Quantcast
Channel: WOORDE WAT WEEG
Viewing all 819 articles
Browse latest View live

Reisjoernaal | Colombië: Deel X (2018)

$
0
0
Deel X. Afskeid en vertrek

Nou is dit die finale inpak van klere. Ek hang die laaste aand my klere op net om weer asem te skep na die bedompige weer in Ponto Fara. Gooi ou klere weg, leë objekte, lees e-posse, konsolideer bankstate. (Elke dag 'n bietjie).

Ek volg die waterkrisis op e-pos en TV. Me. Zille wat haar voete was in 'n badskotteltjie om te illustreer hoe min water 'n mens kan gebruik, laat 'n mens dink aan Pontius Pilatus. Dit gaan nie net om bad / was nie, maar om 'n hele sisteem wat in duie kan stort. 'n Rioolsisteem wat nie werk nie, kan siektes veroorsaak.

Ursula Le Guin

Ek sit in die Sofitel se voorportaal wagtend op die bussie na die lughawe. Gestort, gepak, georden. Gesels met die concierge oor Ursula Le Guin se onlangse dood.

Ek eet 'n heerlike Grenadella vir middagete. Groot. Soet. Heerlik. 

In my beursie is daar vele banknote. Op die 50 peso-noot is daar 'n afdruk van Márquez wat sy status hier bevestig.

Op die agterkant die velore stad: die Ciudad Perdida ontdek in 1972, en glo ouer as Machu Picchu wat ek vir die tweede keer in 2007 besoek het.  Dit word ook Teyuna genoem. In die Sierra Nevada de Santa Marta.

In my beursie is daar note uit Argentinië, Viëtnam, Kroasië, Peru, Korea, Turkye, Indië - en een euro.

Glad nie chronologies soos die plekke wat besoek is nie. Maar die onbewuste, aldus Jung, hou anders tyd as die chronologie waaraan ons gewoond is. 

Rondom trauma word daar iets in ons psige ingeprent. Dit wat Lacan die teken in die onbewuste noem.

Vir my is die tyd 8:18 vm altyd gekoppel aan trauma, aan 'n groot aflegging jare gelede. 

Dan die reis na die lughawe om 5 nm. Die inboek verloop vlot. Die tas toegedraai in plastiek. Die vlug is betyds.  

Net voor ek instap, ontwikkel ek 'n geweldige maagpyn en die gevolge is die Wet van Transvaal. Weer snel Immodium my te hulp.

Uiteraard al die vis en garnale van die eiland wat nou uitpop. Te veel jodium. En daardie groot grenadella in die Sofitel-hotel was waarskynlik die katalisator.

Ek sit op B15. Langs 'n gawe Duitser.

Hy slaap gou en ek nuttig 'n ham-pasta met 'n glas wyn en 'n whizza.

Ek luister na Diana Krall se Turn up the Quiet en haar vertolking van "Night and Day" is betowerend. 

Like the beat beat beat of the tom-tom  
When the jungle shadows fall  
Like the tick tick tock of the stately clock ...

Oh, the boulevard of broken dreams.

Hierna Callas, naas Sutherland en Leontyne Price, my sang-ikoon.

Maria Callas (1923 – 1977)

Om só godsgenadig
te kon sing en vertolk,
dit doen sy absoluut spontaan
boonop ‘n noot steel soos ‘n gypsy,
bronstig ómklem soos ‘n munt
in ‘n dooie se toegebalde vuis.
Elke lied word deur haar lyf
se ronde kontoere vervoer.
Later toe sy verslank,
fokus sy op haar flaminkkeel,
dra steeds gekartelde fluweel
om die véle omswerwinge 
van ‘n vasgevatte noot
oor vele hoogtes én laagtes,
te laat vloei in ‘n asemsnakkende,
amper roggelende, volsonge snik.

(uit: Lot se vrou).

Dan die drie tenore met Carreras as my gunsteling.  

Ek kyk weer Love Actually en besef hoe ironies dat Liam Neeson afskeid neem van sy gestorwe vrou en Emma Thompson treur oor haar man wat haar dalk verneuk. Sy kry nie die halssnoer vir Kersfees nie, maar 'n Joni Mitchell-CD. En sy het immers die geskenk gesien in sy jas bedoel vir iemand anders. (En Hugh Grant se danstoneel bly gewoon skitterend! En ons kyk ook met die na-wete van sy berugte oomblik met die optelvrou in die VSA wat die einde van hom Liz Hurley beteken het.)

Barthes se vraisemblance: hoe die werklikheid in fiksie indring. En die kyker (leser) kan nie hierdie buite-kennis ontken nie.

Both Sides now aangrypend vertolk. Wat 'n kunstenaar. Goed verouder, meen ek. Die ouer, pynlike weergawe is mooier as die jonger bekende een uit 1969.

I've looked at clouds from both sides now 
From up and down and still somehow 
It's cloud's illusions I recall
I really don't know clouds at all

Dan land ons na 'n ontbyt op Charles de Gaulle.

Met terugreis gaan ek op auto-pilot. Skakel my brein af. Lees Lacan wat meen taal skep die onbewuste, hou dit as't ware gevange (in Malcolm Bowie se studie Freud, Proust and Lacan: theory as fiction).

Verder stap ek, neem foto's van die ruimte van aankoms en vertrek.

Nou is dit die ontologie van lughawens.

Vinnige passasiers. Almal gedrewe iewers heen op pad. Verwagtings, uitsien, afsien ...

In Love  actually lewer die voice over (Hugh Grant) kommentaar op lughawens en hoe liefde orals te vinde is.

Op pad. Terug of na.

'n Lughawe is 'n intimiderende ruimte (soos 'n hospitaal) waar die weerlose reisiger afhanklik is van paspoortkontroles, skanderdeers, eerlikheid.

Pryse vir kos of verversings is uiters hoog. Op sekere lughawens - soos Londen - word jy gewaarsku om in jou spoor te trap; anders kan jy in hegtenis geneem word. In Singapoer word jy selfs met tronkstraf gedreig. In Japan was daar snuffelhonde wat my vaskeer oor sonbrandolie wat in die tas geruik word!

'n Lughawe is 'n gereguleerde ruimte - selfs met rookkamers en bidkamers. Gratis wifi. Belastingvrye winkels. (Maar met soveel te kope wat jou verlei om meer te koop as wat jy behoef.) Op gesofistikeerde lughawens selfs treine tussen sale om jou snel te vervoer. 

'n Tussengebied. 'n Liminale ruimte. 

"No unattended bagage". Vliegtuie is al ontruim oor 'n sak wat rondstaan.

*

Dis net na 1 nm. My vlug Bobbejaansberg toe vertrek net voor middernag. Op 'n winkel staan 'n mens moet zen bly. En so is die so. 

'n Man stap verby met 'n t-hemp wat blaker: "Die monsters is nie onder jou bed nie; hulle is in jou kop."

'n Mens kan Suid-Afrikaners uitken. Hulle lyk almal gespanne. (Die Colombiane is glo genomineer as een van die gelukkigste nasies op aarde.)

Watertekort. Korrupsie. Politieke onrus ...

Op die groot airbus wat 530 mense kan neem, sit ek bo. Te lekker. Eet 'n salmtert en drink 'n lieflike rooi wyn. En kyk na Catherine Deneuve in Belle de Jour.

Luis Buñuel se klassiek van 'n gewone vrou wat werk as prostituut todat haar man se vriend opdaag. Sy word geteister deur een van haar kliënte, 'n gangster, wat verlief raak op haar. 

Die film werk die hele tyd met 'n spel tussen waarheid en fantasie. Die slot is oop en meervoudig. Is die vrou se man werklik geskiet of is ook dit 'n fantasie?  Seksuele fantasieë wat politiek inkorrek is, word voortreflik deur Madame Deneuve vertolk.

Yves St. Laurent het van Deneuve se uitrustings ontwerp en Michel Piccoli is, soos altyd, verstommend en ingehoue.

Madame Deneuve word van agter af geneem in deurskynende nagkabaai.

Séverine (Deneuve) se seksuele kilheid is gekoppel aan jeugmolestering wat baie subtiel vertel word. Haar man begryp haar lot en is baie geduldig en begrypend. Die sado-masochistiese fantasieë van Séverine was vir die tyd skokkend en sal waarskynlik vandag 'n groot bohaai veroorsaak in die #MeToo-kwartiere. Hoe tersaaklik dan dat Deneuve juis vryheid van spraak (en optrede) as aktrise voorstaan.

By my aankoms in Johannesburg is die plastiekhulsel om my sak weg en daar is 'n nota opgeplak: Ons besef iemand het aan u sak gepeuter. Niks is gelukkig weg nie. Nog 'n curve ball.

'n Vriendelike swart man by doeane gaan deur die sak met my. Skud sy kop en praat 'n wonderlike Afrikaans.

"Nee kyk, Mama. Dan dink hulle óns steel?"

Ek is bly die sak met komputer- en kamera-draadwerk is nog daar. Nes die T-hemde vir kinders; Gabo se huisie gemaak uit vuurhoutjies; my baadjie gekoop in Firenze; boeke ...

Alles vervangbaar. 'n Lykskleed het nie sakke nie. En reis leer jou met hoe mín jy kan klaarkom.

Wanneer ek in Suid-Afrika aankom na 'n lang reis (letterlik twee dae se beweeg met 'n sewe uur tydverskil), is dit altyd die klanke van swart tale en Afrikaans wat my weer laat tuis voel. En hoe vriendelik ons doeane-beamptes 'n mens terug verwelkom.

My kamera (Fujifilm) vertel 'n eie verhaal: daar is foto's wat 'n mens terugneem na klein plekkies, onverwagse waarnemings wat nie in die reisrubriek aangespreek word nie. Net soos 'n gedig 'n astrak is van baie indrukke, lees, nadink, gevoelens.

Nou moet al die ervarings met die psige gesinchroniseer word: overload.

Nou Johannesburg; dan Kaapstad.  Regmaak vir die jaar: people poisoning, studente-onrus, waterskaarste ...

Die gedig as herberg

Jdl

Slauerhoff kon alleen net
in sy gedigte woon
vir Vestdijk 'n glansende
kiemsel, 'n domus,
'n tydelike vesting dalk
vir ons, vir jou?
Sonder mede-wete
of na-denke kom 'n digter
soms tuis in 'n ánder se gedig:
vergete die stapeltjie Hambidge,
so kom woon tussen ons die nouveau riche ...
of soiets, by die alfabetisering van 'n rak.
Maar dit maak nie meer saak.
Die gedig leef langer, reis vérder
as die digter staangemaak 
tussen A - Z, iets tot niets, 
plus of minus. Verdroomde stilte.
In 'n swart en groot reissak
met 'n geheime slot wag 
daar soveel nuutskeppings:
lares et penates.

© Joan Hambidge



Reisjoernaal | Colombië: Deel XI (2018)

$
0
0
Deel XI

Jet lag. Daardie verdoemende proses wat jou tref na 'n lang reis. Die meeste kenners analiseer die fisiese proses: slaapversteurings, sweet, onrustigheid, wakker skrik in die middel van die nag, maar oor die emosionele aspek word daar min geskryf.

Jy kom aan niks nie. Jy dool deur die huis (in die middel van die nag) en dink terug aan jou reis. Jy wens jy was steeds dáár in die vreemde.

Jy wonder oor jou gidse. Jy stuur 'n e-pos aan iemand wat jy in die vreemde ontmoet het en delete dit dadelik. Dit sal onvanpas en sentimenteel klink.

Jy is wawyd-wakker. Dis na middernag. Bekendes slaap.

Jy voel soos 'n passasier in 'n transit-wagkamer: jy kyk op jou horlosie, die tyd beweeg stadig.

Vlugvertraging

Die wagkamer klinies
die passasiers verveeld
'n tussenplek vir siele
tussen lewe en dood
ook daar verveling? Onrus?

Digters wag voortdurend
op 'n inval. Iets soos inspirasie.
Of 'n beeld. Ha! Die leuen
om te sê dig is soos reis.
Of die eindpunt so belangrik as die aanvang.

Die gedig is 'n wagkamer
vol versreëls onrustig
wagtend op die digter:
"Sal alle versreëls
nou aan boord gaan."

Dus: geen vlugvertraging, geen vers.

(uit: Lykdigte.)

Jy ly aan ernstige ennui. Jy maak jou potlode skerp. Lees hier, los daar. Kyk na Andy Cohen wat celebs in 'n hoek probeer vasdruk met onvanpaste vrae. (Best of Plead the Fifth | Watch What Happens Live | WWHLBesoek 31 Januarie 2018).

(Die titel sinspeel natuurlik op die reg tot swye ...
"No person shall be held to answer for a capital, or otherwise infamous crime, unless on a presentment or indictment of a grand jury, except in cases arising in the land or naval forces, or in the militia, when in actual service in time of war or public danger; nor shall any person be subject for the same offense to be twice put in jeopardy of life or limb; nor shall be compelled in any criminal case to be a witness against himself, nor be deprived of life, liberty, or property, without due process of law; nor shall private property be taken for public use, without just compensation." (Fifth Amendment | Wex Legal Dictionary / Encyclopedia | LII / Legal Information InstituteBesoek 31 Januarie 2018).
Gestel daar was 'n program (iets soos: Om jou hare uit jou oë te vee) en jy sou vir 'n literator kon vra: Waarom dink jy, verkeerdelik, Barthes is 'n semiotikus en nie 'n semioloog nie?

