank, sy dikte omvat deur middelvinger & duim,
’n vorstelike suil, onsegbaar plegtig, onder g’n kalkoen uitgebroei.

Ek toets sy torsie & proporsie met ’n druk van my hand,
Ek bondel my vingers & omkring die kloppende knop,
ek streel dit op & af. Ek sak af op my knieë.
Ek laat sak my kop & maak my mond oop vir die job.

Maar hy stoot my sagkens weg, buk af & knoop
sy veters los. Hy trek sy kouse uit. Staan op. Raak
van die boxers ontslae. Spiere in sy arms & heupe
golf as hy sy t-hemp oor sy kop trek, nou heeltemal naak.

Ek bekyk sy brons vel, geprikkel deur die kontras van bruin
lyf teen wit onderbroek styf gespan om smal malse
heupe. Met ’n duimhaak & wikkel skil hy dit af.
Ek pluk my klere af. Hy kyk na my, glimlag. Ek sien als.

Die pragtige orgaan staan reguit óp & styf
effens breër van onder na bo. Elke hartklop word aanloop
vir ’n vreemde klein knik na my kant toe. Uit die gleuf van die tuit
vorm traag ’n druppel deursigtige, klewerige stroop.

Die krullevag was blond & sag, ’n jongman se boskasie,
’n ruigte van krulle & kartels, weelderig, nie kru of plat.
Behalwe vir die kam van goue haartjies wat uitwaaier
na die netjiese naeltjie, is die res van die sy maag haarloos & glad.

Goedbedeeld, swaaiend in die vurk van gespierde bene,
die ferm kalbas van sy saad soos ’n bultende peer,
knaters wat knewelig wieg, twee swaar balle
wat swaai soos hy naderkom, sy parte onbeskaamd paradeer.

Ons lippe kom saam. Ons raak verstrengel. Elke greep word gryp,
elke daad, kontak, die slaags raak & die ineenhaak
van tonge, die sjarme van arms. Ek sidder by die blote gly
teen sy jong vlees. Ek swik van die skok van sy voël teen kloaak.

My bene skrylings oor syne werk ek rapsie vir rapsie sy wiggel-
roede in my op & trek strop daaróm so styf as ek kan.
Die lankuit hitte van sy pens & flanke druk teen myne.
Kaal, aan mekaar gegom, bly ons ’n wyle so staan.

Ek knibbel sy oorlelle, die rugkant van sy nek
& die breë skouers. Ek kry pront die kompakte half-
rondes van sy agterstewe beet. Ons wankel. Hy val op die bed.
Lippe oop, oë toe, lê hy daar, gereed om my in te salf,

ryp vir die pluk, om te ruik & te bevoel. My lippe
verken begeerlike man-tepels. My oë in tweevoud
takseer die borskas. Ek liefkoos die atletiese buikspier
& die lenige lede. Ek beproef die groef van die binneboud.

Ek koester, ek snoes in sy oksels, ek snuif
die subtiele snuf van elke klos, lek smagtend die stuif-
sout van die warm holtes. My vingers dwaal
af op inspeksie, ’n tydsame toer van die lyf.

Afwaarts in ál nouer kringe kronkel hulle speels,
oortree op die gebied van sy geslag soos diewe, omsingel die piel,
maar swenk tergend weg, ontwyk die samekoms. Dié verraai
sy polsende nood met ’n taamlik onbetaamlike soebatsriel.

“Moet ek jou tongnaai?” fluister ek. Hy versit sy waaie & willig in,
draai op sy sy, sprei sy dye, laat my afsak ent vir ent
na die die donker plek daaronder. Ek soen elke duim
van die dik koord wat strek van sy balle tot by sy agterent.

Ek sprei sy sitvlak oop, ek snuffel my pad oop
met die harige hellings langs. Bereik die gerimpelde roset.
Dit kriewel onder my tong. Hy druk sy mik teen my ken.
Sy dye kronkel as my tong in sy hol wikkel sonder belet.

Sy wulpsheid hunker na vervulling. Hy laat sak
sy bene, sy asem rasper, geil soos ’n jong reun, loops,
kaal, tot barstens geswel, hitsig & ruig om gesuig te word,
hande wat die beddegoed gryp, al sy porieë vir die vreugde oop.

Ek takseer sy pielstyf. Neem bestek op van sy parte met my staar
van balsak tot tepel. Korrel af langs die onderste rif
van sy voël, loer deur die ruigte van sy skaamhare
op na die terrein van die borskas, wat fier & ruim val & lig.

Ek bewonder die tekstuur, die fyn plooie & die haarfyn
genaaide nate van die ruim balsak. Ek verafgod & swig
voor die swier van roede . Ek lig die verruklike vleis
na my mond, bring die aansig van horing na my gesig.

Ek glip my lippe om die Bisantynse dom van die kop,
met die tip van my tong liefkoos ek die gevoelige keep.
Die trilling laat hom ril. “Dis heerlik!” fluister hy skor.
“Hou aan! Moenie stop!” Stadig laat ek my tong dweep.

Sagkens, & agsaam, gly ek na die massiewe anker
van sy magtige suil, om vir ’n wyle te stop
in die warm vogtige ruigte, & dan op my spoor terug
duim vir duim die gladde weg na die helmknop.

Opwindings van binne swel aan, voorspel van verrukking,
as ek afsak & opkom langs daardie geswolle wande.
Ek omvat sy stam tussen linkervoorvinger & duim
& kielie sy swaar, bultende balle met beide my hande.

Ek duikel met ritmiese slukke, stadig & sekuur,
& maak elke slag met my tong ’n kurktrekkerdraai.
Sy siel duisel van die sensasie. Hy kerm “O my fok!”
soos ek lek & por, kielie, skommel & aai.

Dan druk ek op die plek waar die kruis hom las met die kloot,
glip ’n vinger glad in sy aars & begin hom van binne masseer.
Die geheime sluise van sy sappe raak stadig ontsluit.
Die ene begeesterde peester roep hy “Bliksem!” weer & weer.

Golwe van baldadige genot stoot op in sy voël in blitsige
spasmas. Ek lê stil in die mik van sy kruis, sy sweet maak my hoog.
Sy sfinkter trek stuip om my vinger. Regoor my rug, kwistig & dik,
pomp hy warm sarsies sponk, spuit dit uit boog op wit boog.

(Vertaling deur Johann de Lange)

Posted By Johann de Lange to Kaapse Paragrawe at 10/05/2013 08:46:00 PM

*

The Platonic Blow (A Day For A Lay)
by W.H. Auden

It was a spring day, a day, a day for a lay when the air
Smelled like a locker-room, a day to blow or get blown.
Returning from lunch I turned my corner and there
On a near-by stoop I saw him standing alone.

I glanced as I advanced. The clean white T-shirt outlined
A forceful torso, the light-blue denims divulged
Much. I observed the snug curves where they hugged the behind,
I watched the crotch where the cloth intriguingly bulged.

Our eyes met, I felt sick. My knees turned weak.
I couldn't move. I didn't know what to say.
In a blur I heard words myself like a stranger speak.
"Will you come to my room?" Then a husky voice, "O.K."

I produced some beer and we talked. Like a little boy
He told me his story. Present address next door.
Half Polish half Irish The youngest. From Illinois.
Profession mechanic. Name Bud. Age twenty-four.

He put down his glass and stretched his bare arms along
The back of my sofa. The afternoon sunlight struck
The blond hairs on the wrist near my head. His chin was strong,
His mouth sucky. I could hardly believe my luck.

And here he was sitting beside me, legs apart.
I could bear it no longer. I touched the inside of his thigh.
His reply was to move closer. I trembled. My heart
Thumped and jumped as my fingers went to his fly.

I opened a gap in the flap. I went in there.
I sought for a slit in the gripper shorts that had charge
Of the basket I asked for. I came to warm flesh then to hair,
I went on. I found what I hoped. I groped. It was large.

He responded to my fondling in a charming, disarming way:
Without a word he unbuckled his belt while I felt
And lolled back, stretching his legs. His pants fell away.
Carefully drawing it out, I beheld what I held.

The circumcised head was a work of mastercraft,
With perfectly beveled rim of unusual weight
And the friendliest red. Even relaxed, the shaft
Was of noble dimensions with the wrinkles that indicate

Singular powers of extension. For a second or two,
It lay there inert then suddenly stirred in my hand,
Then paused as if frightened or doubtful of what to do,
And then with a violent jerk began to expand.

By soundless bounds it extended and distended, by quick
Great leaps it rose, it flushed, it rushed to its full size.
Nearly nine inches long and three inches thick,
A royal column ineffably solemn and wise.

I tested its length and strength with a manual squeeze,
I bunched my fingers and twirled them about the knob,
I stroked it from top to bottom. I got on my knees.
I lowered my head. I opened my mouth for the job.

But he pushed me gently away. He bent down. He unlaced
His shoes. He removed his socks. Stood up. Shed
His pants altogether. Muscles in arms and waist
Rippled as he whipped his T-shirt over his head.

I scanned his tan, enjoyed the contrast of brown
Trunk against white shorts taut around small
Hips. With a dig and a wriggle he peeled them down.
I tore off my clothes. He faced me smiling. I saw all.

The gorgeous organ stood stiffly and straightly out
With a slight flare upwards. At each beat of his heart it threw
An odd little nod my way. From the slot of the spout
Exuded a drop of transparent viscous goo.

The lair of hair was fair, the grove of a young man,
A tangle of curls and whorls, luxuriant but couth.
Except for a spur of golden hairs that fan
To the neat navel, the rest of the belly was smooth.

Well hung, slung from the fork of the muscular legs,
The firm vase of his sperm, like a bulging pear,
Cradling its handsome glands, two herculean eggs,
Swung as he came towards me, shameless, bare.

We aligned mouths. We entwined. All act was clutch,
All fact contact, the attack and the interlock
Of tongues, the charms of arms. I shook at the touch
Of his fresh flesh, I rocked at the shock of his cock.

Straddling my legs a little I inserted his divine
Person between and closed on it tight as I could.
The upright warmth of his belly lay all along mine.
Nude, glued together for a minute, we stood.

I stroked the lobes of his ears, the back of his head
And the broad shoulders. I took bold hold of the compact
Globes of his bottom. We tottered. He fell on the bed.
Lips parted, eyes closed, he lay there, ripe for the act.

Mad to be had, to be felt and smelled. My lips
Explored the adorable masculine tits. My eyes
Assessed the chest. I caressed the athletic hips
And the slim limbs. I approved the grooves of the thighs.

I hugged, I snuggled into an armpit.
I sniffed the subtle whiff of its tuft. I lapped up the taste
Of its hot hollow. My fingers began to drift
On a trek of inspection, a leisurely tour of the waist.

Downward in narrowing circles they playfully strayed.
Encroached on his privates like poachers, approached the prick.
But teasingly swerved, retreated from meeting. It betrayed
Its pleading need by a pretty imploring kick.

"Shall I rim you?" I whispered. He shifted his limbs in assent,
Turned on his side and opened his legs, let me pass
To the dark parts behind. I kissed as I went
The great thick cord that ran back from his balls to his arse.

Prying the buttocks aside, I nosed my way in
Down the shaggy slopes. I came to the puckered goal.
It was quick to my licking. He pressed his crotch to my chin.
His thighs squirmed as my tongue wormed in his hole.

His sensations yearned for consummation. He untucked
His legs and lay panting, hot as a teen-age boy.
Naked, enlarged, charged, aching to get sucked,
Clawing the sheet, all his pores open to joy.

I inspected his erection. I surveyed his parts with a stare
From scrotum level. Sighting along the underside
Of his cock, I looked through the forest of pubic hair
To the range of the chest beyond rising lofty and wide.

I admired the texture, the delicate wrinkles and the neat
Sutures of the capacious bag. I adored the grace
Of the male genitalia. I raised the delicious meat
Up to my mouth, brought the face of its hard-on to my face.

Slipping my lips round the Byzantine dome of the head,
With the tip of my tongue I caressed the sensitive groove.
He thrilled to the trill. "That's lovely!" he hoarsely said.
"Go on! Go on!" Very slowly I started to move.

Gently, intently, I slid to the massive base
Of his tower of power, paused there a moment down
In the warm moist thicket, then began to retrace
Inch by inch the smooth way to the throbbing crown.

