Quantcast
Channel: WOORDE WAT WEEG
Viewing all 819 articles
Browse latest View live

Nicky Stubbs - For Friends & Family (2017)

$
0
0

Nicky Stubbs - For Friends & Family. Human & Rousseau, 2016. ISBN 9780798171250

Resensent: Joan Hambidge

I

‘n Kulinêre liefdeslied. So word hierdie pragboek bemark.

Kookboeke is nie net resepteboeke nie. Dit is in wese geskiedenisboeke. Dit vertel die verhaal van ‘n samelewing se siening van kos. Ek, terloops wantrou mense wat nie van eet hou nie.

Peter Veldsman se opdatering in 2010 van Leipoldt se kosboek (van 1933) bly ‘n belangrike argief. Daar  word vertel hoe Leipoldt as dokter van huis tot huis gegaan het en resepte opgeskryf het. Veldsman noem hierdie boek: “‘n prikkel tot die wonderwêreld van plaaslike kos sowel as die kookmetodes van Europese en ander kosghoeroes. Dit bly ‘n droomboek waaruit jy ongedroomde kosdrome kan droom”.

Die oudste kookboek is die Chinese Hong Ts.


In sy inleiding skryf Leipoldt dat die kookkuns so oud soos die mensdom self is. Vir hom is die kookkuns internasionaal. Ons manier van kook en kosbereiding verskil nie van ander lande nie. Elke land het wel sy eie skottels. Dit wat ons as eg Afrikaans ervaar, is geregte onder ‘n ander naam. Tog het ons wel unieke veldkos soos wateruintjies, veldkool, jakkalskos, ensomeer. Hy spreek eweneens die kwessie aan dat ons hier ‘n man vind wat resepte byeenbring; in daardie tyd was dit immers die terrein van die vrou.

My moeder was ‘n begenadigde kok wat kon eksperimenteer met wildsvleis met groot stukke knoffel daarin. Een van my gunsteling-geregte uit my jeugjare is haar gerolde beesvleis met toutjies opgebind. Of daardie varktjoppies wat sy sag laat stowe het in die oond met rys en appelmoes. Of haar beetslaai met uie in. Haar aartappelslaai met fyn gekapte ui, pietersielie en gekookte eiers. Met tuisgemaakte mayonnaise.

Een van my geliefde boeke – op my kombuisrak – is die Biba’s Italy (New York, 2006) se resepteboek oor Italië.

Die Fegato alla Veneziana het ek al getraai. Lieflik.

II

Nicky Stubbs se boek is ‘n glansryke antwoord op Kook en geniet, daardie treffer wat Huisgenoot se wenreseptenooit kon troef nie. Sy het ‘n Cordon Bleu-kookkursus voltooi en in sowel Londen as in Frankryk gekook. Verder het sy in restaurante gewerk, kooklesse gegee en vir tydskrifte geskryf. Sy ken dus die bedryf van binne en buite. Skrywer én resensent, as jy wil!

Die toets glo om te besluit of ‘n resepteboek werk, is om van die resepte in jou kombuis te beproef. Kook is nie my forté nie, maar my bedrewe buurvrou het ‘n paar resepte op die proef gestel en sy is beslis beïndruk. Trouens, ek moes pleit om my boek terug te kry om die resensie te voltooi met die allerpragtigste foto’s. Ek mog wel proe aan die baksels!

Sy haal Elizabeth Luard aan wat in Family Life ons attent maak op die genesing van kos. “Take a short view of life. Look no further than dinner or tea.”

Toe my oorlede moeder se Kook en geniet met ‘n trek na die aftreehuis verlore geraak het, kon ek onmiddellik haar troos met ‘n tweedehandse een. En Peter Blum se vrou het, toe Koos Human haar na jare in Londen raakgeloop het, gevra vir hierdie einste boek toe meneer Human wou weet wat hy vir haar kon stuur.

Nicky Stubbs praat dus met ‘n meer moderne gourmande en kok. Sy gee vir ons foto’s van haarself (en familie) wat hierdie resepteboek dan persoonlik maak. Die grootouers - woonagtig buite Kokstad - waar die kinders vrugte en groente gaan pluk het.

Dis dus enersyds ‘n nostalgiese reis die verlede in, maar andersyds ‘n uiters praktiese boek vol wenke. Sy vertel jou wat jy behoef om te kan kook. Ook wat jy in die spens benodig. Byvoorbeeld die soorte mosterd wat sy aanhou.

Tussen al die “grênd” resepte, is daar ook ‘n afdeling wat heet “Simple meals”.  Soos Hamburgers & Chips. En Makaroni & kaas, ‘n dis uit my jeug wat my nog steeds bekoor. Om my te nooi vir boerekos (dit weet my buurvrou), is die grootste treat denkbaar, omdat ek bykans elke aand van my lewe uiteet. Dit is my plek van sosialisering, maar met die voordeel: die volgende dag smul ek aan ‘n “doggie bag” en vermy slegte kafeteria-kos soos die pes. (Dit was immers Susan Sontag wat beweer het dat die slegste kos op aarde by universiteite te vinde is. # Badfoodmustfall, dink ek.)

En kyk watter gelukkige man lag uitbundig op bladsy 72!

Die kos is mooi gefotografeer; die “roast potatoes” (88) laat die mond behoorlik water. Haar raad: “keep it simple and as unfussy as possible”. In die afdeling oor “Beef & Lamb” – ek is nie vegetaries nie, maar lesbitaries – het my mond gewater. Dis amper weer tyd vir oxtail (osstert klink vir my terloops, obseen), en Saigon in Kaapstad is onoortroffe met ‘n Oosterse glimmer daarby. En die afdeling “Pork” – na Philidamet my as romankarakter – is dit welige, wulpse, woeste hamboude vir die stadige kookproses.

‘n Soettand het ek nie, maar ‘n mens kan hier onder andere duidelik die Franse invloed sien.

Dis ‘n lieflike boek wat ‘n mens inspireer. Miskien gaan ek tog iewers in hierdie dae ‘n kookkursus aanpak. Vleis kan ek braai en jare gelede beman ek en vriende ‘n gastehuis op Swellendam. Ek braai die fillet en vra vir die gaste of alles wel is. Weke later besoek mense weer die plek en die man vra: “What happened to your excellent chef, the rather large lady?”

Lees en geniet. Dis nadat jy ook gekook het.

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunning van Fine Music Radio)


Michiel Heyns – I am Pandarus (2017)

$
0
0

Michiel Heyns – I am Pandarus. Jonathan Ball, 2017. ISBN:9781868427758

Resensent: Joan Hambidge

Michiel Heyns is bekend as vertaler én as romanskrywer: The Children’s Day,The Reluctant Passenger, The Typewriter’s Tale, Bodies Politic, Lost Ground, Invisible Furies en A Sportful Malice. Hy het is al bekroon met die Sunday Times LiteraryAwardin 2012 en die Herman Charles Bosman-prys vir Engelse fiksie in 2015.

Hierdie leser is gaande oor Heyns se romans, omdat hy altyd 'n roman-probleem of literêr-politieke kwessie aanspreek. Dink maar aan sy The Typewriter’s Tale wat een van die mees aangrypende en oortuigende romans is oor die skrywer Henry James.

Hierdie roman begin in 'n kroeg en handel oor die figuur Pandarus, 'n karakter wat opduik in die tekste van Boccacio, Chaucer en Shakespeare, onder andere. In die OED verwys die woord pander ook na wellus. Pandarus self verwys na homself as 'n konstruk, 'n hibried. Is hy 'n blote slagoffer van die verskillende skrywers (wat van mekaar "gesteel" het), of is hy 'n semantiese ongeluk? Wat is dus sy essensie en wat is bloot toevallig? (p. 8-9). Heyns se roman bring die gesiene Shakespeare-kenner, Marjorie Garber se Vested Interests - Cross Dressing and Cultural Anxiety (1997) na vore. Mans in Shakespeare se tyd wat vrouerolle moes vertolk en die betekenis van die dragqueen in ons tyd.

Die roman gebruik dieselfde tegnieke as wat Umberto Eco in Baudolino(2002) aangewend het. Dit speel af in die 12e eeu en Eco se roman gebruik Latyn en Middeleeuse Italiaans en ander tale. Eco het sowel werklike as fiksionele karakters in sy verhaal soos Gavagai ('n verwysing na die filosoof Quine se karakter), Deacon John, die heerser van Pndapetzimen etlike historiese figure soos Frederick Barbarossa, Pous Alexander III, Stephen Hagiochristophorites, e.a.

As semiotikus, in sy studie The role of the reader (1980), verwys Eco na beginsels soos narkotiseer of opblaas in die leesaksie. Op jou sogenaamde "inferential walks", lees jy die storie dus op twee vlakke: as werklikheid sowel as fantasie. Die jong Baudolino met sy  verstommende kennis van taal word na Parys gestuur om verder te studeer. Kruistogte én 'n spel tussen fiksie en werklikheid dryf die verhaal voort wat eweneens rondom die Gnostiek wentel. Politieke onrus en Keiser Frederick se pogings om die Noordelike Italië se onafhanklikheid te tem, word afgespeel teen 'n fantasie-wêreld en mites. Baudolino ontmoet eunugs en eenhorings op sy reis.

'n Soort speurverhaal dus, soos Die naam van die roos / Il nome della rosa (1980).

Wie is die modelleser vir Heyns se roman?

'n Leser wat die hervertelling raaksien van Troilus en Chriseyde tydens die Trojaanse oorlog. Pandarus word vermeld in die Iliad, en speel as karakter verskillende, toenemend groter rolle by Boccacio, Chaucer en uiteindelik Shakespeare se Troilus and Cressida. In sy nawoord beklemtoon Heyns dat lesers 'n outentieke representasie verwag. Uiteraard is 'n roman egter fiksie en kan die skrywer sekere aanpassings maak.

Heyns maak van die historiese gegewe 'n klassieke middeleeus-Elizabethaanse amalgaam (240), en as voormalige professor in Engelse letterkunde ken hy al die kodes. Nes Eco as Renaissance-kenner op sy beurt ingelig is oor hoe daardie kodes werk.

Heyns se roman word voorsien van 'n lys karakters (menslik, goddelik en dierlik!).

"No escape for anyone anywhere", is 'n motto uit Milan Kundera se The art of the novel (1988).

Die slot aktiveer 'n soort fantasie wanneer die verteller wegstap uit die kroeg. Dalk terug in die tyd?

Hoe die verskillende weergawes ooreenstem en verskil met Heyns wat hierop voortborduur, is tersaaklik. Chaucer se gedig (in rime royale/ rymende stanzas), met Calchas die waarsêer speel af tydens die Trojaanse oorlog, met Pandarus as tussenganger vir die bemindes, draer van liefdesbriewe en getuie van ‘n tragiese einde. Die dood is 'n verlossing uit die heidendom en besinning van Christelike waardes - vanuit die perspektief van die verteller. By Heyns word paganisme vervang met gay-liefde, en The Pander's Tale is gelaai met ironie.

Heyns se verteller in die roman (Book Three) lewer kommentaar op Hektor en gay-liefde in oorlogstyd (119). Dit word weer in die werklikheid geplaas met die agent wat ‘n moeilike skrywer moet hanteer wat voel sy boek kry nie genoeg publisiteit nie …

Ek het my verkneukel aan die beskrywings van  Kassandra, en die insigte oor die "halcyon period of love" (117 – 118) is skitterend.

Die boek lewer slim kommentaar op die sewe argetipiese intriges wat bestaan in die romankuns versus geluk / waarsêery. Die betekenis van die liefdesring in die Middeleeuse tradisie en moderne tyd word goed vasgeknoop. Nes die tersluikse verwysing na die tarot en die gelukswiel (132).

Die roman is uitstekend geskryf en lewer kommentaar nie net op die gesprek tussen literêre tekste nie, maar ook op die afwesigheid van die numineuse - en hoe mense mekaar nodig het in hierdie tye.

Hierdie leser het lanklaas 'n roman (‘n soort metaroman) se uitdagings so geniet. Dit is goed dat daar romanskrywers is wat hul lesers uitdaag soos Heyns.

My resensie is inderdaad ‘n eulogie (‘n panegyric) vir ‘n fyn stilis en uitmuntende storieverteller.

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunning van Rapport)


In memoriam Karel Schoeman (1939 – 2017)

$
0
0

Om die werk van Karel Schoeman as groot te beskou, is nie oordrewe nie. Trouens, sy dood ruk ‘n mens tot stilstand omdat die Afrikaanse letterkunde ‘n skrywer van statuur verloor het. My eerste kennismaking met Schoeman se werk was in 1975 toe ons sy Op ‘n eiland(1971) behandel het in die eerstejaar prosakursus aan die Universiteit van Stellenbosch.

Die subtiele hantering van die liefde en die besoek aan die versonke stad, word toe ‘n eksamenvraag, een wat jou leserskennis toets vir subtiliteit in hierdie prag stemmingsroman.

“Die hoop beskaam en die liefde beteken afstand en verlange en verlies” (127) en die volgende binnespraak sou vele lesers herken en vir jare daarna kon opsê:
Daar is eilande wat deur geen mens bereik is nie, wit strande wat deur geen voet betree is nie; daar is fonteine van helder water waarvan niemand ooit gedrink het nie. Daar is gebiede wat op geen kaart vasgelê is nie en kuste waaraan daar nooit ‘n maan gegee is nie; geen oor hoor daar die geroep van die voëls of die slag van die branders nie, die afstande ongemeet en die dieptes ongepeil – o ja, daar is eilande. (132) 
Die roman eindig met die woorde:

Dit is ‘n lang reis van die eiland na Piréus.

En onderaan: 9 Junie 1970.

Tydens my eerste jaar as dosent aan die UK, doseer ek hierdie roman. Ek verwys na die besoek aan die versonke stad as die motoriese moment en hoe daar altyd ‘n spanning is tussen die vertellende en belewende aspekte van die vertelling. Ook die binnespraak is tersaaklik.

Schoeman se gebruik van sub-teks en sy subtiele hantering van ‘n gay-liefdesgegewe, is eweneens belangrik. En natuurlik: die agterna-perspektief en die gebruik van “vreemde” woorde. Die sirkelgang van die roman …

Die tersluikse verwysing na Le Rouge et le Noir van Stendhal met die wete dat daardie hoofkarakter toelaat dat sy emosies hom sal oorrompel … (The Red and the Black - Wikipedia. Besoek 2 Mei 2017).