En vir 'n mode-ekspert: Dink jy Simone de Beauvoir se opmerking ("Jy word nie 'n vrou gebore nie, maar een gemaak") het te make met 'n extreme make-over vir 'n fashion shoot?En dink jy om 'n apie op iemand se rug te sit het nie politieke implikasies nie?

Vir 'n resensent: Dink jy jou potsierlike metafore in 'n resensie is 'n teken van briljante skryfwerk?

Vir 'n skrywer: Dink jy Sielkunde III maak jou ekspert op die gebied van narcisme?

Vir 'n Facebook-cowboy: Dink jy jou beledigings is onsigbaar?

Jy keer terug na jou reisplan. Jy dink oor die Botero-kunswerke en sy ongelooflike versamelings in Bogotá. Dit inspireer jou tot nadenke en kreatiewe reaksie:

Claude Monet: Waterlelies / Indruk, sonsopkoms

Waterlelies, dié het jy alte graag
en plein airimpressionisties opgevang
en nou, voor sonsopkoms kyk ek
na jou Impression, soleil levant.

Iets in hierdie moment ('n sterftetyd)
wanneer die lig deur vensters breek,
woorde soos seerose geraam
in sublieme verheldering.

En die verskillende ruimtes van Márquez.

Jy kyk na die foto's afgelaai op jou rekenaar. Die foto's vertel 'n nuwe storie. Die akkordeon in Gabo se geboortehuis val jou op.

Ook pensklavier, trekorrel, trekklavier, squeezebox...

Waarskynlik het die Oupa die akkordeon bespeel.

Mens stel jou voor hoe die jonge Gabo sou kyk na die Oupa wat die instrument oop en toetrek ... harder en sagter ...

Daardie instrument vertel 'n hele verhaal. In sy pens is daar verborge musieke. Die Honderd jaar van stilte was vir hom vierhonderd bladsye Vallenato.

Musiek uit die Karibbiese kuslyn. Die liedere is vol herkenbare mens-poësie. Hierdie tradisie is tweehonderd jaar oud en Sergio my gids weet te vertelle dat Gabo ook van sy vriende in sy roman geplaas het.

Daar is ook liedere gekomponeer ter ere van Gabo en die Vallenato (letterlik: gebore in die vallei) is tradisionele musiek. Rafael Escalona, die sanger en komponis, het ook glo hierdie roman van Gabo geïnspireer!

In Colombië hoor jy gewilde musiek met die akkordeon in die agtergrond. Vir ons hier is dit 'n ou-wêreldse instrument uit 'n vervloë era:

Saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen,
saai die waatlemoen!
My mamma roei die skuitjie,
my pappa blaas die fluitjie,
my boetie draai die orreltjie,
saai die waatlemoen!

Met reis is daar herinneringe wat draal, nuwe wendings, nuwe insigte.

Soos 'n akkordeon wat bly speel ...

© Joan Hambidge


Reisjoernaal | Colombië: Deel XII (2018)

$
0
0
Deel XII

Ek kyk met my terugkoms na die Mike Newell-film van 2007 Love in the Time of Cholera, gebaseer op Márquez se bekende roman. Dit is helaas nie 'n goeie rolprent nie. Die spel is geforseerd en die parodie van die liefdesverhaal soos in die roman uitgewerk, kom nie duidelik na vore nie. Maar die film aktiveer herinneringe aan die Colombiese reis: Cartagena ...

Javier Bardem speel Florentino Ariza (met Unax Ugalde as die jong Florentino) wat verlief raak op Fermina Daza (Giovanna Mezzogiorno). Hy skryf liefdesbriewe vir haar en versend telegramme, maar haar vader is teen die verbintenis gekant en neem haar weg. Sy trou met die man van haar vader se keuse: dr. Juvenal Urbino (Benjamin Bratt). Dis 'n gedwonge huwelik en Florentino lê 'n eed af om getrou te bly aan haar.

Fermina, soos vir haar brutale vader, is ook geïrriteer met Florentino se liefdesobsessie.

In 'n skokkende toneel op 'n skip word Florentino verkrag deur 'n vrou. In al my leeswerk, kon ek geen filmkritikus se reaksie hierop raaklees nie. Die man wat deur 'n vrou ontmaagd word, is immers 'n omkering.

Sy moeder stel hom voor aan 'n vrou en hy ontdek dat seks sy herinneringe aan Fermina uitwis. Hy begin dan met etlike seksuele jagtogte en maak 'n oorwinningslys met meer as 600 vroue.

Wanneer Fermina terugkeer, sien hy haar weer en besef sy liefde vir haar is nie verby nie. Wanneer haar eggenoot sterf, begin hy 'n verhouding met haar, ofskoon haar kinders dit as onvanpas ervaar. In die slottoneel is hulle op 'n boot met 'n vlag om aan te dui daar is cholera aan boord; net om alleen bymekaar te wees.

El amor en los tiempos del cólera (die roman het oorspronklik in 1985 verskyn en is in 1988 vertaal) gebruik die metafoor van cholera om liefde as 'n siektetoestand uit te beeld. Dr. Urbino doen ook navorsing oor cholera.

Die film begin waneer die eggenoot sterf en dan terugvertel. 

Choleries (humeurig) is nie van toepassing op die film nie. Javier Bardem (as Florentino) is 'n groot, lompe akteur wat sy lot melancholies aanvaar.

Ons vind min van die "savage satiric thrusts" soos Jay Corwin dit noem na aanlediing van vele kritiese reaksies op die roman in sy studie Gabriel García Márquez (MacMillan Education/Palgrave, 2016). Márquez het glo van die rolprentweergawe gehou, ofskoon die kyker die kompleksiteite van die roman mis. Hy gebruik die liefdesverhaal as matriks, maar lewer sosiale en politieke kommentaar.

Sy ander belangrike roman is Of Love and Other Demons (1994), gebaseer op 'n storie wat hy by sy ouma gehoor het van die vrou wie se hare bly groei het na haar dood. Hy het egter ook as 'n joernalis in 1949 in Cartagena de Indias iets beleef: 'n jong meisie word opgegrawe en haar hare is meer as 20 meter lank...

Slice of life (costumbrismo)?

Costumbrismo is immers die interpretasie van daardie (Spaanse) wêreld se gewoontes en klere en tradisies.

Die Newell-film Love in the Time of Cholera is juis gekritiseer, omdat dit 'n Britse regisseur is wat die kodes van Suid-Amerika nie begryp nie. 'n Buitestaander kan wel 'n vreemde landskap verfilm, maar dan moet dit reg "vertaal" word.

Die kritiek het die film afgeskiet. Veral Bardem is erg gekritiseer: sy snor, sy houding, sy manier van loop.  

Newell se film is dalk te letterlik, en hoe "vertaal"'n mens magiese realisme in die filmkuns? (Love in the Time of Cholera– Variety. Besoek 5 Februarie 2018).

'n Storie wat strek oor drie-en-vyftig jaar met die oorgang van een millennium na die volgende het geen tekort aan mooi, onthoubare skote nie, maar in vergelyking met David Lean se epiese rolprente skiet dit vér tekort.

In sy magistrale outobiografie Living to Tell the Tale bely Márquez:
Each thing, just by looking at it, aroused in me an irresistible longing to write so I would not die.
Hierin vertel hy van sy geliefde kleindorpie waar hy opgegroei het, sy vertrek na Europa en hoe ongelukkig hy was in Bogotá, in klimaat killer as die warm Aracataca met sy kleindorpse lewe.

As jong man raak hy ongelowig, eindig sy regstudies en word 'n joernalis.

In sy belangwekkende en grootse roman One Hundred Years of Solitude (Cien años de soledad) is die berugte Masacre de las bananeras 'n interteks. Dit gebeur in Desember 1928. Werkers se eise vir beter werkomstandighede word as kommunisties gesien en die weermag word ingestuur.

Een soldaat is dood en vyfhonderd werkers sterf in wat gesien word as 'n belangrike deurbraak vir werkers.

Hiervan het Sergio, my gids, my vertel op pad na Santa Marta (Banana massacre - Wikipedia. Besoek 5 Februarie 2018).

*

Vanoggend word die groot reistas uiteindelik in die studeerkamer geberg. Die reis is vereers afgehandel, al droom ek elke nag van klere agtergelaat of verloor op 'n lughawe.  

Met elke reis na 'n nuwe land word 'n mens bewus van die ongelooflike samehang van dinge en word jou horisonne verbreed.


© Joan Hambidge

Resensie | Marlene van Niekerk - Gesant van die mispels & In die stille agterkamer (2018)

$
0
0
Marlene van Niekerk - Gesant Van Die Mispels: Gedigte by skilderye van Adriaen Coorte (ca. 1659–1707). Human & Rousseau, 2017. ISBN 978-0-7981-7655-2
Marlene van Niekerk - In die stille agterkamer : Gedigte by skilderye van Jan Mankes (1889-1920). Human & Rousseau, 2017. ISBN 978-0-17981- 7654-5
Resensent: Joan Hambidge

I
Die beelddig of ekfrastiese vers het ‘n lang tradisie in Afrikaans met uitsonderlike digters soos Sheila Cussons en Johan van Wyk, beide skilders, wat hierdie digsoort op ‘n unieke en verrassende wyse ontgin het. Hierdie soort gedig maak aanspraak op sowel ‘n kennis van die skildery of kunswerk om die digter se reaksie daarop te begryp. Een skildery kan ‘n magdom reaksies ontlok. Ons dink hier aan D.J. Opperman se gedig oor Van Gogh of die genoemde Cussons se vers oor Jackson Pollock. Die digter Johann de Lange het ‘n belangrike indeks vir die speurende leser opgestel (Kaapse Paragrawe | Ekfrasis, oftewel 'Die Beeldgedig inAfrikaans'. Besoek 1 Februarie 2018).

Tussen skildery en gedig gebeur iets magistraals. Die digter sien iets raak en maak die kyker daarop attent (soos in Johann de Lange se “Olympia”-gedig, gebaseer op Manet, met 'n seksuele innuendo.

By Marlene van Niekerk se twee bundels Gesant van die mispels en In die stille agterkamer is daar afdrukke van die skilderye, Van Niekerk se gedigte, en Nederlandse vertaling van die verse deur Henda Strydom. Gesant van die mispels handel oor die lewe van Adriaen Coorte (ca. 1659-1707) en In die stille agterkamer oor die minder bekende Nederlandse skilder Jan Mankes (1889-1920).

Waar die meeste beeldverse in Afrikaans handel oor bekende kunswerke, is die meeste van hierdie werke waarop gereageer word onbekend vir die gemiddelde leser. Vir die kunsliefhebber, weliswaar al ‘n bekende avontuur.


II

Die leser beweeg dus van skildery na gedig na vertaling.


Musee des Beaux Arts
W. H. Auden

About suffering they were never wrong,
The old Masters: how well they understood
Its human position: how it takes place
While someone else is eating or opening a window or just walking dully along;
How, when the aged are reverently, passionately waiting
For the miraculous birth, there always must be
Children who did not specially want it to happen, skating
On a pond at the edge of the wood:
They never forgot
That even the dreadful martyrdom must run its course
Anyhow in a corner, some untidy spot
Where the dogs go on with their doggy life and the torturer's horse
Scratches its innocent behind on a tree.

In Breughel's Icarus, for instance: how everything turns away
Quite leisurely from the disaster; the ploughman may
Have heard the splash, the forsaken cry,
But for him it was not an important failure; the sun shone
As it had to on the white legs disappearing into the green
Water, and the expensive delicate ship that must have seen
Something amazing, a boy falling out of the sky,
Had somewhere to get to and sailed calmly on.


William Carlos Williams het eweneens oor hierdie skildery geskryf:

Landscape with the Fall of Icarus
William Carlos Williams

According to Brueghel
when Icarus fell
it was spring

a farmer was ploughing
his field
the whole pageantry

of the year was
awake tingling
with itself

sweating in the sun
that melted
the wings' wax

unsignificantly
off the coast
there was

a splash quite unnoticed
this was
Icarus drowning

Hier is 'n besondere indeks van Engelse gedigte (The Poet Speaks of Art. Besoek 4 Februarie 2018).

Die ekfrastiese gedig is waarskynlik die mees eksteme vorm van intertekstualiteit: die leser moet die skildery beskou as skildery; dan volg die interpretasie van die digter – en dan die leser wat sy of haar interpretasie gee en dit dan "toets" op die gedig.

Johan van Wyk in Heldedade kom dikwels nie voor nie (Perskor, 1978) neem die leser na 'n besondere en aweregse interpretasies van 'n skildery. "The Parable of the Blind" van William Carlos Williams bly 'n ongelooflike gedig:

The Parable of the Blind
William Carlos Williams

This horrible but superb painting
the parable of the blind
without a red

in the composition shows a group
of beggars leading
each other diagonally downward

across the canvas
from one side
to stumble finally into a bog

where the picture
and the composition ends back
of which no seeing man

is represented the unshaven
features of the des-
titute with their few

pitiful possessions a basin
to wash in a peasant
cottage is seen and a church spire

the faces are raised
as toward the light
there is no detail extraneous

to the composition one
follows the others stick in
hand triumphant to disaster

Inderdaad: this horrible, but superb painting ...


