Quantcast
Channel: WOORDE WAT WEEG
Viewing all 819 articles
Browse latest View live

Die familieskap van tekste

$
0
0
 Die familieskap van tekste

Op ‘n oggend berei sy haarself voor vir ‘n nagraadse lesing. Die jaar begin momentum kry met studente se lesings. Elke jaar ontdek sy nuwe aspekte of nuwe invalshoeke. Ou wyn in nuwe sakke, dink sy by haarself…

Sy tel twee swart boekies op in haar biblioteek wat sy orden en afstof. Muecke se Irony and the ironic en Heather Dubrow se Genre.

Sy moet vir haar jong student iets nuuts leer oor genre-voorskrifte en verwagtinge. Waar en hoe ‘n mens weet ‘n teks is ‘n gedig of ‘n prosa-teks … en hoe sekere skrywers hierdie voorskrifte “meng” of met opset ignoreer.

Dit is al geruime tyd dat sy weet hoe die dood van haar vader haar bybly. Of sy nou vir die eerste keer presies weet watter invloed hy op haar lewe gehad het. Hoe sy soms wonder oor hoé hy sy teleurstellings en ellendes oor sy familie verwerk het. Sy onthou op ‘n dag het haar vader vir haar gesê dat hy Sondae alleen is met sy God. Dat dit die een ruimte is waar niemand kan binnebring of steur nie.

Hoekom maak dit haar vandag so onnoembaar hartseer?

Haar vader se ontsettende isolasie, maar terselfdertyd sy geloof in sy God, het sy toe nie verstaan nie. Sy is amper laat vir ‘n tweedejaarlesing oor die digter Johann de Lange, aangebied as die “Die teks Johann de Lange”.

Sy is al vir ‘n hele paar lesings besig met Lacan en De Lange se beskrywing van sy vaderfiguur wat hom verlaat het na sy selfdood. En hoe hierdie skimmige figuur die teken in De Lange se onbewuste is wat alles bepaal en struktureer. Sy verduidelik hoe die drie vlakke van betekenis, te wete die verbeelde, simboliese en Reële terselfdertyd een word.

Bykans soos die Vader, die Seun en die Heilige Gees. 

Sy sou meer wou vertel. Hoe sy die genre-boek opgetel het en op bladsy 117 van hierdie boek lees: They may, too, maintain a tense and ambivalent relationship with those progenitors long after the parent genres cease to be in vogue, much as our emotional relationships with our relatives do not necessarily cease at their deaths.”

Dit slaan haar asem weg, hierdie waarheid dat genres soos menslike persoonlikhede, ook komplekse verhoudings aangaan met dié om hulle. Rebellie, opstand, of wat ook al …

Épater la bourgeoisie 
vir Johann

In ‘n studie oor genre van ene Heather Dubrow,
konkludeer hierdie teoretikus, so waar as vet,
dat die verhouding met ons ouers nadoods voortduur.
In ‘n lesing oor jou verbintenis met jou vader
sien ek hoe jy elke genre-voorskrif oor ‘n gedig
se sluiting ondermyn, afbreek en uitstel.
Waarom, wonder ek, word ons onthou om die on-
bedoelde, die jeugvergrype, die San Andreas-fout
van die lyf, die onvergeeflike vloek-in-die-vers
eerder as die onverwoordbare pyn wat voortslinger
in gebreekte sonnet na gebreekte sonnet?


© Joan Hambidge


Joan Hambidge - Gebed

$
0
0
Gebed

O Heer in hierdie nag van storms
roep ek na u vanuit
die Panoramiese Hotel
te Iguasso, wyl flitse van weerlig
u Aanwesigheid aandui.
O Heer in hierdie nag van storms
kletter hael teen ruite,
'n populierboom breek in twee.
Teen daglig staan ek buite
en tel die skerwe van 'n vers op:
vanuit, aandui, ruite én buite.

© Joan Hambidge

Eybers 100

$
0
0
Eybers 100

Puntdigte:

Elisabeth Eybers

Altyd in balans, in ewewig:
afgeweeg simmetries 'n gedig.

 (uit Matriks,2015)

So dig ek in 'n reeks puntdigte oor Eybers, ‘n digter wat ek op vele maniere aanspreek in my digkuns. Ek sonder haar uit as een van my drie mentors in ‘n gedig in Meditasies (2014). Sy was (is) meer as ‘n vroulike aanvulling; sy is die grootste beoefenaar van die sonnet en die distigon in Afrikaans en haar vermoë om helder en suggestieryk te dig, verdien vermelding.

As jong kind het ek die gedigte van Eybers gelees en dit het ‘n blywende indruk op my gemoed gelaat. Haar gebruik van die mitologie in haar gedigte is eweneens indrukwekkend.

My gunsteling Eybers-gedig is "Navrae:

Die aard van angs is dat dit tydelik kwel.
Verdriet, volgens 'n ou ballade, duur
twaalf maande en 'n dag, tot op die uur.
Die ritueel van rou is vasgestel.

Vreemd, van berou word nie so veel vertel.
Waar vind 'n mens 'n betroubare gedig
om jou oor die vervaldatum in te lig
van daardie individueler hel?

(Balans, 1962).

Die fyn beheer van ironie en altyd met 'n skeutjie wrangheid, dit is Eybers. Met haar gedig "Digteres as huisvrou" het ek al telkemale in gesprek getree. En ‘n digter se grootheid word immers gemeet aan die palinodes, teensange en parodieë wat dit ontlok.

Digteres as huisvrou

vir Elisabeth Eybers

Altyd ‘n Mr Delivery-boks teen die muur,
nooit ‘n optelslet op die onvanpaste uur.

Agenda/memoranda-dae waardeer sy gatvol,
moerig van vergadering na vergadering tol.

Wasgoed wat deur haar Bosch-masjien swaai,
sewe stelle klere plus gymbroeke aan die draai.

Eksamenskrifte, e-posse, verslae op haar lessenaar
(‘n Toring van Babel), neffens kritieke wat stof vergaar.

Tussendeur skryf sy gedigte stiekem wyl sy verwoed werk,
haastig beweeg van spertyd tot dit wat haar binneste versterk.

O muses, wees haar genadig:
laat haar maar parodies dig! 


Langs my bed staan die versamelde gedigte van Opperman en Eybers. En Louw se Tristia.

© Joan Hambidge

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunnning van Die Burger)


Joan Hambidge - Enkele kanttekeninge by Johann de Lange se ongepubliseerde dagboeke

$
0
0
Minotaur © Paul Wunderlich

Loergat

Die loergat is ‘n judasoog,
sê nooit: ek's eensaam, of het lief,
wys lies of lul, die skaam bruin oog,
‘n mond wat rond pleit: Asseblief

(Uit: Nagsweet. Taurus, 1991)

Art is not only about something; it is something. A work of art is a thing in the world, not just a text or commentary on the world.
Susan Sontag

I
Op die webruimte Kaapse paragrawe van die digter Johann de Lange verskyn daar 'n gerf dagboekinskrywings onder die titel "Bloudraad".

Soos by De Lange se mentor Hennie Aucamp word die dagboek ‘n komplekse teks: enersyds private ontboeseming; andersyds bedoeld om gepubliseer en dus gelees te word. Hierdie spel tussen privaatheid en openbaarmaking is die genre-voorskrif van die dagboek – ons dink aan Laclos se beroemde Les liaisons dangereuses en op Afrikaanse bodem is daar Hettie Smit se Sy kom met die sekelmaan uit die dertigerjare. En vele ander tekste gehou deur verraaiers en diegene wat verraai is met 'n judaskus.

Die soort teks werk dus altyd met ‘n implisiete spel tussen onthulling en verhulling; oopmaak en toemaak.

Die leser van die dagboek is dus voyeur, koekeloerder; die skrywer van die dagboek is iets van ‘n naakloper. Hierdie dubbelspel is dus die genre-voorskrif van die dagboekroman en dagboek-as-teks.

Dieselfde tematiek as in sy bekende, en waarskynlik mees omstrede digbundel Nagsweet, kom aan bod in hierdie dagboeke waarvan die leser ‘n uittreksel te lese kry op die skrywer se blog. De Lange is ook ‘n behendige prosaskrywer soos ons weet uit sy kortverhaalbundel Vreemder as fiksiewat in 1996 verskyn het.  In hierdie bundel word die stylgrepe van die postmodernisme ondersoek en toegepas: die spel tussen waarheid en fiksie; die verdoeseling en problematisering  van identiteite (reeds ingegee deur die voorblad waar die figure Aucamp, De Lange en Koos Prinsloo oor mekaar skuif); die sikliese gang van die vertellinge; die closure wat uitgestel bly, ensomeer.  (Sien "Die prosa van Johann de Lange: Die versplintering van die 'ek'”. Besoek 25 Februarie 2015)

II
Hoe moet ons hierdie dagboekinskrywings benader?

In navolging van Heather Dubrow se studie oor Genre– wat deel uitmaak van die reeks The Critical Idiom– is dit opvallend hoe skrywers dikwels genrevoorskrifte oortree. Die voortdurende veranderinge – evoluering – is bekend aan gesprekke en tekste oor genre.
Van die tekste het oorspronklik by Homeros verskyn onder redaksie van Danie Botha (Party van ons) en dit word aangekondig dat die teks as Gulp in in 2012 verskyn het. Die teks is egter by nabetragting deur die outeur gekanselleer. ‘n Nuwe weergawe word vir 2015 beoog. Ondertussen werk ons met die teks Bloudraad wat op die webwerf Kaapse paragrawe bestaan. Vir die leser se gerief word die behandelde teks hier volledig as 'n endnoot gepubliseer.

Vervolgens gaan sekere kodes en genre-kenmerke bespreek word aan die hand van die inskrywings:

I Die eerste opvallende kenmerk is dat die datum-inskrywings vaag bly en dat die jaartal onvermeld is. Ons begin by 5 Maart, maar ons weet nie presies watter jaar dit is nie. Die eerste inskrywing begin met "gaan saam met" en die ek word weggelaat. 'n Soort aanduiding van die vinnige inskrywing of optekening; alvorens die "ek" vergeet. Hiermee word 'n soort universaliteit oor die kondisie gesuggereer.

II Die bekende cruise-tematiek kom aan bod in die tweede inskrywing waar 'n onwillige persoon aangetref word. Hier word die ambivalensie-kode opgeroep wat die gevaarelement van cruising vooropstel. Dit skep uiteraard spanning by die leser wat weet dat die "ek" iemand nooi na sy woonstel - 'n private ruimte - waar hy vermoor of aangerand kan word.

III Hierna word iemand in 'n toilet afgesuig voordat die "ek" die film Fearless gaan kyk. Die kodes van gevaar en kortstondigheid word hier geaktiveer: cruising het te make met gesigloosheid, blootstelling en 'n ervaring wat van korte duur is. Dit is fast food sex.

IV In die gym, eweneens 'n bekende ruimte vir gay-mans op soek na lyflike plesier, word die private openbaar gemaak. Daar is coitus interruptus vir sowel die leser as vir die karakter: ons kan nie alleen wees met ons "ek" nie; hy word onderbreek deur binnetredes van 'n ander wat sowel ons leespret as sy lyflike pret bederf. 

V Peter is 'n blote fuck buddy in 'n volgende inskrywing en ook hier word die seksuele spel tussen die "ek" en die Ander onderbreek deur 'n foonoproep van ene Lucas.

VI Die Bronx, 'n gay-ruimte, word geïdentifiseer en die mooi man ('n bekende kode in gay-tekste) word ontgin. Die "ek" is verbaas oor sy aandag en hy gaan op uitnodiging na sy plek. Hier word intieme seks beleef:
Hy trek die skuifdeure toe & ons gaan deur kamer toe, begin soen, mekaar uittrek. Hy wil hê ek moet my jeans & skoene aanhou; net my hemp uittrek. Sy piel is aan die klein kant; besny. Hy buk vooroor, rug na my. Ek gaan sit op my hurke & begin hom lek. Ruik na gegeurde seep. Ek werk my tong in hom op. Hy kreun.
Dis die eerste keer sedert Willie dat ek dit met iemand doen & geniet. Ek druk sy boude met my twee hande oop sodat ek sy hol beter kan sien & dieper kan tongnaai. Die vlees daarvan is sag & glad, met ‘n smaak van sy eie. ‘n Byna metaalagtige smaak, soos van bloed. Ek voel hom oopgaan soos hy ontspan & my tong vat.
In hierdie energieke toneel word die "ek" ook gevra om oor te bly, maar hy verkies om huis toe gaan. Hy beleef dit as 'n positiewe ervaring en skryf intens en lank hieroor.

Dit is opvallend uit hierdie aangehaalde gedeeltes dat ons hier die "resisting queer" vind: die persoon wat die patriargale dominansie ondermyn of subverteer. Deur hierdie inskrywings te publiseer, word die diskoers van die "resisting I" weergegee. Die gay-persoon gebruik skryfwerk om die hetero-gedomineerde wêreld te verontrief deur 'n ontbloting of "flashing" van persoonlike ervarings.

Elke inskrywing kan eweneens sy pendant vind 'n gedig van De Lange wat meer verhullend met die gegewe werk. Trouens, die De Lange-speurder "herken" dikwels die aantekeninge vir 'n vers.

III
Cruising is 'n spesifiek homoseksuele kode wat kasuele seksuele interaksie beteken. In 1980 verskyn William Friedkin se film Cruising (webblad besoek 28 Februarie 2015) met Al Pacino in die hoofrol.

The Village People se uitbundige "I am a cruiser" beklemtoon die speelse aspekte van hierdie interaksie. In die film met Pacino as die polisieman aktiveer die titel se twee dimensies: die polisieman se soektog na die reeksmoordenaar in 'n "leather bar" en die gay se soeke na vrye seks.

In die West Village kroeë in New York word homoseksuele mans opgetel en daarna vermoor in goedkoop motelle en die speurder (polisieman) moet dit oplos.

Good cop/bad cop; bo-wêreld/onderwêreld; straight/gay word in opposisie met mekaar geplaas.

Burns (Pacino) se soektog na die moordenaar word telkens gefnuik. Die ambivalensie van Burns word uitgebou deur sy vriendskap met 'n gay-dramaturg wat hom help om die onderwêreld te betree. Sowel Burns as Ted (die dramaturg) ervaar problematiese verhoudings met hul onderskeie partners. Die slot van die film aktiveer 'n sterk homo-erotiese kode.  Wanneer Burns weer intrek by sy vriendin, ondersoek sy Burns se klere: 'n leerbaadjie en pet. Dit is klere wat die moordenaar ook dra ...

In die slottoneel kyk Pacino direk in die kamera - sy baard is afgeskeer. Kon hy dalk die moordenaar wees? Het hy dit geword in ons verbeelding? Weet hy dalk wie dit gedoen het? Of het hy deel geword van die gay-wêreld wat hy betree het? Hoekom dra hy nou 'n gay-uniform?

Hierdie ambivalensie van manlike identiteit is iets wat De Lange sterk uitbou in Nagsweet en ook in die bundel Vleiswond. In die tweede inskrywing word hierdie aspek verder ontgin. Die man gaan na die "ek" se woonstel, maar verander dan van plan. Hy bely dat hy nie van hierdie "soort" is nie, met ander woorde, nie behoort tot die "annerster soort" nie. Dit is Aucamp, et al. se kode vir gay-mense. Tog voel hy duidelik ambivalent oor homoseksualiteit; hy gaan sáám met die gay-persoon, maar verloor uiteindelik belangstelling waarskynlik uit vrees of onsekerheid oor wat die aanraking mag inhou.

IV
Maar dit gaan vir ons uiteindelik om die rol van die leser of interpreteerder van die teks. Ook óns word deur Johann de Lange in 'n ambivalente posisie geplaas. Ons is enersyds buite; terselfdertyd binne. Ons word deel van die intieme dagboeke en moet, soos Al Pacino, die driftige, onbekende onderwêreld betree. Soms is ons toegerus; ander kere nie. Ons is Orfeus in die onderwêreld. In hierdie Bloudraad-konfessies word die volle impak van die cruiser se bestaan gekarteer. In die VIe inskrywing word die kannibaal-beeld gebruik en in De Lange se gedigte word kannibalisme en reeksmoordenaars ontgin as metafore om hierdie bestaan te beskryf. Duet of Cannibals van Susan Sontag is 'n film uit 1969. Die beroemde filmkritikus vervaardig 'n film en betree dus as teoretikus die arena van die filmmaker net soos hierdie leser met die binnetrede van die dagboeke (wat die werklikheid probeer weergee anders as 'n gedig wat metaforiseer en verdring) die kodes probeer ontsyfer. Nie alle kykers was gaande oor Sontag se film nie en 'n gesiene kritikus, soos Roger Greenspun, wat in 1969 negatief daaroor skryf. (Movie Review - Duet For Cannibals - The Screen/Susan Sontag's 'Duet for Cannibals' at Festival - NYTBesoek 28 Februarie 2015).

Sontag se teoretiese werk is van kardinale belang vir die lees van hierdie dagboeke. Haar beroemde "Notes on Camp" en "Against interpretation" gee al die sleutels vir die lees van hierdie dagboekinskrywings. In die dokumentêr, Regarding Susan Sontag, beklemtoon sy die belangrikheid van kamp as 'n stylfiguur en hoe die vaudeville-wêreld van die gay-man werk waar alles gestileerd en geaffekteer is. Dit word in die IXe inskrywing aangetref.
Reborn heet die vroeë dagboeke van Sontag wat die tyd tussen 1947 en 1964 karteer, saamgestel deur haar seun David Rieff, met wie sy 'n besondere verhouding gehad het. Op bladsy 163 bely sy haar siening oor liggaamlike skoonheid:"And physical beauty is enormously, almost morbidly, important to me."  Hierom kon sy die gay-sensibiliteit begryp.
In die genoemde film word verhoudings met sowel mans as vroue behandel. Veral verhoudinge met vroue speel 'n sentrale rol in haar lewe.