By die heruitgawe van die roman, skryf ek soos volg op my blog:

Daar is hartgrypende passasies oor onvervulde liefde en begeertes regdeur die teks:
mense wat mekaar toevallig in ‘n trem aanraak, by haltes afklim – maar die begeerte word nooit opgelos nie. (Woorde wat Weeg/ Karel Schoeman - Op ‘n eiland, 2009. Besoek 2 Mei 2017). 

En later sou ek sy verruklike ‘n Ander land lees (1984), Afskeid en vertrek (1990), Hierdie lewe(1993) en veral: Die uur van die engel(1995) as persoonlike hoogtepunte uitsonder.

En natuurlik sy vertaling van Rob Nairn se ‘n Stil gemoed bly ‘n wonderbaarlike vertaling. So word hierdie boekie bemark, ‘n Inleiding tot die Boeddhisme en Meditasie:
'n Stil gemoed is 'n eenvoudige inleiding tot die Boeddhisme en meditasie. Die Boeddhisme is wesenlik 'n aantal metodes om met die verstand en gemoed om te gaan. As ons hierdie metodes verstaan en op ons lewens toepas, sal hulle ons inherente vermoe om innerlike vrede, erbarming en wysheid te ervaar laat ontplooi deur die potensiaal van ons gees te ontwikkel. Mediteerders in die Weste ervaar unieke probleme as gevolg van hul kulturele, sosiale en sielkundige agtergrond.
('n Stil Gemoed / Rob Nairn. Besoek 2 Mei 2017).

Sy Witnesses to war (1999) waar hy fungeer as redakteur van dokumente rondom die Anglo-Boereoorlog, is eweneens vir my ‘n persoonlike baken.

Hier sien jy die samehang tussen sy historiese werk en sy kreatiewe tekste. Hoe die navorsing die romankuns voed.

Schoeman skryf in sy Voorwoord dat mense oorloë romantiseer. Hierdie oorlog was egter een verveling, frustrasie, futiliteit en fisiese ongemak, skeiding, destruksie, swak vervoer en kosvoorsiening, disenterie, blase, stof, modder, vlieë, luise - teen die konstante agtergrond van potensiële geweld en gevaar. Hy wys op die geweld teen vroue in  die konsentrasiekampe en hoe kinders dikwels op doodskiste geslaap het.

26 370 wit vroue en kinders is dood in die ABO en veel meer as die 14 154 swart mense  as wat die offisiële statistiek weergee. (Woorde wat Weeg/ Karel Schoeman (Red.) - Witnesses to war, 1999. Besoek 2 Mei 2017)

Sy Na die geliefde land is verfilm as Promised land (2002).

In ‘n nuusflits uit Engeland, stuur ‘n vriend die volgende nuusberig aan:
Karel Schoeman died this morning in the Bloemfontein retirement village where he'd lived for the last few year. He took his own life, aged 77, and left a sober, unemotional and detailed explanation with his attorney, who has now released it to the media. The note describes his increasing lack of interest in research and writing, and his gradual physical deterioration. Not wanting to be a burden to others, and disinclined to deal with the indignities and pain associated with the later ageing process, he decided to commit suicide. He talks a bit about the necessity of public debate around assisted dying and the individual freedom to take one's life at the end. In spite of the legal restrictions operative in this country he notes that with knowledge and the assistance of relevant contacts there are ways to achieve a peaceful self-death.
En dit is ‘n raak opsomming van Schoeman: ‘n sobere, nie-sentimentele uitkyk wat kenmerkend was van sy skryfwerk.

Die invloed van Schoeman se werk op J.M. Coetzee se skryfwerk – veral die vroeëre Schoeman  – moet nog deeglik beskou word. Twee groot skrywers wat die landskap van stilte verwoord.

© Joan Hambidge

Jean-Philippe Toussaint – Die badkamer (2017)

$
0
0

Jean-Philippe Toussaint – Die badkamer (Vertaal deur Dan Roodt). Praag, 2017) ISBN 978 1 920128 20 3

Resensent: Joan Hambidge

La salle de bain word deur Dan Roodt vertaal as Die badkamer. En wat ‘n lieflike vertaling is dit nie! Op die blakerteks word die teks as ‘n meesterstuk-in-die-kleine beskryf, byna soos ‘n abstrakte skildery. Die voorblad is Octavia Roodt, wat onmiddellik die oog vang.

Inderdaad is die taal bondig en die teks, van die Brussel gebore Toussaint, skrywer van twaalf boeke en ook filmmaker, is lieflik. Die paragrawe is genommer.

‘n Jong man besluit op ‘n dag om sy intrek in die badkamer te neem. Hier lê hy en lees en tob oor die lewe. Niemand kan hom hier uitkry nie. Hy vertrek met die trein na Venesië, beland in die hospitaal...

Die boek neem die leser uiteraard terug na die romans van Alain Robbe-Grillet waar elke teken in die teks iets beteken soos in In die labirint van 1957. ‘n Mens dink ook aan Roland Barthes se beroemde teks, S/Z (1970) waar Sarrasine van Balzac in lexias opgebreek word.  Elke teken in die teks word ‘n teiken (om Merwe Scholtz aan te haal.)  Veerpyltjies word gespeel in die teks (57) en selfs Monopoly. Sokker is ook iets waarna gekyk word - 'n verdere kode.

Die kodes van wiskunde (Die kwadraat van die lengte van die skuinssy is gelyk aan die som van die kwadrate van die lengtes van die reghoekige sye, is ‘n motto uit Pythagoras) en die boek bevat drie dele: Parys, Die skuinssy en Parys. Mondriaan se spel met lyne en kleure is eweneens relevant. En sy die aspek van nie-representasie: lees hierdie teks net as teks …

Mondriaan maak die boek oop vir die leser. Die verteller is gaande oor die werk van Mondriaan en die onbeweeglikheid daarvan. Die afwesigheid van bewegingperspektief, is die dood (80). Hierdie novelle word ‘n stuk dinkwerk oor die verhouding tussen lewe en dood. Die verteller lees ook Pascal se Pensées.

Hy haal uit Engels aan uit Pascal; niks kan ons vertroos nie.

Die voetnoot op bladsy 34 is ‘n verdere aanwysing van hoe jy die teks moet lees. Die vertaler verduidelik netsukes as Japannese kunsvoorwerpe wat tradisioneel gebruik is om houers aan ‘n kimonogordel vas te maak.

Dit is nie ‘n koesarigama nie, maar ‘n delikate netsuke wat vereis word.

Die netsuke het dikwels ook ‘n klein verrassing binne hom. Sommige is drie-dimensioneel.

Ons het ‘n obsederende verteller, een wat onrustig is en ‘n houvas op die werklikheid verloor het.

Klein foute op bladsy 68 (ee-nvoudig); beweg-ingperspektief (80); vlo-erbedekking (94); nieluister(114).

Die novelle het my teruggeneem na Roodt se Twee sinne (1985), ‘n minimalistiese teks waarin die leser gedwing word om elke sin en woord te heroorweeg.

Ons Afrikaanse tekste het dalk te plot-gedrewe geraak en om ‘n novelle te lees wat eerder fokus op die stylaanbod, is verfrissend. Dann Gunn praat van die  “wondrous oddity of the banal”  in die Times Literary Supplement en Susanne Kunckel in Die Welt verwys na die speelsheid van die teks.

Is die gooi van die veerpyltjie werklik of nie? En die seekat?

En die besoekers? En die naam Edmondsson?

Besluit gerus self.

Dit is lieflike, opwindende novelle, uitstekend vertaal, wat vra vir ‘n wye, Afrikaanse gehoor.

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunning van Beeld) 

Elkarien Fourie - Vat jou hele hart (2017)

$
0
0

Elkarien Fourie - Vat jou hele hart: Kom saam na die Middelkoninkryk. Naledi, 2017. ISBN 9780928316469

Resensie: Joan Hambidge

I
Die Ooste het ek by verskeie geleenthede meegemaak en verken. Altyd met Hong Kong as die deurgang of toegang tot die Ooste. Ek het hierdie stad sien transformeer van 'n vuil, stinkende Chinese stad (in die vroeë negentigs) tot 'n hoogs gesofistikeerde wêreldstad waar geboue verdwyn en nuwes in hul plek staangemaak word. Ek was tweekeer in Japan; een keer in China, en veral in Beijing rondgeloop en die Groot Muur besoek.

Ek was net in die Ooste as toeris: Korea, Thailand en Indië. Tibet. Later na Viëtnam. (Rusland en Kroasië is weer nader aan ons.)

Elkarien Fourie het daar gewoon en gewerk en hierom is haar waarnemings deegliker. Ek het op 'n reis om die aarde oor die stede geskryf in Meditasies (Human & Rousseau, 2014):

 Tafereel

‘n Diepgroen boom
lowerryk, vol voëls wat sing,
staan in die agtertuin van ‘n huisie beskeie
in Beijing. Die oompies speel mahjong,
die tantes spoel al skinderend die wasgoed,
mense fiets verby, dis skoolkomuit-tyd.
Oor hierdie klein tafereel van menslike bestaan
staan daar ‘n voël opgesluit in ‘n hok. Sy kraalogies
draai soos ‘n arend s’n reg om dié gedoente.
Hy droom van ‘n ander bestaan, ‘n beter wêreld,
verby inperkings, vérvandaan, oor groot mure
veel, veel langer as sesduisend kilometer klip. 
‘n Toevallige besoeker sien dit alles, vou dit op
en knoop dit vas in haar geheue. So vredig
om in hierdie oomblik te wees, so ongelooflik eenmalig,
in hierdie digterlike tuin.

Elkarien Fourie se Vat jou hele hart: Kom saam na die Middelkoninkryk  is 'n wonderlike boek wat hierdie leser met groot plesier gelees het. In dieselfde tyd herlees ek Karel Schoeman se Op 'n eiland (1971) na sy afsterwe. Waar Schoeman die amper-bekende Griekse eiland weergee met sy gewoontes en hoe die reisigers daarop reageer (onder andere die besoek aan die versonke eiland), gee Elkarien Fourie 'n verslag van die Ooste en sy gewoontes.

Taalprobleme, vreemde kos, en hoe mense mekaar verstaan ten spyte van taalverskille, word goed beskryf. Hoe 'n mens verdwaal, omdat jy nie die kodes verstaan nie, of erger nog, in Tokio se middestad sal verdwaal, omdat daar nie straatnommers is nie. Gaan lees gerus weer Roland Barthes se Empire of signs, sy meditasie oor Japan, gepubliseer in 1970 (vertaal: 1983). Veral die "emptiness of language", is iets wat Barthes interesseer.


II

Ek het hierdie boek stadig gelees. Dit het 'n rooi lint as boekmerk.

Daar is vinjette wat 'n mens sal bybly: hoe sy in staat is om die enorme paradokse van hierdie ruimte raak te sien. 'n Telraam langs 'n komputer; 'n vuil gebou wat vol kosreuke hang en nooit skoongemaak is nie en iets sou kon verraai van 'n vervloë tyd.

'n Onthoubare oomblik is die klere wat sy laat maak, 'n deposito betaal en met behulp van die kleremaker vir 'n peditaxi betaal om haar terug te neem huis toe. (Later word sy wel verneuk of om om die bos gelei in 'n snaakse tee-sessie.)

Vele skrywers het al op die vreemde Engels in die Ooste gewys en die ongelooflike humor wat die eiesoortige, vreemdklinkende Engels tot gevolg het.

Ons beleef ook haar lewe as onderwyser, hoe sy as Westerling die Oosterse toilette ervaar (o.a. die gebrek aan privaatheid) en daaglikse wel en wee wat sy reguit vertel in haar joernaal. Soos Schoeman se roman word dit vanuit 'n agterna-perspektief vertel met 'n spanning tussen belewenis en vertelling.

Die menslikheid van China sal ek onthou. In Beijing sit ek in 'n klein township - ek drink 'n bier in die hitte. Bied dit aan vir 'n Oubasie (van diep in die 90), terwyl sy vrou die paadjie voor die huis skoonmaak. Uit haar stemtoon wat op en af beweeg, kan ek hoor sy raas met hom. Hy wys die bier van die hand, maar sy ogies flikker van dankbaarheid (en lus). (My bier was koud, anders as Fourie se ervaring!)

'n Ruk later raak iemand aan my arm. Dis 'n ouma wat trots haar kleinkind vir my wys. 'n Vader stap met sy mongoolkindjie voor my verby. En die oumense se dogter kom op haar fiets aan.

So word ek deel van hierdie klein wêreldjie. (En later skryf ek dan die gedig "Tafereel".)


III


Elkarien Fourie reis ook na Japan, 'n land wat ek twee keer meegemaak het:

Tokio 東京都

Op ’n oggend staan ek in die vismark,
sien hoe tuna, nori en aji uitgestal lê.
’n Bedrewe visserman, in geel rubberstewels,
vlerk ’n vis bek-oop met een haal.
Uit sy pens tuimel daar binnegoed
en ’n bloederige stank. Ook herinneringe
uit ’n diepsee-bestaan, volledig áfgesluit
van aardbewings of reënende bomme.
Berg Fuji ken hy nie en ’n ligte sneeuval
(nes sagte dons oor die oseaan) bly iets vreemds.
Edu se lugbesoedeling het hom nooit gekwel nie.
Hy was eens soos ’n vis in die water.
Nou word hy op ys gegooi vir sashimi.
Kort voor lank land hy weer in die oseaan,
in ’n opgebreekte vorm – volledig ont-vis –
reisend van die hand na die mond: tot uitskot.

(Visums by verstek. Human & Rousseau, 2011.)

Onderhoudend en aangrypend is  die gedeelte waar sy in Japan gehelp word toe sy nie by 'n OTM kon geld trek nie. Ek het 'n soortgelyke ervaring gehad in Tokio toe ek verdwaal en 'n man my na die hotel begelei het, en die gawe hotelbestuurder my selfs 'n boekie gegee het met woorde en frases wat ek mag benodig. In Kyoto is ek as professor Ham aangespreek in die hotelletjie: ek en die tantetjie het mekaar sonder taal verstaan en saam na Barcelona geluister.

Want buite Tokio is daar bykans geen Engels nie. En as jy die rituele nie begryp nie, kan jy in groot ellendes raak. Daar is baie engele ...

Arthur Golden se Memoirs of a Geisha (2005) is weer deur Fourie se boek in die herinnering terug gebring.


IV

'n Paar indrukke rondom hierdie ryk geskakeerde teks. Omdat Elkarien Fourie die land intens meegemaak het, is sy bewus van die paradoks dat hoe langer jy in China vertoef, hoe moeiliker is dit om 'n duidelike afleiding van hierdie komplekse gemeenskap te maak (81).