III

Groot uil © Jan Mankes

Hierdie twee bundels van Marlene van Niekerk neem hierdie leser na John Berger se Ways of Seeing (Penguin, 1972). In hierdie studie wys hy op die versweë ideologieë in groot kunswerke. Van Niekerk se keuse aktiveer alreeds 'n gesprek: kunstenaars wat buite die kanon val, kom hier aan bod.

In sy beroemde essay "The Distribution of Discourse" opgeneem in On Difficulty and other Essays (Oxford University Press, 1972) bekyk George Steiner die kwessie van die selfgesprek. So beskou, is hierdie kunswerke uitnemende voorbeelde van die helende stiltes van die self. Hy verwys ook na die proses van dédoublement.

Vir Steiner kan die volledige taalproduksie verdeel word tussen hoorbaar / onhoorbaar; stemloos / stemhebbend (1972, 91).

Die artikel is beskikbaar op die internet (George Steiner - On Difficulty & Other Essays(Oxford, 1978) | Maryanne Moll - Academia.edu. Besoek 8 Februarie 2018).

Valéry se neologisme esthésique verwys nie net na mooi-heid of skoonheid nie, maar ook na die konkrete en die sensuele soos Pierre Guiraud tereg aantoon in sy studie Semiology (Routledge & Kegan Paul, 1975, 66).

Behalwe dus vir die stemlose wat stemhebbend gemaak word in ‘n ander medium en in twee tale, vind ons ook hier dat die gedigte as estetiese objekte uitgestal word. En elke leser, in navolging van Mukaŕovský skep immers sy eie “estetiese objek” wanneer hy / sy die “artefak” lees.

Twee skilders: Adriaen Coorte (1659 – 1707) en Jan Mankes (1889 – 1920) word onder die loep geneem. Letterkundige lesers sal uiteraard anders lees as kunskenners en ‘n mens sien dan ook uit na die resepsie van kunshistorici op hierdie bundels.

Stillewe met aarbeie © Adriaen Coorte

Van Niekerk gebruik minder-bekende woorde. In die programgedig in Gesant van die mispelsword die “opulente ongetraaktheid” beskryf; die on-gewone hoek kom aan bod en die “oopsplinter” (11) van ‘n skoenlapper …

Sy dwing die leser om na die besonderheid van elke skildery te kyk. Jy is as leser in terme van Culler besig met ‘n proses van “framing the sign”.

Hierom dalk is dit gepas dat daar byna niks bekend is van Coorte se lewe; dit gee vrye teuels aan die verbeelding van die digter wat terug beweeg na die tweede helfte van die Goue Eeu. Die gedig word ook skerp sosiale kommentaar op sy tydgenote met hul “selfbewondering” en narcisme. En dat hierdie kuns nooit verlore sal gaan nie.

In ‘n sentrale gedig op bladsy 27 word die “gerugte / van skermutselinge om die Spaanse troon” geaktiveer. Hierdie gedig word ‘n belangrike kommentaar op betrokkenheid en wat van kunstenaars verwag word. Hierdie gedig beweeg uit die raam van die tyd en word ʼn obiter dictum vir die debatte al oor hierdie onderwerp gevoer: van Sklovskij tot ons “cultural desk” en skuldgevoelens by onbetrokkenes wat nie “gerekruteer” is nie.

Van Niekerk skryf dat Coorte daarin slaag om “deur koel, presiese en niksverklappende vakmanskap die geheimsinnige outonomie van gewone dinge sigbaar te maak” (59)

Daar is telkens ‘n lys van skilderye en ‘n nawoord wat die leser deur hierdie leesavontuur rig.

Judaspennings in 'n Japannese vaas © Jan Mankes

Jan Mankes is bekend, aldus die nawoord, vir sy intieme, realistiese skilderye – opmerklik vir die verstilde, soms stralende kwaliteit (62).

Reaksie, ekspressie, instrumentalisering en retoriek, is van die intellektuele vrae wat opkom by die digter Van Niekerk – en dus ook by die leser.

Hierdie skilder neem die digter terug na haar eie lewe: as sy ooit weer ‘n eenling-kraai sien, sal sy soos die kraai probeer kyk … (terug by John Berger, dus).

“Alles wat jy skilder is ‘n talisman” (35), dig sy in die besonderse gedig oor die oliefles op die voorblad afgebeeld.

Daar is uiteraard toespelings op bekende gedigte: die dooie vleer, ‘n Ikarus, praat met Auden; die kerkuil met Totius se “Die wêreld is ons woning nie”; die valkenier met Yeats …

Die bundels is pragtig uitgegee op glanspapier met kleurafdrukke van die oorspronklike skilderye.

Hoe belangrik dat hierdie werke aan die vergetelheid ontruk is.


III

Hier onder volg 'n gedig van Van Niekerk:

Aspersies © Adriaen Coorte

Die spruite, bymekaar-
geskud en met ’n donker
twyg gebind, rangskik jy
eenkant op die steen met vlak
daaronder naam en agter-
naam in ’n oopgebuigde
lemniskaat, die krul
van die oneindigheid geprent
vlak langs die reguit kraak.
Jy watertand die ganse
dag na sout, botter, groente-
murg, maar skil of skilder
niks, tot waak bereid
en slapeloos – die elpelote
in die maanlig bespook jou
met hul Eurydice-agtigheid.
As jy eindelik jou kwaspunt
doop en oor die maalstok
in die donker mik, splyt
jy met ivore tinte
die somber ondergrond.
Soos die wande van ’n sarko-
faag val die hele hede los
om ligte lede oop. Jy verlaat
jou delikaat en duidelik
oorstelp op tien aspersies
en twee woorde –

Adriaen Coorte

*

De spruiten, bij elkaar
geraapt en met een donkere
twijg gebonden, rangschik jij
terzijde op het blad, met pal
eronder naam en achter-
naam in een uitgebogen
lemniscaat, de zwier van het
oneindige geprent vlak naast
de rechte naad.
Jij watertandt de ganse dag
naar zout, boter, groente-
merg, maar schilt of schildert
niets, slapeloos houd je
de wacht – de elpenloten
in hun clair-obscur beletten
jou het kijken als Eurydice
in het schimmenrijk.
Als je eindelijk de kwast-
punt doopt en langs
de maalstok in het donker
richt, splijt je met ivoren
tinten de sombere onder-
grond. Gelijk de wanden
van een sarcofaag valt heel
het heden om de lichte
leden open. Je verlaat je,
delicaat en duidelijk over-
stelpt, op tien asperges
en twee woorden –

Adriaen Coorte.
(Vertaal deur Henda Strydom) 


Gedig | Joan Hambidge - Erfstuk: Maggie Laubser (2018)

$
0
0
Maggie Laubser, Seelandskap

Op reis in Colombië
dink ek na oor
pelligro en disponibel
by die lees van jou testament:
gevaarlike rotse, see
en dan die berg waarna jy
jou hele lewe lank sou
bly terugverlang.
Die skildery staan waar dit staan.
By my terugkeer
kyk ek na die erfstuk
wat restourasie behoef
soos hierdie gedig
in proses: 'n bed
gloeiend toe 'n kooltjie
uit 'n sigaret skiet.
Oor 'n bergpas digby
Villa de Leyva
'n brandende boom
één met dié gloed
van herinnering
nes die nota
van jou
in 'n kruik
geberg.

© Joan Hambidge

Resensie | Gilbert Gibson - Die sin van die hut (2017)

$
0
0
Gilbert Gibson - Die sin van die hut. Human & Rousseau, 2017. ISBN-13: 9780798176934

Resensent: Joan Hambidge 

Die sin van die hut is die vyfde digbundel van Gilbert Gibson wat in 2005 gedebuteer het met Boomplaats. Hierna volg Kaplyn in 2007, oogensiklopedie in 2009, [vii] in 2013 en vry- in 2015. Hy is bekroon met die Proteaprys vir poësie en die Elisabeth Eybers-prys. ‘n ATKV-Woordveertjie en SALA is aan hom toegeken.

‘n Hut is ‘n skuilplek, ‘n outydse huis; meer spesifiek: iets van Afrika. En hier begin ons alreeds met die leesproses wat hierdie soort digkuns opeis: assosiasies, nadink, naspeur …

Die bundel se motto is van Gaston Bachelard: "The house, from cellar to garret. The significance of the hut.” Die huis kom telkens in verskillende vorme na vore in die bundel. Die huis as simbool van die self, soos Jung en vele psigoanaliste meen. Bachelard, ‘n rasionalis en wetenskapsfilosoof, is bekend vir die epistemologiese breuk of hindernis en sy invloed, o.a. op Jacques Derrida se siening van uitgestelde betekenis of différance, is oorbekend. Die teks wat altyd aanspraak maak op die buite-teks.

Bachelard La Poétique de L’Espace( The Poetics of Space) uit 1958 en die filosoof F.J. Engelbrecht se studie oor die huis (die drempel) word dus geaktiveer. Hoe die huis ook iets verraai van die self. Die vensters, die deure, die kamers ...

Titels word tussen parenteses geplaas en twee verse, (luister) en (kyk) (64 – 65) praat met mekaar. Intertekste is daar vele, soos Wallace Stevens (10), en Emily Dickinson (77) o.a. Stevens se beroemde “Anecdote of the jar”.

Behalwe vir die sterk intertekstuale spel met ander digters, is daar eweneens self-verwysings wat aan bod kom.

In die slotvers "(bouval)" (78), word daar nommers langs elke reël geplaas en ja, daar is 14. Dit speel dus met die struktuur van die sonnet. Die leser moet voltooi en vrye assosiasie is hier aan die orde van die dag. Dit verwys ook na die gedig getitel [14] wat in ‘n eerste weergawe so klink:

[14]

jou oë lê soos dooie vullens bokant
jou wange na ‘n uitbraak van perdesiekte
die wenkbroue daaroor die kleur van brommers
in die son. soos klippe in die veld
lê jou oë, en ‘n wind wat die aanheg
van gras tot skaduwee roer, waai deur jou mane.
jou oë dryf in die bloed onder jou voorkop
die wimpers geril tot inkennigheid
ek wil jou ribbe inval soos runderpes, die lyf
infekteer en stilletjies wegsluip voor die vlerkklap
van aasvoëls. ek neem jou besit soos ‘n slaak
van verligting, jou oë ‘n gestorwe graal:
jou keel is blinkvos
jou mond ‘n splinternuwe saal


Die leser herken die liedjie “Blink vos perd” wat verïroniseer word as ‘n (dooie) Pegasus, dalk, en ‘n spel met die sonnetvorm.

So klink ‘n ander gedig:

(drumpel)

Soos ’n wang oor ’n mond.
Neem jy stelling in teen die loopgrawe
van meubels wat oor die drumpel
bal en klou om later die res
van die huis met onrus te vul.
Buite blaf die honde jou
hande talm oor my hande.
Jou koel vingers die natuur van ’n leunstoel
wat uit die oorsprong
van kussings jou naels dof laat flikker.
In jou oë blink die vloer
en kalm dink ek dan kalm
geen onnodige roering roer

Hierdie soort gedig loop dan ook die gevaar om soms in vreemde assosiasies (dryfsand?) vas te val.

Soos:

Jou koel vingers die natuur van ’n leunstoel
wat uit die oorsprong
van kussings jou naels dof laat flikker.

Wanneer ‘n mens die gedig met die voorafgaande gedig lees, snap jy die angs van ‘n paranoïese spreker (dalk?) Of die veldslae van die liefde (dalk?) in “(dampskerm)” op bladsy 50.

Dis vir Gibson-aanhangers en ook vir dosente wat hierdie soort intellektuele vers moet behandel. Die leser wat die teks as scriptible (skryflik, her-skryf) eerder as lisible (oop-lees) (in Roland Barthes se terme) benader.

In sy studie oor Seamus Heaney (Methuen, 1982) skryf Blake Morrison oor die digter se werkswyse: "Heaney is aware of the charge that there is perhaps something unhealthy about this constant brooding on dead languages and cultures.” Dieselfde geld hierdie bundel met sy tob en nadink oor taal, oor assosiasies met die taal en sy kultuurgoed.

Dit is ‘n bundel wat die bemoeienis met die digkuns as ‘n taal-konstruk vooropstel. Hermeneuties, slim, uitdagend – vir sommige is die hart van die poësie uitgeruk. Vir hierdie leser nié.

In die hut van die digkuns is daar immers baie wonings …

Emily D. was die groot beoefenaar van die parentese (dash); Wallace Stevens die maestro van die semantiese geheim.

Ons sal wel vra wat hierdie digter volgende gaan doen met sy taalspel.


 (Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunning van Beeld)

Resensie | Leonhard Praeg – Imitation (2018)

$
0
0
Leonhard Praeg - Imitation. University of Kwazulu-Natal Press, 2018. ISBN: 9781869143749

Resensent: Joan Hambidge

Leonhard Praeg se roman Imitation beslaan 300 bladsye. Dit is 'n roman wat gepubliseer is deur 'n akademiese uitgewershuis en die skrywer is 'n professor in filosofie. Boonop tree dit in gesprek met Milan Kundera se beroemde roman Immortality (1990), en word ook betekenisvol opgedra aan Kundera as 'n geskenk.

Immortality vorm deel van 'n trilogie, te wete The Book of Laugher and Forgetting en The Unbeararable Lightness of Being.

Soos Kundera se roman hou dit nie by die gewone plot-konvensies nie. Dit is veral 'n roman van allusies en intertekste. Die leser word 'n toehoorder en onderrig in die betekenis van lees. Wat is lewe? Wat is dood? In Kundera se roman is daar 'n vriendskap tussen Goethe en Hemingway in die ander oord.