Sy het ongeveer 100 notaboeke nagelaat en dit is onseker of sy dit vir publikasie bedoel het. Die feit is egter dat dit bestaan en 'n lig werp op haar komplekse lewe as skrywer en openbare intellektueel. Rieff erken wel dat die publikasie haar privaatheid binnedring (x). Name van mense word wel nie verklap nie, ofskoon die film oor haar lewe dit wel doen! Sontag het tydens 'n ontmoeting met my haar boeke geteken - vreemd genoeg nie langs die kolofon of op die titelblad nie, maar agterin die boek. Dit was tydens haar besoek aan die Universiteit van Kaapstad waar ek die voorreg gehad het om 'n dag met haar deur te bring in Maart 2004. (Sien "Desperately Seeking Susan Sontag: ’n Essay-verhaal". LitNet/ SeminaarKamer. Besoek 1 Maart 2015).

Sontag word eweneens tersaaklik in die VIIIe inskrywing met haar siening oor siekte as 'n metafoor wat sy later uitbrei in haar teks: Aids and its metaphors. Die gay-man kan nie meer uitbundige seksuele ervarings beleef nie; Vigs is die pretbederwer. Ironies genoeg sterf Sontag aan kanker.

In afdeling VII word anonieme toiletseks beskryf met die ingeboude fisiese gevaarelement wat dit impliseer.

In die Xe inskrywing aktiveer De Sade ritualistiese seks; iets waarop die dagboekskrywer sinspeel; net soos wat die XIe inskrywing met sy verwysing na die "usual suspects" nie alleen die film oproep nie, maar eweneens iets patroonmatigs impliseer. Ook in hierdie film gaan dit om identiteite wat verskuif. ("The Usual Suspects - Wikipedia, the free encyclopedia". Besoek 28 Februarie 2015).

Psycho van Hitchcock is beslis nie 'n toevallige interteks nie. Moedermoord (matricide) en onderdrukte seksuele begeerte wat op moord uitloop, maak van hierdie film 'n tersaaklike interteks. Hoe ironies dat die speurder, ene Arbogast, wat alles moet oplos in Psycho vermoor word.  Die Bates-motel is 'n gekodeerde ruimte van waansin waar Norman Bates die vrou, Marion, in die stort vermoor in die gedaante van sy reeds gestorwe moeder. Dit is 'n briljante film in die ondersoek na identiteitoorname. Norman is onder die indruk dat sy moeder dit gedoen het. Boonop is die bloed in die storttoneel wat gebruik was sjokolade wat aansluit by Sontag se siening oor "Notes on camp" en films se gebruik van artefakte. (Psycho (1960 film) - Wikipedia, the free encyclopedia. Besoek 28 Februarie 2015).

En die leser, as 'n letterkundige speurder, kan in 'n ondersoek verkeerde aannames maak en kodes foutief interpreteer en dus simbolies "vermoor" word deur die gevaarlikte teks.

V
Uiters suggestief eindig hierdie inskrywings:
Onder in die sitkamer, op pad uit, merk ek heelparty kunswerke deur plaaslike kunstenaars. Veral een vang my oog: ‘n mooi yster-figuur van Christo Liebenberg. Die torso is opgebou uit dik bloudraad met in die middel ‘n ysterhart vasgeheg aan die torso met drie leerbandjies. Die hart het ‘n sleutelgat; is dus gesluit. Ook tussen die bene is ‘n soort codpiece wat eweneens gesluit is. Die sleutels na hierdie twee begeerde domeine is nêrens te sien nie.
So word die titel verduidelik en dat die sleutels na die twee begeerde domeine nie gevind kan word nie. Die hart is gesluit en die bene is eweneens toegesluit in die kunswerk.

De Lange probeer Sontag se dictum "In place of a hermeneutics we need an erotics of art" hier uitvoer ... Tog probeer die leser dit koppel aan ander tekste, sowel met die digkuns as die teorie.

Bloudraad is 'n fassinerende teks met sy bedoelde-onbedoelde toespelings, inspelings en uitspelings.

© Joan Hambidge
Kaapstad 2015

Endnoot:

Bloudraad. Die Kaapse paragrawe

I. 5 Maart

Gaan saam met Raymond na Chart Farm om druiwe & rose te gaan pluk. Die plaaswinkeltjie sit teen 'n helling met die roostuin op regterhand & die druiweboorde al teen die hang af. Pragtige uitsig. Gewapen met ‘n snoeiskêr & plastieksak vaar ons eerste onder die hanepoot in.

Die druiwe het 'n wilde smaak, asof mens die son daarin kan proe. Wanneer laas het ek my hand tussen blare ingesteek & die koel swaar gewig van 'n tros druiwe aan die tak kon voel?
Ons pluk & eet al geselsende. Ons klouter deur pap draadheinings & gooi 'n draai deur die ander wingerde maar die druiwe daar is nie soet genoeg na ons smaak nie.

Dik gevreet steier ons met die sakkie geplukte druiwe teen die helling uit waar ons dit solank by die plaaswinkeltjie los & 'n plat kartondeksel kry vir die rose.

Die rose is nog nie in volle bloei nie. Daar is baie knoppe & 'n paar vroeë blomme. Maar ons werk die beddings geduldig deur, van die Double Delicious tot by die Vera Johns. Ek ruik aan elke soort, party het 'n swaarder reuk as ander, party soeter.

Ons pluk meer as twintig bloeisels wat net begin oopgaan & Raymond snoei sommer op die plek oortollige takkies & blare van die stingels af. Party rose het groter dorings as ander, asof hulle hulleself meer aggressief verweer teen die hand met die lem. Die dorings gee iets manliks aan die rose.


II. 2 April

Tel ‘n man by Saunders Rock op. Aantreklike bruingebrande swartkop met ‘n stewige knop in sy kortbroek. Hy het ‘n rooi rugsak & sê hy het die oggend berg geklim. Sy sweetreuk bevestig dat hy lank in die son was. By die woonstel trek hy sy skoene uit, gaan was sy voete & maak hom tuis in die sitkamer. Ek gooi vir ons vrugtesap in & ons gesels voel-voel. Die tyd stap aan & ek noem dat ek die woonstel met iemand deel. ‘n Fout. Sy houding verander handomkeer.

Hy krabbel in sy rugsak, haal ‘n stuk papier & pen uit. Ek dag hy wil vir my sy adres &/of foonnommer gee, maar nee, hy begin ‘n kriptiese lysie op die papier neerskryf. Hy sit ook ‘n maatband op die tafeltjie neer.

“Waarvoor is dit?” wil ek weet.

“Wag, jy sal sien.”

Toe hy klaar geskryf het, staan hy op & vat die maatband. Hy beduie ek moet ook opstaan. Ek meen eers hy wil dalk die lengte van my piel meet as die een of ander voorwendsel tot seks, as ‘n soort seduksie. Maar dit blyk toe, nee: hy wil my ánder mates vat.

Die ou is kennelik nie lekker nie & ek bied aan om hom te gaan aflaai waar hy wil wees. In die hysbak & motor probeer ek agterkom wat in daai kortbroekie skuil, maar hy wil niks weet nie. Mompel nurks dat hy nie van die “soort” is nie.


III. 16 April

Ek gaan fliek by die Waterfront – Fearless met Jeff Bridges. Voordat die fliek begin, gaan ek vinnig toilet toe. Iemand kom sit in die hokkie langsaan & loer deur die loergat. Ek loer terug & sien hom draadtrek.

Die volgende oomblik kyk hy bo-oor die afskorting. Hy is ‘n aantreklike blondekop met jeans & ‘n sportsbaadjie aan. Sy piel is stewig & besny. Ons tos mekaar onderdeur die afskorting.
Na ‘n ruk kyk hy weer bo-oor & vra of ek getroud is. Ek neem aan dis deel van sy fantasie & sê ja. Hy vra my om hom te soen. Ek huiwer.

"Kiss me," sê hy dringend. "Kiss me."

Ek gaan staan op die toiletbak se rand & ons soen mekaar bo-oor die afskorting. Hy soen baie lekker. Dan klouter hy af, trek sy broek op & verkas.

IV. 14 Mei

Gym toe. Met die instapslag sien ek 'n ou, omtrent my lengte & ouderdom, fris gebou, met 'n laaannngg piel. Dit klap behoorlik teen sy bobene terwyl hy loop. Swengelend. Hy stort in die hokkie langs myne. Seep daai ding in tot 'n semistyf. Lieflike gesig. Ek aai dit vir laas voordat ek wegstap stoomkamer toe. Vang sy oog. Kry die gevoel ek moet hom nie traai nie.

In die stoomkamer is daar 'n swartkop wat waarskynlik mof is. (Ek kry net die vibe.) Die deur gaan oop & Langpiel kom in. Hy gaan staan teen die muur waar ek sit, sy hande voor hom gehou, 'n trouring aan sy vinger. Maar sy piel hang ver onder sy hande uit, steeds semistyf. Dik uitgeswel. Ek kan my oë nie daarvan af vat nie, maar probeer om nie te opvallend te staar nie.

Ek begin 'n horing kry. Probeer dit wegsteek, maar hy sien. Sy piel begin ook swel. Wel! Hy vat sy hande weg sodat dit effens wegstaan van sy lyf, steeds te swaar om eens 90 grade te lig! Hy gaan sit op die bankie oorkant my & begin homself tos. Die swartkop sit steeds met sy bene opgetrek & maak of ons nie bestaan nie. Ek begin ook tos. Die ander man se piel is nou in volle sterkte styf & manjifiek. Hy staan op & kom staan voor my. Tos my. Net toe ek my hand uitsteek na syne gaan die deur oop. 'n Swartkop outjie kom in, gemiddelde piel. Hy kom sit langs my.

Langpiel gaan sit & trek sy bene op sodat sy piel nie wys nie. Die eerste swartkop stap uit. Langpiel hervat weer sy vertoning. Die outjie langs my doen niks, kyk net. Ek begin ook tos. Toe ek weer kyk, is die swartkop se piel volle sterkte uitgeswel & byna net so groot soos Langpiel s’n. Nie so lank nie, maar dikker, amper bierblik-dik.

Hy speel tentatief met homself. Toe ek aan hom wil vat, keer hy my hand weg. Hy laat egter langpiel toe om hom te tos, maar wil nie aan hom vat toe dié beduie hy moet nie. Ons word weer onderbreek & kry die res van die aand nie weer kans om alleen te wees nie.

V. 23 Julie

Peter kom oor die oggend. Ons het beplan om die dag iewers heen te gaan, of net rond te ry. Net voordat ons waai, bel Lucas. Terwyl hy met my oor die foon gesels, blaai Peter deur porno. Raak jags, & dis nie lank nie of hy het my broek oop & wikkel my piel uit & gee my een van sy onverbeterlike blow jobs. Later werk ek syne ook uit. Sy kakie langbroek het 'n nat kol voor. Ek gesels nog eenstrykdeur met Lucas. Toe ek later die foon neersit, gryp ons mekaar met mening.

Ons ry agterna uit Melkbosstrand toe, dan Tweede Steen waar ons uitklim, die bosse in stap & mekaar nogmaals gryp. Peter kom terwyl hy vooroor gehurk my staan & afsuig. Sy kom vlieg die wêreld vol. Net toe ek begin kom, sien ek iemand 'n ent van ons af staan & pis. Ek is nie seker of hy ons gesien het nie; glo nie so nie. Peter trek sy broek op, ek staan met my rug na die ander man toe & maak klaar. Ons stap laggend terug kar toe.

Dis laatmiddag wanneer ons by die Blue Peter hotel bier bestel & iets om te eet. Stap daarna 'n moerse ent op die strand & gesels. Of ons ooit iets meer as fuck buddies sal word, betwyfel ek. Maar ek verkies dit eintlik so. Dis eenvoudiger. Dis omtrent vyfuur wanneer ons weer terug is in Seepunt.


VI. 27 Augustus

Gisteraand weer Bronx toe. Ontmoet David, pas afgetrek van Johannesburg. ‘n Sexy swartkop. Ek was heel verbaas toe hy my cruise. Ek het hom vroeër die aand saam met ‘n ou by die Bronx sien instap & hy is deur ‘n hele paar van die mooies gegroet. Op die dansvloer het ek langs hom & sy vriend gedans, maar hy het nie in my rigting gekyk nie. Later, toe ek naby die ingang staan om af te koel, kom staan hy alleen langs my. Vra hoe dit gaan. Ek sê goed & bly dan stil.

Ons staan woordeloos langs mekaar. Later stut hy sy hande agter op die houtreling waarteen hy leun & ek vat ‘n kans & sit my hand naby syne, raak ‘toevallig’ aan hom. Na ‘n ruk raak hy liggies aan my hand & ons vingers verstrengel. Nog steeds praat ons nie.

Elke keer as iemand wat hom ken met hom kom gesels, vat hy sy hand weg. Hy’s waarskynlik involved & wil nie hê sy lover moet uitvind nie.

Ons bly staan met lang stiltes tussen ons. Ek druk ‘n keer of wat my hand agter by sy jeans in & voel die welwing van sy boude, of streel die diep kurwe van sy rugstring.

Later moet hy sy vriend gaan aflaai & vra of ek nog gaan bly. Ek trek my skouers op, nie seker wat om te sê nie. Sê dan nee, ek gaan ook waai. Hy sê dat hy my graag weer sal wil sien, wil ek hom nie so oor ‘n halfuur by sy woonstel kry nie. Of dalk later in die naweek? Ek sê ons kan mekaar later in die naweek sien, miskien ‘n brekfis doen.

“I would like it if you came to my place. Tonight.”

“OK. I’ll see you later.”

“Give me 15 minutes to drop him off, then I’ll be home.”

Hy bly in ‘n woonstel wat hy huur in Bantry Bay, op met Ravine Steps. Lieflike uitsig. Toe ek die bopunt van die trappe bereik, sien ek die hek is halfoop gelos. Ek stap ‘n paar trappe af na ‘n houtdek waarop ‘n tuintafel & –stoele staan. Net ‘n plat ruwe houtdek sonder reling.
Die skuifdeure is ook halfoop & ek kyk in op die sitkamer. Smaakvolle (hoewel effens verbeeldinglose) meubels & ornamente, niks moffierig nie. Die objekte & skilderye teen die mure is ‘manlik’ – ‘n ou seekaart, kompas, sulke dinge.

Ek stap binne. David is nêrens te sien nie. Die deur na die slaapkamer is links & ek sien twee bene wat afhang oor die bedrand. Swart skoene & jeans. Ek beweeg nader.

Hy lê op sy maag, half aan die slaap. Vir ‘n oomblik dink ek dis ‘n speletjie, dat hy maak of hy slaap & ek raak styf by die gedagte. Maar toe ek die vertrek inkom, word hy wakker & rol om. Glimlag.

Hy trek die skuifdeure toe & ons gaan deur kamer toe, begin soen, mekaar uittrek. Hy wil hê ek moet my jeans & skoene aanhou; net my hemp uittrek. Sy piel is aan die klein kant; besny. Hy buk vooroor, rug na my. Ek gaan sit op my hurke & begin hom lek. Ruik na gegeurde seep. Ek werk my tong in hom op. Hy kreun.

Dis die eerste keer sedert Willie dat ek dit met iemand doen & geniet. Ek druk sy boude met my twee hande oop sodat ek sy hol beter kan sien & dieper kan tongnaai. Die vlees daarvan is sag & glad, met ‘n smaak van sy eie. ‘n Byna metaalagtige smaak, soos van bloed. Ek voel hom oopgaan soos hy ontspan & my tong vat.

Ek steek my een hand tussen sy bene deur & vat sy piel vas. Dié is nat van die pre-cum wat daaruit op die mat drup. Hy is baie responsive, maak geluide, beweeg sy onderlyf, probeer nog verder vooroor buk sodat ek dieper kan inkom.

Sy matras lê op ‘n platform twee trappe hoër as die vloer. Hy gooi sy hemp oor die boonste trap (die mat is van ‘n baie growwe, geweefde soort) & gaan lê op sy maag met sy knieë op die onderste trap. Ek kniel agter hom & begin hom weer tongnaai. Ek voel ek kan ‘n ganse nag aanhou daarmee.

Die geluide wat hy maak & woorde wat hy sê, is half skugter, onseker oor hoe ver hy kan gaan. Hoe meer ek te kenne gee dat ek daarvan hou, hoe pronter raak hy. Na ‘n ruk staan hy op & ons vry weer, dan gaan hy agter my staan terwyl hy sy hand om my sit & my piel beetvat. Hy begin my op die boude looi met die plathand. Later die aand doen ek dit met hom. In ‘n stadium trek ek hom oor my skoot & looi hom goed.

“Do you like it?” vra hy.

Ek knik.

“I want you to do what you want with me.”

Hy vertel my dat hy daarvan hou om te tongsoen, & veral as die ander ou sy tong so diep as moontlik in sy keel afdwing. Vir die volgende 5-10 minute doen ons net dit, soos twee kannibale wat mekaar probeer verorber. Baie intens. Dan kniel ek agter hom & begin met my pielkop aan sy hol por. Hy weet wat ek wil & haal ‘n kondoom uit wat hy vir my aansit & ook jellie.

Ek lê op my rug & hy sit bo-op my, probeer my so ry. Maar dit werk nie mooi nie. Ek kniel agter hom, hy op sy hande & knieë & naai hom. Vir die eerste keer in ‘n lang tyd voel dit goed.

“I want you to enjoy it,” sê hy. “Fuck me hard. Do what you want.”

Ek begin hom rof naai, trek my piel elke keer so te sê heeltemal uit & stamp dit dan terug. Ek voel my orgasme opbou. Die volgende oomblik kom hy in sy hand. Ek trek uit, pluk die kondoom af & begin tos. Hy rol om op sy rug sodat ek bo-op hom kan gooi. Ons lê ‘n ruk uitasem. Hy beduie ek moet met my kop op sy boarm lê. Ons bly ‘n ruk lank so lê. Dan staan hy op om badkamer toe te gaan.