Chinese skryfkarakters (logogramme) word al meer as 5 000 jaar opgeteken. In een van my mees opwindende kursusse voorgraads het ek die geskiedenis van China bestudeer. Die outeur help 'n mens om die verskillende oorgange te begryp.

Chinglish en verkeerde taalgebruik, is iets wat sy humoristies aanbied. Ook die besoedeling van stede, mense wat spoeg en gasse uitlaat, word behandel. Telkens hoe Westerlinge sterk reageer op die gebrek aan ruimte tussen mense. Sy wys op die verskil tussen Mandaryns en Chinees (44). Ook hoe mense luister na Edelweiss uit The Sound of Music en patrioties daarmee identifiseer (45).

Sy verduidelik die betekenis van lang pinkienaels by mans (52): 'n teken dat jy nie 'n werker is nie en dus nie met jou hande hoef te werk nie. Maar, die pinkie kan ook "elders" handig gebruik word ...

Die geskiedenis van Marco Polo is uiters leersaam, nes vele historiese gegewens wat sy uiters verteerbaar oordra.

Sy behandel die redes vir die oop gleufies ágter in kleintjies se broekies (vir maklike ablusie).  In Beijing het my hotelgids verduidelik dat dit ook teruggaan na 'n tyd toe gesinne baie kinders gehad het en daar nie tyd was om elkeen se boudjies af te vee nie.

Die vermindering van vroue in die ou China: dogters het nie herkenbare name gehad nie. Name soos Tweede Dogter, Bring-'n-Boetie ... Sy wys tereg daarop dat in die kommunistiese oorgang is dit wel reggestel.

Elke hoofstuk begin met 'n Chinese woord. In haar eie woorde:
Aspekte van die lang en roemryke geskiedenis van China is ingeweef in my ervarings soos ek dit teëgekom en nagevors het, maar die ontwikkeling van die skrif is veral fassinerend. Daarom het ek besluit om aan die begin van elke hoofstuk die etimologie van ’n woord of term wat in die hoofstuk voorkom, te wys soos dit sedert die Sjāng-dinastie, amper 2 000 jaar voor Christus, die eerste keer geskryf is op skilpaddoppe en os-sleutelbene wat dan in vuur gegooi is om die toekoms te voorspel na gelang van hoe die bene gekraak het.
(Vat jou hele hart deur Elkarien Fourie/ ’n onderhoud | LitNet. Besoek 11 Mei 2017)
En vir haar foto's (’n Fotoalbum uit China | LitNet. Besoek 11 Mei 2017).

Saigon en Haiku is twee Kaapse restaurante wat iets van die kompleksiteite van Oosterse cuisine opvang.

Tereg is die leunstoelreisiger vandag in staat om 'n foto af te laai van die internet van dit wat die werklike reisiger intens beleef het.

Maar Elkarien Fourie is 'n werklike reisiger, een wat vele uitdagings die hoof gebied het, ook 'n onverwagse besoek aan 'n hospitaal! Die ervaring met die owerhede (toe sy gemeen het haar paspoort en selfoon is gesteel) vertel iets van wat met jou kan gebeur in so 'n landskap; ook as jy jou paspoort nie by jou het nie...

Peper klink soos paspoort! En as jy nie toonhoogtes van die taal bemeester het nie, lei dit tot funeste gevolge.

Die geskiedenis van geloof en die Christendom in China dui op baie navorsing. Haar bergklimekspedisies dwing bewondering af. Sy wys op ons wanopvattings oor die afwesigheid van die Christendom in hierdie lande. Máo se vrou, die impak van selfdood (seppuku) in hierdie kultuur (Yukio Mishima), die bedeltradisie, Confusius, fietsry (en wat dit eens gesimboliseer het), word onder die loep geneem.

'Millenia' op bladsy 180 moet wees 'millennia'. 'Op 'n stadium' moet lees 'in 'n stadium'.

My kreatiewe reaksie dui inderdaad op my bewondering vir hierdie boek. Van kormorante wat gebruik word om vis te vang tot die ellendes van die Kulturele rewolusie word beskryf. Omdat sy dikwels alleen reis en in hostelle bly, maak sy met gewone mense kennis. Hierdie boek resoneer ook met Erns Grundling se Elders, wat sopas verskyn het. (Woorde Wat Weeg/ Erns Grundling – Elders (2017). Besoek 13 Mei 2017). 

Haar ervaring van die impak van diabetes word goed beskryf. Sy maak 'n mens nuuskierig oor 'n onopgeloste moord en jy moet maar self gaan lees! (396)

Dit is 'n wonderlike boek wat die idee van 'n homogene China vir altyd ophef. Dit het vir hierdie leser soveel herinneringe opgeroep.

Die slot van die groot voete waarmee die hele land haar hele hart deurgetrap het, som haar ervaring goed op.

Paul Theroux, eat your heart out!


(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunning van Fine Music Radio)

Interview. Joan Hambidge talks to Michèle Betty

$
0
0

Metaphysical Balm was launched at David Krut projects in Newlands on 23 March 2017 and below is the interview between the author and Joan Hambidge conducted at the launch.

1. Explain the title of your book, Metaphysical Balm
During the course of my Masters at UCT, I began to read the work of Friedrich Nietzsche. In his text, The Birth of Tragedy, Nietzsche refers to a metaphysical comfort in the context of humanity. All humans will one day die, but Nietzsche finds comfort and redemption in the notion that when that transpires, we are becoming part of one great living being. This notion of a metaphysical comfort resonated with me. The idea that it is possible to derive comfort and consolation by achieving wholeness in another realm is an interesting and comforting thought. The notion of the Balm is activated by the biblical reference in Jeremiah 8:22. The Book of Jeremiah portrays a nation in crisis and introduces the reader to an extraordinary leader on whom God placed the burden of prophetic office. Jeremiah was born about 650 B.C and while still young, he was called to his task during King Josiah’s reign, who instituted many reforms supported by Jeremiah. However, after the death of King Josiah, idolatry returned, which Jeremiah began to vehemently oppose. He was arrested, imprisoned and subjected to public disgrace. The final words of this poem – “Is there no balm in Gilead?” – is a quote from Jeremiah 8:22, where in a metaphorical plea for healing, Jeremiah laments: “Is there no balm in Gilead, no physician there?” Interestingly, the Balm of Gilead was a medicinal salve sought to help cure illnesses. The question that the passage raises is how a people, known for balm trade, had become so broken and so ill. And concomitantly, one of the central questions raised by the collection is how is it possible to find wholeness and healing in relation to the metaphysical – in other words how is it possible to connect to that which is remote, yet still remain grounded.

2. You refer to the Bible:
No evil shall befall you, nor shall affliction come near your tent, for to His angels God has given command about you, that they guard you in all your ways.
– Psalms 91 (10–12)

Owl invokes a paraclete for Christopher Clohessey:

Holy Spirit
Spirit of Truth
Lightful Spirit
Holy Breath
Almighty Breath
Giver of Life
Lord of Grace
Helper
Comforter
Counsellor
Supporter
Advocate
Paracletus
Parakletos
Paraclete
Who can you be?
What will you look like?
Grace infused
with virtue,
light to distil
dark corners,
tongues of fire
to empty a tomb.

Comment.
The notion of spirituality is a theme central to the collection. I have used many biblical references throughout in order to highlight the notion of the possibility of another realm or dimension existing if not in this world then in another dimension. However, the references are not limited to pure Christian concepts of religion. Any means of tapping into an external spiritual world are embraced and so for instance you will see references to Hinduism, to concepts like the God-shaped hole in the soul (a concept that Blaise Pascal wrote about in his Pensées), to religious icons and saints and to many ideas inspired by Carl Gustav Jung (La Bête Noire) and so on. The idea of liminality, crossing thresholds from this life to another is also central – the bible seemed to me to be able to provide key insights to this other dimension that we all search for.

3. T.S. Eliot is an important inter-text in your work.
And what you do not know is the only thing you know
And what you own is what you do not own
And where you are is where you are not.
– T. S. Eliot, “East Coker”

Between melting and freezing
The soul’s sap quivers. There is no earth smell
Or smell of living thing. This is the spring time
But not in time’s covenant.
– T. S. Eliot, ‘Little Gidding’

Reflect on this.
The themes contained in T. S. Eliot’s work, the Four Quartets, are universal and underpin many of the themes in my collection. Each section in the collection is prefaced by a quote from Eliot and works as an introduction to and clue to the content of the section. I read a valuable work on Eliot by C. A. Cahill titled T. S. Eliot and the Human Predicament. The author maintains that Eliot’s central view of human existence is that it is challenging, perplexing and fraught and to live with any degree of consciousness is to recognize the conflicts that need to be resolved. Eliot’s poems are concerned with the human predicament, the conflict between good and evil. These themes are touched on in many different parts of my collection, in the sections where Crow and Owl encounter one another, in the sections dealing with illness and death. The realities that we encounter as humans of illness, death, abandonment and other forms of suffering, are acknowledged, however, they become subordinate to the human ability to find redemption and comfort in a spiritual place, call it God or heaven or whatever you particularly choose to believe is out there.

4. Discuss the trope of the owl as an “objective correlative” and the Ted Hughes poems. Why did you choose Hughes?
The inspiration for my owl motif came in an almost fateful way. For the purposes of my M.A., I attended Imraan Coovadia’s course on creative writing. During a particular workshop, Imraan, after reading some of my poetry, asked whether I had read Ted Hughes’s Life and Songs of the Crow. Two days later, while wandering through the shelves of a second-hand bookstore, I curiously came across a copy of this book. The poems thumped a metronome in my ears for days, his Crow haunting me at night and pursuing me in the day. The anguish and despair of the poems were all consuming. I resolved to attempt to create a portfolio that, while acknowledging the pain of living in this world, would be the antithesis of the despair and anguish imbued in Hughes’s crow poems.
T. S. Eliot’s doctrine of the objective correlative is expounded in his essay on Hamlet, “Hamlet and His Problems”. In it, Eliot famously describes Hamlet as “most certainly an artistic failure” as the work did not, in his view, contain an objective correlative. Essentially, the technique of employing an objective correlative entails using an object that serves a symbolic purpose, or evoking emotion by means of a symbol, (which becomes indicative of that emotion). The object becomes a translating mechanism that poses questions that are not necessarily on the page. It allows the poet to achieve greater detachment. I used the owl motif as an objective correlative in an attempt to achieve greater detachment in relation to the themes that I was tackling. By repeatedly invoking the object, the reader begins to recognise that the presence of the object (in my case the Owl) is a kind of bridge that draws the reader to larger thematic meaning in the work as a whole.

5. You write:
Scotus’s haecceitas,
Hopkins’ inscape,
and I stand back
in awe of Him. (42)

What does “inscape” mean to you?
Gerard Manley Hopkins was influenced by medieval theologian Duns Scotus, who developed the notion of haecceitas: everything created has its own distinctive character, which makes it unique and shows God’s purpose in creating it. This is its “self” or “thisness”. Hopkins developed a theory of inscape based on his reading of Scotus. According to Hopkins, in the ideal moments of inscape, various elements of a scene or thing come together and God can be seen there. Each thing has its own distinguishing characteristics with a natural urge towards its proper function. The revelation of God occurs in the revelation of the “self” of a thing. This is the ultimate beauty, a moment of oneness or fusion when all the separate qualities come together to form what it essentially is, and God is seen there.
Rilke expressed it another way when he referred to in-seeing. He uses the example of a dog to describe what it is to “in-see”. By this he means not just seeing through the dog but, as he describes it, situating yourself in the dog’s centre – that place where God, when He sat down for a moment after creating the dog, would have acknowledged that nothing in it was lacking and that it could not have been better made. Rilke urges poets to write from that place of God-like in-seeing.
So inscape for me, is a combination of Hopkin’s inscape and Rilke’s in-seeing.

6. Please reflect on “duende” and Lorca.
The term Duende is difficult to define in English. It is a Spanish word that connotates a heightened state of emotion, coupled with authenticity or “having soul”. The quote “no formar más que la médulla de forma” can be translated from the Spanish as “not form, but the marrow of form”. It is from a lecture that I came across at UCT on the topic of Duende in Spanish art “Juego y teoria del duende” (Theory and play of the duende), given by the poet Frederico García Lorca in Buenos Aires in 1933. Essentially, Lorca advocates that strong emotion is impossible without the arrival of duende. It is a subtle force that surges from the soles of the feet and rouses the blood. In dance it is often referenced in the Flamenco, the dance that Owl performs in Duende.
Duendeno formar más que la médulla de forma– Federico García Lorca Owl felt the blood surgefrom the knobbly solesof her feathered feetrushing up her sinewed legs,ascending in a rhythmic tempoto balloon in flexible arteries,passing through hollowcavities in her neck,pooling in minute reservoirsat the base of her head.As she swivels her neck 270 degrees,“Olé! Vive Dios!” exalts Owl,listening to the stampingof her feet, flamboyantly rousedby the curved sensationof this unearthly, flame-coloured,swell of blood. 
7. Reflect on the themes in your volume. Who do you regard as major English South African poets?
The Owl in Metaphysical Balm represents religious longing, introspection, transfiguration and femininity. The reader embarks on a journey with the Owl, from birth, through baptism, illness, fear, dangers, through a process of individuation to end, transfigured, wisened, liminal and crossing boundaries from earth to the next dimension.
One of the aims of my publishing company is to turn South African poets back to understanding and recognizing their own canon of sublime poets. In my blog, I feature, on a bi-monthly poets, Featured Forgotten South African Poets. Ruth Miller and Douglas Livingstone were my first two choices and I consider both these poets as seminal South African poets. On the more recent front, I am currently reading and enjoying the underrated Wopko Jensma and Arthur Nortje.

8. You were enrolled in a Creative Writing course at UCT and attended workshops with Afrikaans poets. Did you register the importance of Afrikaans poetry and reviews? How did you experience the “collective of workshops” and the reading material on The Anatomy of Poetry?
Afrikaans poetry has a more vibrant and exciting poetry “vibe” than anything English has to offer. Their poets have many more opportunities to come to publication, there are critical and academic debates on Versindaba and Litnet, that we just do not experience in English. And their understanding of the Afrikaans canon of writers is beyond anything I have experienced in English: Van Wyk Louw, Opperman, Cussons, Eybers, are assumed reading for any Afrikaans poet. My exposure to the Afrikaans poets taught me the value of understanding and embracing language, as a mechanism to understanding and embracing different cultures.
Workshops are an invaluable means to improving on your work. On a practical level, they compel you to prepare work that you know must be read in front of critical colleagues. Feedback from a trusted circle of contemporaries is fundamental to improving your work, gaining ideas and understanding different types of poems, sonnets, villanelles, haiku, sestina – whatever. Reading aloud is also essential and workshops offer you the opportunity to do so in an unofficial forum. 