Praeg erken dat hy karakters en dialoog oorgeneem het - soos Professor Avenarius.

Hierdie roman begin traag, maar wanneer dit jou beetpak en jy die sleutel waarin dit geskryf is, snap, word dit 'n besonderse leeservaring. Dit bevat selfs sketse van die St Peters basilika (p. 100 -103). Hier word daar kommentaar gelewer op Our Lady of Peace in Yamoussoukro, Cote d’Ivoire, 'n nabootsing van die oorspronklike, maar groter as die eerste.

President Houphouët-Boigny het dit as 'n geskenk aan die pous gegee wat nie geweet het wat om daarvan te maak nie. Hieroor word daar boeiende kommentaar gelewer: oor die kwessie van 'n armoedige land wat sulke uitspattigheid aanbied, oor magsverhoudinge, oor hubris, en veral oor die numineuse (p. 210 - 211).

Die roman is dan uiteindelik 'n besinning oor die skryfproses en hier was Roland Barthes (1975/1977) deur (par) Roland Barthes, daardie outobiografiese roman-cum-teoretiese handleiding van nut.

Ten spyte van die "akademiese" aanslag, is dit 'n boek wat 'n mens emosioneel raak.


Kundera se roman is in 7 afdelings verdeel. Praeg besin oor sy roman via dié van Kundera:

"A novel shouldn't be like a bicycle race but a feast of many courses. I am really looking to Part 6. A completely new character will enter the novel. And at the end of that part he will disappear without a trace. He causes nothing and leaves no effects. That is precisely what I like about him. Part 6 will be a novel within a novel, as well as the saddest erotic story I have ever written." (Books of the times: The Novel Re-examined In a Novel by Kundera | The New York Times | Book ReviewBesoek 18 Desember 2017).

The 'imitations' of A Sentimental Journey are uniformly disastrous - turgid, farcical and insipid, skryf Iain McGilchrist in Against Criticism (Faber & Faber, 1982, 151) oor Sterne se nabootsings in Tristram Shandy. Dit is egter nie die geval hiér met die nabootsing en herskrywing van Kundera se uitstekende roman nie.

Praeg sit iets by. Hy wys hoe die skrywer karakters kan terugbring in taal (p. 265) en hoe die menslike bestaan, dikwels een van gefnuik begeerte, is. Die omgekeerde pi is eweneens tersaaklik, so ook Oedipus te Colonus is: "What is best of all is utterly beyond your reach: not to be born, not to be, to be nothing. But the second best for you is - to die soon" (p. 256).

'n Besondere studie oor Imagologie en nabootsings. Die kwessie van imagologues neem ons weer terug na Barthes se Image, Music, Text (1977) om die samehang tussen verskillende diskoerse oop te maak. Van die geskiedenis van die kerk tot Nietzsche, Marcel Proust, Milan Kundera, die staat (hier te lande en elders), die liefde, die dood, herinnering, plenitude ...

Daar is 'n bibliografie vir verdere navorsing. Ek voorspel dosente in die filosofie sal dit voorskryf. Oor die rol van die panteon onder andere. En die skrywer maak uiters subtiele opmerkings oor die rol van die moderne akademikus aan Suid-Afrikaanse universiteite - iets waarmee hierdie leser sterk kon identifiseer.

In hierdie dae van die Steinhoff-skandaal wat bewys hoe maklik alles op niks gebou kan word, is hierdie roman uiters tydig. Eweneens in 'n tyd waar die moeilik-toeganklike roman minder aandag geniet as die werklik komplekse teks.

Die boek is 'n huldeblyk aan Kundera.

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunning van Rapport

Polemies | Joan Hambidge - Desmond Painter: 'n kanttekening (2018)

$
0
0
In sy resensie van Nuwe stemme 6 betrek Desmond Painter, sélf 'n nuwe stem wat nog nie as solo-stem gedebuteer het nie, mý in sy resensie (21 nuwe ‘liggies’ te verwelkom | Netwerk24Besoek 18 Februarie 2018).

Hier is veel om te geniet; selfs vir Joan Hambidge, skryf hy.


Painter se speelse dwarsklappie - iets waaroor ek my beslis nie geërger het nie - verswyg egter dat ek etlike nuwe stemme in Afrikaans begelei het as dosent in kreatiewe skryfwerk: Carina Stander, Aniel Botha, Karen Kuhn, Hendrik J Botha, Martina Klopper, Fourie Botha, Juanita Louw, Hennie Nortjé, Michèle Betty, om enkele name te noem. As 'n aanbieder van werkswinkels aan die UK, en elders, het ek al etlike jong mense gehelp en aangespoor. Soos Corné Coetzee, byvoorbeeld.

En ek sorg dat hulle elkeen 'n unieke stem ontwikkel.

Hy wonder of ek Bruce Springsteen sal raaklees as interteks? Inderdaad. Pas my Springsteen-memoir vir my buurman gegee.

Met ander woorde: om 'n debutant te resenseer, moet insigryk, aanmoedigend wees en die persoon reg inskat. Eerder nuttige wenke bevat as die aftakeling van Ruan Fourie se debuut deur 'n gunsteling noordelike kritikus (Woorde wat weeg/ Resensie | Ruan Fourie - ‘n Ope brief aan Dorian Gray, Protea Boekhuis: 2017).

Nie dat 'n mens alles voor die voet moet en behoort goed te praat nie. Back to the drawing board, is immers 'n goeie leuse, maar Painter se meewarige resensie laat my dink aan die Facebook-polemiek twee jaar terug oor wat Lacan nou juis te make het met ons studente-opstande. Wel álles. Lacan en Kristeva was simpatisante aan die Sorbonne vir die opstandige studente van 1968.

Maar dis net 'n tersyde. Lacan se "empty speech" is dikwels van toepassing in ons openbare diskoers.

Alvorens 'n mens nuwe stemme resenseer, moet jy dalk self 'n solo-vlug onderneem het?

En daar word relatief min gepubliseer in Afrikaans? Weer 'n aanvegbare opmerking, meen die uwe.

En vir die rekord: wanneer hetero mans in verkleinwoorde praat soos "liggies" dan wil ek gil. Dis daardie patriargale hovaardigheid wat uitgewis moet word.

© Joan Hambidge

Interview | Joan Hambidge talks to Tony Ullyatt (2018)

$
0
0
1. Reflect on the poetry of Douglas Livingstone and the title of your volume:

A harmless passion, surely,
an unobtrusive vice
this waiting game of making
small books of verse.

Douglas Livingstone

These are the last four lines of Douglas’s thin volume, A Rosary of Bone. I was taken by the notion of writing poetry as, variously, a passion, a vice, and a game, all aimed at making small collections of verse. Whichever noun one might prefer, all three approaches are harmless to other people. I am reminded of Auden’s assertion that “poetry makes nothing happen.” In using the word, “vice” in my title, I construe it more as a bad habit rather than as something wicked or evil. And, of course, having published my first poems in the mid-1970s, but having my debut volume published in 2018, there has been considerable waiting! In essence, then, I think these lines encapsulate my poetry-writing career.

As far as Douglas’s poetry is concerned, I have an enormous respect and admiration for its achievement, not least for its exemplary diversity in subject, style, form, and technical skill. Despite some critics’ views that he was no more than a “veld-and-vlei” poet, I believe he remains one of South Africa’s major poets in English.   

2. I see a strong influence of W.H. Auden on your poetry with the references to Icarus and suffering ("About suffering they were never wrong ...". Is this an "unobtrusive" influence or a relevant intertext?

Musée des Beaux Arts
W. H. Auden

About suffering they were never wrong,
The old Masters: how well they understood
Its human position: how it takes place
While someone else is eating or opening a window or just walking dully along;
How, when the aged are reverently, passionately waiting
For the miraculous birth, there always must be
Children who did not specially want it to happen, skating
On a pond at the edge of the wood:
They never forgot
That even the dreadful martyrdom must run its course
Anyhow in a corner, some untidy spot
Where the dogs go on with their doggy life and the torturer's horse
Scratches its innocent behind on a tree.

In Breughel's Icarus, for instance: how everything turns away
Quite leisurely from the disaster; the ploughman may
Have heard the splash, the forsaken cry,
But for him it was not an important failure; the sun shone
As it had to on the white legs disappearing into the green
Water, and the expensive delicate ship that must have seen
Something amazing, a boy falling out of the sky,
Had somewhere to get to and sailed calmly on.


I doubt if it’s unobtrusive, and it is certainly an influence. I encountered Auden’s poetry while I was doing an MA at Auckland University in 1966. William Carlos Williams was also a part of the syllabus, a particularly important part, not least because he, too, had written about Brueghel’s “Landscape with the Fall of Icarus”, albeit very differently. More than three decades later, these two poems, Brueghel’s painting, and the Icarus Myth especially would become a major concern of my research. They would also prove catalytic creatively, inspiring some of the poems included in An Unobtrusive Vice.

The myth itself has become something of a harmless passion because it offers so many possibilities to readers. For me, Icarus ceases to be a boy disobeying his father and getting his proper punishment but rather the young rebel daring to risk and challenge, who is, in the words of e.e. cummings, not afraid “to dare to answer ‘no’”, and perhaps dying early for it. He epitomises what the 1960s, the Beat poets, Britain’s Angry Young Men, and Woodstock were all about. As a student in the 1960s, I readily identified with that intellectual counter-culture in many ways.

3. You refer to Joseph Campbell:

‘Wherever the poetry of myth is interpreted
as biography, history, or science, it is killed.’

Joseph Campbell

Is this true of poetry as well?

The iconic Campbell could be quite flamboyant at times in his enthusiasm! I suspect he was warning us about the possibility of losing myth as myth when we try, as some have done, to metamorphose it into history or science, et cetera. I believe that his warning has considerable pertinence to poetry as well.

4. You write sonnets and SENRYU, a darker form of the haiku. You play with different forms. What are the implications of a form for the meaning of a poem?

We can lose a poem’s meaning in a welter of technical trickery, which may well be impressive in a superficial sense but is little more than that. Concrete poetry is a little like that. There can be an after-taste of “So what?” Technical flamboyance can never be a substitute for authentic meaning.

Poems must have some sense of architecture holding their various elements together to the benefit of the meaning. Whether that structure is overt, as in the case of the haiku and the sonnet, or covert, as in free verse, doesn’t matter as long as it is there. What irks me is sloppy, usually undisciplined writing masquerading as “free verse”. Free verse requires as much structuring as a haiku or sonnet, if not more.

Douglas Livingstone said about the sonnet: “It tests skill with word choice – monosyllabic, polysyllabic, alliteration, assonance. It tests rhythmic control with variety – the end-stopped line or run-on line. It tests rhyming capabilities – full, half, internal. If we were to put all who claim to be poets to such a test, we’d soon identify the poseurs.” I suspect the results might be quite revealing! Or mortifying!

Another value of trying to master the technical aspects of poetry’s established forms is that, one way or another, they all have prescribed endings. Many aspiring free-verse poets write well beyond their text’s proper end. In The ABC of Reading, Ezra Pound said, in his usual melange of languages, “Dicten = Condensare”, which says it all.   

5. I really love your poems on your "family romance". Was it difficult to write these portraits? They could also be read as self-portraits: "The Government as Biographer". Comment.

It was challenging. First, we went to India when I was seven years old. My parents both came from families that didn’t talk or discuss matters. And they behaved similarly. As the only child, I was usually presented with a fait accomplit, concisely phrased: “Anthony, we’re going to India.” My parents didn’t include me in any discussion of their plans, and that held true right through their lives. For example, I never knew when or how my parents met. It was not the sort of thing I could ask. But then my father had no idea what his grandfather’s Christian name was. And I have no idea why my father kept taking his wife and child overseas.

Wherever we went – India, Sudan, Kenya – one or other grandparent died in England. We never attended any of their funerals. But I had photographs and sketchy recollections of them. I also have a cousin living in England who has been able to fill me in or set me right in factual matters. I have grown to understand that the families on both sides were fucked up in multiple ways. And I wanted to capture some of that abnormality in lives masquerading as normal. I suppose it was a way of trying to nurture some prosthetic roots for myself, too. I have always been the Other, the Outsider, l’étranger as far as local populations and local languages were concerned, and consequently aware of a deep-seated feeling of being what Wallace Stevens calls “a most inappropriate man / In a most unpropitious place”, with a concomitant longing to feel “at home” at least somewhere.

6. You are a master of irony and satire. Is this only true of more mature poets?

Twixt and between

error
lies in the distance
between the eyes
and the desire

desire
lies in the distance
between the eyes
and the error

I think satire is more raucous than irony. The poem, “The Bloemfontein Sunday Blues” is, or at least is meant to be read as, a satire. Giving the poem its subtitle, “A Satire”, is satirical in itself, of course. In the main, it is probably better suited to the rebellious younger self. Satire usually focuses on issues, major or minor, in the outside world, and is inclined towards the public and the political. Irony tends towards reflection on both internal and external realities, at a more personal level. It is one of the means by which we come to understand our lives and what happens to us. A developed sense of maturity as well as a significant body of experience certainly helps to comprehend, and write about, life’s ironies.