Indwelling excitements swelled at delights to come
As I descended and ascended those thick distended walls.
I grasped his root between left forefinger and thumb
And with my right hand tickled his heavy voluminous balls.

I plunged with a rhythmical lunge steady and slow,
And at every stroke made a corkscrew roll with my tongue.
His soul reeled in the feeling. He whimpered, "Oh!"
As I tongued and squeezed and rolled and tickled and swung.

Then I pressed on the spot where the groin is joined to the cock,
Slipped a finger into his arse and massaged him from inside.
The secret sluices of his juices began to unlock.
He melted into what he felt. "O Jesus!" he cried.

Waves of immeasurable pleasures mounted his member in quick
Spasms. I lay still in the notch of his crotch inhaling his sweat
His ring convulsed round my finger. Into me, rich and thick,

His hot spunk spouted in gouts, spurted in jet after jet.


Die gedig is gekopieer van die webblad How Dirty Is That Auden Poem That Was Too Dirty for the ‘Times Book Review’? -- Vulture. Besoek 14 Januarie 2013.

Henning Mankell - An Event in Autumn (2014)


Henning Mankell - An Event in Autumn. Random ­House, 2014. ISBN 9781846558078.
Resensent: Joan Hambidge

Hierdie roman vorm deel van ’n BBC-reeks met die Britse akteur Kenneth Branagh in die hoofrol.

Dat ’n gesogte Shakesperiaanse akteur in so ’n reeks optree, bewys teoretici reg: die grense tussen populistiese en ernstige literatuur is besig om te vervaag.

Boonop bevat hierdie novella ’n essay (“How it started, how it finished and what happened in between”) waarin Mankell verduidelik hoe hy die rassisme van sy gemeenskap wou aanspreek en die naam van sy hoofkarakter, Kurt, in ’n telefoongids gevind het – die naam Wallander is “common, nor too uncommon”. Die karakter is ook in sy lewensjaar gebore (1948) wat die leser bewus maak van die spel tussen werklikheid en fiksie. Verder bely hy die invloed van die Griekse dramas op sy skryfwerk.

Ek is gaande oor reekse en die Wallander-reeks is boeiend. Die noir-aanslag en melancholie van sowel die films as die romans, word besonder goed verbeeld.

An Event in Autumn begin met die ontdekking van ’n geraamte in ’n tuin. Wallander, met die hulp van sy dogter, Linda, konfronteer die moordenaar. Geduld blyk die wagwoord te wees van hierdie speurder wat sukkel om ’n rekenaar onder die knie te kry, maar geweldige insig het in die psige van ’n moordenaar.

Dit wentel om huishoudelike geweld, die selfdood van ’n moordenaar, en vadermoord.

Was dit ’n geregverdige daad?

Mag ’n kind sy vader vermoor omdat die moeder verneder en verminder is?

Hieroor tob die leser saam met Wallander en ’n mens lees hierdie roman – wat goed geskryf is – om agter die kap van die byl te kom (by wyse van spreke).

Mankell beskryf sy landskap goed. Die leser kan Skåne altyd in die geestesoog sien en enige landskap maak hy vir jou oop. Onder andere ook Pole ...

Hierdie outeur is nie alleen ’n blitsverkoper nie, maar die Universiteit van St. Andrews het ’n doktorsgraad aan hom toegeken vir sy bydrae tot die letterkunde en tot sosiale bewusmaking en geregtigheid. ’n Mens wonder hoe hulle sou reageer op die troebel psige van ’n Georges Simenon wie se lewe daar anders uitgesien het?

In sy naskrif bely Mankell dat Wallander nou aftree as speurder.

Bepaald jammer, maar gelukkig is daar deesdae so ’n oorvloed van goeie speur- en misdaadverhale dat ’n mens hierdie as ’n tydelike verlies sal ervaar.

Daar is immers Sherlock Holmes (ook in nuwe reekse) en ja, dan altyd die koningin: Agatha Christie.

En terloops, ek koop ook nie die afbreek van grense tussen populistiese fiksie en hoë literatuur nie. Laasgenoemde kan wel hierdie kodes gebruik soos Umberto Eco al vir ons bewys het.

Maar Ruth Rendell of Henning Mankell is beslis nie Nabokof nie.

Henning Mankell 

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunnning van Beeld)

Kerneels Breytenbach - Ester (2014)


Kerneels Breytenbach - EsterHuman & Rousseau, 2014. ISBN 978-0-7981-6795-6.

Resensent: Joan Hambidge

I

Ester is Kerneels Breytenbach se roman na die besondere Piekniek by hangklip waaroor ek uitgebreid geskryf het. So word die roman bemark:

’n Meesleurende roman oor ’n verbode passie en ’n politieke intrige. Dis gebaseer op ’n werklike historiese insident, en die gevolge daarvan: Die ontmoeting in 1940 tussen Dr D.F. Malan en ‘n Duitse spioen, mev Thyra Denk. Nou, in 1946, kry Dieter Bergman, ’n senior polisieman, instruksies om mev Denk per trein van Windhoek na Kaapstad te vergesel, waar sy voor ’n Gekose Komitee van die Parlement moet getuig. As daar bewys kan word dat Malan met die Nazi’s meegewerk het tydens die Tweede Wêreldoorlog, kan hy van hoogverraad aangekla word en sal dit die einde van sy politieke loopbaan beteken. Tydens die lang reis per trein ontstaan daar ‘n verhouding tussen Bergman en die beeldskone spioen. Op die trein is egter ook ene adv Doerkstra. Sy missie: hy moet die spioen in die geheim te sien kry en haar oorrreed om nie met haar getuienis Malan se loopbaan te vernietig nie.

II

Hierdie knap opsomming gee die buitelyne van die verhaal weer en hierdie roman word deur Hettie Scholtz op die buiteblad tereg as volg beskryf: "Wat 'n plesier. Wat 'n leeservaring. Wat 'n plot!"

En inderdaad is die plot die indrukwekkendste aspek van hierdie spanningsverhaal waar identiteite ómgeruil is. Wie is Mevrou Denk nou eintlik? En waarom is Ester so 'n verleidster?

Die intense spanning tussen die twee manlike hoofkarakters, Bergman en Doerkstra, wentel rondom hul verskillende opdragte, maar uiteraard gaan dit ook om seksuele jaloesie en kompetisie. Dit word raak opgesom in 'n eettoneel (222) en hoe hulle na mekaar kyk in 'n tartingstoneel (214).

Teenoor die gesofistikeerde eetrituele is daar die treindrywer en stoker se etes. Hiermee word daar skerp kommentaar gelewer op die rol van die werkersklas wat juis deur Hitler gemanipuleer is.

Doerkstra in 'n eettoneel met Jurie Kimberley en Barkies verduidelik die klasverskille en dit is 'n belangrike vehicle om vir sowel húlle as die lesers 'n siening oor Smuts en die oorlog oor te dra. 'n Gesprek tussen die slim advokaat en die ongeleerdes word 'n kortpad om belangrike feite te belig. Die sogenaamde "politcal unconscious" van die teks, soos Fredric Jameson dit tipeer.

Op dieselfde wyse word gedeeltes uit Die Brandwag deel van 'n gesprek oor die lot van die spoorwegwerker (273). En gesofistikeerde sang teenoor volkse liedjies is 'n ander opposisie wat uitgewerk word (286). Die toneel van aanranding, die rol van die mes en aanhitsing en die feit dat die AO kan Duits praat met die spioen skep verskillende lae van betekenis. En ja Van Wyk Louw en Greshoff is eweneens in 'n restaurant aan't stry (300).

Daar is 'n paar belangrike aspekte wat in hierdie roman beklemtoon moet word. Die skrywer se kennis van musiek - wat die wending of dénouement tot gevolg het - en    kos as 'n ritueel kom handig te pas. Verder kan menige Afrikaanse skrywer by hom gaan kers opsteek oor hoe om oor die lyflike te skryf. 'n Sekstoneel in 'n kompartement gaan verby die boekerigheid wat meeste sekstonele bederf.

Die roman gebruik die historiese gegewe van Dr Malan en die Tweede Wêreldoorlog as die backdrop waarteen hierdie drama van verraad en dubbelspel gekaats word, maar sonder dat dit dordroog raak. Die meeste historiese romans raak op die duur vervelig, omdat die teks loodswaar raak onder die dorre feite. Buys van Willem Anker is juis uitstekend, omdat die skrywer fiksionaliseer en grense verskuif.

Ester is veerlig geskryf, maar met 'n sub-teks vol verwysings en toespelings soos na Marlene Dietrich (sien Marlene Dietrich - Wikipedia, the free encyclopedia. Besoek 8 November 2014; kyk na die voorblad) en ander herkenbare figure soos Hendrik Susan, Karl Bremer, Chris Blignault, ensomeer wat die teks kompleks maak.

Die femme fatale wat mans se oordeel aantas, word deur die kode van Marlene Dietrich in die roman gedra. Ook die terloopse verwysings na Adolf Jentsch is relevant en die treinreis word besonder goed weergegee. Daar word telkens kommentaar op die landskap gegee; miskien te bewustelik op bladsy 294? Is dit die implisiete outeur wat hier deurslaan?

Net soos die ritueel van rook wat eweneens klasverskille aandui.

III

Breytenbach se kennis van musiek en kos (as gedugte musiek- en kosskrywer) word in hierdie teks maksimaal ontgin. Dit is letterlik 'n unputdownable roman.

Inderdaad is die duiwel 'n vrou. Dit is in ander sleutel as Piekniek by hangklip (2011) geskryf, wat met vele ingebedde tekste en toespelings werk. (Hieroor is daar 'n artikel in Stilet, 2012 gepubliseer en op hierdie blog te vinde).

Die geskiedenis van dr Malan - met sy weekdier oë, 136 - verduidelik waarom hierdie land 'n bepaalde rigting ingeslaan het. 'n Historikus sal kan wys op die spel tussen fiksie en werklikheid, maar vir die letterkundige leser is dit oortuigend as storie.

Die hoftoneel en veral die slot - uit die perspektief van die ouer juris - is aangrypend. Die verhaal van die frotteur, hier op 'n psigologiese vlak. (Sien Frotteurism).

Die enorme, goed verwerkte navorsing is indrukwekkend.


Kerneels Breytenbach

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunnning van Fine Music radio)

Huldeblyk: Charles Fryer (1946 – 2014)


Ek het intiem met Charles Fryer saam gewerk met my bundels Geslote baan (1988) en Lykdigte (2000).

Ook het hy die satire Die swart sluier (1998)  versorg met die gekke buiteblad deur Piet Grobler. Die satire het hy gate uit geniet. Dit was ook my eerste kennismaking met Susan Bloemhof, wat later sou sorg vir etlike ontwerpe vir my waarvan die hoogtepunt Lykdigtebly.

In 1988, so om ag die aand lui my foon. Dis Charles. Geslote baan gaan moreoggend drukkers toe en hy wil net weet of ek gelukkig is met ‘n woord wat ek in ‘n gedig gebruik het.

Stipleser. Nougeset. Met proewe waarop sy ronde handskrif staan.  Oor hierdie bundel het hy vir my geskryf: ”Die gedigte is subtiel. Maar onder alles kan ‘n mens die pyn voel prik.” Hierna het ek hom beter leer ken en ‘n hele paar keer met hom en Petra Grütter tee gedrink en Danie van Niekerk, toe die hoof van Tafelberg, leer ken.

Hierna het ons paaie (tydelik) geskei en toe ek met Interne verhuising in 1995 na hom toe is, was hy nie gelukkig met die bundel nie. Ek het dit later uitgegee by Kagiso, wat my roman Die Judaskus gepubliseer het.

My grootste waardering vir Charles het egter in 2000 gekom met die bundel Lykdigte.

Ons gaan vir oulaas die bundel deur. Charles se horlosie is afgehaal en hy sit met ‘n potlood en werk aan die bundel.
“Hierdie gedig is nie klaar nie, Joan,” gee hy raad op sy sagte manier. Ons het ook altyd ‘n speelse, grappige manier van gesels gehad.

Die gedig lui aanvanklik so:

14  Vraag

Wie het die een oog van Nefertiti uitgekrap?
Sodat sy blind moes uitkom aan die anderkant?