9. What are the aims of the Dryad Press? Why should people read poetry?
Dryad Press is dedicated to the promotion and publication of poetry in South Africa. It recognizes that one of the fundamental reasons publication is so difficult is because people do not purchase poetry collections and the reason for this is because they don’t read enough poetry. To try address this impasse, Dryad is planning to launch several pop-up poetry mornings at high schools in and around Cape Town. Our project has been taken up by The Cape Academy of Performing Arts, who introduced the idea as an assignment for their final year dance students. Students will select poems in English, Afrikaans and IsiXhosa from the matric syllabus and transpose them to music and dance. They will be assessed in June 2017 and we will be performing a selection of their best pieces at poetry pop-up events, to be held at various Cape Town high schools in the first two weeks of August 2017. Be in touch with Dryad Press if you wish to book a slot for your school on business@dryadpress.co.za!

Pieter Fourie – Knapsekêrels (2017)

$
0
0


Pieter Fourie – Knapsekêrels.Naledi, 2017. ISBN 978-0-928316-47-6

Resensent: Joan Hambidge

Pieter Fourie is 'n gesiene Afrikaanse dramaturg en een van die grotes. Die mees gepubliseerde en bekroonde dramaturg, dié is hy.

Hy debuteer onverwags met 'n pragbundel Knapsekêrels met kontreiverse wat sterk herinner in stylaard aan Van Wyk Louw se Klipwerk-reeks. Louise Viljoen se bekende artikel "Digterlike gesprekke met N.P.Van Wyk Louw" (2008; Besoek 20 Mei 2017) wys op al die gesprekke met Louw. Ook hierdie digbundel is dan 'n belangrike wederwoord of voltooiing.

Hierdie bundel neem 'n mens vérder terug na Ezra Pound se vers "In a Station of the Metro" (1913):

The apparition of these faces in a crowd;
Petals on a wet, black bough.

Hierdie kort kriptiese vers (wat net 14 woorde het) is al beskou as 'n mini-sonnet.

Dan is daar TT Cloete se briljante analise van Van Wyk Louw se vers "dat akkers op die sinkdak val/ en vye op die ringmuur breek" wat die leser attent maak op die kompleksiteite wat opgesluit lê in sulke skerfies gedigte. Cloete beklemtoon dat jy as leser die gedigte moet "voltooi". (Een gedig is meer as een | T T Cloete | Literator. Besoek 16 Mei 2017).

Boerneef, ons ander groot volksdigter, staan skielik op uit die dode, o.a. in  Breytenbach se Die na-dood en Johann de Lange se ‘n Hunkering se grein.

Fourie praat dus met gekanoniseerders, hier te lande en buitelands. Die handige woordelys agterin die bundel maak die gedigte "oop" vir die leser onbekend met streekgebonde woorde, en help om die gedigte beter te begryp. Fourie, soos wyle Anton Prinsloo, een van my helde, bewaar "annerlike" Afrikaans.

Hierdie soort skerf-gedig, soos hierdie leser dit tipeer, word dikwels geskryf deur ‘n volwasse digter wat terugkyk op sy jeug. Dis verse gevul met nostalgie, verlange en pyn; van ‘n wêreld wat vir ewig verby is. Johann de Lange skryf tereg in die blakerteks dat sowel die taal- as die emosionele register wyd is. Kortom, dit is nie die soort gedig wat ‘n jongeling sal kan skryf oor sy jeug nie. Fourie is 77, wat hom ‘n ou-debutant maak en die oudste in Afrikaans. Maar sy ouderdom is net tersaaklik wat die terugkyk-aksie betref. Gebore en getoë in Philippolis, gee hy vir ons sy “hardnekkige knapsekêrels” digterlik weer. Pound se gedig aktiveer die dood van mense tydens die Eerste Wêreldoorlog en sy kennis van die Japannese digvorms (soos die haiku), word ‘n wrang-ironiese kommentaar op die oorlog.

Fourie skryf boere-haikoes. Punt-digte. Onvoltooide verse wat wag vir invul en klaarskryf. Die gedig as blokkiesraaisel vir die leser.

Van Wyk Louw se “Klipwerk”-reeks is volksliedjies en guitighede wat hy aangepas en verdigterlik het. Pieter Fourie se gedig “voorbode” (111) het dieselfde ingeboude premonisie as Pound se vers:

voorbode 

’n ouvolk sit
op dophouklip 

skielik gil
tinktinkie skril

 in huisnok skuil
die nonnetjie-uil 

dan kou die lam
aan doodsnot van 
witappeltjie 

Witappeltjie as die giftige karoobossie wat die gevreesde gousiekte by skape veroorsaak, word hier met die ouvolk, ‘n primordiale dier verbind. Die uil is eweneens ‘n simbool van die dood wat die leser wat moet voltooi en neem na Jeanne Goosen se ‘n Uil vlieg weg (1971).

Maar dis alles net dood en ellende nie. Daar is ook humor – soos by Louw – met verwysings na idiome soos “die swart varkie skrou”, oftewel die drang na drank (of onttrekkingsimptome) of ‘n “lekmy” wat ‘n oorvol bottel wyn beteken. Of “ou snuif” vir die vroulike jy-weet-wat.

By Louw is die skunnige eweneens aanwesig. Kyk hoe laai Fourie ‘n varkblom met seksuele innuendo (103). Die reeks “los kraletjies” (59) is ‘n hoogtepunt in hierdie bundel met sy speelse aanslag:

2 

tietermantollie
tonteldosie
in knippievlam
kring ons krosie

En hoe pragtig om te verneem van die “bokwagter” (39) se kaviaar in die diep Tankwa.

Wingerdgriep 

my baaisiekel se naam
nugter-en-dronk
dorp toe nugter, huis toe dronk 

ai, toggie, ai
swerkater
ou swartmaraai 

tortel kan buite koer
maar my tessie
kom deur tralies loer (86)

Die verskillende afdelings snoer die gedigte saam: kiekie, knelter, oumeidsoen, veervolk, goljaartjie, duwweltjie, stilte. (Goljaartjie beteken vrolikheid!)

Die "kartetsies son" in hierdie gedigte dra jy met jou saam met groot plesier. Die gedigte is dikwels klein dramas met 'n poelpetaanjol. (Dit verwys na die tarentaal.)

Die gedig "voorland" (134) is weer 'n besinning van verskillende landskappe en die wete dat ons uiteindelik beweeg van verneukpan, na buitepos tot by bokveld.

Bekende akteurs word aangespreek en die digter-literator Merwe Scholtz wat op sy dag besinnende essays oor Louw geskryf het. "gebed" (116), 'n pynlike lykdig, word aan Chris Louw opgedra.

‘n Man wat só kan dig, verdien al die akkolades. Om so ‘n “geurtjie in gebeurtjie” om te sit, vereis ‘n vaste hand én oor. Pieter Fourie het met hierdie digterlike oes iets presteer: min woorde, maar baie implikasie én nadink. Die digkuns as klokhelder stilte.

Naledi uitgewers het hier 'n belangrike bundel gepubliseer en hiermee ou woorde aan die vergetelheid ontruk.

Pieter Fourie (Foto: Conrad Bornman)

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunning van Beeld)


Julieta (Pedro Almodóvar, 2016)

$
0
0
I

In 2016 verskyn die rolprent Julieta van die Spaanse filmmaker Pedro Almodóvar.

Dit is gebaseer op drie verhale ("Chance", "Soon" en "Silence") uit Runaway (2004) van die Kanadees Alice Munro, wat die Nobelprys in 2013 verower het en die gesogte Man Booker in 2009. Sy word op die Nobelprys-lys geloof as die meester van die kontemporêre kortverhaal.

Twee uiteenlopende ruimtes en kulture. Kanada as afstandelik, beheers koud. Spanje as meer emosioneel; minder beheers dus.

Almodóvar transporteer hierdie gegewe na 'n Spaanse landskap, omdat hy glo nie kon identifiseer met die koue, onemosionele Kanada nie. (Woorde Wat Weeg/ Met ’n mond vol films/ PedroAlmodóvar. Besoek 28 Mei 2017).

Ek was nog altyd gaande oor Munro se kortverhale, so veel so dat ek 'n resensie in 'n briefvorm aan haar geskryf het. Dit was oor Too Much Happiness wat in 2009 verskyn het. (Woorde Wat Weeg / Alice Munro - Too much happiness, 2009. Besoek 28 Mei 2017).

II

Die film sny die verhouding tussen 'n moeder en dogter aan. Meer spesifiek, 'n kind wat uit weerwraak haar moeder met stilte straf, omdat sy voel dat die moeder verantwoordelik was vir die dood van haar vader. As dit nie vir hul rusie was nie, sou die vader nie daardie dag die stormagtige waters getrotseer het met sy vissersbootjie nie. Die kind se siening berus op 'n buitestaander se skinderstorie, iemand wat deel was van die familie vir baie jare en waarskynlik uit persoonlike onvervuldheid, stories aandra. Daardie persoon word vertolk deur Rossy de Palma, 'n ikoniese figuur in Almodóvar-films.

Emma Suárezen Adriana Ugarte vertolk die jonger en ouer Julieta.

Die verhaal begin in Madrid. Julieta is vervreem van haar dogter, Antia, en sy en haar vriend, Lorenzo, is op pad na Portugal. Sy wil egter nie meer saamgaan nie nadat sy in Bea vasgeloop het en verneem dat haar dogter in Switserland woon met drie kinders. (Die moeder is onbewus van die ware aard van die verhouding tussen die twee meisies, wat later tot gevolg het dat Bea vlug van Antia. Ten slotte wil Antia weer versoen met haar.)

Na hierdie ontmoeting gaan sy na die woonstelblok – die enigste adres wat Antia besit van haar – waar die jong meisies saam gewoon het.

Hier begin Julieta met 'n joernaal en die kyker van die film sien met terugskote van hoe sy haar man Xoan ontmoet het op 'n trein. Ons sien ook die onverwagse dood van die vreemdeling oorkant haar in die trein.

Toevallige ontmoetings: die man oorkant haar in die trein (wat selfdood pleeg) en die ontmoeting met die visserman Xoan word gesinkopeer met die verdere toevallige ontmoeting met Bea waarmee die film begin.

Xoan se vrou is in 'n koma. Hy nooi Julieta, 'n taalonderwyseres, na sy huis. In die agtergrond is Ava, 'n kunstenares met wie hy 'n verhouding gehad het.

Julieta is swanger met Xoan se kind. Sy trou met hom, besoek haar vader (met haar jong kind) wat op sy beurt 'n verhouding het met sy huishulp, terwyl haar moeder ly aan Alzheimer se siekte.

Sowel Xoan se vrou as Julieta se moeder is disfunksioneel.

Inmiddels gaan Antia op 'n kamp, ontmoet Beatrice. Op 'n subtiele wyse word 'n seksuele verbintenis tussen hulle gesuggereer.

Die twee moeders ontmoet. Xoan sterf op 'n vissersboot tydens 'n storm en Julieta vertel haar dogter hiervan.

In die wending vertrek Antia na 'n spirituele retreat (vir drie maande) en wanneer haar moeder met haar kontak probeer maak in die Pirenieë, word sy meegedeel dat sy, Julieta, nie deel is van haar spirituele reis is nie. Op haar 19e, 20e en 21e verjaarsdae ontvang sy verjaarsdagkaarte sonder 'n adres.

Hierdie aspek van die film word pynlik en grafies weergegee: die moeder wat telkens 'n verjaarsdag alleen vier en die verjaarsdagkoeke - in Antia se woonstel - wegsmyt.

Ava, Xoan se minnares, is ondertussen in die hospitaal opgeneem met veelvuldige sklerose en sy onthul aan Julieta dat Antia bewus was van 'n verhouding tussen haar en Xoan – en dat die skinderlistige huishulp verantwoordelik was vir dié onthulling.

By Ava se begrafnis ontmoet sy vir Lorenzo.

En in die hede loop sy vir Bea raak wanneer sy emosioneel uitgemergel na twee jong meisies kyk in 'n balspel. Hier onthul Bea aan Julieta dat sy en Antia geliefdes was – iets wat die kyker reeds weet. Antia se besoek aan die spirituele retreat het haar skaam gemaak vir hierdie aspek van haar lewe.

Hierom moes sy dus vir Bea afsny.

Daar is 'n ongeluk waneer Julieta oor die straat loop en deur 'n motor raakgery word.
Lorenzo ontdek 'n brief van Antia waarin sy bely (met 'n terugkeeradres agter op die koevert) dat sy 'n kind aan die dood afgestaan het en nou besef watter sy leed sy haar moeder aangedoen het met haar stilte.

Die film eindig waar Lorenzo en Julieta na Switserland reis om met Antia te versoen.

Vir die volledige plot besoek Julieta(film) – Wikipedia (Besoek 28 Mei 2017).

III

Hierdie gesprek tussen verhaal en film behoef 'n studie. Dit is sy twintigste film wat hy oorpronklik glo Silencio wou genoem het. Scorcese het egter in 2016 'n film met hierdie titel uitgebring.

Die gegewe word van Vancouver na Spanje verplaas en ondersoek die verhouding tussen vroue.

In Julieta se apartment in Madrid hang 'n Lucian Freud-afdruk. Hiermee word ‘n subtiele melancholiese kode in die filmteks ingedra.

Die film is meer dramaties as die subtiele, gelade kortverhale. Dié filmmaker is immers bekend vir sy hooggestemde films waar emosies en koors hoog loop.

Tog is hierdie film meer spiritueel en minder kamp as sy vorige werk.

Dit is Almodóvar se vertolking of interpretasie van die gegewe. ‘n Mens lees Munro se verhale, geskryf in ‘n ander sleutel, op ‘n ander manier as die film.

Beide is indrukwekkende tekste.

Slavoj Žiżek se bekende uitspraak in The Pervert’s Guide to the Cinema kom weer na vore: begeerte is die wond van realiteit; overgesetsynde: begeerte (desire) bestaan, omdat realiteit onvolledig en gebroke is. En wanneer ons pyn (ellende) ervaar, word die koōrdinate van ons realiteit versteur.

Beide Julieta en haar dogter se lewens is versteur. Die film eindig gelade en jy moet as kyker self besluit of daar wérklik versoening kan wees. Miskien tog wel, maar nie ‘n opheffing van die leed aangedoen nie.