7. You annotate a poem by Breytenbach. Is this postmodernism-in-action?

In the last two lines of “Ars Poetica”, Archibald MacLeish asserts: “A poem should not mean/But be.” Breytenbach’s brief poem seemed to be countering that notion with the idea that the meaning of the poem is the poem itself. It prompted two responses for me. The first was that Breytenbach’s poem seemed to strike at the heart of what poetry writing’s function is all about: to mean. The question arising immediately thereafter – for me at least – was:  For whom? So the annotations are an attempt at answering that question for me as the poet and for me as the reader.

I suppose the poem’s self-consciousness might be said to exemplify postmodernism-in-action. And its intertextuality.

8. You write exquisite poems of painters and paintings, for instance, on Judith Mason. How do you see the so-called ekphrastic poem?

Believe it or not, I wrote the poems on Judith Mason’s paintings in the mid-1970s, as responses to my first encounters with them and, later, the artist herself, albeit briefly. It was almost three decades later before I learnt what the process was called!

Perhaps part of that interest lies in the fact that my father was an unfulfilled, above-average artist whose visual skills I wanted to emulate, but couldn’t. So when the Archive for Research into Archetypal Symbolism (ARAS) began a Poetry Portal devoted to ekphrastic poetry, I began submitting poems. They presented an artwork to readers every quarter. Ultimately, I published eighteen poems from the end of 2012 until the first issue of 2017 until they changed their Poetry Portal format.

The ekphrastic process, with a poem as its outcome, fascinates me. I look at an artwork and wonder why it is evoking – perhaps “provoking” is a better word?  - the responses I experience. Why should the depiction of a veil remind me of the mantillas I bought in Pamplona in 1961? I’m intrigued by the psychological machinations the mind gets up to when it is confronted by an artwork of some kind.

The essential challenge of the process lies how the viewer-poet’s responses to the visual may be transmedialised into the verbal. Some recent ekphrasic poems have little or nothing to with its original exclusively descriptive purpose, while the viewer-poet’s responses may have equally little to do with the subject of the artwork.

Ultimately, the question is whether an ekphrastic poem can exist without its companion artwork.

9. Comment:

Poetry is a piece of very private history
which unobtrusively lets us
into the secrets of a man’s life.

Henry David Thoreau

I think Thoreau’s words pick up on Livingstone’s words which we spoke about earlier, while focusing on the place of autobiography in one’s poems. I’m one of those who believe that an individual’s written output, in whatever genres, is always autobiographical to some extent or another. I mention this because it exemplifies the so-called “reveal or conceal” dilemma that poets face frequently, a dilemma made more complex by any intimate materials that they might want to explore poetically. Like writing about one’s family, one’s relationships or divorces, one’s illnesses. Putting one’s private life into a public arena, even the small one of poetry readership, is a matter of subtlety and cautious courage. I’m thinking here of Beverly Rycroft’s first collection, for instance, or the work of Jane Kenyon.

Some poets adopt an in-your-face, stuff-the-consequences approach, perhaps because they have no wish to compromise their truth, no matter how brash or hurtful, for any sort of harmony, domestic or otherwise. For my part, however, I feel that writers have an ethical responsibility not to malign those with whom they have shared private lives at one time or another. I’m thinking here of the brouhaha surrounding Robert Lowell’s volume, The Dolphin (1973). It earned him a good deal of negative criticism, not only because he quoted from his ex-wife’s private letters, which some critics regarded as a questionable practice in itself, but also because he had actually altered their content, which his friend, Elizabeth Bishop, called “infinite mischief” as it was “violating a trust”. She tells him quite unequivocally: “art just isn’t worth that much.”

For me, sensitive readers will always be able to detect the secrets of a poet’s life as much by what his poems do not say as by what they do, and by what they avoid writing about rather than by the overt subjects of their poems. Generally speaking, the issue of autobiography in poetry is less about facts, accuracy, and historical verifiability, and more about a sense of authenticity through which the poet adds something genuine and, in some way, familiar (even if imagined) to the boundless reservoir of human experience.

10. You are a well-known translator of Afrikaans poetry. How do you see the position of Afrikaans poetry?

I believe that Afrikaans has produced an incredibly impressive body of poetry, and has established a strong tradition as a consequence. I am always astounded by the number of collections of Afrikaans poetry that are published annually. And I would say categorically that there can never be enough good poetry published. Of course, that places emphasis on the word, “good”, putting the responsibility for quality control on publishers. Unfortunately, they may well be tempted to publish mediocre manuscripts for a variety of reasons other than quality. My wife and I come across some of these lesser works when we are looking for translation material. The responsibility for the critical negativity that such average publications and their poets receive must sit squarely with publishers and their manuscript readers. In the rush for ingenuity or experimentation, superficial cleverness is often acclaimed at the expense of serious craftsmanship. And I see this as a possible danger for Afrikaans poetry.



Resensie | Cecile Cilliers – Die ou vrou en die priester en ander verhale (2018)

$
0
0
Die ou  vrou en die priester en ander verhaleCecile Cilliers. H&R, 2018. ISBN 978 0 7981 7699 6

Resensent: Joan Hambidge

Cecile Cilliers is veral bekend as rubriekskrywer: Beeld, De Kat en Sarie. Daar was Boeksusters op Kyknet saam met haar suster, wyle Madeleine van Biljon waar hulle onderhoude met skrywers gevoer het. Sy was eerste nie-predikantsvrou wat tot vise-voorsitter van die Sinodale Komitee verkies is. Sy het ook enorme werk verrig vir alle vroue in die kerk en op ouderdom 84 debuteer sy as kortverhaalskrywer met Die ou vrou en die priester en ander verhale. Boonop met ‘n pragtige Robert Hodgins-skildery op die voorblad.

In 2012 lees ek haar verhaal “Brood” in die bundel Bloots (samestellers: Karin Eloff en Peter van Noord) en wéét: hier is ‘n kortverhaalskrywer wat wag om gepubliseer te raak. Die ware kortverhaalskrywer skryf soos 'n digter en gebruik min woorde, suggestie, beelde – en ontgin emosies op ‘n eerlike wyse.

Elise Muller, Henriette Grové, Petra Müller, Nanette van Rooyen, onder andere, is voorgangers – en hier kom Cecille Cilliers en sy voeg haar by die lang galery van vroue-kortverhaalskrywers, te veel om op te noem. Corlia Fourie en Annemarié van Niekerk het die uiteenlopende stemme gebloemlees.

Die bundel is vanuit ‘n vroulike perspektief geskryf en Hélène Cixous se Sorties (Uitgange) oor die verskille tussen die manlike en vroulike skryfwerk is hier aanwesig. In die eerste verhaal word daar na die maan getjank (18), vir Cixous 'n simbool van die vroulike dimensie: 

Women must write through their bodies, they must invent the impregnable language that will wreck partitions, classes, and rhetorics, regulations and codes, they must submerge, cut through, get beyond the ultimate reverse-discourse, including the one that laughs at the very idea of pronouncing the word "silence", aldus Cixous.

Goeie kortverhaalskrywers is kunstenaars uit eie reg. Hulle is nie romanskrywers onderweg nie.

Ons lees kortverhale (onbewustelik) na die slot toe. Daar moet “closure” wees. Dikwels neem die verhaal ons terug na die eerste sin, die eerste gewaarwording soos in “Herrnhut”, uitgebou rondom onbeantwoorde liefde. ‘n Jong skoolmeisie se drome en die ouer man se sobere reaksie (selfbeskerming?) word belig en hoe hierdie insident haar sou raak vir die res van haar lewe. 

Die oortuigende kortverhaalskrywer span al die sintuie in, en “Die fox fur” handel dan ook oor die mag van die reuksintuig. Hier is Cilliers besig om ‘n hele vergange wêreld van hoededose en pelse aan die vergetelheid te ontruk. En ook die verwonde hoofkarakter se gevoel van onbehendigheid en verlatenheid rondom ‘n ingewikkelde verhouding met die moederfiguur te aktiveer.

In “Die trourok” word sowel politieke as religieuse kwessies aangespreek. Die mag van gebed, ‘n fratsongeluk en hoe ‘n ander kind die plek inneem van die gestorwene. Lobola teenoor die bygeloof dat die dra van ‘n trourok voor die groot dag ongelukkigheid mag veroorsaak, word in hierdie klein juweel van ‘n verhaal ópgehef. Rondom ‘n trourok word ironie ingespan.

Cilliers teken haar karakters met min woorde, maar hulle kom hélder voor jou staan.

As ‘n kenner van letterkunde (Cilliers het ‘n doktorsgraad in Afrikaans behaal) kan sy ‘n verhaal laai met subteks en intertekste wat nooit die verhaal stuit nie. In die skitterende “Die hitte van die Karoo” word daar verwys na Robert Hodgins se skilderye om die hitte van die Karoo te konkretiseer. Van Wyk Louw se liefde wat so kon skif tot haat, dra die storie vérder, met ‘n herinnering aan Doré se Adam en Eva wat uit die paradys verjaag word.

‘n Vernuftige spel met buite- en binneteks, omdat Hodgins op die voorblad staan. En die leser neem na sy uitstaande werk wat saam-vertel. In “I’m sorry” analiseer sy ‘n gelade politieke situasie en hoe mense dikwels namens ander intree om selfsugtige redes. Op ander plekke is daar verwysings na Totius; selfs M.E.R. Die priester word via Chesterton ingekleur in ‘n analise van oudword, geloof, selfstryd (en die dood)  in die komplekse titelverhaal.

Die verhale handel oor tussen-posisies of die skemer plekke van die gees: ‘n jong meisie se jeugdige obsessie met ‘n ouer man; ‘n vrou wat verlang na haar oorlede man; ‘n huwelik van stiltes en verwyte na die kinders die huis verlaat het; onvervulde begeertes en drifte; ‘n gesteelde ring wat ‘n teken moet word vir ‘n herbesoek van ‘n verhouding; bloedskande; Alzheimer se siekte; die dood …

Hierom verhale van die ouer, lewenswyse mens. Hierom is elke woord op sy plek. Elke insig ryp en beleë. Fredric Jameson se politieke onbewuste en Cixous se vroulike onbewuste word in verhaal na verhaal gekarteer.

Een punt van kritiek: die blakerteks se aanhaling uit 'n verhaal gee nie die werklike omvang van die bundel weer nie.

‘n Sjarmante, gevoelige debuut. Daar is ‘n handvol stories wat hierdie leser áltyd sal bybly.


Resensie | Kathleho Kano Shoro – Serurubele (2018)

$
0
0
Kathleho Kano Shoro– Serurubele poems. Modadji Books, 2018. ISBN 9781928215288

Resensent: Joan Hambidge

I

Die titel van hierdie bundel beteken vlinder in Sesotho.

Dit is die debuut van Kathleho Kano Shoro. Dit is ‘n besonder interessante digbundel: geskryf in Engels wat werk met die sogenaamde “praatpoësie” of performance poetry met vele Afrika-verwysings en wendings. Terselfdertyd artikuleer die gedigte ook ‘n bewussyn en kennisname van Engels Suid-Afrikaanse gedigte.

Enige leser van Suid-Afrikaanse digkuns besef dat gedigte in Engels, Afrikaans en Afrika-tale as’t ware in afsonderlike silo’s bestaan. Die AVBOB-poësie-program het ten doel om die verskillende stemme en uitinge ten minste op een webblad saam te snoer.

‘n Vlinder is uiteraard ‘n simbool van metamorfose en transformasie. 

In ‘n onderhoud vertel sy oor die skryfproses (Katleho Kano Shoro/ ‘Serurubele’ poetry collection take off and the writing on the wings - Bubblegum. Besoek 20 Februarie 2018).

II

Lesers kan van haar gedigte hier lees: Katleho Shoro | Badilisha Poetry – Pan-African Poets (Besoek 20 Februarie 2018).

Wat opmerklik is van die gedigte op die webblad en die gepubliseerde verse is dat die digter die verse verbeter het. Dit is minder woordryk en sterker metafories. Die gedigte van die voordrag-digter is uiteraard vir ‘n gehoor bedoel en hierom is daar herhalings, refreine, terugkerende beelde, anders as die gedig wat die digter skryf vir ‘n leser.

Die intieme vers vind ons ook in hierdie bundel. Die afgelegde liefde, die ontnugtering – die terugkyk op ‘n jeug …

'n Klein liefdesvers op bladsy 40 klink so:

               Unpunctuated ending

                          He turned
                 full stops into flowers.
               How was I to punctuate our
                     ending? We went
                            on ....

'n Sentrale gedig is "The poet and her habit" (21) waar die spel met die skryfproses voorgestel word as "snorting disordered syntax". Hier beweeg sy weg van performance poetry na die gedig-op-papier.Sy dryf die spot met die "colloquial diction" en sy beleef 'n hang-over weens die spel met woorde.

Sy is 'n "word junkie" en het beslis kennis geneem van haar Engelse tydgenote.

Lees dit vir die mooi oomblikke in hierdie klein debuut.


III

It's Not Over 'til the Fat Lady Sings

It’s not over ‘til the fat lady sings.

So the day our hearts stopped holding hands
I was on the look out for mountains of hips 
and marshmellows of cheeks 
that were bound to vibrate with the moving of her Vienna lips.
Through my wells of tears
I made sure my sight had enough leverage to scout out the cookie monster,
who was about to confirm that I’d lost my chocolate chip. 
The day our hearts’ hands broke it off
I thought our heart-shaped rusk was about to be beaten into crumbs or a death even worse
– being dipped in her sweet tea or waiting to be eaten later from the bottom of her purse.