Dit handel oor die dood van my kollega, Maggie Mezzabotta, dosent in Klassieke Tale aan die UK en iemand met wie ek gereeld kon gesels oor klassieke verwysings. Sy is een Sondagoggend oorlede toe sy in Fresnaye afgery het en ‘n man oor ‘n rooi robot gejaag het. Haar eggenoot, ‘n bekende veearts, het ‘n ruk later op die ongeluk afgekom.

Charles stuur my na die aangrensende kantoor waar ek die gedig in een sitting klaarskryf. Na Maggie se dood, het ek en haar man en twee ander vriende na ‘n wynplaas gegaan. Haar man stukkend oor haar dood, verduidelik vir ons dat ‘n bottel wyn aan “bottelskok” ly indien dit te gou oopgemaak word.

Vraag
Vir Margaret Rosabel Mezzabotta

Ontydig, voortydig jou vertrek
na ‘n ander onbekende oord.
Die siel, onthou ek vanoggend,
is soos ‘n wyn wat stadig moet verouder.
Iets glo soos bottelskok
as dit te gou ontkurk of geskink word.
Jy sou my dadelik kon reghelp:
dit staan in die Egiptiese Boek van die Dood.
Om jou dood te begryp
is ‘n hiëroglief onontsyferbaar
in ‘n donker gang onbegaanbaar.
Die dood keer woordordes om,
dit laat ons terugkyk, onthou, selfs gryp
na klein momente van die toeval –
soos hoe ek eenmaal jou bril skoongemaak
het, oor duister simbole met jou praat.
Vir hierdie lykwaak, groot gelykmaak,
is ek as digter onvoorbereid,
nee, eerder onbereid.
Die sogenaamde consolatio of vertroosting
van ‘n medium (Kyk, sy stuur ‘n roos)
of die flikker van ‘n kers
maak niks ongedaan nie. Wat beteken ontval.?
Dat jy te vinnig – na my sin –
paradyswaarts
moes gaan. Dat jou siel
oënskynlik sonder voorbereiding
weggeruk is. Dat rose verwelk,
kerse ophou flakker…
Ek wou nog vra:
“Wie het die een oog van Nefertiti uitgekrap
sodat sy blind moes uitkom aan die ander kant?”
 
Charles Fryer was in eie reg ‘n uitmuntende digter.

Weens ‘n siekte moes hy voortydig sy werk verlaat – ‘n slag vir die uitgewersbedryf as sodanig, want Charles Fryer kon ‘n boek agter die manuskrip gaan haal en regruk.

In 1978 verskyn Rooiwielwa – sy helder debuut. Dit is jammer dat hy ons ontval het sonder dat sy digkuns volle wasdom kon bereik het, jammer dat daar nie nog verse uit hierdie wonderlike mens gespruit het nie. Dalk was dit omdat hy al sy energie in ander se skryfwerk geplaas het

Ek sal hom altyd eer vir hierdie treffende gedig:

Oulaas

Dis oulaas stap, Pa:
jy in die middel en ons,
stram in kispakke,
maar regop, jóú seuns,
elk aan ’n handvatsel.

Dis half swaar, Pa.

Ons is gewoond saamstap
en die suidewind
is bitterbos en reën.

Voor die kampie op die bult
wag die volk
om vir Pa te sing,
hul gesigte dobberend in die middagson.

Pa het dié tyd
altyd
’n bietjie gaan skuinslê.

Calvinia, 1970

© Charles Fryer


Theunis Engelbrecht - Papegaaislaai (2014)


Theunis Engelbrecht - Papegaaislaai. Uitgewer: Umuzi, 2014. ISBN 9781415207147

Resensent: Joan Hambidge

Papegaaislaai is die skrywer en musikant Theunis Engelbrecht se langverwagte roman ná Om ’n laaitie te maak (1986), wat indertyd deur my positief geresenseer is, maar deur André P. Brink vernietig is.

Toe het die digter-skrywer as Randy Rambo belangrike grens­oorskrydende lirieke geskryf en lekker musiek gemaak met die Rough Riders. Hierdie skrywer het nog altyd ’n sintuig vir die absurde en die transgressiewe gehad en indertyd in Stet en die tydskrif De Nieuwe Poes as Koekie Ziervogel.

Daar is ’n tradisie van transgressiewe, satiriese romans in Afrikaans: RR Ryger se Beertjie en sy boytjies (2006), Jeanne Goosen se ’n Paw-paw vir my darling (2006) en Koos Kombuis se Raka – die roman (2006). In 1994 was daar ook Triomf van Marlene van Niekerk met sy grimmige blik op die werkersklasbestaan. Lambert is immers die Ampie van die nineties . . .

Die verheerliking van die werkersklasbestaan en ’n satiriese blik op die “gemoedelike lokale realisme” is die kentekens van hierdie romans, wat werk met oordrywing, vermaaklike jukstaposisies, absurde naamgewing en ’n voorliefde vir die abjekte.

Ryger, Goosen en Kombuis – om drie uit te sonder – se tekste verheerlik en banaliseer hierdie bestaan. Dit wil die leuens van die wit middelklaslewe aan die kaak stel en vir die leser wys dat dit ’n onheilige plek is van leuens, dwelms en ander verskrikkinge . . .

Beertjie en sy boytjies het ek destyds in die begin 1990’s vir die eerste keer gelees en my buite weste gelag.

Die Gottie Hansen-skool en ander smoelneukers het deel van my parlando geword; net soos daardie wonderlike uitspraak van die vinger wat so diep opgeskuif sal word dat selfs die Snydokter van Stalin­grad dit nie sal kan vind nie . . .

Ek het hierdie novella oor ’n foon voorgelees aan ’n vriend in Pretoria wat met my saamgestem het dat dit ’n oneerbiedige, briljante roman is.

Die voorblad – die sogenaamde parateks in Genette se terme – het ’n papegaai (na-aper, naprater?), met die aaptwakkies bo die lieflike bont voël. Tussen die titel en die lieflike papegaai – gebaseer op ’n foto – staan daar “ ’n rowwe roman”, met ’n duidelike waarskuwing dus dat jy hier die aweregse arena gaan betree.

In die kolofon word die ongekroonde gemeente van die aweregse en die transgressiewe vermeld: Uittreksels uit lirieke van Die Antwoord . . .

En Die Antwoord gaan natuurlik uit hul pad om die Afrikaner as “benede peil” voor te stel. Soveel so dat Amerikaanse joernaliste selfs by Afrikaanse kritici wil weet hoe lyk die moderne Afrikaner dan. Representeer Ninja en Yo-Landi “ons”? Hoeveel onse is daar in jou pond? Hoeveel Vi$$ers? Hoe lyk zef dan regtig?

Engelbrecht se verhaal handel oor ’n vermiste Afrikaanse sanger. Malletjie en Rocky is twee speurende helde. Boonop is die einde van die wêreld in sig. In hierdie dae waar Steve Hofmeyr se lewe bedreig word deur doodsdreigemente loop hierdie roman fiksie vooruit. En die oordrewe bemarking van die speurverhaal word ook gesatiriseer.

Dit is Engelbrecht-vintage.

Oubaas en Hilda heet die twee honde. Trouens, ’n taalkundestudent sal ’n hele dissertasie kan skryf oor die naamgewing in hierdie roman: Maggie Laubserstraat, Anton van Wouwstraat en so meer.

Daar is ’n gespot met new age-sieninge en op bladsy 158 word die mees absurde titels naas mekaar gestel. ’n Satiriese klap na moderne skrywers wat so ewe slim-slim vir hul lesers wenke in die teks gee na die sleutels om die boek “reg” te verstaan. Hier staan Potjiekos van Matie Brink nie om dowe neute nie. En dis presies wat hierdie roman doen. Die grappe is opgesluit in die vreemde mengsels.

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunnning van Netwerk24)

Antjie Krog - mede-wete (2014)



Antjie Krog - Mede-wete. Human & Rousseau, 2014. ISBN 978-0-7981-6787-1

Resensent: Joan Hambidge

I

Dit is Krog se eerste bundel in agt jaar. Hierdie langverwagte bundel open met ‘n aangrypende vers oor die dood van haar vader. Die bundel handel oor familieskap in al sy vorme: die verhouding met die ouers, kinders, kleinkinders, maar ook die familieskap met taal en die land van herkoms.

mirakel

ek behoort aan hierdie land
dit het my gemaak

ek het geen ander land
as dié land nie (30)

Hierdie bundel het onder andere tot stand gekom, terwyl die digter met 'n DAAD-beurs in Berlyn kon navorsing doen. Hierom die afstand oor die (Suid)-Afrikaanse wêreld en die beskrywing van die beklemmende politieke werklikheid waarin alles op ‘n daaglikse basis afgetakel en omgekeer word. Die politieke werklikheid is ‘n ontstellende een, ónafhanklik van die plek waar jy staan, links of regs, wit of swart. Die bundel heet Mede-wete. Ons hoor medepligtig, met wete, met insig. Ook die leser word mede-speler, mede-skrywer.

II

Krog debuteer in 1970 met Dogter van Jefta. Hierna verskyn vele bundels en etlike keurbundels soos Digter wordende (2009), kinderpoësie, prosa, nie-fiksie – soos die belangrike Country of my skull(1998), ‘n Ander tongval (2003), Begging to be black (2010), onder andere. 

Daar is ‘n monografie oor haar geskryf deur Louise Viljoen waarin die belangrikste kodes en temas uitgewys word. Nou onlangs het ek soos volg  ‘n versameling opstelle van haar werk geresenseer in Rapport. [1]

In die jongste bundel vind ons die woedende Krog, maar woede word telkens afgewissel met teerheid. Verset teen taal en gesag - soos die skutblad verduidelik - is die onderstroming van hierdie bundel met toespelings op Paul Celan se digkuns, verwysings na C.G. Jung, Drucilla Cornell, J.M. Coetzee, Lacan, Spivak (radikale alteriteit of die herkenning van die Ander, wat jou omskryf of inbeperk), e.a. Celan se eksperimentering met taal vind uiting in hierdie bundel met gedrongenheid en taaleksperimente. So gelees word hy 'n "boksmaat, skermmaat".

Die eerste afdeling "die werf" situeer die plaaslewe met motto's van ouer digters. Werf in die sin van begrensing word hier geaktiveer in gesprek met die familie. By die begrafnis van die vader dring die moeder daarop aan dat daar voorgelees moet word uit die Ou Vertaling. Dus, op bevel van die moeder, die matriarg, en skrywer in eie reg, Dot Serfontein, met die dogter as teenpool en waarnemer en optekenaar. Telkens word die jonger, politiek-bewuste Antjie Krog, geplaas teenoor die stoere wêreld van die Vrystaat. 

Daar is ook 'n "vlammestriem van verlange" (18) te bespeur in hierdie gedigte met hul sterk melancholiese en eerlike aanslag. In "die boesman" (19) is die kind getuie van geweld teen die Ander, iets wat later in die gedig "hou jou oor teen die skeur van my land" (28 - 29) aangespreek word deur die ouer waarnemer, wat indertyd by die WVK getuie was van pynlike belydenisse en mense se onmag om die "interverbondenheid" tussen wit en swart te aanvaar. In "dis hy!" (22) word 'n swart man haar vader; sou hy haar vader kon word / wees in 'n versoenende, aangrypende vers wat afspeel in die verbeelding.

III

Die sterk politieke gewete word in 'n tweespraak, wat “bediendepraatjies” (60) heet,  uitgewerk waar sowel die swart vrou as die wit een, aan die woord gestel word. Tweegesprek dus - met erkenning aan die vertaler Balisa Finca. Dit is weliswaar minder gedronge, en hierom minder oortuigend as die ander sterk, gelade verse; altans vir hierdie leser.

Die gedig oor Mandela is 'n sterk politieke vers, die enigste een, behalwe Johann se Lange s'n, wat my indertyd oortuig het as volwaardige gedígte by sy afsterwe en nie opportunistiese rympies nie.

Die stemlose word stemhebbend gemaak in Krog se digkuns en haar genderpolitiek is 'n ongebreidelde opstand teen die falliese en fallokratiese orde. Bemagtiging, selfsug, selfvoldaanheid kom telkens in haar visier. Wanneer ‘n jong seun beskryf word (“junior”, 36), vra sy haarself af waarom moet daar iets word van ‘n seuntjie? Hierdie vers word geplaas teenoor ‘n gedig oor ‘n dogtertjie: om in ‘n dogtertjie se kamer te slaap” (37) waarin die rol van vrouwees gedekonstrueer word. Die vrou sal moet gelukkig wees met “besdoen”, met jou lewenslot aanvaar. Hierdie gedig tree implisiet in gesprek met Elisabeth Eybers se “Twee kleuters in die Vondelpark” waarin genderrolle ook uitgewerk word, maar by Krog is daar onteenseglik woede en opstand aanwesig by “die Tannie”!