Pedro Almodóvar


Joan Hambidge - Hannah Cornelius (1996 - 2017) [Gedig]

$
0
0

Op 'n foto wagtend
op die Halte na Ewigheid
kyk jy na links,
na die Stasies
genaamd Angs, Vernedering,
Onnoembare ...
agtertoe
daar waar die trein
nooit weer
vir jou sal stop
nie. Nimmer,
nee, nooit weer.
Nou op jou soloreis
met geen retoerkaart
ter hand
reis jy na
Aandblom-is-'n-witblom
digby dusketyd
Blommetjie-vergeet-jou-nie.

2017

© Joan Hambidge

Klitsgras en duwweltjies?

$
0
0
Photo credit: Metalifestream.com 

Op die maat van “How do you solve a problem like Maria” uit The Sound of Music kan ‘n mens gewoon Maria se naam verander na Crito, daardie groot intellektueel van Litnet.

Crito, die spreekwoordelike klip in elke resensent se skoen het skynbaar ‘n nuwe kloon. Daar is baie gewonder en gegis oor wie Crito is. Is dit iemand uit die Litnet-stal wat agter die skerms ‘n bietjie vrae vra?

Of is dit dalk verskillende skrywers en/of literatore wat die aflosstokkie aangee? Baie mense was al onder verdenking: ‘n eks-uitgewer wat ‘n smulpaap is; twee figure van en in die uitgewersbedryf; die redakteur van Litnet; ‘n digter van die duende; ‘n dosent van resensiekunde; ‘n verveelde jong PhD-student; ‘n gatlekker-eks-brieweplaser; ‘n faux-blowdry-kundige.

Wie die persoon (personas) mag wees, is nie ter sake nie.

Wat wel steur, is dat Crito kloekmoedig bely dat hy/sy nie die boek gelees het nie, maar nietemin voortgaan met kommentaar. In die jongste bydrae ("Onderbreking") word bely hy (sy) is halfpad deur die roman ... Sy lewensuitkyk is waarskynlik soos dié van Oscar Wilde wat gesê het, “I never read a book I must review; it prejudices you so”.

Die resensiebedryf is alreeds in ‘n krisis gedompel met te min ruimte en Media 24 wat slegs een resensie plaas wat landwyd sirkuleer. En min resensente wat gewillig is om te resenseer teen Facebook-kommentaar en ander onnoselheid.

Boonop vind is dikwels by Crito lomp stellings, setfoute en veralgemenings.

Kan ‘n mens oor ‘n boek se resensie skryf as jy nie die boek gelees het nie? Of nog net halfpad staan?

Dis soos om nie ‘n vergadering by te woon nie, maar dan tog met groot stelligheid agterna jou mening oor die saak onder bespreking te gee.

Soveel in ons bedryf berus op hoorsê, op afgeleide menings – te min op eie leeservaring.

Crito laat my altyd dink aan daardie bekende idioom: Die beste stuurlui staan aan wal.

‘n Ou Afrikaanse siekte. Ook op sportgebied is hierdie leunstoelkritici ook met ons.

Self is Ouboet nie in staat om ‘n bal op te tel nie, maar hy weet beter as die ref en die afrigter en die spelers.

Daardie boelshit dat jy nie ‘n eier hoef te lê om te weet dis vrot nie, kan egter nie van toepassing gemaak word op die resensiekunde nie. Hier moet jy die basiese reëls nakom: lees te minste die boek en nie net die flapteks nie. Of die gerugte oor die boek nie.

Patricia Meyer Spacks, daardie bekende Amerikaanse intellektueel is besig om glo haar boek Gossip (1986) op te dateer met 'n hele hoofstuk oor Crito!

© Joan Hambidge


S. J. Naudé – Die derde spoel (2017)

$
0
0

S. J. Naudé – Die derde spoel. Umuzi, 2017. ISBN 978-1-4152-0747-5 (Druk) | ISBN 978-1-4152-0748-2 (ePub)

S.J. Naudé se roman is 'n gebeurtenis, 'n enorm, pakkende roman. Daar is enkele kwessies wat ek in hierdie bespreking wil aanraak.

Dit is 'n roman wat op verskillende wyses kommentaar lewer op kuns en hoe kuns resoneer in die mens se gemoed. Op bladsy 338 dink Etienne na oor Axel se kuns:
Namate Etienne al meer kuns in die museums en galerye van Lon­den en Wes-Berlyn gesien het, het die aura begin kwyn. Axel probeer te hard, het hy besluit. Sy werk dra óf die hart op die mou óf is te obskuur. Wat dit kortkom is flitse van vreemdheid én herkenning wat gelyktydig by mens tuiskom.
Op bladsy 238 van S.J. Naudé se pas verskene roman verskyn die beroemde gedig van D. J. Opperman getitel "William Blake":
William Blake
 Hy het veronrus in die late
nagte deur Londen se strate
rondgedwaal; en is vereensaam van die mens
teruggedryf tot by die grens
waar hy gesels met blom en dier en gees;
maar weet dat God in iedereen moet wees
met eienskappe ingeperk
teenstrydiglik in tand en vlerk,
in wurm en die roos, die lam, die tier;
dat Hy die hartstog is, maar ook die vuur
wat alles lok tot daardie gulde gang
waarna die moeë sonneblom verlang.
Dit is 'n baie belangrike kode vir hierdie roman wat o.a. afspeel in Londen.

Opperman se bekende dictum oor die digter wat moet wegskryf van homself, is hier tersaaklik. Dit is wat in hierdie roman ook gebeur. Alles word 'n metafoor vir iets anders ...

'n Mens word as leser eenvoudig meegesleur deur die digterlike aanslag van hierdie aangrypende roman (Die takke rimpel soepel saam met senings. 112) en ek ken min boeke waarin verlore liefde so pakkend en pynlik beskryf word. Etienne se soektog na die verlore Axel sal hierdie leser altyd bybly. Sý film heet immers Om in Axel se wêreld wakker te word.

Die storie handel oor 'n jong man, twee-en-twintig jaar oud, met 'n boelie-vader. Hy vlug uit Suid-Afrika om diensplig te vermy in 1986. In 'n kunstenaarkommune raak hy verlief op Axel, 'n Duitse kunstenaar, wat hom bekendstel aan eksperimentele kuns. Hy raak obsessioneel betrokke by hom en die verdwyning van Axel (en Etienne se soektog) word aangrypend vertel. Meer wil ek nie verklap nie; ook nie oor die reis na Buenos Aires en die konfrontasie met die ou vrou wat weet waar die derde spoel is nie. Die brief waarop oor en oor getik is:
Alles wat sy oor dekades op haar eie in ’n Argentynse woonstel aan niemand kon sê nie. ’n Swart kreet. Die geskiedenis op een bladsy saamgepers. ’n Biblioteek op ’n vel papier. Plek-plek begin dit disinte­greer soos ’n ou gordyn. (335)
Die vakuum van ink. Alles in hierdie teks neem 'n mens na Jacques Derrida se Writing and Difference. 'n Teken wat staan in die plek van 'n ander teken. Die onbewuste as 'n biblioteek of argief sonder 'n sisteem.

Etienne is 'n student in filmkuns, ontdek die eerste van drie spoele wat tydens die dertigerjare in Duitsland verfilm is. Die soektog na die spoele word gesinkopeer met die soeke na die geliefde. Dit word besonder akkuraat beskryf en die liggaamlike dimensie is helder.

Die geliefde oorrompel hom volledig (Om in Axel se wêreld wakker te word. 112)

Die hoofkarakter beweeg tussen die verskillende ruimtes van Berlyn.

Die roman lewer egter sterk politieke kommentaar en uiteraard is daar verwysings na Leni Riefenstahl.

Die roman is eweneens 'n stuk filmkunde. Films word 'n metafoor vir die onvermoë om direk te vertel of bely.

So begin Hoofstuk 7:
September. Etienne neem inleidende kursusse in kamerawerk en kinematografie, regie, draaiboekskryf en filmredigering. Hy het ’n keuse tussen filmteorie en -geskiedenis. Daarby neem hy ’n seminaar genaamd “Verlore kontinentale films”. “’n Filmverhaal is ’n reeks voortdurend veranderende beelde wat gebeure vanuit ’n verskeidenheid oogpunte uitbeeld,” lui sy Amerikaanse filmtegniekhand­boek. Hy lees van visuele beplanning. Oor storieborde. Objektiewe en subjektiewe kamerahoeke. Die bepaling van kamerahoogte en -hoeke. Hoe om naby-, lang en mediumskote optimaal af te wissel. En van komplekser kamerabewegings, op dollies of vanaf hyskrane.
 Hy hou van die ultralang skoot, die wye lens wat epiese taferele in­neem. Sy handboek demonstreer dit met rame uit cowboy-flieks: drie eensame ruiters op die vlaktes, ’n trop bisons wat voor ’n stofwolk dreun. Of ’n veldslag met sneuwelende soldate. Sy ander gunsteling is die “Dutch tilt” – ’n lae kamera wat teen ’n skerp hoek op ’n speler gerig word. Dit disoriënteer die kyker, verduidelik sy handboek, en suggereer die speler is gedisoriënteer, dronk of ontsteld. In extremis.
Ook die filmmaker Andrei Tarkofski (wat dood is aan longkanker, omdat hy Sluiper gemaak het in ou fabrieke, naby chemiese aanlegte in Estland ) én films verloor het, is 'n ander belangrike sleutel. Siekte en dood loop immers regdeur hierdie teks.

Die kinematograaf se toon is pedanties, deklamerend: “Ná Tarkofski se dood het sy produksiebestuurder vertel hoe hulle een oggend in die 1970’s, toe hy aan Sluipergewerk het, ’n toneel in ’n grasveld moes ver­film. Die vorige aand het Tarkofski die landskap uit elke denkbare hoek bespied. Toe hulle begin skiet, spring hy op en waai met sy arms. ‘Sny, sny.’” Die kinematograaf maak verspotte wuifbewegings; die teoretikus frons. “Oornag, blyk dit toe, het ’n paar veldblommetjies oopgegaan. Die assistente moes sywaarts deur die gras beweeg, soos krappe, om niks te versteur nie, en elke laaste blommetjie pluk. Eers tóé kon die skoot voortgaan.”

Die les is nie vir Etienne ooglopend nie. “Ja,” sê die redigeerder, “en daarna is die materiaal verwoes in ’n Sowjet-laboratorium wat nie ge­weet het hoe om die Amerikaanse Kodak-film te ontwikkel nie. Tarkof­ski moes van voor af begin. Hy het in totaal meer as 5 000 meter film gebruik.” (113).

En Tarkofski se Spieël is hier - nes die implisiete verwysing na sy puik Notalsghia, 'n film wat werk met droom en werklikheid; waansin en normaliteit.

Die Joodse filmmakers in Nazi-Duitsland en hoe pornografie in ou films daar uitgesien het, word insigryk vertel.

Die beskrywing van Axel se siekte word so pynlik-eerlik vertel met 'n kopknik na Eben Venter se Ek stamel ek sterwe. Ook die moeder se siekte gryp aan die keel.

Dit is 'n boek oor verlies en die soektog na dit wat behoue gebly het in die drie spoele. Maar met die refrein dat kuns (musiek, beeldende kuns, films, skryf) ons enigste behoud is. Soos die bevrore paddas wat kan oorleef in die winter met harte wat ophou klop, bloed wat vries, organe wat stop ... (261).

Die kommentaar op Oos- en Wes-Berlyn, die geskiedenis van toe, die vlymskerp analise van die Afrikaanse patriarg, is eweneens boeiend. Nes die bestaan in kommunes en road trips.
Soos die woord vuurvliegie in die naaldprik van fosfor in 'n Berlynse muur. So is hierdie roman.

Dit is kosmopolitiese roman wat verskillende ruimtes verken: Londen, Berlyn, Buenos Aires, Suid-Afrika ...

Bibliografie:


Derrida, Jacques: Writing and Difference. Vertaal deur Alan Bass. Routledge & Kegan Paul, Londen. 1978.

S. J. Naudé

Etienne van Heerden – Die wêreld van Charlie Oeng (2017)

$
0
0

Etienne van Heerden – Die wêreld van Charlie Oeng. Tafelberg, 2017. ISBN 978 0 624 08052 7

Enkele e-notas by Etienne van Heerden se roman

Sopas verskyn Etienne van Heerden se jongste roman oor die 500 bladsye lank. Dit is 'n komplekse teks waarin die verteller Tian Kilian probeer sin maak uit die dood van sy ouers op Slootplaas. Daar was vuurwerke. Hierdie is net 'n paar kanttekeninge.

Op die spoor van ene Charlie Oeng (Koekepan, Gelatenheid, Soutchinees) probeer hy die raaisel oplos. Amsterdam en Hong Kong veral, word nuut bekyk.

'n Veelheid van karakters (in wese argetipes) is hier aanwesig: Jenny May, Ouma Voetjies, Ouma Ogies, Cor van Gogh, Sy, Juffrou Latsky, die moeder, die vader ...

My lesing van die roman wil op énkele kwessies let. Die ongelooflike suspension of disbelief wat ingespan word om hierdie roman te laat werk met sy veelvuldige vertellyne en -strategieë. In Matchpoint van Woody Allen verskyn die twee vermoorde figure aan die moordenaar in 'n droom wat ook waar kan wees en daar word via Sofokles besin of dit nie beter sou wees om nooit gebore te word nie. 'n Besondere voorbeeld van suspension of disbelief. Die twee vermoordes kla die moordenaar aan - en hy in skuldgevoelens "sien" hulle. (Woorde Wat Weeg / Woody Allen/ Blue Jasmine en A street car named desire. Besoek 17 Junie 2017). 

Die wêreld van Charlie Oeng is 'n verpakking van al die temas wat ons aantref in Van Heerden se vorige romans: skuld en boetedoening, vergelding, soektog, 'n hofsaak, 'n  regter / landdros / prokureur.

Van die plaas- tot stadsroman. Hierdie teks is 'n episodiese roman. By tye ook 'n sensasie-roman.

Daar is kommentaar op die uitgewersbedryf; op skryfkuns ook.

Wat vir hierdie leser opvallend was, is die versweë intertekste: Juffrou Latsky, die Latyn-onderwyseres is 'n kopknik na Maria/Marie uit Sy kom met die sekelmaan (Hettie Smit) en Swart koring (Joan Hambidge). Daar is eweneens verwysings na die skrywer se eie werk wanneer jy fynlees. Toorberg is veral hier!

Die ses-en-dertig oud-Chinese krygstaktieke ('n mitiese boek) is 'n verdere paper chase en in die woorde van die werklike outeur: 'n misleiding! 36 hoofstukke word gekonstrueer rondom hierdie mantras soos "Die geleende pad lei tot die verowering van Guo". Vals bodems, verkeerde uitgange en die mise en abyme is dus hier die towerwoord.