“You can sleep over if you like,” sê hy. “Only problem is I have an early meeting so you’ll have to get up early with me.”

“I’ll go home,” sê ek.

Terwyl hy in die badkamer is, trek ek aan. Wanneer hy uitkom, keer ek hom voor & ons soen weer.

“Are you sure you don’t want to sleep over?”

“Yes,” sê ek. “Next time.”

Hy vra my telefoonnommer & sê hy sal my bel. Ons staan op die houtdek, ek geklee & hy kaal met die maanlig op sy skouers & die see agter hom & die donker vensters van die woonstelblokke & huise. Ons soen, groet dan.

Ek ry woonstel toe, opgelug. Dis vyfuur in die oggend maar ek voel nie moeg nie.


VII. 17 September

Vlieg Durban toe. Nadat ek my bagasie ingeboek het, gaan eet ek iets bo in die restaurant. Daar sit drie mans by 'n tafel & gesels. Tipiese sakemanne. Een is aan die ou kant, maar die ander twee is jonk. Ek maak oogkontak met die swartkop. Toe hy my egter 'n paar keer betrap dat ek vir hom kyk, gee hy my 'n aggressiewe kyk. Ek besluit dis tyd om te waai.

Gaan gooi gou ‘n draai by die toilet. Skaars 'n minuut later staan die swartkop langs my by die krip. Sexy piel, onbesny met ‘n lekker los voorvel. Ek staan heel luiters, hou my hande tuis. Dit kan 'n setup wees. Sy twee vriende wag dalk buite. Na 'n ruk is beide van ons styf & hy begin speel. Ek laat hom my pielstyf sien, maar doen niks verder nie. Dan beduie hy ons moet in een van die hokkies ingaan. Ek reken dis veilig & knik.

Binne in die hokkie rem ons vinnig ons jeans af & begin mekaar tos. Hy wil nie hê ek moet hom suig nie. Ons hoor sy twee vriende by die toilet inkom. Ek gaan sit op die bak terwyl hy voor my staan. Hy vat my jeans wat tussen my enkels gebondel is in sy vry hand vas & lig my voete van die grond af op sodat daar net een paar voete sigbaar is, sou iemand onderdeur loer. Die ouer man stap uit, maar die jong een bly agter. Hy roep my seksmaat by die naam.

“Ek kom” sê dié & voeg dan ook sekondes later daad by die woord & pomp sy wit in 'n bondel toiletpapier. Heel kinky om seks te hê met 'n ou terwyl sy vriend niksvermoedend buitekant wag. Ons wag 'n ruk totdat die vriend ook uitstap. Die swartkop trek sy jeans op, sê dankie & glip by die deur uit. Toe ek buite kom, is die drie nêrens te sien nie.


VIII. 24 September

Peter daag op. Ons kyk Longtime companion. Terwyl ons fliek kyk, begin ons vry. Trek uit. Hy’t ‘n lekker lyf. Harige borsies, mooi definisie met die harde borsbeen tussenin; gladde byna haarlose boude. Gemiddelde piel. Ons lê later op die mat & 69. Kort-kort as hy naby is, stop ek want ek wil hê dit moet duur. Staan daarna kaalgat op die balkon & gesels terwyl hy ‘n sigaret rook. Die suidoos waai lat dit bars.

Gaan na ‘n ruk weer binnetoe. Begin aantrek. Porno kom ter sprake & ek sê ek het porno, & ons kyk na een. Hy raak weer lus. Ons trek uit & begin van vooraf. Rek dit uit so lank as moontlik. Die tweede keer kom hy baie meer as die eerste keer. Dit val in sulke wit hale oor my bors.

Dan hou hy skielik op om my te suig.

“You’re bleeding,” sê hy. “I must have hurt you somehow.”

Hy probeer dit casual hou, maar in ons albei se koppe alarm dit. Wie se bloed is dit? Myne of syne? Elkeen dink waarskynlik die ander een is die groter risiko. Peter is  heel bedrywig & ek lei af hy hou daarvan om genaai te word. Ons sê niks nie. Ek tos myself tot ek kom. Teen daardie tyd is daar redelik baie bloed.

Ek gaan badkamer toe om 'n waslap te gaan kry. Spoel myself af, maar kan nie die stukkende plek kry nie. Dalk was dit sy tandvleise wat gebloei het. Ons trek aan, probeer gesels asof alles OK is, maar die aand is basies oor. Later gaan hy badkamer toe waar hy sy mond aanhoudend uitspoel.

Dis onmoontlik om deesdae seks te hê sonder dat die skadu van die virus oor jou val. Die alomteenwoordige derde bedmaat.


IX. 1 Oktober

‘n Groep van ons (onder andere Stoffel, ‘n akteur & larger than life aktrise) is Donderdagaand na ‘n clairvoyant-meeting by Ashbey house in Highlevel road. Ashbey House is ‘n ou dubbelverdieping wat lyk soos die Bates-huis uit Psycho.

Aan die agterkant van die gebou is daar ‘n ingang na ‘n saal wat alreeds byna vol sit. Dis nie ‘n baie groot vertrek nie & ruik ietwat bedompig. Die stoele is van die goedkoop wit plastiek soort & daar is bittermin beenruimte. “Barcarolle” speel sag in die agtergrond.

Uiteindelik kom die medium by die deur regs van die verhogie uit. Hy is ‘n kort man, aan die mollige kant & met ‘n ronde baba-gesig, in sy sestigs sou ek sê. Hy praat sag & glimlag dikwels. Bedank almal wat aan hom gedink het & vir hom gebid het tydens sy tyd in die hospitaal onlangs.

Terwyl die musiek speel, sit hy op ‘n stoel met sy oë toe. Wanneer die musiek ophou, staan hy op & begin praat. Ek dag nog hy praat met ons, want hy het nie sigbaar in ‘n trance ingegaan nie, maar ek kom agter dat hy reeds met een van die dooies kommunikeer. Hy beskryf die persoon se voorkoms & geaardheid. Sê hoe oud hy was toe hy dood is & waar & wanneer & hoe hy dood is. Die dooie man se suster sit agter ons. Lawson sê dat haar broer in ‘n motorongeluk dood is op ‘n Sondagoggend & dat dit onverwags was.

“He says he was so surprised. He didn’t expect it that Sunday. He saw a tree and the next minute he was up between the branches. He’s a very impatient man. He’s telling me to listen and to get it right.”

Die geeste van twee jongmans wat in die lewe vriende was, is gelyktydig teenwoordig, albei in hulle twintigs toe hulle dood is. Hulle troos hulle ouers & gee boodskappe deur vir lewende familielede.

“These young men are quite special,” sê Lawson in ‘n stadium. “They are doing good work. They have a whole gang on the other side to meet young men who arrive without knowing where to go and to help them.”

Na ‘n uur kondig hy aan dat die sessie verby is, teken apologie aan dat hy nie by almal kon uitkom nie. Tee sal op die boonste verdieping bedien word.

Toe ek verby hom stap, vat hy my hand vas & druk dit & sê “Thank you for coming.”

In die motor toe ek & Stoffel wegry, sê hy dat die aktrise die medium soos ‘n mede-arties gelukgewens het met sy vertoning.

“Hy het my self al hoe meer aan ‘n afgetrede vaudeville-akteur laat dink.”

X. 22 Oktober

Gaan haal pos uit & laat val my bril. Een lens flenters.

Raak aan die gesels met ‘n ou in Exclusive books. Baie straight looking. Butch. Lank & met donker hare. Sy lyf sou mens ‘wiry’ kon noem. Taai, definitief sterk. & hy straal gevaar uit.

Hy is op soek na boeke van die Marquis de Sade. Dié is egter nog steeds verbode. Ek laat val dat ek dit by die woonstel het – ‘n vlugkelnervriend het dit vir my die land ingebring. Hy is baie gretig om dit te siene te kry, vra of hy nie vanaand kan oorkom nie. Kan op ‘n lekker sessie uitloop. Ek is seker hy is bewus van my belangstelling.

Hy daag agtuur se kant op. Nog in dieselfde jeans & hemp, maar met ‘n leerbaadjie aan & ‘n motorfietshelmet in sy hand. Ons gesels ‘n bietjie. Hy kyk na die Tom of Finland boeke wat ek ‘toevallig’ op die koffietafel laat lê het. Kyk half snaaks na my. Ek gee vir hom die De Sade-boeke om na te kyk terwyl ek gaan koffie maak.

Wanneer ek terugkom in die sitkamer sit hy teruggeleun op die rusbank, bene wydoop, met die boek op sy borskas. Die leerbaadjie lê langs hom. Dis duidelik dat hy ‘n horing het & wil hê ek moet dit sien.

Ek sit in ‘n stoel teenoor hom, my hand liggies op my mik. Hy blaai verder, stop & lees, blaai, stop & lees. Ek knie diskreet (of so het ek gedink) aan my groeiende ereksie. Hy sit die boek neer & vat die beker koffie, kyk om hom rond, asof hy bestek opneem van my plek.

“So, do you live alone?” vra hy dan.

Ek knik. Besef dan ek moes eerder nee gesê het.

Hy sit weer terug & my oë gaan onwillekeurig na sy mik. Hy sit sy hand daarop & glimlag.

“I need to use the toilet,” sê hy.

Ek beduie dis in die gang af. Hy bly ‘n lang ruk weg. Ek kry hom in die studeerkamer waar hy na die boekrakke kyk.

“Have you read all these books?”

“Most of them,” sê ek. Ek staan teen hom sodat ek sy lyfhitte kan voel opslaan in my gesig & hom kan ruik. Hy draai om & stap by my verby sitkamer toe.

Ek bly ‘n oomblik staan, gaan dan badkamer toe. Dalk het hy getos na aanleiding van die De Sade. Dalk sit die kom nog teen die binnekant van die toilet, of dalk lê daar ‘n druppel pis, of ‘n balhaar, enigiets wat ek kan gebruik vir ‘n solo-sessie later. Maar daar’s niks.

Toe ek in die sitkamer kom, sit hy weer op die bank. Hy het ‘n appel van die vrugtebank in die kombuis gevat & draai dit om & om in sy hand. Dan haal hy ‘n springmes uit die leerbaadjie se binnesak. Hy kyk na my & laat die lem oopspring.

“I know what’s going on,” sê hy afgemete, terwyl hy stadig die appel begin skil.

“What do you mean?” My stem klink stram, vreemd.

“The question is,” die skil wat onder sy mes uitkrul, is soos ‘n slang wat al hoe langer word, “what are you going to do about it.”

Hy sit die mes op sy bobeen neer & vat ‘n diep byt in die appel, kou dit langsaam. Sluk.

“I mean, you can try me. I might go for it. But then again, I might not.” Hy kyk my reg in my oë. “I might snap & kill you. Maybe I’ve done it before.”

My fokken luck om altyd die psycho’s aan te trek.

“It’s getting late,” sê ek dan. “I’ve got an early day tomorrow.”

Hy bly sit. “You want me to leave?”

“Yes.”

“Sure?”

Ek knik.

“Did I scare you?”

“No,” sê ek onoortuigend. “It’s late.”

Hy glimlag. (Smalend?). Staan op & maak ‘n hele produksie van die knipmes. Knip dit stadig toe & laat dit dan tot diep onder in sy jeans se sak glip, so neffens sy knop.

Ek gaan maak die deur vir hom oop. Hy staan ‘n oombllik in die deuropening. Hy glimlag weer vir my, druk met sy wysvinger teen my bors.

Dan draai hy om & stap weg in die donker gang. Ek druk die deur agter my toe.

Later, alleen in die donker in my bed, is ek spyt ek het hom nie getraai nie. Ek is seker dis 
wat hy wou gehad het. Of nie?

Dis eers die volgende oggend dat ek ontdek dat my kopie van 120 days of Sodom weg is.


XI. 5 November

Gym toe. The usual suspects. Net toe ek op die punt is om huis toe te gaan, kom sit daar ‘n ou langs my in die sauna. Fris gebou, met ‘n stewige piel (halfstyf), kort geskeerde hare. Ek dag eers hy is straight & dat sy piel maar net so semi-styf is na hy gestort het (wat dikwels gebeur want dan seep hulle mos hulle piele in). Maar kort voor lank kom ek agter hy cruise my. Ek is aangenaam verras. Dis die soort ou wat my gewoonlik nie eens ‘n kyk gee nie.

Hy beduie ek moet hom volg & hy stap uit storte toe. Ek volg hom. Daar gekom wys hy ek moet in ‘n stort teenoor syne staan sodat ons kan tos terwyl ons vir mekaar kyk. Dit werk egter nie want daar is te veel ander mense wat skielik ook kom stort. Ek gaan in die stort langs syne in.

Hy leuen oor & vra: “Do you have time?” Met ‘n sexy Duitse aksent.

Ek dag hy wil weet hoe laat dit is, maar hy lag & beduie nee.

“Do you want to come to my place?”

“Sure.”

Dit blyk toe hy is inderdaad ‘n Duitser wat hier is met vakansie. Sy naam is Ralph (of so sê hy) & hy bly in Fresnaye. Buitekant die gym staan hy eers met ‘n meisie & gesels. Hulle het saam kom oefen & hy wag eers vir haar om te ry voordat ons in sy kar klim. Hy sê sy weet nie van hom nie & dat hy dit so wil hou.

Ons pak mekaar in die sitkamer, maar beweeg dan met die sirkeltrap na een van die bonste slaapkamers waar ons albei uittrek. Hy gaan sit-lê agteroor op ‘n soort sofa, bene wyd uitmekaar geplant met daartussen ‘n lieflike dik piel na my toe uitgestrek. Dit blyk gou dat dit ‘n one-sided deal gaan wees, maar ek gee nie om nie. Die kans is goed dat hy dalk biseksueel is.

Anyway, ek suig hom af. Hy hou daarvan dat sy piel spoeg gesmeer & dan afgestos word deur jou gladgesmeerde hand oor die kaal pielkop te beweeg. Vir my is dit te pynlik, maar sommige ouens hou daarvan, veral besnydes. Hy maak baie geluide, praat terwyl ek hom afsuig.

“Yeah, that’s good. You do it good. Do you like my cock? Yeah, do it like that.” Die normale porno-dialoog. Maar in my ore was dit musiek.

In ‘n stadium vra hy my: Do you want me to come on top of you? Ek knik.

“It’s quite a lot,” sê hy. “Quite a huge load.” & toe hy ‘n ruk later kom, is dit ook so. Dit spuit behoorlik by sy piel uit. Oor my hande, my bors, my nek, ‘n paar skote in my gesig & dit loop af oor my maag & drup op my bobene. Ek moes agterna gaan stort.

Onder in die sitkamer, op pad uit, merk ek heelparty kunswerke deur plaaslike kunstenaars. Veral een vang my oog: ‘n mooi yster-figuur van Christo Liebenberg. Die torso is opgebou uit dik bloudraad met in die middel ‘n ysterhart vasgeheg aan die torso met drie leerbandjies. Die hart het ‘n sleutelgat; is dus gesluit. Ook tussen die bene is ‘n soort codpiece wat eweneens gesluit is. Die sleutels na hierdie twee begeerde domeine is nêrens te sien nie.
  
Johann de Lange


Bibliografie
De Lange, Johann. 2010.Judasoog. ‘n Keur uit die gedigte van Johann de Lange. Kaapstad: Human & Rousseau.
De Lange, Johann. 1991. Nagsweet.Johannesburg: Taurus.
De Lange, Johann. 1986. Snel grys fantoom. Kaapstad: Human & Rousseau.
De Lange, Johann. 2000. Tweede natuur. Kaapstad: Human & Rousseau.
De Lange, Johann. 1993. Vleiswond. Kaapstad: Human & Rousseau.
De Lange, Johann. 1996. Vreemder as fiksie. Kaapstad: Human & Rousseau.
         
Dubrow, Heather. 1982. Genre. Londen: Methuen & New York.

Friedkin, William. 1980. Cruising. Film.

Hitchcock, Alfred. 1960. Psycho. Film.

Singer, Brian. 1995. The usual suspects. Film.
Sontag, Susan.1966. Against interpretation. New York: Picador.
Sontag, Susan.1966. 1969.  Duet of cannibals. Film.
Sontag, Susan.1966. 1978. Illness as metaphor. New York: Farrar, Straus & Giroux.
Sontag, Susan.1966. 1989. Aids and its metaphors. New York: Farrar, Straus & Giroux.                          
Sontag, Susan.1966. 2008. Reborn. Early diaries 1947 - 1963. Londen: Hamish Hamilton.
Sontag, Susan.1966. 2014. Regarding Susan Sontag. Nancy D. Kates (regisseur)


Reisverslag: Buenos Aires - Deel VIII: Borges en Buenos Aires en Gauchos

$
0
0
Gaucho © Andrew Gibson

DEEL VIII 

Passado

Vroegoggend (gister) is ek op die oopdakbus wat vir meer as vier ure deur die strate van Buenos Aires reis. Dit is snikwarm. Ek het 'n petjie op en drink water om nie te ontwater nie. Die bus staan regoorkant my hotel 725 Continental. Op die negende verdieping is daar 'n piepklein swembadjie waar ek laatmiddag van die dag se sweet en geswoeg ontslae raak.

Vir $40 kan jy opklim en afklim op die Buscar vir 'n hele dag ... die oomblik van opklim tot 24 uur later. En so 'n busreis is bepaald die moeite werd, omdat jy die stad uit 'n ongewone hoek bespied. Jy sien blomme op 'n balkon groei. Jy sien 'n kat wat agter ogiesdraad soos 'n leeu in hok op en af stap. Jy sien 'n halfkaal persoon op 'n dekstoel uitgestrek. Jy sien hoe iemand worsies braai op straat.

Buenos Aires se honde-eienaars maak agter die brakke skoon. 'n Man plaas selfs 'n koerant onder Vlekkie se holliepatrollie en woerts word dit in die vuilgoedblik gegooi. Nogal 'n skoon stad; behalwe vir die sigaretstompies wat orals rondlê, omdat jy nie binne mag rook nie.