But apparently we have to wait until the fat lady sings.

So with every step that my jelly-knees knocked away from you
I kept guessing her tune.
I imagined her to sing something high-pitched;
the kind of note that would dig a ditch into a keyboard 
and orchestrate conductor 
or inspire itself to soar even higher
until even heaven’s skies cried
as the glory of sunshine was crucified,
blackened by her pitch,
yet the grey clouds could only be parted by her voice’s lightning!
But that was in my mind.
So I carried on with my carrot-fed eyes 
in the dark of my night because…

It’s not over ’til the fat lady sings.


Resensie | György Faludy – Villon Ballads (Vertaal deur Iván Kovács, 2018)

$
0
0
György Faludy's - Villon Ballads (vertaler: Iván Kovács). Amazon.com, 2018. ISBN 978 1975 831 677

Resensent: Joan Hambidge

I

Francois Villon is gebore in 1432, dieselfde jaar as wat Johanna van Arkel in Rouen verbrand is.

In hierdie vertaling vertel die skrywer, Iván Kovács, ons alles van Villon se lewe: dief, suiper, avonturier, gangster en lid van La Coquille, vermeende verkragter, tronkvoël …

Uiteindelik ‘n arm, onplesierige lewe wat eindig met sy dood (1463) iewers waar niemand geweet het waar hy hom bevind nie.

Ons lees dan oor die Hongaarse skrywer, György Faludy, se lewe: sosialis, aktivis, swerwer, skrywer van samizdat-tekste en van sy dood in September, 2006.

Faludy sien sy tekste eerder as herskrywings en herinterpretasies as vertalings. Weens die politieke onrus in sy geboorteland skep hy ‘n fiktiewe Villon waardeur hy buikspreek en sy eie kritiek lewer deur die gedigte. Hy word gekritiseer deur Eckhardt, ‘n dosent in die Franse departement wat die polisie versoek om hierdie openbare voorlesings te verbied. Hy word gesien as ‘n “Communist stripling”, maar die obseniteite van Villon se verse ontlok wel groot applous by die toehoorders.

Hy word na ‘n kamp in Recsek gestuur. Hy verlaat Hongarye en keer terug in 1946 na ‘n verblyf o.a. in Parys, Florence, Malta en Toronto. (Daar is ‘n gedenkdienspark opgerig vir hom in Toronto met ‘n gedig in sowel Engels as Hongaars. Dit heet “Michelangelo's Last Prayer”.)

Dit was die tyd van Hitler en alles wat daarmee gepaardgegaan het. In 1949 word hy tronk toe gestuur vanweë sy botsings met die kommunistiese party en weens fabulasies deur vyande. 

Die ironie is dat hy self sosialisties en liberaal was in sy uitkyk. (Sy Joodsheid kan egter nie misgekyk word nie.)

My Happy Days in Hell (Pokolbéli víg napjaim) is die titel van sy memoir.

II

En nou kom ‘n Suid-Afrikaanse skrywer van Hongaarse oorsprong en hy bring vir ons hierdie fassinerende tekste byeen. Boonop skryf hy self gedigte oor Villon in Afrikaans: “Villon veroordeel” en “Villon se dood”.  Oor hierdie vertaler het ek al positief geskryf (Woorde wat weeg/ Attila József - Suburban night and other poems (A New translation by Iván Kovács, 2016)Besoek 13 Maart 2018).

Hierdie driemanskap Villon/ Faludy / Kovács neem my toe terug na Uys Krige se Ballades van Villon gepubliseer in 1987 deur Human & Rousseau.

En na Peter Blum se klassieke vers uit Steenbok tot Poolsee (1955), ’n gedig in die Franse balladevorm:

Ballade van die getroude bemindes
’n Wintervers vir twee stemme

Die blare val, die water gly;
ek sit by Tante en drink tee:
Sy het die jongste nuus vir my.
“Wat het geword van Elsabé?”
“Hy’t destyds al na haar gevry …
Nog bietjie koek, Piet?” “Dankie, nee.”
“Dit was die mooiste trouery …”
Wat het geword van Elsabé?

Die lug is koud en grys daarbo.
“Sy het nou onlangs eers getrou …”
My tante praat – dis sus of so.
“Wat het geword van Isabeau?”
“Op ’n groot plaas in die Karoo …”
Ek wonder of sy nog onthou.
“Skatryk …” “Ja-nee, ek wil dit glo.”
Wat het geword van Isabeau?

Dit is die winterwind wat waai.
Ja-nee, wat help dit om te kla?
“Hy’t maandelank by haar gedraai …”
“Wat het geword van Ursula?”
“Haar bruidsgoed was nou rêrig fraai …
Nog bietjie tee, Piet?” “Dankie, ja.”
“Borduurwerk op haar nagkabaai …”
Wat het geword van Ursula?

L’Envoi

Hul kiekies het ek nog behou.
Wat het geword van Ursula?
Ek sit by Tante en drink tee;
Die selfverwyt begin te pla.
Wat het geword van Isabeau?
Wat het geword van Elsabé?

Al hierdie skrywers / vertalers is buitestaanders. Of reisigers vanuit hul eie lande; of mense wat beskou word as immigrante.

Digters is in wese woordimmigrante wat buite die grense van normale woordordes en betekenisse ‘n alternatiewe wêreld skep.

Dit is ‘n besonder mooi uitgawe hierdie wat gedigte en lito’s bevat. Iván Kovács se vertalings is besonder insigryk. Hulle praat met hierdie leser wat uiteraard nie die oorspronklike Hongaars ken om dit te kan vergelyk nie. Ek lees dit dus net as Engelse tekste – en vir my werk dit.

Ons lees ook hoe die digter “Dance Macabre” en “The Testament” geskep het en in hierdie versameling ingesneak het. Die digkuns dus as ‘n voertuig van protes teen die heersende orde ontlok, soos reeds genoem, kritiek van die Villon-kenners. Uiteindelik met die terugkeer na Hongarye kry Faludy se eie gedigte minder aandag as die Villon-tekste. Vir bykans ‘n halfeeu het hy geworstel met Villon.

Die bekende “Ballad of the Beauties of Bygone days” met sy refrein (“Tell me what has happened to yesteryear’s snow?”) is losser in struktuur as Krige se vertaling “Ballade van die dames van weleer”) met sy rympatrone en refrein (“Maar waar’s die sneeu van voorverlede jaar?”).

III

Ons is toenemend al hoe meer bewus van vertalings en die belang daarvan vir ons lesers. Uiteraard kan daar verskillende weergawes van tekste bestaan, omdat elke leeservaring ‘n interpretasie van ‘n teks impliseer. Dit is ‘n teks wat ‘n wye leesgehoor verdien. Die voorblad van Hans Baldung (Three Ages of woman and Death) aktiveer presies wat met ‘n vertaling gebeur. ‘n Lewende man versus die dood wat sinspeel op die onmoontlikheid van die korrekte interpretasie.

* Die boek kan net aanlyn van Amazon handelspunte oorsee bestel word, en van takealot.com en loot.co.za in Suid-Afrika.

Resensie | Laurent Binet – The 7th function of language (2017)

$
0
0

Laurent Binet – The 7th function of language. Harvill Secker, 2017. ISBN 1357 9108642

In 1980 sterf die bekende teoretikus Roland Barthes toe 'n wasgoedlorrie hom omry. Barthes se bekende essay "The death of the author" (1967) is een van die belangrikste strukturalistiese tekste wat vra vir 'n fokus op die teks.

Die dood van die skrywer bedui immers die geboorte van die leser.

In 2017 verskyn 'n roman The seventh function of language van Laurent Binet waarin die dood van Barthes ondersoek word in 'n aweregse speurverhaal. Die roman is so geskryf dat sowel gewone lesers as teoreties-geskooldes dit sal geniet. Dit lees soos 'n hop on/hop off op 'n teoretiese bus met oogknippe na Umberto Eco se The role of the reader en Julia Kristeva se Desire in language. En Barthes se sieninge oor die skryflike en leesbare teks. Die roman lees soos 'n who's who van literatuurteoretici: Derrida, Jonathan Culler, Sollers, Searle, Judith Butler ...

Roman Jakobson se bekende sieninge oor die funksies van taal word hier verder gevoer: die sewende een behoort tot die domein van die okkulte. En waarom skeur Kristeva daardie nota op? Weet sy meer as wat sy te kenne gee?

Daar is 'n kongres by Cornell te Ithaca en die literêr-teoretiese dosent sal die roman kan voorskryf om al die strominge binne die filosofie en teorie te verduidelik.

Veral Barthes se vraisemblance (vrai = waar) is tersaaklik vir die lees van hierdie roman. Hoe sal die geskryfdes voel oor die stekies wat na hul uitgedeel word? Daar word soms intens persoonlike inligting openbaar en die venyn loop dik. Camille Paglia en Judith Butler loop erg deur. Soms wonder die speurder se adjunk of ons maar net karakters in 'n roman is. Maar dis die hele punt van die roman: as die postmodernisme alles tot teks verklaar is hierdie oorskrydings mos fyn?

'n Mens moet bepaald die skrywer bewonder vir sy enorme kennis en juistement het wyle Barbara Johnson 'n studie geskryf oor groot teoretici se lewens: Jakobson was 'n rokjagter; Barthes het saams in vroueklere die strate van Parys bewandel. Foucault was lief vir stoombaddens en drugs, glo.

Satires van die akademie is volop: David Lodge se Changing Places, o.a. en Malcolm Bradbury se tekste, soos Mensonge (Arena, 1987). Patricia Duncker se Hallucinating Foucault (Cox & Wyman, 1996) is eerder akademies-onthullend as satiries.

"All this must be considered as if spoken by a character in a novel”, skryf Barthes in sy outobiografiese -biografie Roland Barthes deur Roland Barthes, daardie baken uit 1977.

Bekende politici (en hulle gekonkel) vorm deel van die plot: Giscard d'Estaing en Mitterrand. En selfs tennis, o.a. Lendl versus Borg ...

Jacques Bayard en sy assistent Simon Herzog (wat resoneer met Saul Bellow se karakter Moses Herzog) is op 'n soektog na die verlore dokument. Indien Barthes wel so 'n belangrike dokument by hom gehad het, wat dan?

Die roman resoneer met die moderne wêreld se beheptheid met samesweringskomplotte. En dit vra belangrike vrae oor wat as alles maar net 'n floating signifier is.

Hoekom word daar 'n hand afgekap? Is dit dalk 'n verwysing na Barthes se beheptheid met die skrywershand? Of is die motto van Jacques Derrida dalk die wenk? Dat ons almal interpreteer vanuit ons eie ruses – dalk met die idee om te kroek? En hoe gemaak as jy 'n karakter in 'n roman is en die wrede verteller knou jou af?

Dit is 'n paper chase van formaat. Teen die einde raak dit 'n bietjie iets van af-show-ery. Apokaliptiese einde (selfs distopies) wanneer dit afspeel in Napoli.

Die vertaling van Sam Taylor lees vlot.

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunning van Rapport)

Resensie | Willie Burger - Die wêreld van die storie (2018)

$
0
0
Willie Burger - Die wêreld van die storie. J.L. Van Schaik, 2018. ISBN 9780627036071

Resensent: Joan Hambidge

Daar word heel dikwels gepolemiseer oor die stand van die Afrikaanse resensiekunde. En ongelukkig is daar iets van ‘n hooghartigheid te bespeur by sommige literatore wat neersien op die skryf van resensies in dagblaaie of op die internet. En boonop word jy as resensent blootgestel aan kritikasters of dwarsbrekers en hierom wil literatore nie deelneem aan die debat nie. Boonop is daar ou Crito wat dikwels nie die boek gelees het nie, maar stekies uitdeel.

Die beste stuurlui staan immers aan wal.

Willie Burger kan helaas nie van hierdie verwatenheid beskuldig word nie. Hy skryf resensies vir Vrouekeur en dagblaaie, en of ‘n mens verskil of nie, sy kritieke is teoreties begrond en insigryk. Soos sy artikels, veral oor Karel Schoeman.

Sopas het J.L. Van Schaik uitgewers sy boek oor fiksie, Die wêreld van die storie, gepubliseer, wat aansluit by die narratologiese studies van André P. Brink en Heilna du Plooy. Maar hierdie bydrae is meer as ‘n stugge stuk vertelkunde net gemik op Mieke Bal of Rimmon-Kenan. Dit gaan oor die verwondering van stories en wat in ‘n mens se gemoed plaasvind wanneer jy lees. Die teikenleser is dan eerder 'n jonger leser wat verskillende teenstrydige teorieë en denkrigtings op 'n hoogs leesbare en onderhoudende wyse kan meemaak.

Burger wys op verskillende leesbenaderings wat ons verbintenis tussen die werklikheid en ‘n kamma-wêreld bepaal. Derek Attridge se uitwys van die gevare van ‘n instrumentalistiese leesbenadering, met ander woorde, die leesaksie wat sekere patrone in ‘n teks wil raaksien om iets te probeer verstaan van die werklikheid.

"Outydse inleeskunde" (ook geroep: skeeloogkunde) om iets seksueels of homo-eroties in 'n doodstoneel in 'n Karel Schoeman-roman ín te lees of te projekteer, is 'n voorbeeld van hierdie instrumentalistiese benadering. Of om 'n hele gay-filmfees vanuit een teoretiese boek te lees. Jy besluit dus vooraf wat jy uit die teks wil kry; jy gee nie die teks 'n billike kans nie.