Inderdaad 'n storie-binne-in-'n-storie ...

En soos metafiksie en postmodernistiese tekste dan ook werk, mag die skrywer die waarheid "aanpas", soos onder andere oor Cor van Gogh. Ons dink hier aan D.M. Thomas se The White Hotel waar Freud se siening van histerie besoek word, veral die Pelican-volumes 3, 8 & 9. Thomas intimeer dat die "waarheid gelieg" jou juis by die meer essensiële waarhede kan uitbring. En Freud kan ook as letterkunde gelees word, nes die mitiese Chinese boek wat ook iets vertel van die skrywer wat homself moet verweer teen die groter geskiedenis en private verlede. Historiografiese fiksie.

"Die storie van die luislang wat sy eienaar wil eet, is 'n urban myth wat nogals wyd bekend is. Ek het dit die eerste keer by 'n kollega gehoor", verneem ons in die Erkennings op bladsy 557. Daardie kollega bestaan wél, in die vorm van die literator op Woorde wat weeg en die skrywer van Vuurwiel wat in Hong Kong (o.a.) afspeel.

Verskeie weergawes van die mite bestaan: die luislang wat in 'n mandjie langs die bed lê en een nag langs die vrou op die bed kom lê en haar afmeet. Slavoj Žižek in The Pervert's Guide to the Cinema DVD, (2) haal Hitchcock en die paling aan. Baie Freudiaans en uiteraard dan ook die vrees vir penetrasie. Die sardoniese Alfred H begin met 'n limerick en grappe (raaisels) is immers een van die maniere waarop die onbewuste oopgemaak kan word.

Die geskiedenis van die Oos-Kaap in die sestigerjare en die bestaan van die Chinese gemeenskap in Nederland word saamgesnoer.

Krygstaktiek 36 is uit die duim gesuig, verneem ons. Waarheid en verdigsel, leuen en fiksie, word ondersoek. Briewe, belydenis, selfs fotoboekies, 'n IPad, o.a. word deel van die vertelaanbod. 

Van Cicero tot Confucius, van die Tao tot Jung.

"Ek vertel dit in die derde persoon, om myself te beskerm." (553)

Tog het ons hier 'n naked I wat telkens weerloos staan voor die geweld wat die wêreld inhou. 'n Roman as 'n dapper weerstand teen die geskiedenis. 

Hierdie roman het my weer teruggeneem na die werk van John Fowles. In sy studie oor Fowles skryf Peter Conradi (Methuen, 1982) oor die feit dat hierdie skrywer sowel ernstige as gewone lesers boei. Dit is eweneens van toepassing op Van Heerden se tekste waar die fabulasies ook tot gevolg het dat daar nooit closure kan wees. Die leser, in Žižek se terme, weet dat dit is 'n "leuen", maar laat sigself toe om emosioneel geboei te word (The Pervert's Guide to the Cinema, DVD 3).

By Fowles en Van Heerden is daar 'n terugkeer na ouer werk: daardie "innovatory attack on his own fluency", aldus Conradi (16). 

Fowles se The Magus het oorspronklik in 1966 verskyn en die hersiene uitgawe in 1977. 

Wat Conradi skryf oor Fowles is hier van toepassing: “The novel, like certain mannerist art, puts its own conventions on a kind of show trial, convicting itself in public of deception, but oddly intensifying its own illusionism in doing so” (20). 

Die trompe-l'oeil. Of ellips (451). Besluit self of die leer onder jou uitgetrek word in die besinnende verteller se woorde en of die roman homself insluk.

Vir sommige lesers mag die boek te lank wees, maar om al die verhaallyne saam te trek behoef 'n uitgebreide boek.

© Joan Hambidge

Dryad Press launches Unearthed, an anthology of the best S.A. poetry for 2016

Resensie | Ruan Fourie - ‘n Ope brief aan Dorian Gray (Protea Boekhuis, 2017)

$
0
0
Ruan Fourie - ‘n Ope brief aan Dorian Gray. Protea Boekhuis, 2017. ISBN:  978-1-4853-0747-1

Resensent: Joan Hambidge

Die jong debutant is ‘n blootgestelde een. In Afrikaans had ons die jonge Antjie Krog beleef, die skooldogter van Kroonstad. Hierna Theunis Engelbrecht en toe Annesu de Vos. En hoe ons na debutante kyk, het altyd te make met ouderdom. Hierom sien ons Pieter Fourie, op 77, as die oudste debutant in Afrikaans. Krog het die storms van ‘n jong debuut oorleef en gegroei tot ‘n unieke stem in Afrikaans. Ander jong digters oorleef nie die té vroeë blootstelling en media-hype nie.

In die Franse digkuns het Verlaine en Rimbaud as jeugdiges die grense verskuif. Op 21 was Rimbaud uitgeskryf.

Francoise Sagan het as jeugdige met Bonjour tristesse (1954) die Franse aan die praat gehad toe sy as agtienjarige haar debuut gelewer het. En Oscar Wilde is interteks in hierdie roman van ontnugtering: “Sin is the only note of vivid colour that persists in the modern world.”

Die titel van die roman is ontleen aan  Paul Éluard se “À peine défigurée”.

Sopas verskyn daar by Protea uitgewers ‘n bundel met die titel ‘n Ope brief aan Dorian Gray deur Ruan Fourie, ‘n Honneursstudent aan NWU. In 2015 het hy ‘n prys gewen by Aartklop (ATKV-Aartvarkprys vir Grensverskuiwende Werk).

Die bundel handel oor ‘n mislukte liefdesverhouding en gebruik Wilde se The Picture of Dorian Gray as interteks. Dit is die tema.

Die begeerte om jonkheid te behou, is immers waaroor Dorian Gray handel.

Die teks is kontemplasie oor hedonisme, morele verval en die verhouding tussen kuns/werklikheid.

Om so ‘n komplekse teks as interteks te gebruik, skep uiteraard ‘n besondere verwagtingshorison. Hoeveel kan die jong digter se werk “dra”? Hoeveel van sy gedigte kan die veelvuldige morele en kunsteoretiese vraagstukke beantwoord?

Of is dit gewoon net ‘n masker wat die digter gebruik?

So klink ‘n gedig op bladsy 31:

as ek saam met jou is
is ek Wronski
wat probeer om jou
met my oë te vermy,
maar soos die son sien ek jou
selfs al kyk ek nie.

voel ek minder by jou?
soos om te vra of ek
elke minuut van die lewe
iéts wil wees
in plaas van
niks.

jou bekoorlike mag maak van jou kuns:
ek wonder
wat in jou kop aangaan:
hoe dink ’n kunswerk?
polichroom? beweeglik?
in jambes?

die gekruisigde wêreld traak my nie
as ek my
in soveel skoonheid
kan verslinger nie.
ek word ’n Modigliani-portret
met tongvisvormige holtes
waar my oë sou wees.

hedonis

Uit bovermelde vers is dit duidelik dat die leser nou met Wronski te make het (die karakter uit Tolstoy se Anna Karenina). En ook met Modigliani. Elders is ons by Nabokof; dan weer by Colette …

Kortom, soveel verwysings oor die liefde en kunsteorie word hier aangebied vir die leser wat moet ontleed en opsoek. Jonathan Culler se ‘framing the sign’ word geaktiveer met die voorblad van ‘n foto teen ‘n muur asof dit in ‘n galery opgehang is. ‘n Soort Rorschach-toets, lyk die voorblad vir my. Dat dit wat jy oor die bundel skryf, iets gaan verklap van hoe jy voel oor redeneringsdigkuns of verse gepubliseer in ‘n post-pomo-arena.

Hier is baie talent – baie oomblikke van kognitiewe dissonansie in die digter se eie woorde. Die bundel is iets van ‘n catch-22: die krag is waarskynlik geleë in die aftelrympies, die talle verwysings, die gebruik van vele maskers en ander stemme: “’n chiaroscuro van barokke oordaad” (25) in die digter se woorde oor die geliefde, kan op die bundel van toepassing gemaak word.

met ‘n Duitse potlood
in ‘n Franse notaboek
in ‘n Thaise hotelkamer
sal jy steeds
‘n Afrikaanse gedig skryf.

Veeltalig (35)

Die kuns omwille van die kuns. Dit is ‘n bundel van dandyisme, vol akrostiese slotte en sleutels.
Daar is selfs ‘n verwysing na Alice in Wonderland (by die hasegat!).

Wat tersaaklik is dat twee debutante, te wete Ruan Fourie en Bibi Slippers (Fotostaatmasjien) wél uit die gevormde kuns steeds bly kuns haal.



Vers & Klank | Amor Tredoux lees van Joan Hambidge se lykdige

$
0
0


Vers en Klank
Dinsdag 27 Junie 2017
Amor Tredoux lees ‘n verskeidenheid van Joan Hambidge se lykdige. Luister hier.



Polemies | Studeerkamers

$
0
0

Ek kom uit die Karoo en ek maak toe vriende met die Paul Roos-seuns en baie van hulle ouers was professore, en dié ouens se studeerkamers was vir my . . . Jy kan mos nou sien ek is ’n man vir ’n studeerkamer. André Brink, terloops, was ook ’n ou vir ’n studeerkamer. Daar is baie kritiek wat jy kan uitspreek teen die manlike skrywer in sy studeerkamer. Ek weet nie of vroueskrywers soveel moeite doen om ’n fort te bou nie . . . (Etienne van Heerden/ Die siklusse van slegvoel | Netwerk24. Besoek 30 Junie 2017).


En nou kyk jy na die letterkunde – die lesers is eintlik vroue, oral waar jy kom, sien jy vroue; die meeste van die mense wat klasgee in die letterkunde, is vroue; al hoe meer van jou resensente is vroue. En soos wat dit gebeur, kan jy sien hoe die mag uit die letterkunde verdwyn.

In die argitektuur en die mediese beroepe gebeur dit ook; “hulle sê die beroep word vervroulik.

En dan sê hulle mans gaan nooit net weg nie, mans vat ook die mag saam met hulle weg en dan bly daar nou net ’n klomp vrouens oor en skielik daal die statuur van daai beroep. Om ’n argitek te wees is nie meer daai aangrypende Fountainhead-ding van die ou dae nie. So hulle gaan word dan spesialiste, die mans of hulle gaan in geld in. (Antjie Krog/ ‘Vreemd sal die nuwer taal moet lê’ | Netwerk24. Besoek 30 Junie 2017).

Twee skrywers aan die woord. Die een manlik, die ander ‘n vrou.

Wat opnuut bewys dat die manlik/vroulik-debat nog lank nie afgehandel is nie in die letterkunde.

Wanneer ‘n manlike skrywer wonder oor vroueskrywers se studeerkamers, is dit ‘n relevante genderdebat: die man wonder of die vrou ‘n fort bou, soos hy, die manlike skrywer. ‘n Fort is immers ‘n manlike ruimte. Is dit bloot ‘n slippage uit die onbewuste, ‘n vraag of vroue ook so sterk kan en mag voel oor ‘n studeerkamer as ‘n manlike eweknie?

Vroue is lankal nie meer ‘n aanvulling of supplement nie. In Digters van dertig het Opperman indertyd Elisabeth Eybers gesien as die “vroulike aanvulling tot dertig”. Geen vroueskrywer is sedert Virginia Woolf se A Room of One’s Own (1929) ‘n blote studeerkamer-versiering of afstoffer nie. Hierna sou vroue-filosowe en –skrywers in eie reg stelling inneem: Simone de Beauvoir tot Hélène Cixous; Jane Gallop tot Shoshana Felman – tot Vito Spatafore. (Talk/Vito Spatafore - WikipediaBesoek 30 Junie 2017). 

Antjie Krog wys tereg op die Afrikaanse letterkunde wat deur vroueresensente gedomineer word.

Krog meen dat wanneer mans uit beroepe vertrek, neem hulle die mag saam en die statuur van die beroep daal.

Hiermee verskil ek. Lacan meen immers dat die Orde van die Fallus of mag ook deur mans begeer word.

Dink ‘n vroueresensent – wanneer ‘n boek geresenseer word – eers aan gender? Of kan ‘n leser gender-neutraal lees en resenseer?

Of is jou gender altyd ‘n kwessie? Ek dink ‘n resensent behoort ‘n gender-voorkeur weg te pak en in haarself in die wêreld van die teks in te verbeel. Word dit goed gedoen vir die opset wat dit aanbied? En selfs al is jy gesteur deur die manlike meerderwaardigheid of vroulike onderdanigheid. Om te resenseer, behoort jy vrydenkend te lees en iets te leer van iemand anders se leed, ervarings of geluk.

Jy wals nie deur ander mense se pyn nie, het Jeanne Goosen op ‘n dag opgemerk. En dans is die regte kode. Jy dans nie ‘n wals asof dit ‘n one-two-chachacha is nie. Jy lees ‘n boek op eie terme.

En hier is Antjie Krog weer spot onwanneer sy verduidelik waarom sy graag ‘n das en pak dra:
Ek dink net ’n suit, ’n pak klere, is een van die slimste dinge wat ontwerp is. Niémand weet of het jy tieties nie. Niémand weet jou boude is groot nie. Niémand weet jy’t ’n pens nie. Niemand weet jy’t knock knees eintlik nie. Níks daarvan nie. En jy kan dieselfde pak klere dra na verskeie dinge toe en elke keer miskien ’n ander das en jy’s núút van voor af. Terwyl ’n vrou as jy óp daai verhoog loop en jy’t ’n rok aan . . . hóé daai bene van jou lyk; hóé jou knieë lyk; hóé jou boude lyk . . . Dan hul hare; dis ’n vreeslike weerloosheid wat ’n vrou moet oorkom met ’n rok of met ’n skirt of selfs ’n broekpak. Maar met ’n pák klere is dáái uitgesort. Dis gehanteer: ‘Kyk in my oë en luister wat sê ek!
En daar het ons die belangrike uiting dat manlike dominansie steeds oorheers. As jy nie van die verhoog afgekoekeloer wil word nie, dra eerder iets neutraals. Of ‘n pak klere. Dan is die subliminale boodskap: ek is ‘n Mannin, nie ‘n Beminde Antarktika nie. Ek is hier om ernstig opgeneem te word as intellektueel, nie as seksobjek nie.