Nou ja. Ek wil Borges se bakens in hierdie stad besoek. En gelukskoot op gelukskoot kry ek sommer op hierdie dag twee: Café Tortoni waar hy gereeld koffie gedrink het en La poesía waar sy volgelinge op die mure mooi woorde oor hom plaas. Op die hoek van Chile en Bolivar. Alles is hier in Spaans - geen Engels nie.

Boheems. Baie dieselfde gevoel - en mense - as The power and the glory daar in my kwartiere te Tamboerskloof; die naam verwys immers na Graham Greene se bekende roman met sy whiskey-priest uit 1940 met die toespeling op die gebed:

"For thine is the kingdom, the power, and the glory, forever and ever, amen." Op die voordeur is daar 'n teken (ietwat speels): Ons praat Afrikaans ...

Café Tortoni, Borges se tafel

Café Tortoni

Ek het vanoggend 'n afspraak om die blinde Borges te ontmoet in sy kafee. Sy sekretaresse het laat weet hy sal presies om elf vm daar wees en moet asseblief nie laat wees nie. 

Ek verseker haar ek is nooit laat nie.

Sy vra ook dat ek asseblief die vrae tersaaklik moet hou en op sy werk moet fokus.

Ek begin 'n paar vrae neerpen in my swart notaboekie. My boekie is soos 'n labirint. Maak nie saak waar ek dit oopmaak nie; daar is altyd 'n belangrike idee opgesluit in hierdie swart boekie.

1. U het by geleentheid opgemerk dat u vader se biblioteek die hele lewe verteenwoordig het. Dink u dat lees die lewe kan vervang of verbeter?

2. U vader het in sy vyftigerjare blind geraak. Het u gevrees dat dit ook u lot sal wees?

3. U werk dikwels met die idee van die labirint? Het u ooit 'n werklike labirint of doolhof besoek alvorens u dit as letterkundige simbool gebruik het?

4. Hoe sou u magiese realisme definieer?

5. U is dikwels in die Palermo Viejo opgemerk? Watter invloed het hierdie wandelinge - dit wat u gehoor en geruik het - gehad op u tekste?

*


Die verhaal word egter onderbreek. Dit is tyd om die gids te ontmoet vir die gauchos-toer net buite Buenos Aires. Ons kom na twee ure aan op die plaas, Santa Susana. Ons ontvang 'n glas wyn en 'n poffertjie by ons aankoms.

Ons gids beloof verskillende danse wat hierdie komplekse kultuur sal voorstel. Casper Schmidt se kortverhaalbundel Die kokende gô kom sterk in die herinnering op.

Borges het nooit braille bemeester nie. Hy het tog verhale en gedigte vertaal – met die hulp van 'n sekretaresse aan wie hy alles dikteer.

Ek sal my vertelling so konkreet beskryf dat Borges my verhaal sal sien. 

Op die tafel is daar beesvelle uitgestal (teen $303). Buite mag 'n mens perdry. Die jongklomp is op 'n perdekarretjie aan die rondrits.

Na die oggendreëns is die lug helder. Alles ruik skoon en vars. 'n Gaucho in uniform van stewels en 'n rybroek braai vleis onder 'n soort lapa. Hy het 'n beret op. 'n Boina. 

Ons eet braaivleis: gestopte varkwors, beeswors, steak ... die Malbec vloei soos bloed. Daarna word die verskillende vorme van die tango vir ons gedemonstreer. En 'n man op 'n kitaar speel hartseermusiek. 

Daarna gaan ons buite toe en sien hoe die gauchos resies jaag en met las chicas op die perde rondjaag. Die skare jil. Daar hang 'n reuk van seks en sweet in die lug. Applous vir die gaucho wat 'n lus kan uithak en die ringetjie aan 'n mooi chica oorhandig met 'n kus.

Vanaand is die gauchos weer sonder vroue.

Nou het ek die pseudo-epigrapha tot die uiterste vorm geneem en u tot lewe gewek, meneer Borges.

*

Thibault Camus/AP Photo

Vroegaand is ek terug by die hotel. Ek is dadelik op CNN. Ek sien die twee broers is doodgeskiet en die derde terroris wat mense in 'n kosjer-winkel aangehou het, is eweneens verwyder van hierdie planeet. Sy vrou is egter steeds soek. Die Franse is onrustig. En Michel Houllebecq se uitgewer vrees dat sy roman Soumission geweld mag uitlok (‘Charlie Hebdo’/ Nuwe Franse boek in die spervuur? Besoek 9 Januarie 2015)

Die afgelope drie dae was dae van hoogspanning.

Tot diep in die nag kyk ek televisie en luister na al die interpretasies.

Joan Hambidge

Reisverslag: Buenos Aires - Deel IX

$
0
0


DEEL IX


Op die spoor van Borges

Die afgelope drie dae is my reis versuur en ómvergewerp deur terrorisme in Parys. Dit gooi 'n skadu oor alles. Dis al waaraan 'n mens dink. Saans kan jy nie wag om CNN te kyk en die jongste verslae aan te hoor nie. Is dit dalk die begin van 'n slopende wêreldoorlog?

Die Groot Sinagoge van Parys. (Foto: Wikimedia 
Commons)

'n Kenner van terreur - met 'n pienk das - vergelyk dit met kanker. 'n Mens sal elke keer 'n nuwe groeisel of melanoom moet verwyder. Op Vrydagaand is die sinagoge in Parys gesluit; die eerste keer sedert WO II, uit vrees vir 'n Jodeslagting. Die supermark in Parys waar vier gyselaars doodgeskiet is, is kosjer. Die niggie van die vroulike psigoanalis wat by Charlie Hebdo doodgeskiet is, verduidelik dit is omdat sy Joods was.

                                                              
Dis ons 9/11/. Dis oorlog. Dis verskriklik. Dis 'n aanval op spraakvryheid. Houllebecq se uitgewer is vreesbevange ...

Maar dis nie Islam teen die Christendom nie. Vele Franse is nie meer Christene nie. Dis eerder die opstand van jong mense wat oewerloos ronddobber in Parys en deur fundamentaliste opgesweep word. Maar 'n mens kan nie vergeet hoe WO I begin het nie ... dit kos net een waansinnige.

Dis moeilik om die footage uit 'n mens se bewussyn te weer. Maar vanoggend besluit ek om te sê: Je suis Charlie en die stad binne te vaar. Op die spoor van Borges om die besoedeling in my gemoed af te weer.

Uiteraard het Buenos Aires ook al terroristiese aanvalle beleef: op 17 Maart 1992 is daar 'n bom gegooi op die Israeli Ambassade (29 mense dood; 242 beseer) en op 18 Julie 1994 is 85 mense gedood in 'n gebou wat verskillende Joodse organisasies gehuisves het.

Moderne media maak egter alles intenser. CNN is orals aan. Nuuskanale domineer gesprekke in restaurante en hotelle.

Buenos Aires se mense is porteñas, letterlik mense van die hawe. Die stad is toegegooi onder toeriste (selfs twee Afrikaanses raakgeloop!). Wanneer mens met die inwoners gesels, onthou hulle almal die tragedie toe die nagklub aan die brand geslaan het en ongeveer 200 mense doodgebrand het. Dit was in Desember 2004 by die Republica Cromagnon-nagklub.

Buite om die stad heers daar armoede. Op die platteland is daar selfs modderhuisies, genaamd villas miserias. Op elke toer word 'n mens daarop attent gemaak dat daar nie genoeg parke is in hierdie stad nie. Die swembad bo-op my hotel (9e verdieping) gee 'n panoramiese blik op die stad wat bewys hoe min parke daar is - selfs minder as in New York wat uiteraard nadelig is vir 'n mens se gesondheid.

Daar is 'n besondere groot Joodse gemeenskap in die stad en selfs 'n park geskenk deur die Japannese; wat aanvanklik hul geld gemaak het uit blomme en wasserye!

Dit is besonder warm en humied hier: die weer is presies dieselfde as Durban s'n. Die kwik kan tot 33 grade styg. Ek hou van sulke warm weer - dit gee die liggaam kans om van al die toksienes ontslae te raak wanneer jy wandel.

Ek vertoef in die ouer, gevestigde gedeelte van Buenos Aires met sy statige geboue. Moderne blouoog-geboue skiet na vore net buite die ouer gedeelte óm sodat 'n mens 'n duidelike skeidslyn kan sien tussen oud en nuut. Die Barolo-gebou is o.a. 'n voorbeeld van Art Nouveau.

Daar is geweldig baie teater te siene (te oordeel aan die plakkate) en die operahuis (Teatro Colón) is internasionaal gereken. Placido Domingo het al dikwels hier opgtree. Daar is baie boekwinkels en oor die 200 museums om te besoek. En 'n dieretuin.

Behalwe vir die sterk Spaanse invloed, is hierdie stad ook 'n plek wat huisvesting gebied het aan vele Italianers aan die begin van die twintigste eeu. Cocoliche is die pidgin wat gepraat is, 'n vermenging van Italiaans en Spaans. Helaas word dit nie meer gepraat nie ...

In 2009, so vertel die anonieme stem op die oopbustoer se mikrofoon, het UNESCO die tango tot internasionale bewaring verklaar.

En Pous Franciskus, die huidige Pous, is 'n boorling uit hierdie geweste. Diego Maradona is steeds 'n groot held: hy is bykans elke dag op televisie in 'n onderhoud te sien.





Foto: AFP/GETTY IMAGES

*

Die Gran Café Tortoni is letterlik drie blokke van my hotel geleë. Vroegoggend stap ek na die Avenida de Mayo 825. En bestel 'n koffie met melk. Borges se standbeeld is in die hoek en ek neem die tafel reg langsaan. Om neffens Borges te sit. ('n Japannees neem my af neffens hom.)

Die kafee is in 1858 oopgemaak en is een van die oudste bakens in sy soort. Ten spyte van wat 'n mens verwag, is die pryse billik (in vergelyking wat 'n mens al gewoond begin raak op so 'n reis).

Daar is beroemde avenues hier soos die Avenida Alvear, Avenida de Mayo en 9 Julio de Avenue, een van die wydste strate op aarde.

*

Stede het persoonlikhede. Die klimaat herinner aan Durban, maar die statige ou geboue weer aan Madrid ... en ja selfs die eens statige middestad van Pretoria uit my jeug. En die buite-streke van die stad met sy malls en moderne geboue het 'n klap weg van Toronto.

Dis 'n mooi stad, ja.

Die aand neem ek 'n taxi na die Puerto Madero. Buenos Aires se Waterfront. Die restaurante lok met lekker kos en wyn. Buite wandel toeriste en inwoners. Dis besig om af te koel en die sonsondergang skyn pienk op die mooi nuwe geboue. Niks kom by Edinburgh se pragtige pienk sonsondergange nie, maar nietemin is dit aanskoulik hier.

Hierdie is meer 'n daguitstappie, besef ek. Die vullisblikke is oorvol gemors. Met waterbottels en ander uitskot. Hopelik word dit more verwyder ...

Orals is daar sigaretstompies.

Met my terugkeer beleef ek 'n oomblik wat so uniek is aan reis.

Die taxibestuurder, ene Marcos is van Peru en meer spesifiek van Machu Picchu. Hy jubel van blydskap dat ek al tweekeer daar was. Ons neuriesing “El condor pasa” (Blad besoek 10 Januarie 2015): 

I'd rather be a sparrow than a snail
Yes I would
If I could, I surely would
I'd rather be a hammer than a nail.
Yes I would
If I only could, I surely would.

Away, I'd rather sail away
Like a swan that's here and gone
A man gets tied up to the ground
He gives the world
Its saddest sound, its saddest sound

I'd rather be a forest than a street.
Yes I would
If I could, I surely would.
I'd rather feel the earth beneath my feet
Yes I would
If I only could, I surely would

Die lied is beroemd gemaak en aangepas deur Paul Simon en Art Garfunkel.

Foto: Mario Ruiz/EFE

En die voordeel van só 'n besoek is dat 'n mens nou met meer konkrete verwysings na tekste uit hierdie letterkunde sal kan terugkeer.  En Dakar duur voort. In die sesde skof van Antofagasta na Iquique in Chile sukkel onse Giniel om vir Nasser in te haal.

Bykans van hulle vergeet weens die terreur in Parys.

Ek begin skryf aan 'n gedig oor Borges.

Joan Hambidge


Daniel Hugo - Takelwerk (2015)

$
0
0

Daniel Hugo - Takelwerk. Human & Rousseau, 2015. ISBN 9780798169257
Resensent: Joan Hambidge

Ná die publikasie van Hanekraai (2012) by Protea, verskyn Takelwerk by Human & Rousseau, die digter se 14de digbundel. Die digkuns van Daniel Hugo kan ten beste opgesom word as ’n bemoeienis met die woord. Elke woord is goed gekies wat rym en klank betref en in die gedig word elke woord afgeweeg. Die invloed van die digter D.J. Opperman is opmerklik, maar nie steurend nie. Die titel aktiveer immers reeds die klassieke Opperman-gedig “Digter”:

Ek is gevang
en met die stryd
êrens in die ewigheid
op ’n Ceylon verban

waar al my drange
na ’n verlore vaderland
my dag na dag geëiland
hou met horisonne en verlange,

en in die geel gloed van die kers
snags deur die smal poort
van die wonder elke woord
laat skik tot klein stellasies vers

wat groei tot boeg en mas
en takelwerk – en die uiteindelike
reis met die klein skip
geslote agter glas.

Hugo is ’n vakman. Hiervan getuig die behendige hantering van rym- en klankpatrone. Daar is ook genoeglike woordspel aanwesig en dit doen nooit geforseerd aan nie; die teken van ’n suksesvolle digter.

Hy spreek die liefde en veral godsdiens aan. Die nostalgiese herinnering is daar en alles word verbind aan die tematiek van bome (ingegee deur die voorblad). Siekte, dood (onder meer oor J.C. Kannemeyer) is eweneens bekende Hugo-temas wat ’n sterk outobiografiese element dra. ’n Mens dink onder meer aan die aangrypende lykdig oor sy broer, George.

Die soeke na geluk en vervulling (’n uiting van die carpe diem-gedagte) teenoor die Calvinistiese jeug is ander merkers in hierdie bundel.

Daar is ook humor aanwesig; die digter is immers ’n liefhebber van die speelse vers. Hiervan getuig die gedig oor Tom Gouws, “Sy paaie en sy pyn”:

Tom die Rymer het ’n hemelse Tom-Tom
hy ontwyk al die breë weë brom-brom
en as hy – sowaar - met ompaaie aankom
is die Hekke toe en die Interkom stom

Vir my is die vers “Literatuurgeskiedenis” oor Kannemeyer uiters wrang. Dit word ’n komplekse verslag van ’n verloopte mentorskap, maar ook ’n analise van hoe broos die menslike bestaan is; selfs al was die persoon ’n versamelaar van boeke en optekenaar. Die digter loop in ’n tweedehandse boekwinkel ’n boek uit Kannemeyer se “verstrooide nalatenskap” raak. Só eindig die gedig:

hierdie boek breek my hart: John
was die grootste van ’n Gideonsbende,
bewakers van die gedrukte woord,
nou uitgedun tot snuffelaars
tussen stowwerige rakke, skamel
versamelaars van ’n taal se ellende.

Daar is kort haikoeagtige verse soos “Prins Albert”; gedigte met netjiese slotte; kwatryne soos “Karoonagte”:

die peperboom registreer
wat die noordewind komponeer
in die toonaard – ’n mineur –
wat die uil sugtend suggeer

Daar is verder verse oor die grammatika van liefhê en die netjies afgewerkte gedigte is vir die poësieliefhebber ’n plesier om te lees.

’n Sentrale vers in die bundel is ­“Hospitale” (30) met die toespelings op Eugène Marais, waar die dood telkens op verskillende maniere gepersonifieer word. Die digter gee hom dikwels oor aan die “diep en ongerymde dinge”, te wete die transgressiewe en die niepoëtiese soos verwoord in “Klinies”. Hierom waarskynlik ’n gedig soos “Die rymwoord pyn”:

sy kwaste staan in terpentyn
sy organe week in wyn
met sy inspirasie aan die kwyn
word bestaan vir hom venyn
al sy sinne rou geskryn
drink hy die terpentyn

In hierdie bundel is daar nie alleen ’n gesprek met Opperman aanwesig nie, maar waarskynlik ook een met Ina Rousseau en haar Eden-gedig. Hugo het haar gebloemlees en die verskillende boom­gedigte soos “Die eik en die plataan”, “Plataan” en die reeks “Stellenberg se eik” kan as die sterkste in die bundel beskou word.

Dit praat saam met die voorblad, geskoei op ’n foto, wat die takelwerk van ’n liefdesverbintenis voorstel: hoe mense in mekaar íngroei.

Daar is inderdaad versreëls wat kweel en kwetter in hierdie bundel.


(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunnning van Rapport)

Cas Vos - Fragmente uit die Ilias (2014)

$
0
0

Cas Vos - Fragmente uit die Ilias. Protea Boekhuis, 2014. ISBN-13: 978-1-4853-0181-3
Resensent: Joan Hambidge

Die Ilias vertel die verhaal van Agamemnon, wat wraak sweer wanneer Helena (die vrou van Menelaus), deur Paris, ’n prins van Troje, ontvoer word.

Dit het ’n slopende Trojaanse oorlog tot gevolg wat tien jaar lank duur en verskeie vertalers het al hul hand aan hierdie klassieke teks gewaag, wat geweldige eise aan die digter se vormbeheer én taalgevoeligheid stel. Die Odusseiabegin tien jaar ná die val van Troje.

Dit is soos die verskillende vertalings van Dante se Heilige Komedie, wat vele herdigtings en toespelings beleef het en vertalings soos deur die voormalige poet laureate van die VSA, Robert Pinsky. In Afrikaans is daar gesprekke met Dante in die diguns van T.T. Cloete en selfs ’n vertaling van Delamaine du Toit.