Die genderpolitiek word geplaas teenoor die politieke onreg. Daar vind in hierdie bundel telkens ‘n dubbelgesprek plaas: landspolitiek téénoor persoonlike politiek of genderverskille. 'n Mens word nie 'n vrou gebore nie; jy word een gemaak, hoor ons De Beauvoir in die agtergrond praat.

IV

Die sterk beeldende vermoë is daar, die eiesoortige ideolek ("antjiekaans"), die gebruik van die plat of skokkende woord, Bybelse verwysings, die gebed wat ook ars poetica word ("moniaal", 41), die sterk narratiewe draad wat verskillende wêrelde saamsnoer (ook ontrafel) en die sillabeversteurings as belangrike kodes vir oopmaak van hierdie bundel. Krog is die meester van klank in 'n gedig; hierom leen haar verse sig tot uitstekende voordragte. Krog het reeds haar eie idiotikon opgestel; frases en uitdrukkings waaraan jy haar kan herken.

Die digter voorsien ons ook van 'n bronnelys waarin sy bely dat sy soms en soms sonder erkenning iets oorneem. Bachmann, Fanon, Cornell, Hamburger, Versfeld, Spivak (die subaltern), o.a. word leidrade vir die speurende leser wat die filosofiese onderbou kan uitsnuffel.  Daar is etlike morele vraagstukke wat sy uitwerk rondom kos en eet, verruklik verwoord in "sondagmiddagete" (26). Daar is humor, soos 'n rusie oor 'n familie-legende van die skoonpa wat 'n vyfsentstuk vir die Ontvanger teruggeneem het (88).  Daar is 'n skerp blik - ongeromantiseerd - op die ellendes van die nuwe-Suid-Afrika wanneer die spreker 'n dokterseun bel op Volksrust met slegte ontvangs. 'n Babatjie sterf in Ongevalle weens die "standaard-equipment" wat nooit nagegaan is nie.

V

Vir my is die aangrypendste gedigte die verse oor die kinders en kleinkinders. Nou onlangs het ek weer Rika Cilliers en Johann Johl se antologie Bloeityd (1993) gelees en die wye skakering van kind(er)gedigte in Afrikaans beskou. Krog romantiseer nie die verhouding tussen (groot)moeder en kind nie. Sy skryf eerlik hieroor, opreg - en sy wys op die komplekse simbiotiese bestaan tussen moeder en kind: dat die geboorte van die kind die einde van selfkoestering is en 'n leeflange vervolging aandui ... Jy voed as't ware die mond wat byt (84). Paradoksale toestand van geluk én weerloosheid.

"convivium" (82) - geskryf in samewerking met die Berlynse astronoom Hans Zinnecker - tree in gesprek met De Lange en TT Cloete se gedigte oor die universum.

Siekte ("vervalle sillabes in bloei", 96) en die vrees dat 'n geliefde verloor kan word, ruk aan die hart. 'n Huweliksrusie het nie sy gelyke in Afrikaans nie ("toe die jongste kind", 101) waarin die lewensgetroue vloekwoorde en skunnighede vergestalt word.  Hierom steur die persoonlik-anekdotiese "ter herinnering" (105) waarin 'n besondere vriendskap beskryf word, maar die kragdadige aanslag van vintage-Krog mis.

Uiteraard is daar besinning oor die eie dood ("as ek doodgaan", 102) waarin sy die versugting oordra om panteïsties deel te word van die aarde. Gelees teen die agtergrond van "connected in Berlyn" (55) waar moderne tegnologie 'n antwoord word op metafisika. Of die pragvers "12 weke 4 dae sonar" (40) wat terugspeel op gedigte in Mannin en Beminde Antarktika (1975) waar die belewenis van 'n swangerskap ook 'n ars poëtica word.

Die slot-afdeling "vier pogings in linguistiese sinaps-opsporing" - opgedra aan Jakes Gerwel - is Krog op volle vaart in haar tweegesprek met Celan.

tong gevolmag
die son sniert
die nagberg nierts

Celan (1920 - 1970) was sowel digter as vertaler, nes Krog ook beweeg tussen verskillende tale en diskoerse, ofskoon sy in Afrikaans op haar beste is. Die Duitse digter se naam is 'n opgemaakte naam, saamgestel uit die sillabes van sy regte naam, Paul Antschel. Krog is Anna Krog; sy is ook Anna Samuel. Sy is Antjie. Lady Anne. Celan moes die Joodse vervolging verduur en die dood van vriende verwerk. Krog was openbare optekenaar van sosiale ongeregtigheid hier te lande. Die Romeens gebore Celan moes die dood van sy ouers beleef  ...

Sy verhouding met Ingeborg Bachmann - sy toeverlaat - kon hom egter nie red van sy selfdood in Parys nie.

Sy gedronge gedigte - dikwels gewoon 'n verwringing van die Duitse idioom - het vele modernistiese digters geïnspireer. Ook sy verheerliking van die digkuns, te wete dat daar niks is waarvoor die digter sy digkuns sal opgee nie, is eweneens 'n refrein in Krog se werk.
Beide Celan en Krog moet gesien word as waarnemers van ongeregtigheid.

Met poësie as 'n uitweg.

Beide moes ongeregverdige aantygings oor onoorspronklikheid verduur. Beide is deur die literêre sisteem geglo en in ere herstel.

VI

Dit is 'n sterk bundel. Een vir nadink, herlees, herbesin. Dit wil opstand en teenspraak by die leser inskerp. Met 'n voorblad na 'n kunswerk van Otobang Nkanga.

Die buiteblad: twee koplose figure wat toutrek. Maar daar is 'n vlier. Die digkuns dus as verlossing. Maar ook as toutrekkery. Wegbeweeg  - as ons kyk na die hooftooisels - maar ook verbind, verbonde, verband(e). Nes Krog altyd verbonde bly aan haar plaasagtergrond en hierom praat sy Afrikaans met 'n Hebreeuse kleinkind in die vreemde.

Ons sal nooit die prys wat Krog moes betaal om al die ellendes van hierdie land aan te hoor, kan takseer nie:

die aarde het ek in my mond geneem. 'n verhewigde land
probeer begryp. daarvan herstel ek nie weer nie
(112)

'n Resensent met karige insig het onlangs geskryf dat 'n bundel voortaan dié bundel sal wees waaraan elke ander bundel gemeet sal word. By die lees van Antjie Krog se Mede-wetebesef 'n mens hoe onsinnig sulke waardeoordele is. Daar is Breytenbach, daar is Cloete en ja, daar is Lady Anne.

Endnote:

1. Antjie Krog: An ethics of body and otherness
Redakteurs: Judith Lütge Coullie en Andries Visagie 
University of KwaZulu-Natal Press, 2014
341 bladsye Sagteband
ISBN 978 186914 253 7

Resensent: Joan Hambidge

Hierdie bundel bevat 'n handvol artikels oor die Antjie Krog, sowel digter as openbare figuur. Daar is 'n litograaf van Claudette Schreuders op die voorblad wat heel gepas heet "Public figure" (2008).

Krog se digkuns verwoord die volledige gestalte van vrouwees: jong kind, vrou, moeder, geskeide vrou, vrou met (politieke) agentskap. Sy is 'n veel bekroonde digter en openbare figuur en veral Country of my skull oor die WVK het haar gevestig as 'n internasionale figuur. Haar gedigte bestaan ook in vertaling, ofskoon die Engelse gedigte die chora of "underbelly" van die oorspronklike taal mis. Dit is "down to my own skin" en vir my gevoel te gestroop; soos vleis waarvan die vetjies afgesny is.

'n Paar kanttekeninge: as 'n leser van Krog is van die bydraes van buite insiggewend. Dit is immers altyd relevant om te verneem hoe die lesers van ander tale reageer op die Afrikaanse letterkunde. "Running with the jackals" van Anthea Garman bekyk die rol van Krog as joernalis. Krog se werk by Die Suid-Afrikaan en as verslaggewer by die SABC waar sy die verrigtinge rondom die TRC weergegee het, gee 'n opsomming van haar aanslag as 'n aweregse, dwars en belangrike kommentator. Trouens, hierdie artikel som die konflik tussen die estetika en politiek die beste op. Haar werk wys immers op die domein van vrouwees - in navolging van verskeie feminismes - as 'n gepolitiseerde ruimte. In Met woorde soos met kerse gee sy stem aan die stemloses en wys sy op die verskillende taalsisteme wat langs mekaar bestaan in buurskap sonder kennisname, sonder respek. Krog as orator en digter van die praatvers sluit dan ook aan by die swart orale tradisie, want vir haar is poësie in die eerste instansie, klánk.

Ons lees in hierdie boek hoé Krog se media-kapitaal werk en openbarend, soos veral Louise Viljoen uitwys, die moeder die jong kind beskerm het teen die ongenaakbare media-blootstelling en as ‘n soort buikspreker opgetree het. Die intrede van Opperman as mentor (en die jarelange inskryf en wegskryf van hom en ‘n MA-verhandeling oor sy werk), openbaar ook aan die leser dat Krog aan twee sisteme tegelykertyd behoort het: die politieke sisteem en die Afrikaanse digterlike sisteem. In beide gee sy ‘n stem aan die stilgemaaktes en as digter het sy op ‘n opwindende wyse – soos Johann de Lange – die skunnige en transgressiewe woord tot poëtiese woord verhef. Die rol van fiksionalisering in haar prosatekste (hoe sy konflik verplaas van haar dogter na haar eie verhouding met haar moeder, Dot Serfontein) en die impak van Country of my skull as skokkende teks, is eweneens tersaaklik.

Daar is twee stewige bydraes van Louise Viljoen in hierdie bundel opgeneem.

Krog is 'n figuur met geweldige simboliese kapitaal. Dit bly altyd opwindend om die gesprek tussen Krog, Opperman en Eybers na te speur. Kim Rostan wys ook op die rol van personas in  haar werk en in welke mate veral Country of my skull‘n komplekse teks is van “waarheid” en fiksionalisering. Daar is eweneens uitsprake oor die rol van vertaling en haar siening van “antjiekaans” en die gebruik van Engelse woorde in Afrikaanse gedigte. Dan Wylie skryf regstellend in “Now strangers walk in that place” oor die gebruik van die Bleek/Lloyd-materiaal.

Hierdie bundel ondersoek haar invloed as literêre figuur, as vertaler, as politieke ikoon, as joernalis en as feminis.

Die indeks is onvolledig.

In ‘n tyd waar die publikasie van akademiese  tekste al hoe minder word, is hierdie boek van uiterste belang.

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunnning van Fine Music Radio)

Rubriek: Die stand van sake


Die funksie van keurverslae en resensies is om ‘n kritiese en gedistansieerde reaksie op ‘n boek te kry. ‘n Resensent skryf ‘n eerste, kritiese reaksie op ‘n teks, wat ingelig en eerlik behoort te wees.

Binne ‘n klein letterkunde is alliansies en vriendskappe uiteraard daar. My vriendskap met Johann de Lange is bekend, maar wanneer hy ‘n boek aan my opdra, resenseer ek dit nie. Ek is besig met ‘n studie oor sy werk – krities en gedistansieerd – maar ons vriendskap vorm nie deel van hierdie projek nie. Trouens, ons verskil oor etlike letterkundige kwessies. 

Nou onlangs vra ‘n webmeester van ‘n digkuns-webblad vir my om ‘n bundel te resenseer. Ek wys dit van die hand, omdat ek die eksaminator was van die MA in kreatiewe skryfwerk aan ‘n ander universiteit. Ek was onder die indruk van die bundel, maar het tog gevoel dat ‘n resensie ‘n duplisering van my mening oor die bundel gaan wees. En dat ek deel was van die totstandkoming van die bundel met aanwysings en kanttekeninge. So gesien, dus deel van die proses.