Hierteenoor is daar dan benaderings wat net die struktuur van die teks uitmekaar haal (ook geroep: laserkunde) wat weer tot gevolg het dat lesers buite ‘n letterkunde hierdie soort leesaksie as naïef en polities-irrelevant afmaak.

Daar is uiters insigryke sleutels vir alle lesers: o.a. Pascale Casanova se sieninge oor interne kritiek ("close reading") versus eksterne kritiek (kultuurstudie-benaderings).

Die wêreld-van-die-storie (van Roland Barthes tot Paul Ricoeur) is 'n komplekse een en kongresse in die narratologie behels dikwels polemieke oor die verskille tussen narratologiese klassifikasies. Burger gee 'n toeganklike blik vir jong lesers: Hierom "kammaspel". Identifisering en grensoorskryding teenoor outeursintensie en die metadiëgetiese struktuur van die teks. Hy wys tereg daarop hoe die buite-leser van Márquez nie onmiddellik die politieke dimensie van die teks snap nie. Boonop weet ons dat vele van die verwysings - aldus die skrywer self - in-grappies is tussen hom en Colombiaanse kritici!

S/Z (1970/1974) van Roland Barthes is 'n teks wat ontstaan het as 'n seminaar met nagraadse studente. Burger se studie het ontstaan as gesprekke met studente oor die komplekse rol van fiksie. Die voorblad is ook gerig op hierdie leser.

The teller or the tale? The tale or the teller? Inderdaad is fiksie dikwels vreemder as fiksie, weet ons. En hoe maak 'n mens met die volgende stukkie "waarheid" wat inspeel op ons ervaring van vraisemblance: die resensent sit in 'n restaurant in Hermanus en daar sit Steinhoff se Markus Jooste, The Wolf of Dorpstraat.

Hermeneutiese kode? Referensiële kode? Die lewe as 'n speurverhaal? Hier word ons geneem na bladsy 98 met die kommentaar oor die "gemaaktheid" van alle wêrelde, want gestel Jooste is / was net 'n romankarakter? Wat sou Fredric Jameson dan hiervan maak in sy siening van die leefwêreld in The Prison House of Language (1972)?

Gaan dit 'n ensiklopediese roman wees, word hierdie ontfusteling van ons eie whodunnit?

Of speel my eie siening van gewêreldheid ("worldedness") 'n rol in my interpretasie van hierdie debakel? Wat sou Rita Felski hiermee maak?

Daar word eweneens geskryf oor omvang en samehang in hierdie studie. En die afgrensing van kammawêrelde: grens tussen fiksie en mite; fiksie en realiteit; tussen fiksie en die leser (17).

Punte van kritiek:

Márquez se naam word verkeerd gespel (16, 129) en Sonja Loots se Sirkusboere word verkeerdelik as Boeresirkus aangedui (130).

Fredric Jameson, nie Frederic.

Op bladsy 153 word daar verwys na kursus; die woord het kennelik ingeglip, omdat die boek oorspronklik as notas vir studente bedoel is.

In die geheel gesien is dit 'n entoesiastiese gids wat verskillende aspekte van die verhouding tussen die kamma-wêreld van fiksie en die harde werklikheid (Barthes se vraisemblance) vir die jong student oopmaak.

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunning van Beeld)


Gedig | Joan Hambidge - Marilyn Monroe: stil lewe in wit (2018)

$
0
0
Marilyn Monroe se lyk in die sterfbed

Weggedraai van die kamera
die foto van 'n lyk
met merke, yke
op die rug uitgekerf
bly sy slaap daardie slaap
van die rusteloses
ingebed en ingelê.
Oordosis of moord?
Die mes van die lykskouer
die hand van elke digter
(en speurende leser)
soekend na antwoorde
of uitsluitsel
in gedig na gedig:
ontleders, agoniste,
poësie-paparazzi,
en ander oopvlekkers
staan langs dié bed
nes die priester,
afwesig en gebedloos,
aan die leuens toedruk
op die imperium se bevel.
Pyn het geen protokol,
dis 'n ongenooide gas,
waarop haar rug
kilbloedig iets
soos 'n sug
van ontvlugting slaak.
'n Bottel slaappille
langs die skrynende
instrumente wat
moes oopmaak
en nooit weer
haar heelhuids
sou kon toekry
nie, nooit weer nie.
'n Onopgeloste saak
met digtende jurielede
terugkerend, soekend
na haar én die oerakkoord:
lewe onverbiddeliker
as dié konserf.

© Joan Hambidge

Die allegorie van lees versus die skilpoppe van interpretasie

$
0
0
Julia Kristeva © BGNES News Agency

I
Op ‘n herfsaand laat weet ‘n kollega dat daar die volgende op die internet verskyn het: (Julia Kristeva was communist secret agent, Bulgaria claims | World news | The Guardian. Besoek 29 Maart 2018).

En sy vra: dink jy hulle het Binet gelees? Sy The seventh function of language had my gaande. ‘n Letterkundige speurverhaal rondom die dood van Roland Barthes. Is Barthes “per ongeluk” raakgery of was daar ‘n komplot teen hom? (Woorde wat weeg/ Resensie | Laurent Binet – The 7th function of language, 2017).

Watter rol het Kristeva gespeel?

Is die onthulling dat sy ‘n spioen was in Bulgarye “waar” of “wolhaar”?

Het die teks dit onthul? Of het Binet, wat ook ‘n politieke ontleder is, oor binnekennis beskik?

Is “truth stranger than fiction”? Of ‘n merkwaardige voorbeeld van hoe die fiksionele dimensie dalk die werklikheid bepaal?


II
Tydens ‘n navorsingsbesoek aan die VSA doen ek navorsing oor dekonstruksie-kritiek aan Yale. Ek ontmoet J. Hillis Miller en Geoffrey Hartman. Wyle Barbara Johnson gee klas vir Paul de Man wat siek is. Haar klasse is informeel.

Deconstruction & Criticism het pas verskyn. Ek is betower deur die sjarmante Harold Bloom. Sy seminare sou my belangstelling in psigoanalitiese leesmodelle verder prikkel.

Paul de Man with Jacques Derrida

‘n Bom bars toe toe daar na De Man se dood uitgevind word dat hy in sy jeug ‘n Nazi-simpatisant was. Ortwin de Graef skryf hieroor in 1988. Die hele literêre wêreld is in rep en roer. Sommiges meen selfs dat ditbewys dat dekonstruksie geen politieke relevansie het nie en net eindig in ‘n spel met woorde. Sy vriend Derrida verdedig hom in ‘n artikel.

Lank na Derrida se verdediging van Paul de Man, die Yale-dekonstruksie-kritikus, verskyn daar ‘n biografie wat verdere aspekte van ‘n donker psige openbaar. Nie alleen was De Man ‘n kolloborateur in sy jeug nie, maar hy het ook sy wettige vrou in die steek gelaat. Hy het ‘n ander vrou ontmoet, met haar getrou, sonder om sy vrou te skei. Die wettige vrou is verder nie onderhoud betaal nie en insinuasies van diefstal, onbetaalde rekeninge, leuens en wat nog, word vertel. Boonop – so word daar beweer – het hy aan Harvard studeer sonder ‘n regte graad. Hy het dokumente vervals en almal wol oor die oë getrek. ‘n Mens word by die lees van hierdie biografie bewus van ‘n pre- en post-bestaan en ‘n intellektueel wat homself letterlik “oorgemaak” het. Die insinuasies – met bewyse van sy pro-Nazi-koerantartikels gevind deur Ortwin de Graef – het sy intellektuele vriende geskok en verskeie teoretici het hom probeer verdedig, o.a. Derrida, Hillis Miller, en vele meer. (Woorde wat weeg / Paul de Man en die Allegorie van lees).


III

En Kristeva?

Sy is een van die fynste teoretici oor poëtiese taal. Desire in language. Die siening van die chora. Die matrioska-beginsel.

Miskien moet dit weer herhaal word: ons moet fokus op die tekste wat skrywers vir ons gee.

“Sabina” se werk as spioen moet eerder vergeet word. Sy is en bly een van die grootste denkers van die twintigste eeu, en die rou emosies in die oorgang na ‘n demokrasie in Bulgarye moet as die verlede gesien word.

© Joan Hambidge


Resensie | Antoinette Olivier – Optelklippies (2018)

$
0
0
Antoinette Olivier - OptelklippiesKreativ SA (geborg deur Cordis trust), 2018. ISBN 978 1 928374

Resensent: Joan Hambidge 

Op die agterblad word hierdie debuut Optelklippies van Antoinette Olivier as haikoes beskryf, 'n digvorm wat 'n vlugtige natuurindruk weergee én suiwer wiskunde is. Die versvorm bestaan uit drie reëls met sillabetelling 5-7-5. Die haikoe, 'n Japannese versvorm, illustreer ten beste die tegelykertydsaspek van die digkuns. Sy pendant heet die senryu, oftewel 'n somberder, siniese vorm van die haikoe.

Oor klippe is daar al veel gedig in Afrikaans: Opperman se bekende "Te klip om te boom" en Maria Snyman het 'n belangrike MA-verhandeling (UNISA) geskryf oor klippe in die Afrikaanse digkuns. Daar is Ina Rousseau, Wilma Stockenström, Johann de Lange ...

Klippe, soos weet hulle te vertel, verraai iets van die bepaalde landskap en in Japan (by Hirosjima en Nagasaki) voel en lyk die klippe anders. Hulle was immers stil getuies van ‘n kernontploffing.

Olivier se bundel is nie rasegte haikoes nie. Trouens, min digters kry dit reg in Afrikaans (en hierom praat ons eerder van boere-haikoes), maar haar verse is bepaald genoeglik in die delikate waarnemings wat dit registreer.

Die essensie van hierdie soort gedig is die jukstaposisie tussen twee wêrelde of indrukke. In die tradisionele haikoe word dit 'n vertikale lyn waar die twee sieninge één word; in die Westerse tradisie vind ons dan die 17 sillabes (in 3 reëls) opgebreek met 'n sentrale woord wat die kireji of snypunt is in die gedig. Gewoonlik is dit in die slotreël van die gedig. Hierdie snypunt of draaipunt vind die leser en interpreteer dan die gedig róndom hierdie woord.

In tradisionele haikoes het 'n bepaalde woord 'n simboliese betekenis wat gewoonlik aan die natuur gekoppel is. Die leser lees dus assosiatief en laat die gedig in die gemoed gebeur. 

Die nuuskierige leser kan hier verder oor die haikoe lees:

herinneringe
uit 'n optelklippieboks
skiet in rotstuin uit 
(31)

Langs elke gedig word klippe opgestapel. Klein totempale?

geure en kleure
vars oor die tafel gestrooi
die ene monét 
(27)

Monet, die impressionis word hier geaktiveer, en sy siening van die plein-air-landskapskilderye wat ‘n reaksie was teen salonkuns.

Hiermee wil die digter Olivier dan ook die natuur-like beklemtoon, weg van die gedigte wat waarskynlik te “slim” en “geleerd’ aandoen …

wilgerboom skadu's
verf oë vir die gesigte
op die oorhangrots
(95)

vanoggend skielik
glip die somervenster oop
hoe rank die jasmyn
(87)

op een been staan hy
so probeer flamink flamink
in die vywer speel
(61)

Elke vers sal ‘n ander assosiasie oproep vir die leser.

Met hierdie bundel neem sy 'n plek in langs Eveleen Castelyn, meesteres van die haikoe en tanka. (Die tanka se vorm, terloops, lyk so: 5-7-5-7-7).

‘n Klassieke Castelyn-vers:

Roosblare bêre
hartvormig in die laaie
die as van liefde

(Uit: Minder as die engele uit 1990).

En Hélène Kesting in 'n "klein akkoord", moet eweneens nie vergeet word nie.

Kan bestel word van: Posbus 4404, George-Oos, 6539.

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunning van Rapport)


Resensie | Daniel Hugo – Openbare Domein (2018)

$
0
0
Daniel Hugo – Openbare Domein. Naledi, 2018. ISBN 978-1-928426-07-3

Resensent: Joan Hambidge

In hierdie bundel Openbare domein is die digter Daniel Hugo besig met 'n kaart en transport. Dit is 'n bestekopname van die ouer digter wat terugkyk na sy jeug, sy sieninge oor geloof soos in “Stoepsermoen” (12), die natuur, die mens se bestaan op aarde (en hierby inbegrepe die misterie van lewe en dood). Onstlape digters word aangespreek soos Lorca, Opperman, Uys Krige, Hennie Aucamp, Barend J. Toerien, Phil du Plessis, Gerrit Komrij en Ina Rousseau. Daar is gesprekke met Van Wyk Louw, Breytenbach en Johann de Lange, 'n kopknik na M.M. Walters en Pieter Fourie. Op 'n keer land Totius, Marais en Trantraal in een gedig ("Winternag").

‘n Belangrike tema is die gesprek tussen Hugo en Pieter Fourie: ‘n gedig heet “Knapsekêrel” (55) en Fourie in sy Bidsnoer plaas daardie gedig op die flap. Bepaald speurwerk! 

Daar is 'n gesprek tussen twee digters in "Tantalus", te wete Van Wyk Louw en sy seun Peter. In “Suising” (74) word Louw direk aangespreek in sy bekende woorde “my land, my dor, verlate land: / iets wens olywe groei in jou:”

Daar is kritiek op die selfie-generasie en huldeblyke oor gestorwenes. Aangrypende gedigte oor huisdiere en selfspottende verse oor katers.