Cas Vos se vertalings word gepubliseer met die herdenking van die Eerste Wêreldoorlog.

Op die Versindaba se webruimte het die literator Marlies Taljard – wat hierdie teks as ’n meesterstuk beskryf – gewys op die hantering van die epitet. Hierdie teks, soos elke vertaling uit ’n klassieke taal, vra egter of die teks genoegsaam getransporteer is van die Grieks na Afrikaans. Soos wat die Iliasdie stryd beskryf van Agamemnon om die skone Helena te bevry van Paris, is digters in ’n soortgelyke metaforiese stryd gewikkel in so ’n allemagtige vertaling of herdigting.

Dit is opvallend dat daar tans, meer as ooit tevore, geweldig baie vertalings binne die Afrikaanse letterkunde verskyn. Selfs in verseboeke word vertalings tans opgeneem as digterlike eiegoed. Uys Krige, H.P. van Coller, Johann de Lange, Daniel Hugo en H.J. Pieterse is digters wat Afrikaans verruim het met uitstekende vertalings.

In Boek XX lees ons:

“Hoor net hoe jaag die blitse rond,
die gode span saam vir die oorlog.
Uit woede gaan hulle mense wond,
en dit alles weens blinde hartstog” (126).

Hierdie bundel bevat ’n grondige inleiding ter agtergrond. Die naamverklaring is eweneens nuttig.

Die belang van só ’n vertaling is dat dit ’n mens na die ryk skat van die digkuns neem waarin die Ilias op briljante wyses vernuut is. Vir my is die mees uitstaande voorbeelde Omerus van Derek Walcott en die digkuns van Anne Carson, digter en klassikus.

Daar bestaan dubbelloop-vertalings (met voetnote) en vrye vertalings van klassieke tekste. In laasgenoemde geval kry die sterk digter se stem die oorhand. En al hierdie gesprekke tussen digters wat dieselfde oorlogsveld besoek het, bly ’n fassinerende een: Yeats, Lorca, Neruda, Ted Hughes . . .

Soos Vos tereg uitwys, is daar gevalle waar die persoonlike ervaring oor hierdie teks getransponeer word (Yeats wat sy Maud Gonne gelykstel aan die skone Helena van Troje).

“Elke tyd het sy Trojaanse oorlog” (28), word ’n ander digter tereg aangehaal . . .


Die digter gee erkenning aan die letterlike vertaling van die Stellenbosse klassikus J. P. J. van Rensburg wat in 1952 verskyn het. Hy verwys die leser ook na al die geraadpleegde brontekste wat vir die snuffelaar van onskatbare waarde is.


* Op die flapteks staan daar dat Vos in 2012 met die SALA-prys bekroon is. Dit het egter in daardie jaar aan Johann Lodewyk Marais gegaan.

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunnning van Rapport)

Onderhoud:Willem de Vries gesels met Joan Hambidge oor haar jongste bundel, Matriks

$
0
0

Is die manier waarop die bundel saamgestel is iets meer as wat die ­individuele gedigte weergee?

Dit is ’n eenheidsbundel waarin ek die verskillende betekenisse van die begrip matriks ontgin, soos die leser kan aflei uit die gedig “Doubling the point”.

Gedigte binne bundelverband kry altyd ander betekenisse wanneer dit ’n familieskap sluit met gedigte róndom hulle. Só wen hulle aan betekenis.

Dit bly egter die leser se ­voorreg om gedigte saam te snoer en Keanu Reeves te speel.


Wat was vir jou rigtend toe jy die verse van Matriks georden het?

’n Titel is die rigtingwyser waaromheen ek die gedigte ­uitbou. Dit is die bouplan vir die katedraal waaraan ek werk.

Die bundel het oor ’n lang ­periode beslag gekry. Verse wat uit ander bundels gehaal is, kon hier ’n rusplek vind. My belangstelling in psigoanalises, let op die meervoud, het my by ­her­­­haling na die belangrikheid van die matriks geneem.


Vertel asseblief van die omslagbeeld en hoe dit met die inhoud skakel.

Ek neem altyd deure af in vreemde ruimtes en hierdie prag­tige deur het mý afgeneem, soos iemand opgemerk het. Ek het eers later presies gesien wat alles daarop uitgekerf is: die hele lewe is hierin op­gesluit, soos die moeder en kind, die priester, die geliefdes, foltering . . .

Al die belangrike argetipes dus.

Ek het die foto – ’n gelukskoot – afgeneem op ’n deur in Ljubljana op ’n reis ver­lede jaar deur Serwië en Kroasië. Die deur se straatnaam kan die speurende leser opmerk. Dit staan na regs.

Ek gaan haal my gedigte ver, het T.T. Cloete eenkeer vir my in ’n e-pos geskryf. In vreemde ruimtes is dit net jy sonder die stutte en beskermingsmega­nismes wat jou dikwels wegneem van belangrike sake.


In hoe ’n mate is die verse in ­hierdie bundel ’n bewuste (en ­kritiese) spel met syn en skyn, fiksie en feit? Die gedig as ­ego­dokument lyk vir my op die voorgrond in van die verse.

Die gefiksionaliseerde ego ­eerder, ja. Die ek wat namens ander praat. Stem gee aan die oorledenes, die selfdoders, ­kunstenaars (soos Robin ­Williams) wat my aanspreek.

Egodokument? Gedigte is nooit egodokumente nie; dan slaag dit nie. Dagboekinskrywings is eerder egodokumente. Die poëtiese ek is nie gelyk aan die werklike ek nie. Hierom ­fiksionaliseer ek dan ook deur ander digters ­gesprekke met familie. ’n Gedig is nie ’n getuigskrif nie. Die ­gedig word ’n “objective correlative”, ’n masker waaragter die “ek” skuil. Hierom word die digter ook as akteur voorgestel.


Die digter van Matriks knoop ­bewuste gesprekke in verse aan met ander digters en kunstenaars in ander genres. Vertel van jou hantering van hierdie soort gesprek. In hoe ’n mate verskaf ander digters se werk slotte om verse te ontsluit?

Slotte is ook sleutels, het ’n ­digter ons geleer. Kyk na die sleutel op die voorblad! Dit lê in die leser se vermoë om inter­tekste of gesprekke te ontsluit. Maar die gedig laat haar nie vaspen nie.

My gesprekke – met Opperman en Eybers – wys op die ­familieskap van die digkuns. Ook met ander bekendes: Wallace Stevens en Emily Dickinson. En ek spreek Johann de Lange ook aan, ’n werklike vriend, maar ook digterlike broer.

Dit gaan hier in die eerste ­instansie om die matriks van taal, die chora, soos Julia ­Kristeva dit tipeer. Marlene ­Dumas se skildery oor Marilyn Monroe aktiveer die gesprek met al die gedigte, binnelands en buitelands, oor hierdie ­ikoniese figuur.

Sintuie is werktuie, het ­Opperman geleer. So hoe maak jy ’n abstraksie of idee konkreet? Daar is ook foto’s by gedigte om die onmag van woorde te aktiveer.

Soms kan die foto of afdruk wél die gedig oorweldig; hierom is ek afgeraai om die ­foto van Reeva te gebruik. Marilyn se lykshuisfoto is versag deur ­Dumas. Die tyd het waarskynlik al sand hieroor gewaai.


In die lykverse in hierdie bundel gaan dit telkens om die manier waarop die popkulturele sowel as persoonlike geheue werk, ook die soort verhale- en mite-matryse wat resoneer met die mense oor wie jy skryf. Waar pas dit in by die geheel van die bundel, in ­hierdie matriks?

Ek het ’n bundel, Lykdigte, in 2000 gepubliseer. En die lykdig as vorm lê my na aan die hart se skrif. Gedigte skryf, is ­joer­naal hou van die tyd ­waarbinne ons leef en ek ­probeer iets ­vasvang in ’n ­vervlietende en moeilike tydsgewrig waar ons weens tegnologie te veel beleef, te veel sien, te veel weet . . .

Toe Charlie Hebdo gebeur het, kon ek dit alles volg. Dit het my agtervolg tot in ’n hotelkamer in Buenos Aires.

Om te leer om ’n digter te word, is om die lewe te ontleer, aldus Michel Houellebecq . . .

Daar is verdraaiings en ­ver­talings ook, want die onbewuste is in Lacan se terme, teen­strydig. So wat ek hier skryf, mag elders anders uitloop . . .

Só lui die openingsgedig, ­“Matriks”:

Ek is ek is op
my eie sofa
my eie analis 
luisterend 
na die analisant 
vis na klarigheid 
Ek is ek is 
op soek na stilte 
dansend derwies 
Rumi in ’n sirkel 
Ek is ek is 
op weg van pyn 
mis- 
lukking 
ingeslukte woorde 
my tong uitgesny 
Ek is ek is 
op pad om te sien 
hoe die digkuns 
se ­matriks 
die gietvorm
 moedervorm
 deur letterparades 
van die Ek 
ontset word

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunnning van Die Burger)

50 Shades of Grey

$
0
0

I
Daar bestaan ‘n verskil tussen films wat jou eroties prikkel (soos die Emmanuelle-reeks met Sylvia Kristel in die hoofrol) en dan is daar films wat die implikasies van erotiek ondersoek: Bernardo Bertolucci se Last Tango in Paris (1972); Pasolini se Salò(1975); Belle de Jour van Luis Bunuel (1967).

Die eerste groep is ingestel op prikkeling; die tweede groep analiseer die implikasies van seksualiteit en erotiek en die donker drifte van die menslike psige. Last Tango in Paris kyk na die spanning tussen anonieme seks wat uitgespeel word in ‘n hotelkamer na die selfdood van die manlike figuur se vrou. Hy laat sy woede op die jong vrou geld

Hierdie uitstekende film het ook ‘n donker sy gehad. Maria Schneider het agterna beweer dat sy mislei was oor die berugte bottertoneel en dat sy eers agterna besef het wát Bertolucci in gedagte had. Boonop het sy daarna teen naaktheid in films uitgevaar en haar selfdoodpogings was waarskynlik ingegee deur die geweldige media-bohaai wat die film uitgelok het.

Sy het beweer:
I was rock 'n' roll. About drugs, we did not know at the time, it was so dangerous. There was an ideal, to change society, and especially a thirst for novelty...I have lost seven years of my life and I regret it bitterly...I started using drugs when I became famous. I did not like the celebrity, and especially the image full of innuendo, naughty, that people had of me after Last Tango. In addition, I had no family behind me, who protect you ... I suffered abuse. People who come up to tell you unpleasant things on planes. I was tracked down, and I felt hounded. (Maria Schneider (actress) - Wikipedia, the free encyclopedia. Besoek 8 Maart 2015)
Pasolini se Salò (120 Days of Sodom) beskou ek as die ergste en mees transgressiewe film wat ek ooit gesien het. Nie alleen word sado-masochisme tot sy uiterste gevoer nie, maar stukke glas en spykers word in faeces geplaas en karakters word gedwing om dit te eet. Die film is deur Pasolini beskou as ‘n soort analise van fascistiese mag.

Belle de Jour met Catherine Deneuve ondersoek die lewe van ‘n vrou wat ‘n dubbelbestaan voer.  Sy is hoer en getroude vrou; letterlik ‘n “belle de nuit”, maar omdat sy ‘n hoer is in die dag (belle de jour) word ander betekenisse geaktiveer, te wete, Hemerocallis, ‘n lelie van die dag, ‘n vrou wat haar fantasielewe mag uitvoer.

II
50 Shades of Grey is daarenteen ‘n kliniese analise van seks/erotiek. Dit word nooit ‘n dwingende analise van die problematiek nie. Inteendeel. Die skote is netjies, afstandelik en selfs tydens sekstonele, bly alles in “beheer”, perfek. Ek het die film gaan kyk saam met ‘n vriendin wie se partner dit nie met haar wou sien nie. My nuuskierigheid het die oorhand gekry.

In die Cavendish rolprentteater het mense uitgestap. Hopelik uit verveling, nie uit skok nie.
Toe die film eindig – sy in die hysbak vlugtend van hom en hy aan die anderkant van die toe deur  gaan daar ‘n geskokte rilling van ontsteltenis deur die teater. Mense wou nog sien …
Intellektuele coitus interruptus?

Die film is lagwekkend swak. Die plot werk met ‘n maagd wat flink ont-maagd word en dan ingetrek word in die ryk sakeman se S&M-fantasie. Hy is – blyk dit later – die weggooikind van ‘n prostituut wat verslaaf was aan crack. Boonop is hy deur ‘n ouer vrou touwys gemaak. Sy is Mrs Robinson. ‘n Klein toespeling op die film The Graduate met Dustin Hofman en Anne Bancroft in Mike Nichols se puik film uit 1967 waar die ouer vrou die jonger man verlei.

Daar is ‘n danstoneel (hier het ek gelag) en wanneer  Christian wals met Anastasia Steele (wat na-ure werk in ‘n hardeware-winkel)  begin jy hoop die filmmaker is besig om op te stuur. Sam Taylor-Johnson wis waarskynlik nie wat die Afrikaanse uitdrukking beteken om iemand te spyker nie.

As akademikus is dit vir my gewoon lagwekkend dat die spreker by ‘n gradeplegtigheid soveel tyd sal hê om in die graduanda se ogies te kyk …

III
Op Litnet is daar tans ‘n debat oor hierdie film, met Francois Smith wat skryf:
Om die werkinge van seksualiteit te verstaan, moet jy jou ideaal gesproke ’n lyf sonder organe kan voorstel, ’n lyf wat genot kan smaak sonder dat dit afhanklik is van ’n heel spesifieke seksualisering daarvan. In hierdie opsig is masochisme as konsep vir Deleuze en Guattari waardevol, en dalk is dit ook waardevol om iets positiefs in Fifty Shades of Grey op grond daarvan te identifiseer, naamlik dat dit die moontlikheid voorhou dat die vrou lyf en nét lyf kan word, dat sy aan haar seksualiteit blootgestel kan word deur die pyn van eie lyf, of die afwagting van hierdie pyn, onafhanklik van enige spesifieke seksualisering daarvan. Ek praat dus van die moontlikheid dat dit ook onafhanklik van die man kan gebeur, en dat die vrou so, deur die ervaring van haar eie lyf los van enige konstruksie kan bewus word van die werkinge van begeerte en hoe dit bepaal word en op ’n spesifieke manier gestalte kry.Daar is dus ook ’n moontlikheid in Fifty Shades of Grey dat die vrou deur die beeld van masochisme aan seksualiteit kan begin dink as iets wat onafhanklik kan optree van die bepalings en die eise van die kapitaalkragtige man as rigtinggewer, konkreet sowel as simbolies. (Francois Smith oor Fifty Shades of Grey - Francois Smith | LitNetBesoek 8 Maart 2015)
Deur die pyn van eie lyf?

Smith het by geleentheid na Camille Paglia verwys as ‘n feminis; iets wat sy nie sou wou wees nie. Sy is eerder ‘n gender-teoretikus (soos die uwe) wat meen dat vroue agentskap het, besluite kan neem, en selfs soos Catherine Deneuve in Belle de Jourbuite die orde van die manlike voorskrif kan leef en besluite neem.

Die filosoof Johann Rossouw skryf insigryk hieroor in Oor Fifty Shades of Grey, die film - Johann Rossouw | LitNet. (Besoek 8 Maart 2015)

IV
Die problematiek van hierdie film is dalk eerder daarop gerig dat mense gewoond geraak het aan maklike versnaperinge wanneer dit by films kom. Die werklike komplekse film word al hoe minder aangetref.

Johann Rossouw aktiveer as filosoof ‘n belangrike kode in die film, te wete die oorheersing van die bose. Hierom het verskeie Christelike mense aanstoot geneem en aksiegroepe is teen die film opgestel. (Fifty Shades of Grey (film) - Wikipedia, the free encyclopedia. Besoek 11 Maart 2015.)

Veral sy uitwys van die Skoonlief en die Ondier-kode is van uiterse belang vir die lees en interpretasie van hierdie film.

Maar hierdie film is net soos Pretty Woman, daardie populistiese liefdesfilm uit die negentigerjare met Julia Roberts en Richard Gere, wat ten spyte van al die toespelings – selfs op La Traviata– maar flou bly. (Pretty Woman - Wikipedia, the free encyclopediaBesoek 11 Maart 2015)

Selfs die erudisie van Johann Rossouw kan my nie oortuig nie.

Dit bly vir my problematies dat hierdie film my dwing om daarop te reageer: maar my reaksie is een van afwysing. Nie ‘n morele posisie nie, maar ‘n filmkritiese een wat die kyker noop om te vra: waar is ons in 2015 as mense deur iets so sielsvlakkig en on-eroties geboei word?

Selfs Oscar-wenners is deesdae floumakou. Dalk moes ons besef dat vinnige kommunikasie (Facebook o.a.) ons stompsinnig gemaak het. Almal soek vinnige reaksies, “fast food sex” – teenoor die lang, uitgerekte spel.

Kyk veel eerder na egte S&M wat emosioneel steur. Wat gemaak is deur deurwinterde filmmakers wat die taal van films onder die knie het en weet dat Roland Barthes gelyk had in Le Plaisir du texte (1973) dat die erotiek aanwesig is juis daar waar die kledingstuk gaap  … Bad Timing(1980) van Nicolas Roeg en The Night Porter (1974) van Liliana Cavani.

Of dalk werklike pornografie soos Deep throat (1972) en die latere dokumentêr waarin die impak van hierdie film op Linda Lovelace se lewe geanaliseer word. Dit het verskyn in 2005 en heet Inside Deep Throat.

Iewers in ‘n dagblad het iemand Inside Deep Throat geresenseer sonder om die oorspronklike film te gesien het.

Dis waar ons nou is.