Net so min as wat ek my studente resenseer wat binne die kreatiewe kursus aan die UK onder my werk en publiseer, vind ek dit nie in orde nie wanneer iemand in die kursus (wat dus nog nie gepubliseer het nie), ‘n pas gedebuteerde resenseer en allerlei wyshede die wêreld instuur. Ek resenseer ‘n klasmaat, of voormalige klasmaat; hoe “objektief”, “gedistansieerd” kan dit wees?

Vanoggend maak ‘n kollega in die Engelse departement my daarop attent dat daar sopas ‘n resensie van In a burning sea verskyn het, en, voeg hy fronsend by, ek meen die kritiek in die Cape Times is deur Brink se vrou geskryf? Het Brink dan nie die voorwoord geskryf en gehelp met die keuse van die gedigte nie? Dit het 14 November verskyn.

‘n Nederlandse klassikus het sopas Fragmente uit die Ilias van Cas Vos aangekoop en die resensie op die Versindaba gelees. Die resensent, ene Gerhard Swart, dosent in Antieke Tale aan die Universiteit van Pretoria, word bedank in die voorwoord vir die wenke wat hy aangebied hy by die vertaling. So wie resenseer Swart? Cas Vos of homself? Hierdie grys area maak my dadelik waaksaam vir die geldigheid van die resensie ten spyte van die goeie insigte en die waarde van die uitgebreide inleiding.

Teen die einde van die resensie skryf Swart: “’n Kunstenaar wat sy kunsvorm goed beoefen, verdien applous; ontvang applous; erken applous.”

Koos Kombuis skryf  ‘n lesersindruk op Litnet oor Herman Lategan se Binnekring van spookasems, met ander woorde, hy vertel die storie agter die storie en hoe dit gekom het dat hy die “shout” vir die boek geskryf het. Dis ‘n lieflike, skreeusnaakse verslag, maar die leserreaksies onderaan laat blyk dat dit tóg as ‘n resensie ervaar word al is dit ‘n rubriek, en ons word dan ook verwys na die werklike (?) resensie deur Martie Meiring-Retief. 

Nou onlangs word ek gevra om In a burning sea te resenseer. Ek verklaar onmiddellik dat ek hierin opgeneem is en sou miskien oor die vertalings iets kon uitwys. Beide die boekeredakteur en ekself besluit wyslik oor ‘n koppie koffie dat dit nie korrek sou wees nie. Nie heeltemal verkeerd nie, maar soos om ‘n bed te deel met die keurder/inleier van ‘n bundel wat jy resenseer in die openbare domein. Boonop staan daar: “André Brink’s introduction gives a short historical overview of Afrikaans poetry and its various trends, placing the selection in context.”

Miskien het die kultuur rondom sosiale media soos Facebook tot gevolg gehad dat grense vervaag. Dat alles gemoedeliker geraak het. Dat ons sommer gou-gou iets skryf en “post” en nie nadink oor die langtermyn-implikasies in 'n vinnig veranderende wêreld nie.

Maar dink daaroor na. Die resensie mag positief en gloeiend wees, maar die ingeligte leser is skepties, en op die lange duur is dit nadelig vir die boek en die hele bedryf waartoe sowel skrywer as leser behoort. En die proses van kanonisering kan nie ligtelik opgeneem word nie.

Daar was ‘n tyd toe D.J. Opperman, ‘n gesiene kanoniseerder, sowel keurder was vir Tafelberg as Human & Rousseau uitgewers. Nodeloos om te sê: dit het gelei (gely?) tot konflik en ongelukkigheid wanneer ‘n digter tweekeer afgekeur word deur dieselfde keurder!

Hierom skryf ek keurverslae onder my eie naam en versoek ek altyd dat daar by ‘n tesisverslag my naam geplaas moet word. 

Want dis belangrik. Wie het wat en wie het wat waar geskryf.

Joan Hambidge
Kaapstad, 18 November 2014

Stephanus Muller - Nagmusiek (2014)



Stephanus Muller - Nagmusiek. Fourthwall Books, 2014. ISBN: 9780992226343

Resensent: Joan Hambidge 

I
Hierdie roman is ‘n gebeurtenis in Afrikaans. Dit vertel ‘n verhaal en die leser ontvang dit in ‘n boks met drie volumes. Volume I beslaan 228 bladsye, Volume II 148 bladsye, Volume III 548 bladsye.

Hoe moet ons hierdie drieledige teks, dus trits, karakteriseer?  Biografiese roman? Of roman in biografie-vorm? Hierdie genreverskuiwing open alreeds vrae oor die teks, begin as ‘n kreatiewe skryfwerk-projek aan die Universiteit van Stellenbosch en word geskryf deur ‘n musikoloog, Stephanus Muller, verbonde aan die Konservatorium aldaar. Dit handel oor die figuur Arnold van Wyk, ‘n ikoniese komponis, gebore in 1916 en oorlede in 1983.

Die boek is sowel akademies as fiktief of meditatief in aanbod. Dit is 'n baanbrekerswerk wat soveel verskillende diskoerse saamsnoer én bevraagteken. Dit verklap veel van die Subjek en die Optekenaar. Hermione Lee se kluif van 'n biografie oor Virginia Woolf (Methuen, 1977) is 'n voorbeeld van 'n akademies-gedistansieerde biografie, terwyl die werk van Janet Malcolm oor Plath The silent woman: Sylvia Plath & Ted Hughes (Penguin, 1994) deur die veelvuldige aanbod en perspektiefverskuiwings die idee van 'n biografie as 'n objektiewe studie ondermyn en dekonstrueer. Reeds deur die verpakking in 'n sogenaamde slipcaseword die leser van Nagmusiek attent gemaak op verskillende bokse-binne-in-bokse ...

My kennis van Van Wyk is die liedere wat Mimi Coertse vertolk met ‘n hoogtepunt “In die stilte van my tuin”, ‘n elegiese gedig van I.D. du Plessis. Op Litnet skryf Suzanne Strauss oor die kanonisering van hierdie begaafde komponis: ‘Ek kan eintlik net hartseer musiek skryf …’ – Die selektiewe kanonisering van Arnold van Wyk (1916–1983) se werke (Besoek 20 November 2014)

II
Nagmusiek is 'n aweregse, individualistiese studie of navorsingsprojek, maar dit is ook 'n roman wat biografie wil wees. Dit verklap die obsessionele navorsing van die werklike outeur wat in verskillende gedaantes of stemme die teks vertel wat polifonies of veelstemmig in aanbod is. Daar is briewe, referate, besinnings, dagboeke, foto's, inventarisse, skinderstories, 'n plakboek met rugbyspelers, werklike besoeke aan werklike mense, meditasies oor die stand van musiek, of dan eerder: die betekenis van élitistiese musiek binne 'n (post)koloniale wêreld. Die stories oor die figuur Arnold (Nols) en sy ervaring van die kunswêreld en die onsekerhede wat so 'n kreatiewe figuur moes verwerk, word in die derde afdeling ondersoek. Muller/ Ansbach / ek word telkemale geplaas teenoor Arnold van Wyk. Die leerlinglisensie met die foto van Wyk aktiveer vraisemblance.

Daar is 'n soeke na die "werklike" Arnold van Wyk en die speurtog lewer onder andere 'n skulp op waarin daar sigarette doodgedruk is. Die Subjek is egter nie "heel" nie. Daar is verwysings na molle in die tuin (die onbewuste) en ook 'n verhouding met die moeder wat uiteindelik sterf, en 'n transgressiewe verhouding met 'n vroulike student. Die verwysing na Alzheimer se siekte word 'n slim set vir 'n teks wat juis wil onthou.

Die verteller, of eerder dan, die aanbieder is 'n hoogs sensitiewe, bykans obsessionele figuur, wat ook iets van homself verklap in hierdie boek, of eerder dan, boeke.

Dit is 'n teks wat jy letterlik op enige plek kan oopslaan en dit waaier uit na die ander twee tekste wat rugsteun, ondersteun én ondermyn. Biografiste, soos wat Leon Rousseau op 'n keer onthul het ná die voltooiing van Die groot verlange, raak inderdaad obsessief oor hul "man", net soos advokate wat 'n persoon in 'n hofsaak moet verdedig, alles moet weet, as't ware in die persoon se spore moet stap, ten einde die "waarheid" te vind. In hierdie teks word die transgressiewe soeke na het-dit-werklik-gebeur telkens op sy kop gekeer en ironiese kommentaar gelewer op mense se ewige soeke na wie was daar? En het dit regtig gebeur?

III
Linda Hutcheon se Irony's edge verwys na die politiek en die teorie van ironie. Hierdie studie het in 1994 verskyn, maar bly  'n relevante teks vir die ontleding van die polifoniese teks. Veral musikoloë sou meer kon werk op die simfoniese struktuur van hierdie teks. Vir Hutcheon is ironie meer as anti-frase, oftewel, die siening dat ironie die teenoorgestelde bedoel van wat jy sê. Dit is meer kompleks: dit gaan oor sowel die gesêde, as die on-gesêde en hoe dit inspeel op mekaar.

Daar is molle in hierdie teks wat doodgemaak moet word. Daar is vrese wat besweer moet word. Die twee hande stem ooreen (Escher se skilderende hande?), maar die skrywer hérken soveel van homself in die figuur, Arnold van Wyk, 'n man wat mense poetse gebak het. Hennie Aucamp het op 'n keer vertel hoe Nols vriende laat skrik het toe hy in die bad gelê het en "dood gespeel" het. Daar is die insident - 'n heerlike grap - toe hy maak asof hy in besit is van 'n kosbare stuk bladmusiek wat hy in die oond opwarm sodat dit verouder lyk. Daar is relasies met jong mans wat by hom loseer met wie hy stoei, fisiese aanraking ontwille. Die verwerking van die liefde-van-sy-lewe se selfdood. Daar is uitsprake oor Van Wyk se posisie aan die US en dat hy nooit na regte waardeer is en met bevordering oorgesien is. (Hierom dalk die ironiese bedankingswoord aan professor So-en-So in die erkennings?)

Elke vinjet word herhaal en van toepassing gemaak op die Optekenaar. Dit is 'n kladboek oor "unrequited love", oor begeerte en die konstruksie van 'n gay-identiteit binne 'n verdrukkende samelewing. Daar word vrae gestel en beantwoord oor die rol van kunsmusiek binne die apartheidsjare. Daar is baie toespelings en herkennings (is dit Kannemeyer?, o.a.) wat ons hier sien? Is dit Stefans Grové wat fluitgeluide maak? Ook hier trap ek in die strik gestel vir my!

Is Werner Ansbach gelyk aan Stephanus Muller? Of probeer die werklike outeur ook hiermee 'n verdere spel inbou dat die teks tog nie biografie kan of wil wees nie? Die keurverslag aan die einde - waarskynlik geskryf deur 'n akademikus en ons herken die styl van 'n kenner oor metafiksionele fiksie en al die probleme wat die hibridiese teks oproep - beskou die teks as nog vis nog vlees. Hierdie leser is van mening dat jy ál die vooropgestelde idees moet laat vaar en die teks kaleidoskopies moet benader. Soms is dit roman; soms eerder biografie. Ek het die derde "skelet" van agter na voor gelees, en toe weer chronologies benader - juis dan kry 'n mens 'n beter greep op die teks wat finale betekenis of interpretasie ontglip.

IV
 Dit is 'n komplekse, unieke teks in Afrikaans. Dit dwing bewondering en respek af. Dit handel oor meer as die melancholiese Arnold van Wyk. The Anatomy of Melancholyword ook raakgelees in die studie oor die plaasseun uit Calvinia wat in Engeland studeer het en o.a. vir E.M. Forster geken het. Sy storie vertel deur 'n jonger man wat eweneens buite die grense van die land gestaan het en terugkyk op die komplekse einde van apartheid, 'n ruimte waarin Van Wyk sowel gedy as verminder is.

Die besinning oor skryf word helder verbeeld in 'n konfrontasie met die Ander: "Jy is 'n niks, 'n onbenullige, onbewese parvenu" (439). Dit is die lot van alle skrywers wat die grensoorskrydende ver-teks. Koos Prinsloo is deur Ralph Rabie aangerand. Vir vele lesers is hierdie werkswyse nie kuns nie, omdat die herkenbare 'n ontoelaatbare praktyk is. En al is 'n figuur gefiksionaliseer, kan die skywer nie beheer uitoefen oor wát die leser gaan inlees nie.