Die digter is telkens besig met 'n siening van die digkuns en watter belangrike plek dit in sy lewe neem:

Heem III

’n man met die naam 
Brett Bard het hulle gekweek:
ons tuinsipresse
daarom staan hulle 
so regop en attent gespits
soos skrywerspenne
daarom grif hulle
so soepel teen die hemel
haikoes in die wind

In die gedig “Dekonstruksie” (103) is daar iets wrangs te bespeur oor die rol van die digkuns wanneer Derrida se sous rature (under erasure) ingespan word om die nutteloosheid en terselfdertyd dwingendheid van hierdie private spel te illustreer. Weliswaar ‘n private spel wat deur publikasie in die openbare domein land. Hierdie klein vernufsvers is ‘n besliste sleutel vir hoe die leser die spel tussen die private / openbare moet ontsluit.

Die openbare en private word dus telkens teen mekaar gestel:

Woorde vir die binnekamer

liefdesverklarings hoort in die binnekamer
word gesê en ek stem saam: openbare reklame
is ’n verleentheid – daarom uiter ek dit graag, 
liefsteling, in die hermetiese ruimte van ’n gedig:
hier waar ek agter my lessenaar sit, kan ek dit waag
om te fluister wat ek van die dakke wil verkondig

As vertaler lewer hy kommentaar op taal soos in "Klaaglied” (61) waar Afrikaans se “agterlike grammatika” onder die loep geneem word. In “Die digter as wesp” (59) word Hugo verse oor ander as venynig bekyk word. Die vers word ten slotte ‘n slim self-aanklag: dit wat jy oor ander skryf, word ‘n boemerang.

Daar is vernuftige, speelse verse soos:

Goliardegebed

Here, vergeef my al my flaters
my wilde kapaters
saam met gewillige maters
en meisies – snoer tog die snaters
van jaloerse haters
en agterafpraters
daardie gefrustreerde ou saters
met verkrimpte knaters
Here, bewaar my van die paters
met hulle wywaters
en ná diep nagte met konfraters
Here, lawe my oggendkaters

Vir my is Hugo ‘n onbetwiste vakman. Hy is op sy beste wanneer hy speels dig en sy portretgedigte oor ander digters is onthoubaar. Die liefdesgedigte in hierdie bundel vind ek minder. Die beste liefdesgedigte word vanuit ‘n posisie van afstand geskryf – ons dink hier aan Carol-Ann Duffy se Rapture wat die volledige geskiedenis van ‘n liefdesverhouding karteer. Wanneer die digter nog die geliefde óm hom as toeskouer en binne-leser innooi, voel hierdie leser dat hierdie gedigte net vir die geliefde se oë bedoel was?

Die digter ondersoek dieselfde bekende temas in sy digkuns en die meeste digters keer telkens terug na dieselfde “scene of the crime”. Dit sou ‘n interessante studie wees vir die speurende leser om te sien hoe Hugo temas hérbesoek en ontwikkel.

Prins Albert word in mooi gedigte herken as ‘n ruimte van inspirasie.

Daar is wel in hierdie bundel ‘n groter bewustheid van die natuur en die mens se geringheid binne die groter opset van die kosmos.

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunning van Rapport)

Huldeblyk | Foute vergissings verskuiwings (2018)

$
0
0
I

In sy resensie van Carel Antonissen se Vuurvas op Litnet skryf Cas Vos:

Van Wyk Louw het gedig: “slotreëls is altyd meer as slotte”.

Ook Ampie Coetzee haal dit verkeerd aan. Hierdie aanhaling moet lees:

“slotreëls is altyd sleutels meer as slotte

(Gedig XIV b. Tristia, 1962/1975: 94)

Op Versindaba word daar in ʼn onderhoud verwys na Emily Dickenson (sic!) en Daniël Hugo in plaas van Daniel Hugo in ʼn resensie. Kan literatore lees?

II

Op RSG kweel ʼn vroulike aanbieder: “Dit vat die koek”, met die bedoeling dat dit gewen het. Sy is klaarblyklik salig onbewus van die feit dat dit ʼn negatiewe uitspraak is.

Wie sub deesdae by koerante? In ʼn onderhoud met Sol Kerzner word Liza Minnelli se naam verkeerd gespel.

Is die wêreld besig om so snel te verander dat Johannes Kerkorrel reeds ʼn onbekende naam is vir ʼn tweedejaarklas in 2018? Net een student het die gedig van Johann de Lange begryp.

Nou ja. Ons dosente het ook gekla oor hoe min ons weet. Hulle kon immers Latyn, Goties, Middelnederlands lees en Frans of Spaans vlot praat.

Ek lees woordeboeke in my vrye tyd – en ou idiome en waar hulle vandaan kom, fassineer my.

Soos:

Iemand aapstert gee beteken om iemand ʼn pak slae te gee.

Te veel ape aan jou stert hê, beteken meer onderneem as wat jy kan behartig.
(IdiomeBesoek 10 April 2018).

III

In Rondom eie werk(Tafelberg, 1970) skryf Van Wyk Louw oor die opmerkings en uitlatings wat kritici gemaak het oor sy “Klipwerk”-reeks. Kritici het dit tipeer as los flenters poësie, flenters waarmee die skrywer nie verder hoe-maak geweet het nie en wat dan maar as fragmente gepubliseer is – die sogenaamde “skerwe van blink woorde” (36).

Louw neem tereg standpunt in teen vooropgestelde sieninge van wat poësie is téén die veronderstelling dat ons wéét wat ʼn gedig behoort te wees.

Met die ryke skat van “Klipwerk” en Tristia weet ons: daar is verskillende soorte gedigte.

IV

In sy belangrike studie Mirakel en muse (Perskor, 1983) skryf wyle H.J. Snyman oor die rol van ironie en die konflik in die menslike gemoed. Ons mag sentimentele of goeie idees koester, maar dikwels is mense brutaal. Ironie red ons wel hieruit (154).

H.J. Snyman is op 31 Maart 2017 oorlede.

En in hierdie studie wys hy op die verskillende soorte poësie wat bestaan. Hy lees vanuit verskillende hoeke en die sub-titel rig die teks: ʼn Studie oor die funksie van die implikasie-verskynsels by die interpretasie van ʼn gedig.

In vele gesprekke met professor Snyman het ek opgeskerp geraak oor implikasie, sub-teks en essensies.

Min lesers kon die essensie van ʼn vers insien soos hy.

Wanneer ek my opgewerk het oor vergissings en foute, het hy droogweg opgemerk dat die tyd dit alles sal uitwys. Hy het my verwys na Frank Kermode se vele studies oor mislesings. An Appetite for Poetrywas ʼn laaste geskenk aan my.

Ek doseer sy werk en hy bly, wat my betref een van die grootste Opperman-lesers. Sy tersydes oor Leroux bly eweneens bakens. Sy aanhaling uit Na’va en die menslike poging om ʼn vonk van die ewigheid vas te vang, begrond hy teen Louw en Opperman.

Leroux se analise van die simptome van ons tyd, bly stééds staan.

Hierdie is ʼn verering van Henning se lewe as besondere intellektueel en tydens hierdie Pase was ek opnuut bewus van sy afsterwe en die enorme verlies van sy vertrek.

Ek sien hom glimlag oor hierdie rubriek en hoor hom sug: “Ag, die ou meninkies.”

*

Pase HJS

And poetry 
sluggish in the doldrums of what happens.
Seamus Heaney

In jou laaste brief aan Die Herder
skryf jy oor die Heilige Gees
as katalisator kort voor jy vertrek.
“Is jy bang vir die dood?” vra ek
jou op 'n dag in jou windstil kantoor.
Die rooi dagboek punteneurig
met take vir die dag: 1, 2, 3.
“Nee,” antwoord jy sonder omhaal.
“Parakleet is aanklaer, pleitbesorger én Trooster.”
Daar waar jy nou is, geliefde mentor,
is dit 'n perpetuum mobile
met musiek waarna jy luister?
Waardeer hulle jou polifoniese wysheid,
wyl ons monotoon treur en verlang?
An appetite for poetry, jou cadeau aan my.
Frank Kermode oor William Empson via Hamlet
resoneer en troos op hierdie Paassondag:
“We shall not look upon his like again.”

© Joan Hambidge

Rubriek | The devil is in the detail (2018)

$
0
0
The Fall is ‘n uiters relevante speurreeks wat, behalwe vir die analise van ‘n reeksmoordenaar se optrede in Belfast, belangrike gender-stellings maak.
Stella Gibson (vertolk deur Gillian Anderson) bely sy het antropologie bestudeer en telkens lewer sy kommentaar op menslike gedrag. Sy verwys na interne en eksterne selwe. Die kyker is ook bewus van ‘n doubling tussen haar en die reeksmoordenaar. Sy optrede word in jukstaposisie met hare geplaas.
In die film lewer Stella Gibson kommentaar op hoe die media vroue sien: òf as hoer òf as maagd. In die media-dekking van die soeke na die reeksmoordenaar, is sy krities oor uitsprake wat haar manlike kollegas maak oor vroue. Selfs al is ‘n vrou ‘n prostituut, gee dit niemand die reg om haar aan te val nie.
In haar verhoudings met manlike kollegas is sý die een wat die seksuele interaksie domineer. ‘n Jong speurder word haar kamernommer in die Hilton gegee. Wanneer hy wil stort voor die interaksie, verkies sy dat hy dit nie doen nie. Sy neem ook in ‘n dominerende posisie in tydens die seksaksie.
Terselfdertyd is Specter besig om sy slagoffer te bad, die lakens te was en haar naels te verf. (Water is ‘n simbool van reiniging, en die jong Paul het nie gebad in die weeshuis nie sodat hy nie gemolesteer sou word nie. Stella swem in die hotelswembad om te ontvlug of te ontspan.)
Agterna wys Stella die jong speurder af. Dit was vir haar gewoon ‘n one-night stand (soos sy dit tipeer: ‘n sweet night). Sy erken teenoor ‘n vroulike kollega dat sy Antropologie bestudeer het en hierom het sy onder andere kennis van Sjinese gebruike soos ‘n walking marriage (The walking marriage of Mosuo ethnic group - China - Chinadaily.com. Besoek 18 April 2018).
Vir haar is seksuele ervarings vir die oomblik en iets waaroor sy nie skuldig voel nie. Wanneer die jong speurder doodgeskiet word en haar manlike eweknie, ACC Jim Burns (vertolk deur Jim Lynch) vra of sy skuldig voel, reageer sy nie emosioneel nie. Eerder ontwykend. Ook nie op die bekentenis van die vroulike en gay-kollega dat sy kondome uit die badkamer van die Hilton hotel verwyder het om háár te beskerm nie.
Sy is eweneens aggressief wanneer sy gekritiseer word oor haar (altans vir ‘n manlike kollega) transgressiewe gedrag. Wanneer ‘n vrou met ‘n man (objek) seks het, is dit onaanvaarbaar, konstateer sy. Andersom mag dit: man fucks woman (object).
Wanneer ‘n joernalis ontoepaslike vrae vra, is haar reaksie: ”He doorstepped me.” Sy gebruik ook kragwoorde. Ook haar kollega Burns is verlief op haar, besoek haar een aand wederregtelik wanneer hy dronk is en word deur haar geklap wanneer hy toenadering soek.
Sowel Stella as die Specter hou dagboeke of joernale. Hierin stort sy haar gevoelens uit oor abandonment. Haar vader is dood toe sy op ‘n jong en dus gevoelige ouderdom was.
Sy skryf haar diepste gedagtes en gevoelens neer wat hy in haar hotelkamer lees. Sy joernaal bevat foto’s en inskrywings van sy slagoffers wat hy wegsteek bo sy kind se bed. Sy weet dat hy na die moord op ‘n jong vrou masturbeer en dat sy joernale – wat die kyker meemaak – sy eie geskepte pornografie is (The Fall/ Gillian Anderson’s BBC Series | The Feminist Spectator. Besoek 18 April 2018).
Die reeks is die omkeerde van die tradisonele whodunnit,omdat jy as’t ware saam met die moordenaar en die speurder beweeg. Jy sien hoe Stella die legkaart bou rondom Paul Spector (Jamie Dornan) se optrede. Sy besef hy voel minderwaardig en hierom vermoor hy jong professionele vrouens wat hy soos objekte hanteer. Vanweë haar kennis van mans, besef sy ook dat hy masturbeer nadat hy ‘n vrou vermoor het, omdat hy nie in staat is om werklike intimiteit te beleef nie.
Trouens, hy voel wel skuldig oor ‘n moord op ‘n jong swanger vrou. As hy bewus was dat sy ‘n kind verwag, sou hy haar nie doodgemaak het. Hy laat ook nartjieskille agter …
Hierdie reeks werk met die idee van sielkundige doubling. Die intelligente vroulike speurder verstaan die psige van die moordenaar. Hulle is immers beide verwonde kinders. 
Is Stella ‘n man in vroueklere? Of is sy ‘n werklik bevryde vrou met agentskap.
Ek meen sy is laasgenoemde. Hierdie reeks dekonstrueer stereotipes oor genderrolle, en hoe rolle aangeleer word.
© Joan Hambidge
Viewing all 819 articles
Browse latest View live