© Joan Hambidge


Matriks bekendstelling

Deon Meyer - Ikarus (2015)

$
0
0


Deon Meyer - Ikarus. Human & Rousseau, 2015. ISBN 9780798169776
Resensent: Joan Hambidge

I
Dit is waarskynlik onnodig om Deon Meyer te resenseer. Hy het sy getroue volgelinge. Die jongste stel beslis nie teleur nie. Die belangrikste merkers van die suksesverhaal word hier aangetref, te wete die nougesette navorsing en die inspeel op die werklikheid (daar is verwysings na Oscar Pistorius en Shrien Dewani, 48) wat die sogenaamde vraisemblance aktiveer.

Verder weet hy hoe spanning op te bou. Daar is ‘n lyk, ‘n lykshuis, ‘n uitkenningsparade, ‘n beskuldigde wat ‘n verklaring aflê voor ‘n vroulike advokaat.

Daar is Bennie Griessel met sy drankprobleem en post-traumatiese stres.

By Jane Austen is daar ‘n man, ‘n vrou en ‘n dans … en alles beweeg (dans) vorentoe.

Met Ikarus is daar die verdagte en die leser wat saam speurder speel.

II
Hierdie patroonmatigheid kan ook gesien word wanneer ‘n mens kyk na hoe die James Bond-films vervaardig is. En meer spesifiek Dr No (1962) en From Russia with love (1963). Met nougesette aandag is die figuur James Bond gekonstrueer: sy kleredrag, sy horlosie, sy wapen, sy humoristiese gevathede wat die regisseur Terence Young help skep het.

Veral die “voice over” oor die klassieke From Russia with love verduidelik presies hoe die film verloop: die kyker weet wie die moordenaar is en Bond is uitgelewer aan die meisie wat hy dink hom verraai. Maar uiteindelik deel hulle ‘n gemeenskaplike vyand, te wete SPECTRE.

III
Bennie Griessel en Cupido se rolle as good cop/bad cop, wat telkemale omgeruil word, rig die verhaal. Griessel se drankprobleem is deel van die spanning. Sy oordeel word aangetas en sy besoeke aan die sielkundige en Dok, sy ondersteuner, wys hoe sy lewe uitmekaar val. Sy vrou het hom verlaat weens sy jongste oortredings. In 'n spieël sien Griessel hoe hy agteruit gegaan het. Die leser word intens bewus van sy psigiese spanninge, die sogenaamde underbelly van die verhaal.

Cupido weer verloor sy afstand en raak emosioneel betrokke by 'n verdagte.

'n Moord moet opgelos word. Ernst Richer is vermoor, 'n berugte internet-entrepreneur en die skepper van die ruimte Alibi.co.za, 'n webtuiste wat jou help om via e-posse en sms'e 'n alibi te skep indien jy 'n transgressiewe lewe lei. Ontrouheid en leuens word verdoesel. Maar daar is afpersing en ondertussen word name aan die pers gelek. Die Son se verslaggewer is ook hier met sy valstrikke. Boonop het Bennie hom misdra in 'n kroeg en sy baas weet dit ...

Die speurders praat eg en aards, Kaaps.

Op 17 Desember word die lyk gevind en op 24 Desember begin 'n wynboer verklarings aflê voor 'n vroulike advokaat. Francois du Toit verklap sy hele lewe voor Advokaat Susan Peires. Ons sien 'n Afrikaner-dinastie se donker kant. Die leser word die speurder en dink soos die advokaat dat jy weet wie die moord gepleeg het.

Die handgeskrewe familieboom help beslis (42): Oupa Jean, Ouma Hettie; Pa Guillaume en ma Helena; Paul en "ek".

Die leser word behendig gefnuik deur 'n aanskoulike familiegeskiedenis ondergrawe deur  twis, gierigheid en psigopatie. Met verwysing na Shakespeare oor waar ons foute opgesluit is.

En die moordenaar is nie wie jý dink dit is nie.

IV 
Jy kan 'n straat in Belville sien. Stellenbosch word uitstekend beskryf en Hannes Myburgh van Meerlust word in die nawoord bedank. Wynbedrog (ofskoon die KWV se werknemers nie geraadpleeg is oor intriges in die jare negentig nie), berus op koerantargiewe en die skrywer fiksionaliseer die gegewe. Suiwer fiksie is dus nagestreef.

Maar die leser sien 'n plattegrond en weet wat werklik agter die skerms kan gebeur.

Neil Pendock het wel sy kennis gedeel.

Om tienduisend bottels Chăteau Lafite Rotschild te vervals met die rooi seël en wit-en-swart-logo met sy unieke vorm (vyf pyltjies op die buitekant van die bottel) speel eweneens in op die wending in die roman. En wynvervalsers weet dat wynkenners nie vir ape gevang wil word nie; so hulle sal hulle wynbekke hou! Net soos daardie keer toe Kaliforniese wyn Franse wyn getroef het by 'n blinde wynproe. En wynkenners weet dat Frankryk se wyne strawwe kompetisie het uit sowel Kalifornië, Australië en Suid-Afrika.

Vervalsing en kompetisie is belangrike kodes dus. Net soos identiteite op die internet vervals kan word.

Klein Zegen is nie Welgevonden nie. En jakarandas as 'n uitheemse boom (Jacaranda mimosifolia) is 'n belangrike leidraad oor wáár die moord plaasgevind het.

Die forensika is uitstekend nagevors nes die pligte van die speurders en hul afkeur aan administrasie.

Sarah Woodruff uit John Fowles se The French Lieutenant's Woman is eweneens 'n belangrike kode vir Tinder. Twee eindes (o.a.) in die roman.

Foonapplikasies, sms'e en wie het wanneer vir wie gebel, word deel van die speurtog. Nes die twiets wat alles verder kompliseer.

Uiteindelik lewer hierdie boek kommentaar op ons samelewing waar moord en doodslag deel van die bestaan geword het. En daar is genoegsame toespelings wat die boek begrond in die werklikheid van die hier en nou. Ons is deesdae almal sitkamer-speurders wanneer 'n moordverhoor gebeeldsaai word, en kenners van dolus eventualis.

Ons is in 'n Bennie Griessel-dossier. Met Ikarus wat te hoog gevlieg het.

And about suffering they were never wrong ...

V
Nes Ian Fleming en Terence Young is jy in veilige hande. James Bond ken sy wyn en whisky. Hy eien 'n jaartal van 'n whisky. En as M hom korrigeer, stel hy reg met 'n ek verwys nie na die jaar van die whisky nie, maar na die vaat of kuip waarin dit verouder is.

Die roman beweeg die hele tyd op twee vlakke. Deon Meyer slaag daarin om al die balle in die lug te hou in hierdie fassinerende speurverhaal.

Wie het geskryf die vyande van wyn is hulle wat dit nie ken nie? En wát drink Bennie Griessel after all?

Gee vir Deon Meyer 'n Bell's!

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunnning van Fine Music Radio)

Repliek: Psigiater reageer op Dominique Botha se roman Valsrivier

$
0
0

'n Anonieme psigiater reageer nou onlangs op Litnet op Dominique Botha se veelbekroonde en aangrypende roman ValsrivierValsrivier– 'n lesersindruk vanuit 'n sielkundige perspektief - Anonieme psigiater.

Ons verneem van hierdie kenner van die psigiatrie:

"Die skrywer sê dat sy die boek geskryf het om haar broer te onthou, waarin sy sekerlik suksesvol was, maar ook om iets uit die verlies van sy dood te maak, en dis hierin waar die teleurstelling van die roman vir my lê. Die beskrywings van die karakters se ervarings is uitgebreid en omvattend, maar daar word feitlik geen erkenning aan hulle emosionele belewenis gegee nie. Die karakter Dominique noem baie selde hoe sy voel, gee geen refleksie op wat sy dink ander voel, of wat sy dink haar broer se gevoelens mag wees nie."
Die probleem met die anonieme psigiater se uitspraak is dat hy hom verlaat op wat die skrywer sê in plaas van wat sy doen ... Dit is uiteraard altyd die probleem wat onderhoude in die pers en op televisie skep, is dat dit die resepsie of verwagting van die teks vertroebel en 'n skadu oor die ervaring van die teks kan gooi. (Ek gaan wel my resensie en onderhoud weer betrek.)

Vir my is die krag van die roman júis geleë in die distansie - met ander woorde, dat die enorme emosionele pyn afstandelik gehou word en dat sy ten slotte die teks afsluit met 'n kragtige lykdig. [1]

Wat Dokter Anoniem miskyk, is dat 'n mens twee stemme hier aantref, te wete die ouer, volwasse verteller wat die ervarings gedistansieerd weergee en sodoende juis die trefkrag van die emosionele pyn in understament weergee.

Lees is 'n subjektiewe en 'n uiters persoonlike reaksie, maar ek sou meer van 'n ingeligte sielkundige verslag van 'n psigiater wou sien as net 'n paar ek-voel-opmerkings.

Dalk iets oor die skryf van so 'n teks as heling, met ander woorde, die teks as terapie. Moderne psigoanaliste en -terapeute soos Adam Philips, gebruik letterkundige tekste om by sekere sielkundige "waarhede" uit te kom.

Philips resenseer dikwels vir die London Review of Books, maar dan insigryk en sinvol. En Philips se gesonde skepsis oor psigoanalise en sy skerp analises, maak sy werk uiters relevant. Hy sien dit ook nie as 'n wetenskap nie, maar gewoon net as 'n (lees: een) manier om by pynlike waarhede oor jouself uit te kom.

Promises, Promises (2000) is 'n lonende leeservaring.

Psigiaters en sielkundiges mag oor tekste skryf, maar dan moet daar werklik met die teks "gewals" word.

Byvoorbeeld: waarom het Valsrivier mense so ontroer? Dalk omdat die verteller / fokalisator iets onthul oor die ervaring van broederlike verlies en hoe die sogenaamde familie of gesin nie kinders kan beskerm teen die aanslae van buite nie, te wete, die ouers se politieke oortuigings wat tot gevolg gehad het dat die kinders uit die beskutte platteland moet weggaan en in 'n Engelse skool moet aanpas.

Daar is byvoorbeeld uiters subtiele passasies oor lyflikheid en die vader wat byvoorbeeld opmerk hoe maer die dogter geword het.

In 'n onderhoud met my in Die Burger merk die skrywer op:

"Vir 'n skrywer om te skryf, kan die persoonlike nie 'n leibeurt ontsê word uit die gemeenskaplike sluis van geskiedenis nie. 'n Skrywer dweil indrukke op en wring 'n narratief uit die oorloop." [2]

Sy bely ook dat sy die diep kreet van smart op 'n beheersde wyse wou weergee. Maar wat sy uiteindelik self bely, is nie werklik tersaaklik nie. Die roman doen dit. Sy besweer pyn en sy doen dit met 'n streng hand: afstandelik, soms met humor, met 'n vervlegting van waarheid en fiksie, prosa en poësie.

Die anonieme psigiater skryf ook:

"Die karakter Dominique beskryf haarself ook op 'n baie passiewe en amper afgestompte manier, asof sy nie 'n stem in die familie en lewe gehad het nie, byvoorbeeld die episode waar sy seks het met die doktersvriend van Paul. Dit laat die leser met dieselfde gevoel van hartseer en eensaamheid wat sy en haar broer moes ervaar het."

Kennelik het hy nie raakgesien dat die broer die hele familie oorheers het nie? Dat hy 'n soort wonderkind was en dat sy eers ná sy vertrek 'n eie stem gekry het.  So gelees, neem sy as't ware sy kreatiewe energie oor en verlos die hele familie van hul pyn.

Om te gil, kan jou leser doof maak. Die sagter, onderstellende manier van skryf, het 'n altyd groter impak.

Endnotas:

Hier is my resensie wat in Beeld en daarna op my blog verskyn het (Dominique Botha - Valsrivier, 2013):

[1.] Valsrivier deur Dominique Botha is ‘n prosateks wat beweeg tussen die grense van vertelling en poësie. Dit is ‘n hártgrypende verhaal wat die jeug van die verteller en haar sibbe in oënskou neem. Die leser begin die verhaal lees van die verteller / fokalisator (wat dieselfde naam dra as die outeur) en ‘n stuk Afrikaanse verlede ontplooi hier voor die leser se oë. Die lewe op ‘n plaas in die Vrystaat en hoe jong kinders reageer op ouers, skool, politieke verskille, diereslag, onreg – en wat nog word beskryf.

Dit behoort tot die genre waarin Carson McCullers en Truman Capote so uitgemunt het: die ouer verteller wat terugkyk asof hy/sy steeds die kind is wat alles beleef het. In hierdie soort vertelling skuif die ouer persoon en kind  se waarneming ooreen en die verlede word herbesoek. Die besonderhede van Valsrivier val die leser onmiddellik op  en die verhaal, wat as ‘n elegie beskryf word, is in die werklikheid gebed. Die sirkelgang en sluiting is opvallend. Hierom is tyd so belangrik in die roman (198):”ons reis deur die skyn van tyd” dui op die feit dat emosionele ervarings nooit weggaan nie…

Inderdaad laat die gees sy eie grafskrif, soos die motto van Paul Botha lui. En hy is die sentrale fokus van die verhaalopset: die dag nadat hy sy polse gesny het, word die droogte gebreek. Met die suster wat begrip het vir sy lot (146): sy sien hom nie as lafhartig nie.

Die roman begin met ‘n waarskuwing dat die suster te na aan die water (die onbewuste) staan en op die keerwal vrot die oog van ‘n dooie karp weg (7). Ook haar ellendes word weergegee (soos die ervaring van menstruasie en lyflike aftakeling), maar uiters subtiel vertel. Haar kat, Lietjiebet Lotriet, speel in op ‘n kinderverhaal van ‘n brandmaer weeskind (52). Hoe kinders op skool geïndoktrineer is (soos die Voortrekkerbabas wie se koppies teen wawiele stukkend geslaan is en die kommunisme), word goed weergegee (63). Die vreemde skool in Natal het wel wonderlike humoristiese oomblikke soos die Juffrou wat vir haar sê sy moet haar trane spaar vir werklike ellendes!

Daar is ‘n besoek aan Middenspruit by ‘n digter, Antjie Krog, wat raadgee vir die jong belowende Paul. Ons sien sy talent raak in die ingebedde tekste wat die suster vir ons gee.

Die verhaal word hortend, rukkerig vertel, want die fokalisator skryf oor haar broer en algaande besef die leser hoe hy “anders” was. Van jongsaf opstandig, slim, ‘n skrywer – en veral ‘n teëprater, met die suster as sy fiksionele biograaf of optekenaar. Dit is uiteindelik háár kreatiwiteit wat oorwin sodat die elegie verander in ‘n laus. Soos daar ‘n glasbottel met ‘n boodskap ontdek word in ‘n muur, so maak die leser die geheime boodskappe mee van hierdie roman (120).

Die impak van die politiek van die tyd en die broer se opstand daarteen, bring die Weermag en die ou-Suid-Afrika sterk na vore. Die ouers se linkse politiek word eweneens ‘n silwer draad wat regdeur die roman loop. En die emosionele verwoesting wat die ou Afrikaner politiek tot gevolg gehad het.

Dis beeldskoon, hierdie debuut. En op die agterblad reken Breyten Breytenbach dat moed nie normaalweg gereken word as ‘n literêre kenmerk nie. Hier is dit wel die geval. Dis ‘n boek oor die “vals” geheime van die geheue en hoe elke leser verwond is deur jeugervaringe.

Paul waarsku:”Jou herkoms brandmerk jou vir ewig. Skryf is ‘n oorblyfsel van waar jy jouself bevind. Van hoe die seisoene verloop.” (150).

Lees dit. Dis ook as e-boek beskikbaar.

Die boek eindig met ‘n beeldskone vers:


tyd rol en sloersoos ‘n muntstukkie gegooiop die kim van die naderende dag
jy het my altyd vooruit geloop


[2.] Onderhoud: Om te skryf is om afgesonder in 'n eggokamer voor 'n spieël te sit 

Joan Hambidge gesels met Dominique Botha, skryfster van Valsrivier

1. Baie geluk met jou aangrypende roman. Een van die belangrikste aspekte van die boek is dat jou broer se lewensloop en uiteindelike dood die tema is vir hierdie boek. Jy “voltooi” as’t ware sy kreatiewe impuls wat gekortwiek is deur sy dood. Kommentaar.

My boek is 'n protes teen vergetelheid. Die behoefte om die dood op sy plek te hou lê diep in die menslike natuur. Deur iets tasbaar agter te laat is 'n weerspreking van die "Paul-shaped hole in the universe", om die treffende doodsmetafoor uit Arundhati Roy se God of Small Things te leen. Nou bestaan die buitelyne van die verdwene mens en van sy gedigte op papier. 

Met nabetragting sou mens kon sê dat die kortwieking van my broer se kreatiewe impuls uiteindelik vleuels gegee het aan my eie stem. Ek neem die vertelling oor. Baie versigtig in die begin, maar soos die verhaal ontplooi, so beweeg die susterstem geleidelik weg uit die skadu van die ouer broer se talent asook uit die skadu van verlies.


2. Daar is herkenbare mense in die roman – soos onder andere Antjie Krog en jou familie. Hoe voel jy hieroor of dink jy die roman fiksionaliseer die gegewe genoegsaam?

Ek het in 'n innerlike tweestryd vasgeval oor my reg om sulke private geskiedenis op so 'n publieke manier te gebruik. Hoe verdiskonteer mens die wrywing tussen feit en fiksie? Is dit nie maar net 'n manier om 'n kombers te gooi oor die intieme vervlegting van verbeelding en geheue nie? Of die teks as verhaal of verhandeling ingedeel word is eintlik 'n ronddansery wat nie die kompleksiteit van 'n skrywer se etiese uitdagings verskraal nie. 