Vir 'n onderhoud deur Wayne Muller lees: Onderhoud met Stephanus Muller (Besoek 23 November 2014)

Die partituur van Nagmusiekis ook aanwesig. Al het die komponis vertrek.

Sleutels is ook slotte. En die brief aan Van Wyk Louw en sy siening oor die sensuur is 'n verdere kode. In ons post-post-moderne wêreld is daar geen hekke meer nie, geen sleutels wat kan toesluit nie. Daar word verwys na kerkhofsleutels (233).

Hierdie drieledige teks sou 'n mens waarskynlik verder kan oopmaak met die gebruik van insigte uit Janet Malcolm se The Purloined Clinic (1992), 'n psigoanalis en teoretikus wat met haar unieke siening van die Freud argiewe en 'n slopende hofsaak vele raakvlakke met die probleme wat hierdie teks stel, eweneens aan die orde stel.

Die astroanalise (147) is ook 'n kode: die teks as gesplete persoonlikheid.

Die meisie se naam is Cecile: Sinte Cecilia ... beskermheilige van die musiek.

En idees word in die onderbewussyn gevorm, artikuleer Arnold van Wyk dit self in 'n brief gedateer 14/8/1978. En sy bewondering vir Britten en Sjostakowitsj moet eweneens nagespeur word.

Brief: Paul Fouché oor 'Ester' van Kerneels Breytenbach



Taffie Kikillus

Brief: Die Burger 24/11/2014

Op 22 deser skryf Paul Fouché oor Kerneels Breytenbach se roman Ester: "Taffie Kikillus was nie op die trein nie". Hy wys dan daarop dat "ware feite" sou die nagedagtenis van dié ou meester tot eer kon strek. Hy het dit verder oor die "werklikheidsillusie" wat ooglopend 'n steunpilaar van die roman blyk te wees.

Hy vind dit eweneens jammer dat Breytenbach blykbaar net vir Ollie Viljoen as enigste bron vertrou het.

Indien meneer Fouché die opskrif van die onderhoud met Elmari Rautenbach gelees het ("Spioenasie-intrige deels ware verhaal") sou hy alreeds kon besef het dat die roman met feite toor. In die roman word die hoofkarakter se identiteit eweneens vervals sodat 'n leser wat hierdie roman met 'n geskiedenishandboek oor D.F. Malan sou lees, die oorgang tussen feit en fiksie sou miskyk.

Daar is ander romans soos D.M. Thomas se Flying into Love (1992) oor die Kennedy's en The Public Burning (1977) van Robert Coover wat eweneens hierdie spel tussen fiksie en feit volhou. In Afrikaans het Stephanus Muller se Nagmusiek sopas verskyn: 'n biografiese roman oor Arnold van Wyk, wat eweneens die leser laat nadink oor wat waar en wat wolhaar is?

Ek ontken nié die briefskrywer se enorme historiese kennis nie; ek dink net romans werk met ánder beginsels, selfs al is daar sprake van sogenaamde "werklikheidsillusies" of "vraisemblance". Met ander woorde, jy moet die geskiedenis ken om dit nuut aan te pak: die waarheid gelieg.

Joan Hambidge

Octavio Paz - Tussen gaan en bly

Octavio Paz © Alberto Garcia

Tussen gaan en bly

Tussen gaan en bly weifel die dag,
verlief op sy eie deursigtigheid.

Die sirkulerende namiddag is nou ‘n hawe
waar die wêreld in stilte beweeg.

Alles is kenbaar en ontwykend,
alles is naby en onaanraakbaar.

Papier, boek, potlood, glas,
rus in die skadu van hul name.

Tyd wat in my slape klop, herhaal
dieselfde onveranderbare sillabe van bloed.

Die lig verander die ongeërgde muur
in ‘n spookagtige teater van afskynsel.

Ek bevind myself in die middel van ‘n oog,
kykend na myself deur ‘n ondeursigtige staar.

Die oomblik breek. Bewegingloos,
bly ek en ek gaan: ek is ‘n ruspose.

Octavio Paz
(Vertaling Joan Hambidge)

Johann Lodewyk Marais - In die bloute (2012)


Johann Lodewyk Marais - In die bloute: Gedigte. Cordis Trust, 2012. ISBN 978 0 9870397 1 2
Resensent: Joan Hambidge

I
Die gesiene digter Johann Lodewyk Marais het ‘n bundel gepubliseer deur die Cordis Trust. Dit heet In die bloute en beslaan 77 bladsye. Die bundel se voorbladontwerp is van Lynette ten Kroonden.

Waarom sou ‘n gesiene  digter soos Marais wou publiseer by Cordis Trust? Hy is immer bekroon en het belangrike bundels gelewer by hoofstroom-uitgewers soos Human & Rousseau en Protea. Hy is bekroon met die Orde van die Goue Pen in 2012 deur Cordis Trust. Hieroor geen kommentaar.

Die digter het hom die afgelope paar jaar toegespits op die ekologie en verskeie gedigte gelewer wat sou kon deurgaan as sogenaamde natuurgedigte. Hierdie bundel word tipeer as “’n Seeboek”. 

Reeds met die progamvers verneem die leser dat die digter ‘n vers wil skryf “met seesand tussen die blaaie” (9).

Tierkourie
Cypraea tigris

‘n Digter het eens oor ‘n skulp geskryf,
selfs die binnekant in detail verbeeld
en voor die leser se oë laat leef.
Ek het met verwondering geluister.
Tuis het ek die skulp in my hand geneem,
hom om en om gedraai en goed bekyk.
Hoe moet ek dan te werk gaan as ook ek
dié sieraad uit die see nou wil vereer?
Moet ek eers weer op my boekrak gaan soek
om meer oor die oseane, vorm
en gedrag van dié boorling van Pemba
te lees voor ek ‘n woord op papier sit?
Moet ek hom desnoods alkant bestudeer,
in sy binneste inkyk, notas maak
en sy samestelling deeglik vasstel?
Moet ek die man van Maputo loop pols
by wie ek hom vir ‘n hand vol munte
van die hoop voor sy voete gekoop het?
Of moet ek hom liewer teen my oor druk
en luister of hy self iets te sê het?
Miskien sal ek maar ‘n digter moet vra.

Vir T.T.Cloete

II
In hierdie "Seeboek" gebruik die digter telkens wetenskaplike name om ‘n bepaalde vis te beskryf. Dit getuig van besondere navorsing en die spel tussen wetenskap en digkuns word volgehou met die digter wat telkens sy eie siening, naamlik die posisie van die digter as waarnemer en optekenaar, na vore bring. Die invloed van N.P. van Wyk Louw en die gesprek met hierdie digter is vanaf Marais se debuut steeds aanwesig, soos in die gedig “Op ver strande” (74) waar die digter op die strand skryf:

Terug op die strand hurk ek neer
en met my vinger teken ek
in die wit sand ‘n halfmaan, kruis
en sirkel met pyle deurgetrek.

Ons vind verwysings na notaboeke en die digter wat telkens bewus is van die grootsheid van die natuur waarteen hy sy digterlike kleim moet afsteek. Selfs sy hand word ‘n notaboek soos in “Manatoka” (56).

Te midde van die digproses en die ars poetiese bestekopname is daar ook heerlike humor aanwesig:

Daar’s stede

Daar’s stede in die see!
In die Groot Barrière-rif
is die koraal deelhuise!

Die sponse is die 
suiweringstoestelle
en die skaaldiere
die straatveërs!

Ja, daar’s stede in die see!

Daar is genoeglike beelddigte – soos onder andere oor Jacques Cousteau (62) en Kenneth S. Norris (63) – en telkens word die unieke aard van so 'n natuurkundige se werk (en lewe) belig. Cousteau se Neus is so krom soos ‘n dolfyn se vin, wat uiters tersaaklik is om hierdie man binne sy leefwêreld vas te vang. Jan en Marjorie maak ook ‘n buiging in die bundel.

Uiteraard het so ‘n natuurbemoeienis ook frustrasie tot gevolg wanneer die digter besef dat hy die eerste een is om oor die gelitte rooiwier ‘n gedig te skryf.

Duthie se korallina
Duthiophycus setchellii

Ek soek in die bundels om my
‘n aanknopingspunt vir dié vers
oor die skaars, gelitte rooiwier
uit branderbespoelde sloepe
laag af in die getygebied
wat ek graag digterlik wil ken,
maar daaroor het nog geen digter
ooit ‘n dooie woord gerep nie. 
(51)

Daar word ook ‘n bietjie die spot gedryf met Derrida se siening van spore en ‘n leerugseeskilpad gee haar mening van sake (47) wat die leser dwing om hierdie gedigte as meer as blote natuurverse te benader. 

Die “blatante venyn” van die barrakuda wat losruk en in die see verdwyn, word ‘n beeld vir die digter se onmag om onbevange te kan dig oor ‘n onderwerp. Die spore – dit waaroor Derrida immers argumenteer in De la grammatologie (1967) – maak van skryf ‘n komplekse tekenspel.

Die skryfproses word op ‘n ironiese wyse beskryf in ‘n gedig oor die inkvis (32):

Die inkvis word in die treilnet
van die woord harteloos gevang.
Swyg sou nie onvanpas wees nie:
jou sien en weet bra sonder nut.
Maar met die diefstal van sy ink
bring jy hom meteens aan die lig.

Wanneer die digter te staan kom voor die natuur, bely hy sy onmag. Dit is nie Johann Lodewyk Marais se beste verse nie, maar as ‘n kladboek of optekenboek bevat dit mooi momente.

III
Sopas het daar ‘n nuwe bundel van Marais verskyn, nogeens by Cordis Trust, met die titel Nomade. Op Versindaba word as volg daaroor geskryf (Besoek 1 Desember 2014):

Benoeming is die oer poëtiese aktiwiteit, die “local habitation and a name” waarvan Shakespeare praat, en in Nomade is dié twee aspekte van spesiale belang: plek, en benoeming, toe-eiening, her-ken-ning. By Marais word dit ‘n sistematiese verkenning en her-ken-ning met bundels wat soms aan ‘n diergroep (Aves) of streek (Plaaslike kennis) gewei én gewy word.

Die digter as optekenaar, as ontdekkingsreisiger in ongekaarte streke, is reeds ‘n bekende strategie uit sy oeuvre. Wat gekarteer word, is nie net geografie nie, maar die bloedige geskiedenis van ’n kontinent, die stryde om besit daarvan. Die tydelikheid van tekens, sy dit kaart, of graffiti, of gedig. Die reis is nie net geografies nie, maar ook ‘n reis terug in die tyd, en deur die taal.

Naas die historiese word terugbeweeg in die persoonlike geskiedenis, en daar word op poëtiese wyse besit geneem van ‘n verlede, ‘n verbintenis met grond word bevestig. Marais reis deur die Afrikaanse poësie met digterlike reisgenote, en ook deur sy eie oeuvre.

Met Nomade trek Marais verder noord en verwerf nuwe wêrelde vir sy poësie, maar ook vir die Afrikaanse poësie in die breë.


Biografie besonderhede

Johann Lodewyk Marais is bekroon met die Ingrid Jonker-prys vir sy debuutbundel, Die somer is ’n dag oud (1983), en die SALA-toekenning vir Diorama (2012). Hy het reeds agt bundels gepubliseer en stel ook twee bundels omgewingspoësie en een ter herdenking van die verskyning van “Winternag” saam. Marais is bekend vir “groen” skryfwerk en vir sy navorsing oor Eugène N. Marais en die geskiedenis van Kenia waarooor hy gereeld artikels skryf.