Hierom verkies ek om tydens poësievoorlesings te sit – in demokratiese gelykheid met my gehoor. En my hele huis is ‘n studeerkamer – selfs die kombuis sit vol rakke. En in die badkamer staan ‘n bril met boeke.
© Joan Hambidge


Rubriek | Dan Sleigh se 1795

$
0
0
Dan Sleigh, 1795

I

D. Sleigh se roman 1795 behaal die eerste plek in 2015 se Groot Romanwedstryd. Sopas is dit bekroon met die WA Hofmeyr en die ander boeke was Huilboekvan Ryk Hattingh en Op ‘n dag, ‘n hond van John Miles. Met die groot romanwedstryd was Alexander Strachan tweede en Etienne van Heerden derde.

Ofskoon dit onmoontlik is om sulke uiteenlopende romans te vergelyk, is die roman 1795 iets heel besonders.  Ek het reeds indertyd hierop gereageer. (WoordeWat Weeg/ 'n Nota by Dan Sleigh se roman, 1795. Besoek 4 Julie 2017).

Hierdie roman aktiveer die film Russian Ark van die filmmaker, Alexander Sukorof. Die filmmaker problematiseer – soos Sleigh – die verhouding tussen geskiedenis en hede. (Russian Ark – Wikipedia. Besoek 4 Julie 2017). 

Dit is ‘n historiese film (van 2002) wat vervaardig is in die Winterpaleis van die beroemde Hermitage.

‘n Naamlose verteller stap in die Hermitage en bewonder die skilderye. Hy is egter ‘n gees (soos in ’n Faulkner-roman) wat in ‘n ongeluk omgekom het en nou kontak maak met bekende historiese figure. Sy vriend, die Europeër, oftewel die Markies de Quistine, stap saam met hom deur die verskillende vertrekke. Soms word hulle gevra om die vertrekke te verlaat; ander kere bly hulle en lewer kommentaar op musiek, die besetting van Russland, die verhouding tussen Rubens en van Dijk, die Rembrandt-skilderye ensomeer, word behandel. Twee jong matrose beweer die Tsaar het die skilderye anders gehang as wat ons dit nou ervaar. Goeie skrywers het mooi hare, verneem ons.

Ons sien voorstellings van Peter die Grote, Katarina die Grote, Tsaar Nikolaas die Tweede  se kinders, verwysings na die besetting van Rusland tydens WOII.

Roerend is die optrede van die kleinseun van die Sjah van Iran wat formeel om verskoning vra aan Tsaar Nikolaas die Eerste vir die dood van ‘n Russiese Ambassadeur.

Wanneer ‘n mens hierdie voortreflike film kyk, wonder jy oor die stem of die verteller. Wie is hier aan die woord?

Die werklike filmmaker is die verteller wat jou neem op hierdie reis deur die Hermitage en die geskiedenis van Rusland. Ongeveer 33 kamers word besoek en meer as 2 000 akteurs het deelgeneem aan hierdie produksie. Die danstoneel aan die slot van die film is asembenemend. In 1991 had ek die voorreg om St Petersburg te besoek en die verskillende vertrekke van hierdie fenomenale paleis/kunsgalery mee te maak.

Die Markies het in 1839 Rusland besoek en ‘n boek geskryf oor sy besoek: La Russie. Hy roep na sy moeder voor ‘n beeldhouwerk van Canova, ‘n vriend van sy moeder, en sy belangstelling in die porselein in die Hermitage aktiveer hoe sy familie aan hul rykdom gekom het. In ‘n besonder aandoenlike toneel ontmoet hy ‘n blinde vrou wat met haar vingers kan “sien”.

II
1795 lewer eweneens historiese kommentaar op die uitdagings van vandag. Die geskiedenis van hierdie land word intens geaktiveer deur die afbrand van die Bloemfontein se stadsaal. Hierop reageer ek in ‘n gedig nadat die skrywer J.C. Steyn vir my ‘n berig hieroor stuur per e-pos:

Apophrades

vir J.C. Steyn

My verse sleep vlerk
by die dooies: daardie digters
in die baldakyne van my taal
getrippelmaat, getrema én gekodeskrif.
Die vaatwerk van hul verse
só perfek saamgevoeg
met patene en siborieë.
Ek plaas in ’n muntkissie
in naberou treuselend my aflaat:
mea culpa, mea maxima culpa
oor ’n vorige bestel só boos.
Mag hulle stemme bly ópklink
soos daardie trotse Steinway,
in 1936 uit Duitsland ingevoer.
Wonderskone musiek klink steeds op
in die Bloemfonteinse stadsaal:
puin en sinnelose kruistogte ten spyt.

Die vers speel uiteraard in op Harold Bloom se troop van die Apophrades oftewel die terugkeer van die dooies in The Anxiety of Influence (1973). Dit verwys verder na eucharistie met die patene en siborieë. (The Anxiety of Influence – Wikipedia. Besoek 5 Julie 2017). 

In haar uitgebreide resensie-essay op Litnet maak Heilna du Plooy die volgende relevante uitspraak: "Historiese kennis en selfs geskiedskrywing is egter nie dieselfde as die skryf van ’n historiese roman nie.Of is dit?" (LitNet Akademies-resensie-essay/ 1795 deur Dan Sleigh | LitNet. Besoek 4 Julie 2017).

‘n Skrywer kan die geskiedenis ‘aanpas’, vryer daarmee werk, net soos ‘n filmmaker. Sodoende kan daar volgens Du Plooy verskillende gesindhede na vore gebring word.

Soos Sukarof, die verteller van sy film is, bly die leser deurgaans bewus van die stem van Dan Sleigh, gedugte navorser en kenner van die geskiedenis, in sý roman.

“Geskiedenis is ‘n kanker, jy kom nie van sy pyn weg nie. Sokrates het die gifbeker gekies omdat demokrasie hom gewalg het, maar hy sal hier bly en waak” (508).

In die karakter Anton word daar kommentaar op die geskiedenis gelewer, soos dat Beethoven ‘n student van Mozart was. Hieroor, weet die musiekkenner, is daar onsekerheid. Sommige historici meen dat Beethoven wel ‘n paar klavierlesse van Mozart ontvang het, in 1787 – ander meen weer dat daar slegs een ontmoeting was. Maar die romanskrywer kan besluit dat hulle wel ontmoet het.

Die roman lewer kommentaar oor die impak van die geskiedenis en hoe dit vir lank daarna nog ‘n impak het.

Die roman sit vol taaljuwele. Aloofness: loefkant – bo die wind, weg van die lywal (502).

Dit is meer as oor die Britse oorname van die Kaap. Hierdie roman is ‘n stuk bewaring, ‘n belangrike kommentaar op die impak van taal op identiteit. (En wat van die skrywers? | Netwerk24. Besoek 5 Julie 2017).

Dan Sleigh © Michael Hammond

Tydens die oorhandiging van die WA Hofmeyr het die skrywer bely dat dit sy laaste roman is.  Dit sal jammer wees, want in hierdie navorser en skrywer het Afrikaans ‘n belangrike stem en kommentator. Lady Anne is ook hier – en sy is sopas weer vertaal in Engels deur Antjie Krog. So praat tekste heen en weer met mekaar, net soos toe met nou.

‘n Roman oor die geskiedenis ja, oor die impak van verengelsing. In Sleigh se eie woorde in die reeds vermelde onderhoud:
“Dit wás so, die eerste Engelse bewind het ’n taalbeleid ingestel . . . dit word nou later met geweld afgedwing en dit lei tot, onder andere, die Groot Trek, wat myns insiens een van die grootste rampe was wat hierdie land ooit oorgekom het . . .
 “Die verengelsing van skole en later kerke . . . Jy weet, in hierdie NG kerk in Adderleystraat is nog tot in die vorige eeu in Engels gepreek. Die verengelsing het baie lank geduur en was baie diep.
 “Wat nou op Stellenbosch gebeur, is myns insiens ’n ónreg; ons gee nie genoeg aandag aan die onreg nie. Ons praat van ínkomste en die student se toekoms en al daai klas van goed, maar wat van die ónreg? Daardie mense is gerégtig op hul opvoeding; hulle het geen kwaad gedoen deur in Afrikaans te wil leer nie. Hoekom word daar teen hulle opgetree? Hoekom word hulle uit die pad gevee? Dat só iets gebeur en dit word deur baie aanvaar.” 
© Joan Hambidge


Onderhoud | Fourie Botha

$
0
0

1. Jy het in 2011 gedebuteer met Donkerkamer. Nou sopas verskyn jou tweede bundel, Krap uit die seeby Protea. Verduidelik vir ons dit titel. Hoe sluit dit aan by die motto:
“The world dies over and over again, but the skeleton
always gets up and walks”
– Henry Miller, The Wisdom of the Heart

Daar is al wonderlike gedigte oor krappe geskryf en die krap is eintlik maar ’n metafoor met pootjies: hy beweeg altyd skuins, met ’n draai, nes digterlike gereedskap soos metafore en vergelykings wat op ’n verdraaide manier by betekenis uitkom. Hoe meer ek oor dié gedierte gedink het, hoe meer het hy my aan die digkuns herinner: die idee dat die intieme gebeente aangebied word as sigbare karapaks. En die krap is ’n aasdier, ’n bottom feeder. Hy krap rond tussen die dooies. Dit is die tipe poësie wat my interesseer. So, die krap is ’n sterk metafoor, maar, soos met alle sterk metafore, moet ’n mens versigtig wees om nie die pap te dik aan te maak en die besigheid te oorwerk nie. Miller se motto was ’n manier om skuinsweg sy roman Tropic of Cancer aanwesig te hê, al sou dit te maklik wees om uit dié boek aan te haal. Sy aanhaling praat oor gebeentes: dit wat die krap so anders maak as die mens. Die reëls herinner my ook aan Saint-Saëns se “Dance macabre”. Nie alles hoef morbied te wees nie. Daar is ook ’n klein kopknik – miskien net in my kop – na Yeats se “Second Coming” in die titel, wat saamwerk met die gedig “Die koms” wat hier onder aangehaal word.


2. Jy het onder andere ‘n pragtige lykdig oor jou pa geskryf in jou debuut. Wat was die impak van sy dood op jou skryfwerk?

My pa se dood was iets uit my verlede wat ek vir gedigte kon ontgin, moontlik soos ’n method actor wat die dood van ’n familielid gebruik wanneer hy op die verhoog moet huil.


3. Jou “familie-romanse” in Freud se terme, kom na vore. Jou broer, jou ma, jou ouma,  jou pa en die manlike wêreld van skiet en visvang. Hoe voel jy hieroor as gay skrywer? Is dit werklike familie of word hulle mitologiese figure in jou digkuns?

Die pa, die ma, die broer, die geliefde – hulle almal moet argetipes raak. So nie, is die gedigte niks meer as dagboekinskrywings of skinderstories nie. Die mense in die gedigte moet kortpaaie na die leser se eie persoonlike geskiedenis wees. Dit is waarom die leser by gedigte aanklank vind: die persone is doppe waarin sy haar eie lewe se mense in kan glip.


4. Jou gedigte besoek die ruimtes van liminaliteit, van drome, van verwonding – soos “Die koms”. Kommentaar.

Ja, baie van die beelde kry ek in drome. Ek onthou dat ek deur ’n vroeër weergawe van die manuskrip moes soek vir die woord “droom”, juis omdat soveel gedigte verklaar dat hulle deur ’n droom ingegee was en dit my begin hinner het. Dit is tydens tussenstate soos drome waar metamorfose en profesie moontlik is. Dit is ook tydens hierdie toestand waar jy terugglip in en uit tyd (T.S. Eliot se “the moment in and out of time” uit die Four Quartets). Dan onthou mens die sêgoed van ’n mens se pa; die grusaamheid van kinderrympies; die ou woorde. Dit is waar poësie uitslaan.


Die koms
Seeing wolves can change people a lot

In die nag kon jy diere hoor
naby die rivier en in die berge.
Ons het rondgerol soos ná
te veel kos. Vleis voor
slaaptyd gee mens nagmerries
meen my pa as ons laat eet.

Daar was ’n gesluip buite.
Tiere, wolwe, ander
groter goed. Hulle kloue
het liggies op die gruis
geknars, ’n sinkdak
knersend in die koue.

Maar diep het ons geslaap
soos die dronkes en die siekes,
so diep soos baie eeue.
Uit die pierings
van binnekopbene
stort ons slegte drome.

Dit was drieuur die middag
en steeds donker nag
toe dié wat dinge neerskryf
die datum doodgekrap het,
oor begin het met: “Die son is opgevreet.

Vandag was die eerste nag.” (20)


5. In “Lonely Connect” speel jy postmodernisties met Psalm 23. Is die sogenaamde pomo-gedig dood of is daar nog lewe in paraodie en send-up? Ek dink ook hier aan jou gedig “Vir spys en drank”.

Ek is geïnteresseerd in die vermoë van die parodie om ’n geleier van toonaard te wees – in hierdie geval ’n bitter, bytende toon. Iets anders wat my aantrek is hoe die postmodernistiese gedig met sy hope literêre verwysings en jakkalsdraaie ’n manier raak om ou, konvensionele boekekennis te bewaar. Hierdie gedigte wat so vernuwend wou wees raak nou argiewe. So was dit vir my byvoorbeeld lekker om ’n saadjie in die titel van die gedig te bêre: E.M. Forster se motto “Only connect” uit Howards End.


6. Jy skryf vir Emily D. gedigte. Wat simboliseer sy vir jou, hierdie Belle of Amherst?
Ek is gefassineer deur haar kluisenaarskap. Haar afsondering is iets waarna ek smag en waarvoor ek bang is. Ek is geïnteresseerd oor hoe haar stem – sy raak ’n moderne soort waarseër – deur die afsondering beïnvloed is. Daar is ook ’n nou band tussen haar en Elisabeth Eybers, iets waaroor Lina Spies in Die enkel taak skryf. Eybers is die digter wat ek die meeste gelees het. Toe ek op skool was kon mens nog digkuns deur Leserskring bestel en ek het haar latere bundels (Nuweling, Gebruikersverse, ens.) oor en oor gelees. Miskien is Dickinson my sywaartse geskuifel terug na Eybers toe.


Rok

Emily Dickinson se gaatjiesgoed
kraak wit soos ou papier of been.
Net ’n enkele rok van haar is oor.
Annie Leibovitz het dit afgeneem —
dié doodskleed teen ’n klerekas —
because she could not stop for death.