My oorgang van memoir tot roman was ook deels as  gevolg van 'n groeiende besef dat die volkome waarheid nie haalbaar is nie. Om 'n herinnering op te roep is ook om 'n eerste daad van fiksie te pleeg.  Skryf is ook 'n dissipline waardeur mens geleidelik van die sin van uniekheid van die self verlig word; 'n bevrydende gestrompel in die rigting van nederigheid. Nogtans mag lesers die mededeling kyklustig op sigwaarde interpreteer, want hulle lewe nog met die gewig en las van 'self'. Vir 'n skrywer om te skryf, kan die persoonlike nie 'n leibeurt ontsê word uit die gemeenskaplike sluis van geskiedenis nie.'n Skrywer dweil indrukke op en wring 'n narratief uit die oorloop. 

Ek het probeer om die gebruik van intieme familie geskiedenis met integriteit te benader, asook die herkenbare mense met eerlikheid en grasie te beskryf, en hoop dat die leser dit sal oordeel as 'n metafoor met 'n breë weerklank, verby die persoonlike gegewens van die verhaal.


3. Die boek lewer kommentaar op tyd en die boek is in ‘n siklus geskryf. Die begin en einde sluit bymekaar aan. Dink jy die onbewuste is ‘n soort tydlose ruimte waarin alles vir ewig geberg word?

Ek dink die onbewuste is 'n onveilige stoorplek met sy eie skeppende drange. Ons onthou op maniere wat ons wil onthou, merendeels in diens van die ego as noodwendig in diens van die waarheid. 

In jou resensie oor my boek trek jy 'n vergelyking tussen water en die onbewuste,  'n raakvatting wat ook in die titel Valsrivier weerspieëling vind. Die titel is 'n toespeling op die naam van die rivier wat deur die familieplaas vloei, met 'n verdere dieperleggende betekenis. Paul se groot literêre held Eugène Marais het geskryf oor die diep rivier, die donker stroom, wat  gesien kan word as 'n verwysing na sy eie stryd met morfienverslawing, asook die donker keersy van die skeppingsdrang, wat beide lewensgewend en doodsgevaarlik kan wees. Soos die siklusse van water wat kom en gaan, so maak die geheue binne die kontoere van die onbewuste. Niks is standhoudend nie.  Digters en skrywers is die watersoekers wat verborge strome moet opdiep.


4. Ek dink die begrafnistoneel is so goed beskryf. Hoe lank het jy aan hierdie teks gewerk en was dit deel van jou Kreatiewe Skryfskool-portefeulje aan Wits? Wie was jou mentor en hoe voel jy oor skryfskole?

Ek het ongeveer 3 jaar lank gewerk aan die teks. Leon de Kock, as hoof van die skryfskool by Wits het my baie aangemoedig, en toe onder verdere leiding van Gerrit Olivier en die res van die MA-groep het my boek  geleidelik gestalte gekry. Om te skryf is om afgesonder in 'n eggokamer voor 'n spieël te sit.  Skryfskole bied belangstellende lesers, kritici en sperdatums aan. Dié is van onskatbare waarde.

Die slot van die boek het eers na die afloop van die kursus opgewel. Ek dink dit het ontstaan uit 'n behoefte om 'n diep kreet van smart op 'n beheersde wyse vorm te gee en te besweer. 


[Hierdie onderhoud word met vriendelike vergunning van Die Burger geplaas.]

Joan Hambidge - Protes en anargie (2015)

$
0
0
I

Dit is waarskynlik nooit gerade om onmiddellik op 'n krisis of protesaksie te reageer nie. Tans is daar die Rhodes-debakel en verskeie menings word hieroor gelug in die pers. Dit moet waarskynlik teen die agtergrond van Charlie Hebdo gesien word waar die Franse en masse ge-je suis Charlie het. Hierom net 'n paar kanttekeninge. Geen bombasme. Geen absolutes.

In 'n hotelkamer in Buenos Aires het ek laatnag CNN gevolg en die verskillende reaksies beluister. Teen terrorisme is hierdie skrywer beslis. Maar, toe die Franse - bekend vir hul oproep tot openbare protes - soos een man stelling inneem teen die afskuwekkende daad wat Parys getref het, was my vraag: hoeveel mense hét die komiekstrips van hierdie subversiewe skrywers gelees? Is dit snaaks of satiries om misogonisties te wees? Of die Drie-Eenheid in 'n ménage à trois voor te stel? Of vir Mohammed te vra of hy al 'n varkkop genaai het?

Hierop het Adam Small tereg soos volg gereageer in Die Burger:

‘Charlie Hebdo’ publiseer nie ware satireDinsdag 13 Januarie 2015 22:39
Die huidige opstoot rondom Charlie Hebdo maak ’n mens moeg (siek eintlik) tot by die kiewe. 
Regtig, dis ’n gedoe van ’n soort wat die slegste in ons menslikheid uitwys – die skaapagtigheid van gedrag wat skande oor ons menswees bring. 
Die Hebdo-mense se manier is dié van die wilde kudde, en so is die manier van húlle wat so erg oor hierdie (gevaarlike) bog voel dat hulle daarteen met gemene oorlogswaansin reageer. 
Ek gaan volmondig akkoord met Breyten Breytenbach (DB, 10.01) oor die “selfverklaarde krygers” téén die Hebdo-tydskrif: dat hulle “jong nihiliste (is) op soek na betekenis vir hulle onaangepaste lewens . . . betekenis wat hulle kry in ’n krom, fanatiese, gemanipuleerde interpretasie van die Islam”. 
“Hulle verag en verwerp alles wat Westers is, maar is (self) produkte van die verrotting van die holle verbruikerswêreld, afhanklik van sy ‘embleme’ . . . (Hulle is) narre, lakeie en hoere aan bewind, met geen leiding of etiese visie nie.”
Maar dan geld dieselfde tog ook vir die Hebdo-mense?! 
Húlle soort skrywe en spotprentery word as ‘‘satiries’’ bestempel, maar ware satire is ’n skoon manier van letterkunde. Skrywe wat bedryf word in die trant van Van Wyk Louw se beskouing van pennewerk as ’n saak van ’n ‘‘skerp swaard en blink’’.
Oor wat satire werklik is, kan gerus gekyk word na James Sutherland se boek English Satire. 
Hebdo se vieslike – sieslike (!) – manier het niks met ware satire te doen nie, waarin ’n mens in kritiek respek (ek beklemtoon graag die woord) betoon vir dié wat jy kritiseer, menswaardig.
George Orwell se Animal Farm is satire, nie hierdie onplesierige gesukkel van Hebdo nie.
’n Belangrike gedagte: Indien daar niks, maar niks meer waarlik heilig in die lewe is nie, en alle geloof maar net as ‘‘heilige koeie’’ gesien word, kan ons maar ons winkeltjies sluit en verward en sielsarmoedig gaan slaap. Só, soos George Steiner dit gestel het, kom die ‘‘habits of hell’’ die ‘‘sintakse van (ons) taal’’ en ons lewens binne, en leef ons, sonder om teenstand te bied, saam met ’n gelukkig-grinnikende Satan.
En tragies is dit ook dat hierdie mense, en wat hulle opwerp, ’n land menslik en ekonomies plunder.
’n Laaste opmerking: Charlie Hebdo se mense het glo gelag oor die dood van Charles de Gaulle. Die man was, weliswaar, ’n gekke magsbehepte, maar – die hemel behoed – wyse mense lag nie oor die dood nie: die dood is om diep oor na te dink.
Prof. Adam SmallHeathfield


II

Wat het dit te make met die UK?

Studenteopstande is bekend aan ons. Part en deel van die ou-Suid-Afrika. Die 1968 studente-opstande in Parys het oorgeskuif na die res van Europa en die huidige Rhodes-standbeeld-kwessie gaan waarskynlik ook by ander kampusse uitbars.

'n Emmer vol ekskresie is oor Rhodes se standbeeld uitgeslinger. Tampons met bloed en plakkate (Is verkragting erger as menstruasie?) voor die Arts-gebou gelaat; swastikas teen die Jameson Hall; 'n besetting van die Bremner; 'n uitkoggeling van dr. Max Price met 'n afskakeling van sy mikrofoon:  kenmerkend van hierdie protes wat Jacques Lacan, die Franse psigoanalis, as 'n passage à l'acte sou tipeer. Acting out. Woedeaanvalle omdat die universiteit nie genoegsaam transformeer nie. [Passage to the act - No Subject - Encyclopedia of Lacanian Psychoanalysis - Encyclopedia of Lacanian. Besoek 22 Maart 2015]

Protesprosedures is nie gevolg nie en daar bestaan 'n gevoel van verontwaardiging by kollegas, wit en swart, dat om platvloers te wees en só op te tree nie 'n universiteit waardig is nie. Ander sal voel protes moet juis prosedures vermy en ontwrig.

Is Rhodes se standbeeld die enigste teiken? Sal dit transformasie-probleme oplos as dit verwyder word? Ek dien op my fakulteit se transformasiekomitee en ek spandeer baie tyd om mense aan te hoor, op komitees te dien en na my mening het die universiteit in meer as twintig jaar geweldig getransformeer. Byvoorbeeld: dienskursusse vir Afrikaans en isiXhosa aan die Mediese Fakulteit; meer swart studente en kollegas as aan die begin van die negentigerjare toe die administrasie feitlik 'n ou koloniale vesting was; vroue in bestuursposisies; babaverlof vir gay-vaders. Daar is meer vryheid van spraak. Die opperbestuur word in die pers aangetree. So iets sou in die begin-negentigerjare tot teenspraak gelei het.

III

Aan wie behoort 'n universiteit?

Uiteraard moet dit in hierdie land verskillende ras- en taalgroepe bedien. In my vorige lewe het ek doseer aan die Universiteit van die Noorde (nou Limpopo) in die struggle-jare en beleef hoe 'n universiteit lamgelê kon word deur stakings. Eksamens is ontwrig. Klasse is geboikot. 'n Biblioteek afgebrand.

Hier het 'n dosente steeds probeer om studente op te lei om hulle voor te berei vir 'n lewe daarbuite - 'n gemeenskap wat egter in die ou-Suid-Afrika met gelang van tyd skepties gestaan het oor die instelling. Hier het ek ingetree toe 'n swart polisieman 'n student met se kop met 'n sweep oopgeklief het. En deur, links en regs, my weggebaan om studente literatuurteorie te leer. En om die daaglikse ellendes te trotseer van studeer teen weerstand in.

Dieselfde moet nou gebeur. Die geskiedenis kan nie verwyder of verander word nie. In Milan Kundera se beroemde roman The bookof laughter and forgetting (1967) word 'n karakter uit 'n foto verwyder. Ek haal Ted Gioia aan:

In The Book of Laughter and Forgetting, as in the Dvořáček affair, the struggle is not about defining the future, but redefining the past.  Kundera sets the tone for the book in its opening pages, relating the story of Communist party leader and hard-line Stalinist Klement Gottwald, who gave a speech from a balcony in Prague's Old Town Square on a chilly,
snowy day in February 1948.   At one point, Vlado Clementis, standing next to the speaker, removes his fur hat and places it on Gottwald's head.  After Clementis was denounced as a Trotskyite, Zionist and "bourgeois nationalist" and executed in 1952, his image was retrospectively removed from photos of 1948 speech.  But the fur hat remained—a telling 
Kunder-esque-and perhaps Dvořáček-esque-reminder that even our forgetting requires us to remember. 
[The Book of Laughter and Forgetting by Milan KunderaBesoek 22 Maart 2015]

Rooi Daantjie in Parys word nou 'n jongeling met 'n pienk hoed en 'n emmer faeces.  Al verwyder of verskuif ons Rhodes se standbeeld, is daar steeds die gronde waarop die kampus staan en die Rhodes-beurs (wat deur die jare so getransformeer het dit beskikbaar is vir ALLE studente, nie net meer wit jong mans nie).

Uiteraard is dit 'n gesogte beurs vir uitstaande studente.









Ek is 'n ere-akademiese fellow van die Smuts Hall aan die UK met briljante studente wat alle rasse verteenwoordig.

IV

Iets om oor na te dink? Net soos satire grénse impliseer, kan 'n studenteopstand nie nie 'n diskoers van banaliteit gebruik nie. Ook nie geweld nie. Dit het ons geleer uit die 1968-opstande en al die films en boeke daaroor, illustreer hoe geweld net geweld opwek.

Plaas eerder Rhodes se standbeeld in 'n hok van perspeks soos  Francis Bacon gedoen het of 'n ander beeld neffens hom. Want die geskiedenis kan nie vanuit 'n agterna-perspektief verander of weggewens word nie. Die hoed bly agter soos in Kundera se roman.

© Joan Hambidge


Joan Hambidge - Jou storie is nooit weer dieselfde ná so iets nie

$
0
0

"Almal dra die seer soos 'n swart baadjie", merk een vrou op. Presies dertig jaar gelede het die ramp gebeur toe 'n bus met 42 kinders in die Westdene-dam gery het na 'n watergraf.

Ek onthou die ramp. Die voorblad van Beeld het die lyke op die voorblad uitgestal met 'n polisieman in sy onderbroek wat sy hande in die lug gooi. Nou, vanuit 'n agterna-perspektief, besef ek dat die man nie geweet het wát die ramp sou behels nie. Niemand was gereed vir die reddingspoging nie. Hierom het hulle hul klere uitgetrek en net in onderklere die kinders probeer red.

Die foto het ek bewaar.

'n Joernalis vertel hoe hulle in 'n naburige restaurant geëet het en die ramp telefonies oorgedra is. En na die kantoor moes terugkeer om die nuus te dek. Een joernalis vertel hoe hy ouers by die lykshuis sien aankom het, soekend na 'n kind. Dan weer na die hospitaal; later weer terug na die lykshuis.

Heen en weer.

Wagtend op nuus.

Terwyl die swemmers lyke uitvis en die kinders soos sardientjies op die brug plaas. Daar het glo studente van die indertydse RAU op 'n hoë gebou gestaan en toekyk hoe die reddingspoging afloop. En die geel bus uit die dam uitgekatrol word. 'n Nuusleser bely hoe hy begin huil het toe hy die impak van die ramp oor die lug moes oordra.

'n Oorlewende vertel na dertig jaar hoe sy uitgeswem het in die donker en telkens teen die vensters van die bus vasgekeer is.

Dit het alles so vinnig gebeur. Daar was nog kougom en toebroodjies in die kinders se monde gevind.

'n Ander berig hoe die name in die klasse uitgeroep is om te bepaal wie nié oorleef het nie.

Die predikant, toe 28 jaar oud, vertel dat hy na die lykshuis moes gaan om sy gemeentelede by te staan. Daar was nie genoeg plek vir al die lyke nie. Hy moes die emosionele bevelvoerder van die lykshuis ondersteun.

Dit was 'n massabegrafnis. Met die wit kissies uitgepak in 'n ry. Dertig kiste het gelyk in die grond gesak toe die predikant die formulier lees. 43 duiwe is tydens die begrafnis losgelaat...

Ek onthou die pers linte in Westdene se winkelvensters met aanhalings uit Totius. "O die pyngedagte, my kind is dood! ...".  En wit kranse was op die dam geplaas.

Dit het soos 'n pyl deur almal gebrand, om Totius verder aan te haal, hierdie ramp.

'n Oorlewende onthou hoe 'n kind "Leader of the pack" onder in die dubbeldekker-bus gesing het voordat die bus die water getref het. Hoe ironies klink die woorde nie nou op nie:

"Mm--Is she really going out with him?"
"Well, there she is, Let's ask her"
"Betty, is that Jimmy's ring you're wearing?"
"Mm-hm"
"Gee, it must be great riding with him"
"Is he picking you up after school today?"
"Mm-mm"
"By the way, where did you meet him?"

En die predikant Nelus Niemandt, nou 58, moderator van die NG-Kerk, word aangehaal in die pers: "Die ramp was van toe af die bepalende verhaal van die gemeente. Dit was die plek waar ’n busramp die kinders uit die gemeente geruk het.”

Geen mens – die kinders, die ouers, polisiemanne, duikers, reddingswerkers en die skare op die toneel – sal volgens hom dieselfde kon wees ná die ramp nie, word berig.

“Jou storie is nooit weer dieselfde ná so iets nie.”

Die iteratief-duratief van pyn. Met die skool se naam wat ironies heet: Hoërskool Vorentoe.

Die buurt Triomf. Met die bus se flikkerligte wat aan en af flits toe dit uitgehaal is en die afklimklokkie, het nog gelui ...

Pieter Koen, 'n matriekseun, het vyf ander kinders se lewens gered. Die sesde keer toe hy afgeduik het, het hy nie weer opgekom nie. Danie Theron, wat maats uit die water gehaal het, het later selfdood gepleeg. Hy is vereer met die Woltemade-medalje.

*

Vandag is daar 'n webruimte vir mense wat hierdie ramp beleef het. In daardie tyd skryf ek die volgende gedig:

Westdene

Gelukkig is julle
wat slaap
hermeties verseël
‘n toe vuis.

Nooit sal pyn
se perforasie
(stigmata op
die polse) wys.

‘n Bus verpas,
‘n sinnelose
reis, nie weer.

Nimmermeer
die wagwoord
tussen mense
verleer. Nee.

Die ontoereikendheid
van ouers vergeef.
Slaap rustig,
slaap soet. Kinders

moet gehoor, nie
gevoel word.

Bronne:

Joan Hambidge. Palinodes. Haum-Literêr, Pretoria. 1987.

Westdene-busramp/ ’n Mens kan nooit weer dieselfde wees nie, sê prof. Nelus Niemandt. Besoek 28 Maart 2015

The Shangri-Las - Leader Of The Pack Lyrics | MetroLyrics. Besoek 28 Maart 2015

© Joan Hambidge


Tien vrae: Joan Hambidge oor Matriks

$
0
0
Foto: Naomi Meyer

Digters oor hulle nuwe bundels: Joan Hambidge oor Matriks
Naomi Meyer

Wie/wat is jou muse? Waar ontspring ’n gedig, of dan die kiem vir Matriks, vir jou?