Joan Hambidge - Ars poetica



Ars poetica

Thy words are like a cloud of winged snakes.
Percy Bysshe Shelley

Daar was 'n tyd
wat ek sonder slag of stoot
'n versreël of inval
netjies kon ómtower in 'n aanklag
of 'n neulerige neuriesang.
Dit was die tyd van palinodes
en verlore simbole
met matelose selfbedrog.
En digterlike vriendskappe:
laatnag gesprekke oor Neruda
en Sheila Cussons en Opperman
as leermeesters en vir die drif
en óndaad van die digkuns.
Die anatomie van melancholie
met sjirurgiese presisie,
dié kon ek ontleed en ja,
vreesloos daardie donker labirint betree.
Vér en lank gereis in verdraaide raaisels
en telkens voor dooiemansdeur gestaan.
Die mossteppe of toendras
soos 'n skeeloog mulatto betree.
En kriptonemies op 'n hondegaloppie
gedraf in die skoene van die Groot Vyf.
One-two cha-cha-cha
kritikasters se parabole gesystap
op pad wég, haha Houdini.
Oor haar, 'n sy, nes Petrarca,
daardie obsessionele woordvraat,
veelversig gecanzonier.
Nou is dit helaas beurtkrag
met die digterlike proses.
'n Gedig word onderbreek:
bly broeiend ónafgerond,
nes reptieleiers in 'n rivierbedding
waar mummelende mulvisse
eens vertoef het néffens muisvalke.
Dié gedwonge beelde stip alreeds
die onmag en woordelose frustrasie aan.
Miskien, miskien sal my beelde
weer eendag helder skyn.
Soos 'n wolk van gevlerkte slange?

Joan Hambidge

Joan Hambidge vertolk 'n SMS-gedig


die sterre sal ek vir jou snuit
soos advent-kerse
& met was skryf ek verse

Johann de Lange

Presies wanneer word ‘n uiting ‘n gedig? Johann de Lange stuur op ‘n aand hierdie gedig in drie sms’e aan my. So word die drie boodskappe ‘n gedig, ‘n mini-vers as ‘n mens dit saamsnoer.

T.T. Cloete het by geleentheid in Literator uitgebreid geskryf oor N.P. van Wyk Louw se kort gedig in ‘n artikel getiteld “Een gedig is meer as een” (Besoek 8 Desember 2014):

dat akkers op die sinkdak val
en vye op die ringmuur breek

Hierdie klein vers uit Klipwerk analiseer hy op ‘n besondere wyse.

Hierdie e-pos-gedig van De Lange is gestuur op die 7e Desember en die advent dui op die voorbereiding vir Kersfees met die viering van Jesus Christus se geboorte. Adventus (latyn) beteken letterlik aanbreek.

Reël 1 die sterre sal ek vir jou snuit
Reël 2 soos advent-kerse
Reël 3 & met was skryf ek verse

Die sterre sal die spreker vir die jy, ‘n aangesprokene, dooddruk soos advent-kerse. Uit hierdie proses sal die was van die kerse gebruik word om verse te skryf. Die kerse word vergelyk met die sterre, die uitspansel (die metafisiese?). Advent representreer die religieuse dimensie en die geboorte van Jesus wat ons Westerse tyd bepaal. Jesus impliseer ook verlossing vir die Christelike mens. Dus teenoor die uitspansel (sterre) wat tydloos is, is daar advent wat in ‘n spesifieke tyd gesitueer is:

Advent is the beginning of the Western liturgical year and commences on Advent Sunday. At least in the Roman Catholic, Anglican, Lutheran, Moravian, Presbyterianand Methodistcalendars, Advent starts on the fourth Sunday before December 25, which is the Sunday between November 27 and December 3 inclusive (Advent - Wikipedia, thefree encyclopedia), Besoek 8 Desember 2014).

Uit hierdie twee opposisies, te wete, tydloos teenoor tyd, word verse geskryf. Daar is drie dimensies aanwesig in hierdie gedig: tydloos (ewig); religieuse belewenis en die viering van Kersfees wat ‘n spesifsieke tyd impliseer; skryf (stolling; durend; iteratief-duratief) en die digter versend hierdie boodskap in drie verskillende e-posse laatnag en hierdie leser plaas dit dan saam en maak hiervan één gedig. Die digter verjaar ook in Desember.

Cloete wys in sy artikel hoe die onvoltooide gedig met "oop plekke" werk en dat sulke kort gedigte met vermenigvuldigingsplekke geskryf is. Die afwesigheid van leestekens gee uiteraard ook meervuldige interpretasies aan die gedig.

Soos Cloete dit stel: “Deur die afwesigheid van leestekens en sekere hoofletters kan Boerneef se gedig vermenigvuldig word. Nou kan ons as lesers hoofletters en leestekens inlees. Goeie gedigte sê immers nooit alles nie.”

Hy verwys na hierdie vers van Boerneef:

Waar skuil ek teen die son se steek
op hierdie Krovlak sonder bome
is dit net opgeefsel en brand
of panne blink van klip en sand

In sy analise van Louw se gedig lees hy etlike betekenisse en opposisies in, onder andere ook die opposisie tussen lewe en dood.

Hy skryf: “‘n Gedig is ‘repetitive form,’ korrespondensie met variasie, soos in die musiek; dink aan Mozart se sonates, of nog opvallender, Ravel se Bolero. Daarom is die kleinste moontlike gedig ‘n gedig van twee verse. Van Wyk Louw het in Nuwe Verse so ‘n klein, maar vol en ryk gedig van net twee verse geskryf (die eerste gedig in die Klipwerk-reeks) met ‘n begin en einde wat sintakties aan albei kante oop is; iets ontbreek aan albei kante:

dat akkers op die sinkdak val
en vye op die ringmuur breek

Albei verse het presies net ses woorde. Ons kan die ‘en’ waarmee vers 2 begin, vervang met ‘dat’ sonder dat ons die gedig aantas. Ons kan die ses woorde (dieselfde aantal sillabes) van elke vers vertikaal onder mekaar plaas. Dan is daar duidelike korrespondensie met variasie, én daar is groei in die gang van die gedig".

Akkers wat staan vir durend (ook vir die dood) teenoor vye wat seksualiteit aktiveer.

Cloete se uitmuntende analises het my geïnspireer om hierdie vers van De Lange saam te plaas en te interpreteer:

die sterre sal ek vir jou snuit 
soos advent-kerse   
& met was skryf ek verse 

‘n Toevallige laatnag-boodskappe (in drievoud) word ‘n ars poëtica met die slotreël wat suggereer dat die skryfproses heling bring. En dat daar met advent tog verlossing en hoop opgesluit is vir die spreker ...

‘n Private sms word in ‘n nuwe konteks ‘n gedig.

Joan Hambidge



Anton van Niekerk - Geloof sonder sekerhede (2014)



Anton van Niekerk - Geloof sonder sekerhede. Lux Verbi, 2014. ISBN 978 0 7963 1899 2
Resensent: Joan Hambidge

Hierdie is ‘n tweede uitgawe van Anton van Niekerk se boek Geloof sonder sekerhede. Hoe kan ek nog glo? Die skrywer, ‘n bekende filosoof wat heel dikwels oor etiese kwessies onderhoudend en helder skryf, stel dit duidelik dat hy op kritiek gereageer het. Hy reageer onder andere op ‘n persepsie dat hy probleme sou hê met alle teologie. Waarteen hy wel polemiseer, is teologie wat ten alle koste ‘n “soeke na ortodoksie” is, die sogenaamde teologie wat ‘n konsensus of akkoord is wat ons oral en altyd behoort te glo …

Hierom bely die outeur, verkies hy Erasmus bo Luther. En hoe besonders dat hy kritiek en kritiese vrae verwerk om ‘n belangrike boek te skep wat vir sowel die teoloog as die gewone leser van waarde is.

Dit is 'n besonder ryk geskakeerde teks wat belangrike vrae stel oor geloof. Hoe kan daar 'n God wees wat onder meer die holokaust, Vigs, 'n tsoenami of watookal toegelaat het? Van Niekerk se onderbou is die Christendom, en meer spesifiek, Christelike filosowe en teoloë. My posisie is een van 'n vervloë Protestant, kortstondige agnostikus, wat via die Boeddhisme weer my geloof herwin het. Ek staan buite die kerk, maar geloofsake soos vergestalt vanaf Dante tot vandag interesseer my. Vir my sluit geloof nie wetenskap uit nie. En dit is die belangrikste bydrae van Van Niekerk se boek: hoe spreek ons geloofskwessies aan in 'n moderne, tegnologies-gedrewe wêreld? Hoe moet ons Die Bybel lees? Letterlik of allegories? Oor Job het Jung onder andere 'n uitgebreide studie geskryf.

Waarskynlik is hoofstuk 7 'n kernhoofstuk waarin die gespanne verhouding tussen geloof en wetenskap belig word. Dit sou 'n fout wees om aan Die Bybel vrae te stel wat dit nie kan beantwoord nie en wanneer hy in polemiek tree met Daniel Dennett en Richard Dawkins, o.a. die skrywer van The god delusion, is die skrywer op sy beste: geloofskennis en wetenskaplike kennis is ewe geldig (182). Valse debatte en valse probleme word aan die orde gestel en sober bekyk.

Bekende skrywers word eweneens aan bod gebring: CS Lewis se geloofskrisis (wat baie goed uitgebeeld word in die rolprent Shadowlands in 1993), Simone de Beauvoir, 'n ateïs, wat in haar laat ouderdom Die Bybel herlees en pittige opmerkings maak oor die rol van Jahwe, die "hoofkarakter" in die Ou-Testament se wreedheid. Hy verduidelik die betekenis van die teodisee, die argument wat God probeer regverdig in die lig van kwaad en lyding. Hy bespreek die rol van Luther, Erasmus en Calvyn in die geskiedenis van die kerk en die betekenis van kairos of daardie oomblik van God se selfonthulling of -prysgawe aan die mensheid. Erasmus se Tot lof van die sotheid as ontwapening teenoor Luther se konfronterende styl ...

Oor aborsie en kloning skryf hy onderhoudend. Hy plaas al sy kaarte op die tafel en laat die leser nadink oor die impak van wetenskaplike ontwikkeling en vra vir 'n verantwoordelikheid vir die toekoms van die mens. Eugenics kom ook aan bod - en hier kan 'n mens weer dink aan 'n roman van Margaret Atwood wat die probleem kreatief ondersoek in Oryx and Crake (2003). Die wetenskap, beweer Van Niekerk, hoef nie te "onttower" nie.

Die volledige politieke spektrum - van Verwoerd tot Zuma - word onder die loep geneem.

Die voormalige pous se raadgewer was onder andere Julia Kristeva, 'n ateïs, maar formidabele intellek wat weer eens beklemtoon dat die spanning tussen geloof en ongeloof nie met een swiepslag weggedink kan word nie. En een van die grootste rolprente oor die Jesus-figuur is immers van Pier Pasolini, eweneens 'n persoon buite die kerk gestaan het en dit heet The Gospel according to St Matthew wat in 1964 verskyn het.

En veral oor die dood gee Van Niekerk ‘n waardevolle en meelewende blik: hy skryf op ‘n nuwe wyse oor die dood. Ons leef eenmalig: die dood is die raamwerk waarbinne ons die suksesse en mislukkings van ‘n lewe kan peil. En hy skryf:”Die dood as misterie is ons voortdurende en onvermydelike herinnering aan ons eie feilbaarheid en onvoltooidheid. Die dodo bring ons letterlik en figuurlik, ‘terug aarde toe’ – so radikaal terug, dat ons weer stof word (‘come to dust’), 299.

Daar is baie boeke, oor sowel die godsdiens as die wetenskap, wat die leser sal prikkel.


(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunnning van Beeld)

Bernardo Bertolucci

Bernardo Bertolucci
I

The sheltering sky (1990) met John Malkovich en Debra Winger in die hoofrolle is waarskynlik een van die mees sublieme films nog. In hierdie Bertolucci-rolprent word die spel tussen 'n verhaal van Paul Bowles en die filmteks besonder knap verbeeld.