Die ogies in die lap bly knipper
soos my ma se hekeltafeldoek.
Ek sou my vingers deur die gate druk
wanneer my pa en sy baklei.
Nou ná als: tien obole — vyf vir elk —
om oopooggate toe te kry.(12)


7. Jy het ‘n M.A. oor Margaret Atwood geskryf. Watter invloed het haar digkuns op jou werk gehad?

Soos by Eybers, soos by Dickinson, is daar by Atwood ook hierdie profetiese stem van die ou vrou. Atwood sal praat van die “crone”, die heks, ook die sibille. Na soveel jaar het Atwood nog die vermoë om my met ’n beeld te verras. Maar die manier hoe sy taal gebruik is altyd ook ironies. Daar is ’n kilheid, iets soos ’n reptieloog waarmee sy die wêreld betrag wat tot op die been sny, al het sy soveel sports ook. Sy het twee wonderlike gedigte oor krappe in haar bundel True Stories geskryf.


8. In Donkerkamerwas daar ook liefdesverse – maar meer ingehoue, getemper. Dit is of jy hier oper skryf. Het ek gelyk?  Ek dink aan die voorblad van jou debuut wat iets van die terughoudendheid intimeer.

Donkerkamer se liefdesgedigte was melancholies; Krap uit die see se liefdesverse is miskien woedend, hoewel dit mos maar twee kante van dieselfde munt is. Hier is meer gedigte oor dit wat ná die pick-up/cruising volg: die banaliteite van huis-huis speel. (Eybers skryf wonderlike gedigte hieroor.)


9. Jy skyf ook oor skilders, soos Georgia O’Keefe en Judith Mason. Is dit ekfrastiese verse?

Die ekfrastiese teks wat ’n mens byvoorbeeld by Peter Robb kry wanneer hy oor Caravaggio skryf in sy boek Mgryp my aan. Dit was Robb se beskrywings, en nie noodwendig Caravaggio se skilderye nie, wat my in Donkerkamer“Caravaggio se Bacchus” laat skryf het, want soms kan dit meer bevredigend wees om oor’n werk te lees as om die werk self mee te maak. Maar ek dink nie die gedigte wat ek oor kunswerke skryf wil die kunswerk noodwendig belig nie. Die kunswerk raak ’n vastrapplek om by iets anders uit te kom. Baie keer draai hierdie gedigte as ars poëtiese verse uit. Ek raak opgewonde oor die oënskynlike toevallighede of ironieë tussen verskillende kunswerke, soos byvoorbeeld Opperman se “Kroniek van Kristien” en Mason se skildery oor die wildehond waaroor ek in “Die onpaar paar” skryf. Die beeld van ’n sterrehemel waarbinne al hierdie kunswerke ’n hangplek kry soos Eliot skryf in sy “Tradition and the Individual Talent”, is ’n vertroostende idee waarna ek dikwels terugkeer.


Krappegesang

Ek besing my bloedbroer, die krap:
sy pootjies soos breipenne,
hy met die rooi hakskene,
die ogies tandestokkies met olywe.

Skeef-skeef kom hy oor die korrels
soos ’n rilling teen ’n ruggraat op,
die mandibels ’n gekoek
vol hengelaas en visstront.

Waarom bemin ek hom so,
wil ek sy harde karapaks poets,
die knypers vryf tot ’n vonk spat,
hom met ’n hamer oopbreek?

Hier in sy gat wil ek inkruip;
vir hom wil ek aan die bors voed;
hoor hoe hy sy dekplate vir my
laat kerm soos geroeste slotte.

Jirre, hoe jeuk, hoe krap dit nie
in hierdie skedelpan van my kop?
Ek wil jou skud soos ’n blik spykers,

witvleise uit jou doppe skraap. (7)


Fourie Botha

 © Joan Hambidge, 2017

Polemies | Orakel Gouws

$
0
0
In sy bespreking van Ruan Fourie se debuutbundel (“Digter nie teen homself beskerm”, 10 deser) misbruik Tom Gouws die gesiene literator A.P. Grové se naam. Dit is én bly die goeie reg van ‘n resensent om sy siening oor ‘n boek se gehalte neer te pen, maar wanneer die resensie in ‘n onsmaaklike “urban legend” ontaard, moet beswaar aangeteken word.

Ek het professor Grové in 1980 ontmoet toe hy dekaan was aan die UP en ek daar wou begin studeer op ‘n nagraadse vlak. Ek het hom hoflik en beskaafd gevind. Daarna het my deur die jare uitstekende verslae oor my bundels geskryf en ek was ook by geleentheid ‘n gas aan sy huis.

Dit val te betwyfel dat hierdie literator ‘n jong student so ‘n banale woord sou toevoeg oor sy werk. Selfs al was hy krities oor ‘n bundel was hy altyd beleefd en intellektueel deurdag. Grové kon ook Latyn lees en ek beskou sy studie oor Opperman se Komas uit ‘n bamboesstok as ‘n besondere insigryke werk. Trouens, min kritici het met soveel eerbied na ‘n digter se werk gekyk as hy. En waar hy oordeelsfoute begaan het – o.a. oor Breytenbach se debuut – is sy bydrae tot die literatuurkritiek enorm.

Hy sou bepaald nie die volgende geuiter het nie:
Volgens oorlewering het Breyten Breytenbach ná ’n lesing by Tukkies saam met prof. A.P. Grové vir middagete gestap toe ’n voornemende digter hulle trompop loop en sy gedigte in die gasspreker se hand druk en na sy mening vra. Prof. Grové het die stapeltjie gedigte ferm uit Breytenbach se hand gevat, sy oë vlugtig laat val oor die yl skribbeling. Ná ’n paar sekondes se lees, gee hy dit terug aan die verdwaasde student, kyk hom stip in sy “igtiomorfe oë” en sê sag, dog ferm: “Dis suiwer kak.”
Hoe gaan daardie ou liedjie nou weer? “Vat jou goed en trek Ferreira …”. Ons het nie sulke potsierlikhede nodig nie.

Die volledige resensie kan aanlyn gelees word. (Digter nie teen homself beskerm | Netwerk24. Besoek 12 Julie 2017). 

Op dieselfde dag lees ons ‘n uiters positiewe resensie op die Versindaba oor Johan Myburg se Uittogboek. (Versindaba » Blog Archive » Resensie/ Uittogboek (Johan Myburg)Besoek 12 Julie 2017). 

Ek gaan akkoord met die positiewe resensie, maar die volgende stelling laat ‘n mens tog nadink:
Johan Myburg is ʼn digter wat hom langsaam haas – hy word bepaald nie deur ʼn publikasiewaansin gedryf nie.
Is die digter wat lank wag noodwendig “beter” as die digter wat meer publiseer? Sou Gouws dit op Breytenbach, Johann de Lange of Daniel Hugo, o.a. van toepassing wou maak?

Dit neem ons terug na die “intentional fallacy” en “affective fallacy” van Wimsatt & Beardsley. Hierdie twee New Critics het ‘n punt beet gehad wanneer dit by letterkundige beoordeling kom.

Wanneer ‘n mens snedige en afbrekende resensies lees – soos oor Ruan Fourie - dan verlang ‘n mens na literatore wat tekste sien as ‘n “verbal icon” of “well wrought urn”.

Ongelukkig is die gemiddelde leser van ‘n dagblad onbewus van die netwerke van rusies en stryde en ambisies – van resensente wat byltjies te slype het met mede-resensente, keurders of uitgewers – en dan die resensie lees as die Waarheid.

Om iets te weet van die bedoeling van die skrywer of die impak van ‘n teks, sal die gehalte moet bepaal en dit is ‘n drogredenasie, aldus Wimsatt & Beardsley. Wat jy bedoel het, moet uit die teks spreek; en die impak (of verkope) is tog nie ‘n teken van gehalte nie. Dan was Tryna du Toit ‘n groter skrywer as Wilma Stockenström.

Om lank te wag op ‘n teks wat stadigggggg in die laai stof vergaar is helaas ook nie ‘n waarborg vir gehalte nie. ‘n Bundel wat lank in die laai lê, mag ook dateer en as “outyds” aandoen.

Daar is ook iets soos die regte tyd en oomblik vir ‘n bundel. Laat digters dig soos hulle gebek is. Laat hulle publiseer as hulle iets bydra.

© Joan Hambidge


Resensie | Johan Myburg – Uittogboek (2017)

$
0
0
Johan Myburg – Uittogboek. Protea Boekhuis, 2017. ISBN 978-1-4853-0776-1

Resensent: Joan Hambidge

Johan Myburg debuteer met Vlugskrif (1984). Sy volgende bundel heet Kontrafak (1994) en word met die Eugène Marais-prys bekroon. In 2008 verskyn Kamermusiek en so pas: Uittogboek. Dit is ’n komplekse bundel wat handel oor die geskiedenis, ver en naby, en die programgedig is ’n herdigting van die bekende sterfgedig van die Romeinse keiser Hadrianus (76-138 n.C.).

Myburg se bundels was nog altyd deurgekomponeer, veral rondom musiek en die skilderkuns. Dieselfde geld die jongste bundel wat die leser kan oopmaak op enige plek om die kontrapuntale aard daarvan te kan raaksien. “Ombra mai fu” (52) is ’n sentrale vers wat dit illustreer. Dit is die openingsaria van Handel se opera Serse(1738), wat al deur soveel sangers vertolk is. Oorspronklik gesing deur ’n castrato en nou veral in moderne tye deur hoë tenore, contralto’s en mezzosoprane.

Ombra mai fu
di vegetabile,
cara ed amabile,
soave più.

Nooit was die skadu van ’n plant, liefliker, mooier of soeter as jy . . . (losweg so vertaal).

Dié bundel getuig van baie nadink en lees. Dit word egter nooit afgeleide kuns nie.

Myburg se vorige bundels het swaar gedra aan ’n T.T. Cloete-invloed. In hierdie bundel het hy dit genoegsaam verwerk en sy eie stem gevind. Cloete is steeds daar, maar nou meer in die troop van die apophrades, soos Harold Bloom dit tipeer in A Map of Misreading (1975), oftewel die terugkeer van die dooies.

In “Reitzstraat, Potchefstroom” (44) lewer Myburg verslag van hierdie mentorskap en besef hy hoe belangrik vormbeheer is: “Sedertdien swymel ek steeds oor die boeket / van tuine en die toorkrag van ’n rymende eindkoeplet.”

Die digter lewer ’n bundel met ryk tematiek en daar is vele vorme wat ontgin word, soos prosaverse, stringverse, eksperimente met die distigon, vierreëlige verse. Daar is lykdigte en reisverse. Ars poeticas en stemmingsgedigte. Daar word verwys na skrywers soos Marguerite Yourcenar, Maurice Blanchot; kunstenaars soos Elza Botha en Diane Victor.

Daar is gesprekke en palinodes, onder meer “Nanas de la nada” (105-107). Dit is gegrond op César Antonio Molina se “Vivir sin ser visto” (“Lewe sonder om gesien te word”), ’n koerantartikel wat die digter in Madrid gelees het. Hier word die buitelandskap teenoor die binnelandskap afgespeel en die reisende digter word immers getref deur die nuutheid of vreemdheid van ’n ander bestaan, soos verruklik beskryf in die lang gedig oor Venesië (46) waar die stad gesien word soos ’n borsspeld op die lapel van die see.

Van bo gesien lyk die stad
op ’n druppel soos ’n vis
of is dit ’n sinker.

Die gedigte is middelpuntsoekend en -vliedend (“Sentripetaal”, 58) en hierom word die hadida uit verskillende hoeke digterlik en taksonomies belig. Die digter is sowel tuis as ontheemd (46) en in “Passacaglia” (45) word ’n stuk kunsteorie skitterend verwoord.

Dit is ’n stadige, stylvolle dans van Spaanse oorsprong (uit die 17e eeu) met vele variasies wat ’n sleutel is tot hierdie bundel met verskillende weergawes en ’n terugkeer na ’n tuin van herinneringe.

Myburg is ’n gerekende kunskritikus en hierom vind ons dan vele besinnings oor die beeldende en skilderkuns.

Sy gedigte werk sterk klankmatig en die musikaliteit sluit aan by Johann Johl se Gewalste woord(1990).

Die digter aktiveer Cangiante, ’n modus van skilder uit die Renaissance-tydperk teenoor Unione, Chiaroscuro en Sfumato. Cangiante (letterlik verandering, van die Italiaans “cangiare”) aktiveer die afwisseling van emosies én kleure.

In “Spätsommerstag” (42) word die liefde pynlik-navrant belig. In “Postuum” (60) wonder die spreker of die “ingekiste” tevrede was met die blomme by die begrafnis?

“Prosopopeia” (95) is weer ’n ander sleutelgedig wat handel oor Egiptiese doodsrituele, waarin die uittogboek van ’n sterwende via papirus tot ’n moderne gedig oorvertel word. In die Grieks is dit letterlik persoonsverbeelding of personifikasie dan.

Die digter as buikspreker wat telkens “objective correlative” vind om sy eie emosies te maskeer. Hierom vele apokriewe briewe en gesprekke met historiese figure, soos die skitterende “Apokriewe brief” (61) van die kardinaal Cisneros aan Gabriel Alonso de Herrera in 1513. Oënskynlik ’n brief oor boerderye, wat dan weer politieke kommentaar word op boekverbrandings in onrustige tye. “Kitab al-filaha” (56) is eweneens ’n gedig wat sowel die landbou as die kuns van skoonheid aanspreek.

In “Deuntjie” (57) staan daar:

My huis is so gehawend
soos dié van ’n Moorse koning:
Buite vrot die pleisterklei
maar binne is my woning.

Dit is ’n ryke, komplekse bundel wat getuig van baie nadink en lees. Dit word egter nooit afgeleide kuns nie, omdat die digter sy eie outentieke ervaring daarvan weergee in ’n pragbundel van oor die honderd bladsye waarin vele tale en kulture beslag kry.

Johan Myburg

Van die Karoo tot Kastilië, van Xerxes tot Gustav Mahler in ’n bundel van “om te leef om te oorleef om oorleef te word”, 70). Dit is ’n bundel van tanatografie, maar terselfdertyd word die lewe besing en gevier.

George Seferis, die diplomaat-digter, gooi hier ’n lieflike draai:

In Pretoria dans bome met kastanjette, strooi
Jakarandasneeu in die lente. Die res, meen Seferis,
Is saai, ’n grafstad waarin hy lewend toegegooi
Is, ’n skaduryk waarin hy dolend soek na ’n poort. (19)

“Elegie op die wyse van ’n impasse” (77) is ’n sterk politieke vers wat kommentaar lewer oor die paspoort wat eventueel verstryk. (Eventueel hier dan nie as moontlik nie, maar uiteindelik.) Afrika sprei oop soos ’n kassaweblaar.

Dit is ’n eerste lesing wat deur dieper besinnings sal moet gaan om reg te laat geskied aan Uittogboek.


Viewing all 819 articles
Browse latest View live