My muse vind ek wanneer ek reis. In vreemde hotelkamers, straathoeke, in kerkhowe …

Matriks het oor ’n lang periode ontstaan, soos die leser kan aflei uit die lykdigte oor bekende figure soos Eveleen Castelyn, Izak de Villiers, Natasha Richardson …

Die voorblad is afgeneem in Ljubljana. Ek neem altyd deure in vreemde ruimtes af en hierdie pragtige deur (in die Zaprtostraat) het ek toevallig gesien en dit bevat al die argetipes van die menslike bestaan: foltering, die ouer-kind-verhouding, die liefde, die priester, oorlog, en so meer. In Jungiaanse terme.

Dit is ook die stad van Žiżek en wanneer ek reis, neem ek altyd sy Pervert’s guide to the cinema saam en ’n Franse en Italiaanse grammatikaboek.

Psigoanalises interesseer my en reis is waarskynlik die beste manier om die onbewuste oop te maak: jy ontdek altyd iets van jouself in ’n vreemde ruimte. Jy kom tot besinning of helderheid.

Wat is die moeilikste deel van die digproses vir jou?

Ek vind dit ’n wonderlike proses. Die enigste moeilike deel daarvan is dat dit ’n mens tydens intense kreatiewe prosesse kan slaaploos maak. Wat dikwels ongemak veroorsaak indien jy die volgende dag afsprake moet nakom of klasgee.

Kom jy as digter soms te staan voor die “Kalahari’s wit papier”? Indien wel, hoe oorkom jy hierdie struikelblok?

Indien ek nie ’n gedig kan skryf nie, skryf ek iets anders. Ek word nooit ongeduldig nie. Die gedig sal terugkom of sig aanmeld wanneer die tyd reg is. Skryf is ’n dissipline. Inspirasie moet daar wees, maar die werklike digproses is om al die buie te kan akkommodeer: ’n pynlike ervaring of herinnering; die dood van ’n geliefde of verhouding.

Melancholie. Ek ken al die anatomie van my melancholie.

Selfs ’n gelukskoot wanneer jy iets oorwin, kan help met ’n struikelblok. Maar dig spruit juis uit teenstand …

Sou jy sê dat jy in jou digkuns fyner ingestel is op klank of op beeld; of is klank en beeld vir jou intiem verweef?

Die digkuns is vir my sowel klank as beeld. Sintuie is werktuie, het Opperman geleer. Ek lees my gedigte ook voor om die balans tussen klank en beeld te kry en oortollige woorde uit te haal. ’n Ruk terug moes ek ’n gedig van een minuut voorlees vir kykNET: “The drama of being a child” uit Lot se vrou.

Die gedig was langer en ek het woorde uitgehaal wat dit die lengte laat oorskry het en die gedig verander na Zanzibar in sy beeldvorm omdat ek foto’s van Zanzibar had.

Hiermee illustreer ek dat gedigte ook maakwerk is.

Het jy, nadat die manuskrip aanvaar is, in alle opsigte na jou redigeerder geluister?

Ek luister altyd na redigeerders en fyn lesers. My eerste leser is die digter Johann de Lange. Dan kyk ek na keurverslae en kyk na klein aanwysings soos woordorde of parenteses wat moet waai.

Tot op die laaste oomblik is ek altyd in die hande van my redakteur en ek aanvaar (met dank) die uitwys van klein foute of voorstelle.

Skrywers het nie ’n pensioen nie, boeke maak meestal nie ryk nie. Waarom skryf jy?

Vir my is skryf joernaalhou. Toe ek onlangs weer in Buenos Aires was, het ek na Verdraaide raaisels gekyk. Met deernis na die mens wat ek was. Maar uit hierdie leeservaring kon ek opnuut na Suid-Amerika kyk, ’n landskap wat my begeester. Ek is reeds besig om ’n reis na Chili te beplan, vir ’n tweede besoek, aan die einde van die jaar.

Santiago de Chile. Ek sien uit om weer na Neruda se huis te gaan …

Werk jy reeds weer aan ’n volgende manuskrip?

Ek skryf aan ’n bundel, Indeks, ’n kortverhaalbundel Kortaf, ’n opera Anti-Laius en ja, ’n roman: Die buikspreker. Verder het ek ’n blog waarop ek my reaksie op films of boeke plaas. Dit heet Woorde wat weeg.

Om te skryf is om intenser te lewe. Jy lewe eintlik twee keer: eers werklik en dan in die skryfwerk.

Watter digters of skrywers lees jy graag?

Dit verander voortdurend. Maar ek keer altyd terug na Opperman en Eybers. Verder lees ek alles wat in Afrikaans verskyn en probeer byhou met resensies en reaksies. Verder lees ek De Lange indringend vir ’n studie oor sy werk en ek gee ook ’n kursus oor hom.

Ek is gaande oor “verlore digters” soos Freda Plekker.

Tans is ek opnuut begeester deur Sheila Cussons. Die swart kombuis is gewoon briljant.

As jy terugkyk oor die landskap van die Afrikaanse digkuns, wat val jou op, indien enigiets? Is hier vir jou patrone of enigiets wat verander het of aan die verander is?

Daar is waarskynlik meer digters, meer stemme. Die populistiese stem is meer hoorbaar. Maar die digkuns het te make met stamina … “the loneliness of the long distance rhymer”. Jong digters met talent is daar bepaald, maar ’n mens wonder hoeveel gaan aanhou, uithou.

Hoeveel van hierdie talente sal die drif hê om aan te gaan, want hoe meer stemme daar is, hoe beter vir ’n digkuns.

Hierom meet ek my aan my tydgenote wat in die tagtigerjare saam met my begin het en steeds voortdreun: De Lange, Johann Lodewyk Marais, Daniel Hugo, Louis Esterhuizen, Tom Gouws, onder andere. Daar is vir my geen digters nie, net ’n digkuns – om Neruda aan te haal. Daardie gedig wat jou tref tussen die oë en in die maag. En daar is gode sy dank ’n hele klomp van hulle …

Jy is ook baie bekend as resensent. Wat sou jou wens wees vir resensies of resensente in die Afrikaanse boekebedryf op die oomblik?

Dat meer van my kollegas bereid sou wees om te resenseer. Wanneer ’n mens deur die jare kyk hoeveel resensies van ’n boek verskyn het (tot tien reaksies in die tagtigerjare), is dit dikwels jammer dat ’n boek na vier (halfhartige) resensies “verdwyn”.

Baie digters en skrywers het veel te sê agter die bakhand. My wens is: sê dit op skrif, want ’n skrywer baat by ’n reaksie. Literatore beskou dit ook as tydmors. Ek helaas nie.

By FineMusicRadio lewer ek elke week ’n kort resensie vir die luisteraar om hulle op hoogte te hou van die jongste ontwikkelinge in Afrikaans. Die impak van ’n resensie is dikwels nie onmiddellik nie; dit help wel later die jong navorser of skrywer om by iets anders uit te kom. Hierom is polemiek in ’n letterkunde gesond.

Maar openlike akademiese argumente, nie Facebook-verdagmakery wat ’n negatiewe of kritiese resensie onmiddellik as venynig of as ’n aandagsoekery afmaak nie.

Alle skrywers moet negatiewe kritiek kan hanteer. Selfs die grote Susan Sontag is gestriem in ’n stadium oor swak films of mindere romans, so wie is ’n Vinnige Fanie of Hansworsie om te meesmuil as sy of haar boek nie die treffer van die oomblik is nie?

’n Kritikus moet streef na die Orde van die Goue Skerpioen eerder as na die Orde van die Goue Heuningkwas.




(Hierdie onderhoud het voorheen op Litnet verskyn.)

Joan Hambidge - Twee verse vir Johann de Lange / Reis as kladpoetica

$
0
0

Robert Lowell se gedig "Epilogue" (manuskrip)

Loneliness is a science—

consider the taxidermist's
tender hands

Kevin Young

Vroeër sonder om te weifel die hotelkaart ingevul,
selfs my paspoort onder by ontvangs gelaat,
die deur snags soms gegrendel, soms oopgelaat.
Selfs digby 42nd Street vertoef in 'n hotel bedenklik.
Nou word alles haarfyn beplan met reisbrosjures,
selfs koepons, 'n tas wat met kodenommer sluit.
My onuitgepakte tasse weifelend, opgevul
met indrukke, biljette, 'n faux-Peso-noot vir dobbel.
En hieruit mag ek dalk, as jy fyn kyk, 'n gedig maak.
Wat behoef jy? 'n Distigon? 'n Gebreekte sonnet
of 'n vierreëlige "weerlig van die ongeloof"?
"Skei uit", hoor ek jou grom, "ek soek 'n akwarel
vir die dors, 'n gedig as kladpapier wat die hele Iguasso
met een diep intrek van asem omskep in 'n waterwoestyn!"


Épater la bourgeoisie

In ‘n studie oor genre van ene Heather Dubrow,
konkludeer hierdie teoretikus, so waar as vet,
dat die verhouding met ons ouers nadoods voortduur.
In ‘n lesing oor jou verbintenis met jou vader
sien ek hoe jy elke genre-voorskrif oor ‘n gedig
se sluiting ondermyn, afbreek en uitstel.
Waarom, wonder ek, word ons onthou om die on-
bedoelde, die jeugvergrype, die San Andreas-fout
van die lyf, die onvergeeflike vloek-in-die-vers
eerder as die ónverwoordbare pyn wat voortslinger
in gebreekte sonnet na gebreekte sonnet? 


© Joan Hambidge

RSG: Joan Hambidge lees verse voor uit Matriks

Die familieskap van tekste

$
0
0
 Die familieskap van tekste

Op ‘n oggend berei sy haarself voor vir ‘n nagraadse lesing. Die jaar begin momentum kry met studente se lesings. Elke jaar ontdek sy nuwe aspekte of nuwe invalshoeke. Ou wyn in nuwe sakke, dink sy by haarself…

Sy tel twee swart boekies op in haar biblioteek wat sy orden en afstof. Muecke se Irony and the ironic en Heather Dubrow se Genre.

Sy moet vir haar jong student iets nuuts leer oor genre-voorskrifte en verwagtinge. Waar en hoe ‘n mens weet ‘n teks is ‘n gedig of ‘n prosa-teks … en hoe sekere skrywers hierdie voorskrifte “meng” of met opset ignoreer.

Dit is al geruime tyd dat sy weet hoe die dood van haar vader haar bybly. Of sy nou vir die eerste keer presies weet watter invloed hy op haar lewe gehad het. Hoe sy soms wonder oor hoé hy sy teleurstellings en ellendes oor sy familie verwerk het. Sy onthou op ‘n dag het haar vader vir haar gesê dat hy Sondae alleen is met sy God. Dat dit die een ruimte is waar niemand kan binnebring of steur nie.

Hoekom maak dit haar vandag so onnoembaar hartseer?

Haar vader se ontsettende isolasie, maar terselfdertyd sy geloof in sy God, het sy toe nie verstaan nie. Sy is amper laat vir ‘n tweedejaarlesing oor die digter Johann de Lange, aangebied as die “Die teks Johann de Lange”.

Sy is al vir ‘n hele paar lesings besig met Lacan en De Lange se beskrywing van sy vaderfiguur wat hom verlaat het na sy selfdood. En hoe hierdie skimmige figuur die teken in De Lange se onbewuste is wat alles bepaal en struktureer. Sy verduidelik hoe die drie vlakke van betekenis, te wete die verbeelde, simboliese en Reële terselfdertyd een word.

Bykans soos die Vader, die Seun en die Heilige Gees. 

Sy sou meer wou vertel. Hoe sy die genre-boek opgetel het en op bladsy 117 van hierdie boek lees: They may, too, maintain a tense and ambivalent relationship with those progenitors long after the parent genres cease to be in vogue, much as our emotional relationships with our relatives do not necessarily cease at their deaths.”

Dit slaan haar asem weg, hierdie waarheid dat genres soos menslike persoonlikhede, ook komplekse verhoudings aangaan met dié om hulle. Rebellie, opstand, of wat ook al …

Épater la bourgeoisie 
vir Johann

In ‘n studie oor genre van ene Heather Dubrow,
konkludeer hierdie teoretikus, so waar as vet,
dat die verhouding met ons ouers nadoods voortduur.
In ‘n lesing oor jou verbintenis met jou vader
sien ek hoe jy elke genre-voorskrif oor ‘n gedig
se sluiting ondermyn, afbreek en uitstel.
Waarom, wonder ek, word ons onthou om die on-
bedoelde, die jeugvergrype, die San Andreas-fout
van die lyf, die onvergeeflike vloek-in-die-vers
eerder as die onverwoordbare pyn wat voortslinger
in gebreekte sonnet na gebreekte sonnet?


© Joan Hambidge

Suzette Kotzé Myburgh & Leti Kleyn (Samest.) - Nuwe Stories 3 (2015)

$
0
0

Suzette Kotzé Myburgh & Leti Kleyn (Samest.) - Nuwe Stories 3. Human & Rousseau, 2015. ISBN 978 0 7981 6798 7

Resensent: Joan Hambidge

Nuwe stories is al 'n instelling. Onder die keurdershande van Suzette Kotzé-Myburgh en Leti Kleyn word jong kortverhaalskrywers die geleentheid gebied om verhale gebloemlees te kry. Hierdie projek behels ook werkswinkels en raad. Keurverslae word dan ook op Litnet geplaas. Abraham H. de Vries en H. J. Pieterse het agter die skerms ook insette gelewer.

Die verhale is van jong skrywers wat nog nie met solobundels gedebuteer het nie, maar wel die potensiaal het om verder te kan ontwikkel. Dit is wel miskien 'n bietjie voortydig om al onderhoude op Litnet te voer met hulle asof hulle volwaardige skrywers is, maar in hierdie dae van sosiale media sou hulle waarskynlik elders hul eie profiele aan ons kon verklap.

Hierdie leser staan net by enkele verhale stil om die bundel oop te maak vir lesers.

Die bloemlesing spring weg met 'n sterk verhaal "Antie en die engel" deur Frederick J. Botha met sy navrante ontginning van 'n verskoppeling se ervaring met 'n dyke. Geskryf in 'n bykans Jeanne Goosen-aanslag, vind ek hierdie verhaal nes "The day Madiba died" afgerond en meervlakkig. Laasgenoemde handel nie net oor Madiba se dood nie, maar word 'n komplekse ontginning van die verhouding tussen vader en seun wat gesinkopeer word.

By meesterkortverhaalskrywers - soos De Vries en Aucamp - vind die leser immer die dubbelloopperspektief. Die knalslot of opsommende slot is weer by ander kortverhaalskrywers 'n kenteken.

Skuld en onskuld, liefdesverhoudings, moord en dood, familieverbintenisse, liefde en seks is van die temas wat die leser hier aantref. Onder andere word moord ontgin in die grimmige "Een in 'n miljoen" (Luka Dreyer) oor die binnelewe van 'n versteurde persoon wat deur die forensiese perspektief in die tweede gedeelte van die verhaal 'n ander perspektief bring. Hierdie vertelling lewer siniese kommentaar op ons samelewing oor die alledaagsheid van moord. Nie alle moorde haal eens meer die voorblad van 'n koerant nie.

'n Besondere verhaal is "Lettie se verlies" (Elani Venter) waarin die emosionele versteuring van die hoofkarakter wat 'n baba verloor het, uitloop op 'n onthutsende slot. Die volle impak van  geestesversteuring tref die leser eers ten slotte. Die verhaal gee genoegsame sleutels om die slot vir die leser voor te berei. Juis hierom is die ander verhaal van dieselfde skrywer, "Keerom"'n teleurstelling. Die verhaal gaan oor in 'n preek en beweeg verby sy natuurlike slot.

Die goeie kortverhaal werk met suggestie, dikwels tot by die einde waar al die temas en motiewe tot 'n ruspunt of konklusie gevoer word. Tematies verklap hierdie verhale ook iets van die tydsgees: ontnugtering, geweld, buitestaanderskap ("Utopia" van Christina van Deventer) en "Die koekietannie" van Heloïse van der Walt. Die suggestiewe slot van "Ontspoor" (Tanya van Buuren) gee 'n priemende verslag van post-traumatiese stres, boonop oortuigend in die idiolek van 'n treindrywer geskryf. "Likkewaan" van Carien Smith gee weer 'n "ek" (naked I) se weergawe van geweld in 'n skool: onthutsend, fantasieryk en die likkewaan is uiteraard meer as 'n likkewaan ...

Behalwe vir die ontginning van fantasie ("Martine se teepot" deur Susan Gaigher), is daar ook die belewenis van keiharde realiteite soos straatlewe, fisiese en emosionele geweld. Martin Laubscher wys hoe niks meer op vaste pote staan nie.

Carla Kargaard en Corné Koegelenberg is van die ander bydraers. Is dit tersaaklik dat hier meer vroulike skrywers as manlike bydraers is?

Kinderseks word sonder skroom of 'n omhaal van woorde belig in "Een, twee, drie, blok myself" deur Ilisna Nel.

Van hierdie jong skrywers kry dit reg om buite 'n eie genderkonstruksie te skryf en in 'n karakter van 'n ander gender se kop in te klim wat alreeds 'n besondere tegniese beheer verraai.

Die bloemlesing is tegnies goed versorg en die twee samestellers het uitstekende werk verrig. Die bloemlesing is veral vir jong lesers aan te beveel. Vir kortverhaalkanoniseerders is dit 'n belangrike baken. Vir hierdie leser altyd belangrik om tred te hou met die binnelewe van jong mense en dit wat hulle aanspreek. Die verskillende verhale, soos dit in 'n versamelbundel die geval is, speel dan ook op mekaar in en amplifiseer temas.

In elk van hierdie bydraes is daar genoegsame belofte van talent. Hopelik bly hulle nie net "nuwe stemme" nie, maar word hulle gerekende stemme. Nuwe stories is kortverhaalskrywers se ruimte vir debuteer soos Nuwe stemme dit is vir jong digters.

As liefhebber van die kortverhaal-genre het hierdie leser die bundel geniet.

(Hierdie resensie word geplaas met vriendelike vergunnning van Rapport)
Viewing all 819 articles
Browse latest View live