Wat veral tref by elke herbesoek aan hierdie film is in welke mate Bertolucci le baptême de la solitude oordra. So Paul Bowles stel dit as volg:

“Immediately when you arrive in Sahara, for the first or the tenth time, you notice the stillness. An incredible, absolute silence prevails outside the towns; and within, even in busy places like the markets, there is a hushed quality in the air, as if the quiet were a conscious force which, resenting the intrusion of sound, minimizes and disperses sound straightaway. Then there is the sky, compared to which all other skies seem fainthearted efforts. Solid and luminous, it is always the focal point of the landscape. At sunset, the precise, curved shadow of the earth rises into it swiftly from the horizon, cutting into light section and dark section. When all daylight is gone, and the space is thick with stars, it is still of an intense and burning blue, darkest directly overhead and paling toward the earth, so that the night never really goes dark.
You leave the gate of the fort or town behind, pass the camels lying outside, go up into the dunes, or out onto the hard, stony plain and stand awhile alone. Presently, you will either shiver and hurry back inside the walls, or you will go on standing there and let something very peculiar happen to you, something that everyone who lives there has undergone and which the French call 'le bapteme de solitude.' It is a unique sensation, and it has nothing to do with loneliness, for loneliness presupposes memory. Here in this wholly mineral landscape lighted by stars like flares, even memory disappears...A strange, and by no means pleasant, process of reintergration begins inside you, and you have the choice of fighting against it, and insisting on remaining the person you have always been, or letting it take its course. For no one who has stayed in the Sahara for a while is quite the same as when he came.
...Perhaps the logical question to ask at this point is: Why go? The answer is that when a man has been there and undergone the baptism of solitude he can't help himself. Once he has been under the spell of the vast luminous, silent country, no other place is quite strong enough for him, no other surroundings can provide the supremely satisfying sensation of existing in the midst of something that is absolute. He will go back, whatever the cost in time or money, for the absolute has no price.”
Paul Bowles, Their Heads are Green and Their Hands are Blue: Scenes from the Non-Christian World.  Besoek 15 Desember 2014

II
Die film is gebaseer op die verhaal van Bowles uit 1949. Port Moresby (Malkovich), sy vrou Kit (vertolk deur Winger) en haar minnaar, George Tunner (Campbell Scott) se reis deur die Sahara word gekarteer. Hulle is ryk New Yorkers wat in 1947 in Tangiers aankom. Bowles is die verteller en kommentator van hierdie uitstaande film en sy aanwesigheid maak hiervan metafiksie.


Die film ondersoek die spanning tussen reisiger en toeris. Vir Kit is hulle inderdaad reisigers en hul lewens word dramaties verander deur hierdie reis. Port sterf aan tifus, Kit word waarskynlik aangerand ná haar redder, ‘n Bedoeïen by sy tuiste aankom en sy ander vroue jaloers op haar reageer.

Die Lyles – ‘n reisboekskrywer en haar seun, Eric – is die teenspelers in hierdie film. Kit en Tunner het ‘n affaire. Wanneer sy vrou sy seksuele toenadering verwerp, gaan hy een nag na ‘n prostituut wat probeer om sy beursie te steel.

Terwyl hy by die prostituut was, maak Kit sy beddegoed oop sodat dit Tunner laat dink hy het wel in die hotel geslaap. Maar Port verdink nou sy vrou van seks met Tunner weens die deurmekaar bed. Port reël dat Tunner met die Lyles vertrek, maar hulle wil hom nie saam neem nie. Port vertrek saam met die Lyles. Kit en Tunner vertrek op ‘n trein saam.

Port sorg dat Tunner uiteindelik met die Lyle’s vertrek na Messad sodat hy alleen kan wees met sy vrou. Hulle het seks een middag wanneer hulle alleen is buite en hy verduidelik wat die “sheltering sky” behels. Dat die lug hier alles toemaak en agter jou plaas wat dan ‘n premonisie is dat nooit weer sal terugkeer na die lewe wat hy eens ervaar het nie.

Hy ontdek in Bounoura dan dat Eric sy paspoort gesteel het wat ‘n belangrike kode is vir die verlies van identiteit. Die film aktiveer etlike redes vir sy siekte: die besoek aan die prostituut, ‘n tifus-plaag, besmette kos en water. (Kit weer merk op dat daar nêrens spieëls in die kamers is nie. Eers teen die einde het sy ‘n klein handspieëltjie en sy neem die veranderinge in haar gesig waar.)

Hoewel die paspoort opgespoor word deur polisiebeamptes, besluit Port om te vertrek na El Ga’a, omdat hy nie weer vir Tunner wil sien nie. Sake sou waarskynlik anders verloop het as Tunner by hulle gebly het.

Port sterf en Kit vertrek alleen dieper die Sahara in saam met Belqassim. Hy vermom haar as ‘n seun en sy is ‘n gevangene in sy huis waar hulle ‘n liefdesverhouding begin. Hulle word voortdurend afgeloer deur jong kinders.

Sy word aangerand, dalk ook verkrag, en verlaat die huis. In die hospitaal word sy deur ‘n Amerikaanse ambassade-personeellid opgespoor wat haar meedeel dat Tunner vir haar wag in die hotel in Tangiers.

Kit slaan egter op vlug en ontmoet die skrywer van die verteller wat dan met haar praat oor die transformasie wat sy meegemaak het. By implikasie oor dit wat met ‘n mens gebeur wanneer jy die Sahara ervaar …

Die film sluit met die volgende:

“Death is always on the way, but the fact that you don't know when it will arrive seems to take away from the finiteness of life. It's that terrible precision that we hate so much. But because we don't know, we get to think of life as an inexhaustible well. Yet everything happens a certain number of times, and a very small number, really. How many more times will you remember a certain afternoon of your childhood, some afternoon that's so deeply a part of your being that you can't even conceive of your life without it? Perhaps four or five times more. Perhaps not even. How many more times will you watch the full moon rise? Perhaps twenty. And yet it all seems limitless.”

III

Die roetes in die film soos na Messad (Algerië), Bounoura (Algerië), en ander Sahara-stede soos El Ga’a (Soedan) kan eweneens besoek word op die internet. Besoek 15 Desember 2014.

Boussif, Ain Krorfa, Messaad, Bou Noura, El Ga'a and Sbaa is stede of bakens in die Sahara. Besoek 15 Desember 2014.

Verder bestaan daar debatte of Bowles spesifiek wou verwys na Tangiers of Marokko of Algerië en of eerder net die amorfe en mitologiese Sahara wou aktiveer. Die Sahara het ek al vanuit ‘n vliegtuig besigtig en tydens ‘n Sahara-reis skrams meegemaak.


‘n Film is ‘n kragtoer. Johann Lodewyk Marais aktiveer iets van hierdie wêreld in sy jongste en lieflike bundel Nomade wat sopas by Cordis Trust verskyn het.

Hy skryf aangrypende verse oor die Afrika-landskap en hierdie bundel lees ek (toevallig) met die soveelste herbesoek aan The sheltering sky …






IBN BATTÚTA
1330

In Aden seën hy die koopliede
uit Kinbáyat, Kawlam en Cálicút
en seil met ‘n jalba langs die kus af
via die stinkende Berberstad Zayla
waar kamele op straat geslag word
en verder suid tot by Moqdashaw.

In die hawe ontvang sumbuqe hom 
en as gas van die qádi bring ‘n slaaf
skottels betelblare, pienangneute 
en provisie uit die Shaykh se paleis.
Ná die jumaa stap hy onder sonkappe
met goue voëls versier na ‘n feesmaal.

Gelukkig is jy onder die stede, 
Mombasá, want ook hier kom hy oornag
en van die ryke vis en piesangs eet.
Die vromes, eerlikes en opregtes
sien hy raak en bekyk die houtmoskees
voordat hy sy reis na Kulwá aanpak.

© Johann Lodewyk Marais. Sept. 2010

Chris Karsten - Die respektabele meneer Hartslief (2014)


Chris Karsten - Die respektabele meneer Hartslief. Human & Rousseau, 2014. ISBN: 9780798167840.

Resensie: Joan Hambidge

I

So word Chris Karsten se jongste roman opgesom:

Wanneer ’n nagklubbaas die katelknaap van sy minnares laat vermoor deur ’n huurmoordenaar, loop hy hom vas in die vermoorde se familie, die Hartslief-clan. Elie Hartslief is die brein; Antie Engel die hart; neef Boela die spiere; en die verfynde Moks die bek. Elie is deesdae amper respektabel en mnr. Morkel van Morkel Wealth se regterhand, maar sy broer se moord noodsaak dat die Hartsliefs laer trek. Maar hulle teenstanders is die Bogdan Petrescu en sy huurmoordenaar Lood – ’n man met ’n aanleg om mense op kreatiewe maniere dood te maak.

Hierdie roman het 'n besondere positiewe ontvangs beleef. Veral die skrywer se besondere taalvermoë is uitgesonder. Vir my is die mees uitstaande asapek van hierdie roman die nougesette navorsing: oor die saks (en die geskiedenis van die instrument); cuisine (96); klere (o.a. pasjmina vesels, 169) kuberboelies en forensiese oudits.

Die impak van moderne tegnologie en hoe foto's iemand se privaatheid binnedring, word uitstekend beskryf. Die skrywer verwys ook die leser na Nina Burleigh se artikel "Sexting, Shame and Suicide: A shocking tale of sexual assault in the Digital Age" wat 26 September 2013 in Rolling Stone verskyn het.

Ook die familiestruktuur word insigryk beskryf (soos op bladsy 70).

Nou onlangs kyk ek weer na Charlie Chaplin se City lights en in die nawoord oor hoe die film gemaak is, merk iemand op: Chaplin was die poppemeester van die pop, Charlie Chaplin.

By die lees van hierdie komplekse misdaadroman, Die respektabele meneer Hartslief, is die leser bewus van Karsten se enorme kennis en insig in die gemoedslewe van 'n psigopaat, naamlik die huurmoordenaar, Lood wat Bogdan Petrescu se bevele uitvoer. Op 'n besondere wyse word Elie Hartslief se forensiese ondersoek na bedrog en geldwassery onthul.

As liefhebber van speurverhale vind ek tog die volgende steurend. Speurder Kosile haal uit Sherlock Holmes aan? En die slot waar Elie, Lood en die Boef mekaar ontmoet, vra ongelooflike verbeeldingspronge van die leser. Soos die korrekte, suiwer Afrikaans wat booswig én weldoener besig. Deborah Steinmair se resensie ('n Bietjie tiemie by jou derms? Besoek 24 Desember 2014) het my aan die dink gesit.

Ons moet hierdie roman dalk as 'n parodie benader. Parodie nie in die sin van send-up of grap nie, maar as teks wat al die kenmerke en stylfigure van die misdaadroman wil uitlig op 'n self-bewuste manier. Die Hartslief-clan van Brixton versus die King of Sleaze. Nou is ons by Francis Ford Coppola se voortreflike Godfather-films (en ja, die films is beter as die roman van Mario Puzo) waar die rol van die familie, die Rooms Katolieke Kerk in opposisie geplaas word met geldgierigheid en boosheid. Al Pacino as Michael Corleone moet uiteindelik die hoogste prys betaal vir sý optrede wanneer sy dogter sterf as die offer vir sy oortredings. (The Godfather (1972) - Michael Corleone | Al Pacino Movies.  Besoek 24 Desember 2014)

Elie was eens 'n flentergat en as slim jong man raak hy betrokke by sy baas se dogter. Hy moet die orde herstel ná die dood van sy broer - wat koploos gelaat word - en die selfmoord van sy suster.

Karsten is 'n bedrewe skrywer en die slot meen ek dui daarop dat daar nie closure is nie, maar eerder 'n opvolg.

In hierdie roman skryf Karsten 'n teks wat die struktuur van die misdaadroman blootlê en lewer hy kommentaar op ons huidige geslag lesers se obsessie met speur- en misdaadverhale. Reeds die titel wat verwys na Meneer Hartslief is tong-in-die-kies. En die naamgewing is so reg in die kraal van Vladimir Propp se Morphology of the folktale (1928 / 1958) waar elke naam al beskrywend is: Antie Engel, kok, Moks, Lood (die huurmoordenaar) ...

'n Tatoeërmerk Dot?

'n Verwysing na Dracula?

In die wyse woorde van Umberto Eco:
"I think of the postmodern attitude as that of a man who loves a very cultivated woman and knows that he cannot say to her "I love you madly", because he knows that she knows (and that she knows he knows) that these words have already been written by Barbara Cartland. Still there is a solution. He can say "As Barbara Cartland would put it, I love you madly". At this point, having avoided false innocence, having said clearly it is no longer possible to talk innocently, he will nevertheless say what he wanted to say to the woman: that he loves her in an age of lost innocence." (Umberto Eco Quotes. Besoek 24 Desember 2014)
Om Deon Meyer te troef, moet 'n misdaad/speurskrywer die kodes op sy hart se mou dra.

Ns.


Die volgende twee resensies deur Cas van Rensburg (Meneer Karsten se stemmige afgryseen Deborah Steinmair ('n Bietjie tiemie by jou derms?) open eweneens interessante perspektiewe op die roman.
Viewing all 819 articles
Browse latest View live